new-top-banner-english

Sewentigste Week

E-Boek: Daniel se Sewentigste Week.

Skriflesing:  Daniël 9:20-27.

20        Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God,

21           terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.

22           En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. 

23           By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig. 

24           Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. 

25           Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. 

26           En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. 

27           En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. 

 


Inleiding.

lemand het eenkeer gesê dat niks in hierdie wêreld groter krag het as ‘n profesie waarvan die tyd van vervulling aangebreek het nie.  Daar is ook niks wat beter kan bewys dat die Bybel ‘n geïnspireerde Boek is nie as vervulde profesieë.

Dit is die rots waarop al die golwe van ongeloof en godloënary hulself te pletter loop, want dit bevestig die Heilige Skrif as die waaragtige Woord van God.  Dit versterk ook ons geloof en vertroue in hierdie veelbewoë tye dat dít van die profesieë wat in ons dae op die punt staan om vervul te word, God instaat is om te volbring.

Ons gaan nou een van die interessantste en gewigtigste gesprekke wat in die Boek van Daniël voorkom, ontleed.  Dit is die gesprek tussen Daniël en die engel Gabriël en het gegaan oor die koms van die Messias en die voleinding van die eeu (of die huidige dispensasie).

Gabriël het aan Daniël bekendgemaak dat binne die tydperke wat dui op die koms van die Messias, sou daar ook tydsberekeninge verskuil , wat die gebeure sou aandui wat hierdie dispensasie sou beëindig.

 

Bespiegeling oor hierdie profesie.

Die Engel Gabriël het in vers 24 gesê: “Sewentig weke (of sewetalle) is oor jou volk en jou heilige stad bepaal - - - - - “. 

Hierdie stelling is kort en saaklik:  Die tydperk wat hier aangedui word vir die vervulling van die plan van God vir die Joodse volk is vasgestel en bepaald.  “sewentig weke (sewetalle) is - - - - - - bepaal”.

Ongeag van hoe ons ookal mag begeer om hierdie tydperk te wysig of te verleng, die deklarasie is daar:- “sewentig weke (sewetalle)”.

Dit beteken:- vierhonderd en negentig jaar, volgens die profetiese skaal van een dag vir ‘n jaar

Sien Eségiël 4:6.  

6          En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op. 

En Númeri 14:34;

34        Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtigheid dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word. 

Die sewentig weke (sewetalle) begin met ‘n “woord (of bevel) om Jerusalem te herstel”, en eindig voor die vernietiging van die nasie, die stad en die heiligdom.  Dit is dus hierdie periode en hierdie gebeure waarom, kan ons sê, die geskiedenis van die eeue wentel sover dit Israel en die wêreld aangaan. 

Die sewentigste week (sewetal) behoort die klimaks te wees wat die kalenders van die “ou” en “nuwebedelings van mekaar skei.  En tog was daardie geslag wat dit beleef het, blind vir die uur en die dag van hulle besoeking. 

Lees: Lukas 19:44;

44        En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.

Laat ons daarop ag gee dat ons in hierdie laaste ure van hierdie bedeling nie weer dieselfde fout maak deurdat ons die Skrifte nie ken nie, en ook nie die krag van God nie.  Na dese is daar nie nog ‘n kans nie.

Bybel studente van die Futuristiese Skool van Bybel vertolking het, omdat hulle besef dat Gabriël met Daniël gepraat het oor gebeure wat sou plaasvind teen die einde van hierdie dispensasie, asook oor dit wat sou lei tot die openbaring van die Messias, die teorie van die “groot parentese”, of die “groot gaping” ontwerp. 

Omdat hulle vanuit die verkeerde veronderstelling uitgaan dat die Jode die hele Israel verteenwoordig, benader hulle die uitleg van die Boek van Daniël op ‘n foutiewe grondslag.  Hierdie benadering het weer daartoe gelei dat hulle die laaste week van die sewentig weke (sewe-talle) van Daniël moes losmaak van die nege-en-sestig voorafgaande sewetalle in ‘n poging om hulle uitleg met die Skrif te laat klop.  Hulle het die hele Christelike dispensasie, wat ‘n periode van bykans 2000 jaar beslaan, tussen die 69ste en 70ste sewetal geplaas.  Hiervoor het hulle natuurlik geen Skriftuurlike regverdiging gehad nie.

Om hierdie verklaring nog meer aanvaarbaar te maak, word aan ons gesê deur diegene wat hierdie sienswyse huldig, dat die profetiese horlosie na die einde van die 69ste week gaan staan het, en bly staan het vir bykans 2000jaar.  Aan die einde van die 2000 jaar, verseker hulle ons, sal die horlosie weer begin tik en dan begin by die gebeure van die 70ste week van Daniël.

As gevolg van hierdie “gaping” of “groot parentese” teorie, het hierdie Bybel verklaarders vir baie jare al gesoek na gebeure wat sou ooreenstem met so ‘n sewejaar-periode wat sou inpas by hulle voorstelling van so ‘n week van jare aan die einde van hierdie bedeling of dispensasie. 

Daar was nog nooit ‘n meer verwarrende uitleg van profesie as dit wat bevat is in hierdie teorie van die “gaping” of “parentese” nie.  In plaas dat hulle die engel Gabriël toelaat om sy boodskap te bring, onderneem hulle om self die profete te wees, en hulle eie bespiegelinge te verkondig wat gebaseer is op die veronderstelling dat die Jode alleen die hele Israel verteenwoordig.

 

Gabriël spreek:

Gabriël het vir Daniël, wat besig was om te bid en die sonde van sy volk te bely, gesê dat hy na hom gestuur is om hom te help om te verstaan.  Daniël was besig om vir Jerusalem in te tree en te smeek dat sy van verwoesting gespaar sou word, toe Gabriël op bevel van die Heer na hom toe kom en vir hom sê dat hy ernstig moes nadink oor die inligting wat nou aan hom bekendgemaak sou word en al die faktore te oorweeg wat daarin betrokke is. 

In hierdie waarskuwing van die engel aan Daniël kan ons al klaar sien dat in hierdie inligting wat hy nou gaan gee, daar ‘n oplossing sou lê van die geheime van die toekoms.  Dat in hierdie woorde, daar wysheid en ‘n begrip van die gebeure wat nog sou kom, opgesluit sou lê.

Gabriël het toe voortgegaan om te sê:

Daniël 9:24-27;

24        Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.

25        Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.

26        En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

27        En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou, en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

 

Tyd Periodes.

In hierdie verse het ons een van die merkwaardigste profesieë van die Bybel.  Alhoewel dit aan Daniël toegeskryf is, en ook deur hom te boek gestel is, is dit in werklikheid die Engel Gabriël wat die stellings gemaak het en dat hy dit in opdrag van die Heer aan Daniël oorgedra het. 

Dit is so diep, en so geweldig in sy implikasies, dat ‘n mens dit nooit sal begryp deur net ‘n oppervlakkige oorlees nie.  Gabriël het aan Daniël gesê dat hy ag moes gee op die woord en die gesig moes verstaan (vers 23). 

Die Engelse vertaling sê: “- - - - therefore understand the matter, and consider the vision”.

 

Die Werk van die Messias.

Laat ons nou elke vers van Daniël 9:24-27 noukeurig ondersoek. 

“SEWENTIG SEWETALLE IS OOR JOU VOLK EN JOU HEILIGE STAD BEPAAL (of afgesonder) – (Vers 24).

1.       Om die goddeloosheid te voleindig

2.       En om die maat van die sondes vol te maak

          (Die Engels sê: “To make an end of sins”)

3.       En om die ongeregtigheid te versoen

4.       En om ewige geregtigheid aan te bring

5.       En om gesig en profeet te beseël

6.       En om wat hoogheilig is, te salf.

Die “sewentig sewetalle” moet as sewentig sewes van jare (70x7), dus 490 jaar, verstaan word. 

As “dae” bedoel was, sou dit so uitgedruk gewees het soos in:-

Daniël 10:3; 

3          Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was. 

En vergelyk ook: Levítikus 25:8;

8          Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou negen-en-veertig jaar is. 

Bowendien was “jare” ook die onderwerp van Daniël se gebed.

Sien Daniël 9:2;

2          in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. 

Daniël was dus meegedeel dat binne ‘n periode van 490jaar sou al die bogenoemde gebeurtenisse plaasvind en Israel se sondes versoen sou word.  Net voor Gabriël aan hom verskyn het, het hy juis die sonde van die hele Israel, die wat naby en die wat ver is (vers 7) voor te God bely. 

Daniël 9:7;

7          Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het. 

Beide die Tien Stamme - wat ver was,

en die Twee Stamme - wat naby was,

het die verbond verbreek. 

 

Hy ontvang toe die heerlike versekering dat daardie oortredings uitgewis sou word.  Juda en Benjamin sou na Palestina terugkeer, maar net in verteenwoordigende getalle, en gedurende die daarop volgende 490jaar sou die bogenoemde doelstellings deur God volbring word. 

In die volheid van tyd is elkeen van hierdie beloftes verwesenlik toe Jesus Christus aan die kruis gesterf en op die derde dag weer opgestaan het om Israel te verlos en die ganse mensdom te red van die gevolge van sonde.

 

Punt 1. Om die goddeloosheid te voleindig.

Die Profeet Jesaja het in ‘n gesig die Here Jesus (die Messias) gesien toe hy ongeveer 700 jaar v.C. geskryf het in:

Jesaja 53:5-8;

5          Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 

6          Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 

7          Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders – ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. 

8          Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote – wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk (Israel) was die plaag op Hom.

Die Hebreeuse woord vir “oortreding” is “pesha” en beteken - rebellie. 

Dit kom ook voor in:

Jesaja 44:22; 

22        Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.

Oortreding is meer as sonde; dit is die moedswillige verbreking van ‘n bekende wet, dit is rebellie, dit is opstand.  Die enigste mense wat die wet onder die Mosaïese dispensasie ontvang het, was die Israel volk.  Hulle was die oortreders van die wet, en dit is een van die redes waarom hulle ook later in twee verskillende ballingskappe weggevoer is. 

Deur sy kruisiging en dood en opstanding het Jesus Christus, die Messias, dus die volle straf vir Israel se oortreding gedra, dus vir hulle as volk versoening gedoen, en sodoende hulle goddeloosheid (“pesha” in die oorspronklike Hebreeus, wat oortreding beteken) voleindig.

 

Punt 2. Om die maat van die sondes vol te maak.

Wat ‘n wonderlike belofte!  Ons kan onsself daarin verbly in die versekering dat al ons sonde vergewe is, omdat Christus in sy eie liggaam aan die kruis, nie alleen die oortredinge (goddeloosheid) van (die “My volk”) Israel gedra het nie, maar ook die sonde van die wêreld! 

Ons lees in:

Hebreërs 9:26; 

26        want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af.  Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. 

Deur hierdie hoogste offer, naamlik Homself, het Hy sonde vasgenael aan die kruis, Hy het die maat van die sondes vol gemaak. 

Of soos die Engels dit sê: “He made an end of sins”.”

Die engel het vir Maria gesê:

Matthéüs 1:21; 

            en sy sal ‘n seun baar en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Laat ons die Heer dank dat die wat in Christus glo, die voordeel van sy soendood ontvang, en nie in die oordeel vir hulle sondes sal kom nie, want deur geloof in Jesus Christus het hulle alreeds oorgegaan uit die dood in die lewe. 

Johannes 5:24;

            Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in lewe. 

Daar is net een sonde wat tussen die mens en God staan, en dit is die sonde van ongeloof, die verwerping van Christus.  Die Heilige Gees is in die wêreld gestuur om die mens van sonde te oortuig. 

Johannes 16:9; 

            van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;

 

Christus het “die maat van die sondes vol gemaak”

(Engels: “has made an end of sins”)

Sodat elkeen wat die saligheid wat Hy aanbied, aanneem, nie in die oordeel mag kom nie, maar die gawe van God, naamlik die ewige lewe mag ontvang!

1 Johannes 5:11-12;

11        En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 

12        Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 

 

Punt 3. Om die ongeregtigheid te versoen. 

Hier spreek dit van ongeregtigheid wat versoen word, en nie goddeloosheid of oortreding (Engels - “transgression”) nie en dus is die ganse mensdom ingesluit.  Die Apostel Paulus skryf aan die Korinthiërs:

2 Korinthiërs 5:19; 

19        naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 

Nie net Israel wat die wet van God oortree het nie, maar ook almal wat nie die wet gehad het nie, maar wat nietemin ongeregtigheid gepleeg het, sou met God versoen word.  Daarom kon die Here Jesus aan sy dissipels sê:

Markus 16:15-16; 

15        En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

16        Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

As ons dus met God versoen wil word, moet ons na Hom toe, deur Jesus Christus kom.

 

Punt 4. Om ewige geregtigheid aan te bring. 

In sy uitstaande boek, “The Prophecies of Daniël in the Light of History”,skryf Eerwaarde Alban Heath as volg: “Aan die einde van die sewentig weke (sewes) sou God ‘n blywende versoening vir alle sonde inbring.  Tot hiertoe was daar ‘n jaarlikse dag van versoening, maar net die feit van herhaling het dit as tydelik bestempel.  Daar sou ‘n permanente versoening ingestel word”. 

 

Ons lees ook in:

Jesaja 51:6-8;

6          Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos ‘n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.

7          Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;

8          want die mot sal hulle opeet soos ‘n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag. 

Christus het vir ons geword geregtigheid uit God. 

1 Korinthiërs 1:30; 

            Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. 

Ons is geregverdig deur sy bloed en deur die geloof in Hom

Romeine 3:21-26;

21        MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,

22        die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;

23        want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

24        en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

25        Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God -

26        om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. 

Romeine 5:1, 9;

1          OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

9          Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. 

Wat ‘n heerlike verlossing!  As gevolg van Sy versoeningsdood vir ons,

Hebreërs 10:26;

            Want as ons opsetlike sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie. 

Die finale vervulling, wanneer die volk van God haar nasionale bekering in die komende krisis sal ondergaan, sal kom wanneer die Heer sy wet in hulle binneste sal gee, en dit op hulle harte sal skryf.  (God se wet is ‘n wet van geregtigheid).  Dit sal geskied wanneer die Messias gekom het om die heerskappy op sy skouers te neem. 

Jesaja 9:5-6;

5          Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer. En Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors --

6          tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid.  Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. 

Lukas 1:31-33;

31        En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 

32        Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

33        en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

 

Punt 5. Om gesig en profeet te beseël. 

Die Here Jesus Christus het nie gekom om die wet en die profete te ontbind nie, maar om dit te vervul.

Matthéüs 5:17-19;

17        MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie.  Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

18        Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verby gaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

19        Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

En om die nuwe bedeling van genade in te bring. 

Matthéüs 11:13;

13        Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. 

Die wet en die profete het van Christus getuig. 

Lukas 24:25-27,44-47;

25        En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!

26        Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

27        En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. 

44        En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met hulle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. 

45        Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. 

46        En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

47        en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. 

En Hy het aan die Jode gesê:

Johannes 5:39; 

            Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

In sy toespraak in die tempel sê die Apostel Petrus:

Handelinge 3:18;

18        maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly. 

Die volle aspek van die vervulling van hierdie openbaring van die toekoms en die voltooiing van hierdie profesie sal egter nie tot sy volle ontplooiing kom voor die triomfantelike terugkeer van ons Here Jesus aan die einde van die eeu nie.  Deur die verwerping van Jesus Christus is die dag van die wederoprigting van alle dinge uitgestel. 

Petrus in sy verwysing na Hom wat hulle verwerp het, het gesê in:

Handelinge 3:21;

            Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

 

Punt 6. Om wat Hoogheilig is te salf.

Die Hebreeuse woord Messias beteken – “Gesalfde”.

Deur hierdie gedeelte met vers 25 te vergelyk, kan ons die betekenis vasstel van die term “tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors - - - - (v.25) ‘n persoon wat gesalf gaan word met die Heilige Gees, ver bokant enige van diegene wat voor Hom was: Hy sou die waarheid van God aanbied op ‘n veel hoër, heiliger en duideliker wyse as enige van die profete wat voor Hom was.

 

Die openbare en amptelike salwing van Christus het nie aan die kruis plaasgevind nie, maar met sy Doping.  Onmiddellik na sy Doping in die Heilige Gees, het Jesus in die Sinagoge van Násaret gegaan en hierdie gedeelte aan hulle voorgelees. 

Jesaja 61:1; 

1          Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;  

Toe begin Hy vir hulle sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Lees: Lukas 4:17-21;

17        En die Boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:

18        Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring.  Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees;

19        om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan die blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here te verkondig. 

20        En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.

21        Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.  

Sodoende het Jesus honderde profesieë in die OT aangaande Homself vervul (en dit dus verseël en bekragtig), en kon Hy ook aan die sondaar sê, “jou sonde is jou vergewe”. 

Maar daar is ook ‘n diepere betekenis aan verbonde.  Die woord wat aan die einde van vers 24 as “hoogheilig” weergegee word, word dikwels in verband met die tabernakel gebruik, asook sy huisraad, ook die tempel van Salomo, en ook die tempel wat Eségiël in ‘n gesig gesien het.  Dit beskryf die heilige der heilige, dit wil sê, die heiligdom of die binneste gedeelte van die twee afdelings van die tabernakel of die tempel. 

Maar hierdie woord was ook van toepassing op die ark, die altare en ander huisraad, ook op die slagoffers, wierook, offerandes, toonbrood en elke toegewyde ding.  Beide die tabernakel en Aäron was deur Moses gesalf.  Daar word geen melding gemaak dat die tempel ooit gesalf was nie.  Die tempel was ‘n voortsetting in permanente vorm, van die tydelike tabernakel.  Konings en priesters was die enigste ampsdraers wat in die OT gesalf is.  Aangesien die Messias beide Koning en Priester sou wees, was dit van pas dat Hy gesalf sou word.

Terme wat dus uitsluitlik vir die heilige anti-tipes of voorstellings van Christus gebruik was, kan dus ook op Christus self toegepas word.  Hierdie frase wat Daniël gebruik, naamlik “om wat hoogheilig is, te salf”, word dus verklaar deur die woorde van ons Heer. 

Johannes 2:19-21;

19        Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.

20        En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig? 

21        Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.

 

Die Griekse woord vir tempel is hier – “Naos”, wat die heiligdom van Sy liggaam beteken. 

Sodoende was ons Here Jesus dan na sy doop vanuit die hemel “gesalf”, en na sy offerdood aan die kruis het Hy die hemelse heiligdom ingegaan om nou namens ons voor God te verskyn.

Lees: Hebreërs 9:11-24; Heb. 10:19;.

11        Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,

12        ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. 

13        Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,

14        hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

15        En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. 

16        Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;

17        want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is solank as die testamentmaker nog leef nie. 

18        Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;

19        want toe elke gebod volgens die wet van Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel

20        en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.  

21        En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel. 

22        En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. 

23        Dit was dus nodig dat die afbeelding van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. 

24        Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;

Hebreërs 10:19;

19        TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus.

 

Uitgang van die woord (bevel) om Jerusalem te herstel.

Daniël het seker ernstig verlang om te weet wanneer hierdie tyd van genade, vergifnis en seën sonder weerga, vir Israel sou aanbreek. Wanneer sou hierdie “70 sewes” van jare van herstel vir sy volk aanbreek?  Net asof die Engel Gabriël geweet het wat in Daniël se gedagtes aangaan, antwoord hy hom as volg:

“Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewe-talle; en twee-en-sestig sewetalle lank - - - - - - ” – (Daniël 9:25). 

In eenvoudige terme uitgedruk, beteken dit dat vanaf die tyd dat ‘n sekere bevel sou uitgevaardig word om Jerusalem te herbou, tot op die koms van die Messias (dit beteken Gesalfde), sou dit 7 plus 62, dus 69, sewetalle van jare wees, of ‘n totaal van 483 jaar.  (In die profesieë word die skaal van 1 dag vir ‘n jaar dikwels gebruik, lees weer Eségiël 4:6).

Nou moet ons net vasstel watter bevele daar was in verband met die terugkeer van die Jode vanaf Babilon. 

(Die term “Jood” is die naam waarby die ballinge van die Babiloniese Ballingskap, dus die ballinge van Juda en Benjamin, genoem is vanaf die dag dat hulle teruggekeer het vanaf hulle ballingskap en weer na hulle land teruggekeer het.  Vanaf daardie tyd het beide hulle en die land daardie naam gedra, volgens Josephus Antiq XI, V.7).

Beide die Profete Esra en Nehemía beskryf vir ons daardie jare van heropbou en herstel in:

Esra 1:3;

            Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort – mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is. 

En Esra 6:7;

            Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou. 

Esra noem twee dekrete van die konings van die Mede en die Perse, waarin Juda toegelaat word om terug te gaan om die tempel te herbou, dit was in die jare 536 en 521 v.C. respektieflik.  Die ballinge se eerste doelwit was om die tempel te herbou, maar die bevel vanwaar die 70 sewetalle van jare ‘n aanvang moes neem, moes wees “om Jerusalem te herstel en op te bou” – (Dan. 9:25).

 

Bybel studente dateer die aanvang van Daniël se 70 sewetalle vanaf die bevel (dekreet) wat uitgevaardig is deur die koning van die Mede en die Perse in:

Esra 7:11-13;

11        En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel:

12        Artasásta, die koning van die konings, aan die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, volkome vrede!  En nou --

13        deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in die koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;

 

Hierdie dekreet is in die jaar 457 v.C. uitgevaardig.  Gabriël het dus vir Daniël gesê dat 69 sewetalle van jare, of 483jaar vanaf hierdie jaartal, sou die Messias kom.  Wanneer ons dus 483jaar bytel by die 457 V.C. en nog 1jaar bytel vir die oorgang vanaf die “Voor Christus Tydperk” tot die “Na Christus Tydperk”, dan kom ons by die jaar 27 n.C. uit.  En dit is presies in hierdie jaar dat Christus met sy bediening in Palestina begin het.  Christus was toe 30jaar oud want Hy is in die jaar 4 v.C. gebore.

Ons lees in:

Lukas 3:22-23;

22        en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae. 

23        EN Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli.

Dit was dus in die jaar 27 A.D. wat presies 69 sewetalle van jare, dit wil sê, 483 jaar vanaf die dekreet van Artasásta, dat ons lees:

Markus 1:14-15; 

14        En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig

15        en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. 

Watter tyd was vervul?  Die tyd vir die vervulling van al die beloftes wat in Daniël se 70ste “week” of sewetal van jare uiteengesit is, naamlik om “die maat van sondes vol te maak (te beëindig)” en so aan.  In sy bediening het Hy dus die profesie vervul wat aan Daniël gemaak is, naamlik dat binne die 490 jaar van die tydperk van herstel, hierdie groot seëninge na Daniël se volk sou kom. Dit het werklik geskied, en ook op presies die tyd wat aangedui was. Wonderbaar!

 

Die Gesalfde word uitgeroei (Messiah to be cut off))

Christus kon sê: “jou sondes is jou vergewe” want Hy het geweet dat Hy binnekort sou sterwe om die prys van die dood te betaal, sodat die nasionale en individuele sondes van Israel, waarvoor die straf die dood was, vergewe kon word.  Hierdie hoogste daad van ewige redding en verlossing was baie duidelik vir Daniël voorspel, want ons lees:

“ - - - van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle, en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.  En na die twee-en-sestig sewe-talle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom - - - - -”, - (Daniël 9:25-26).

Hierdie laaste sin lees in die Engelse Bybel as volg: “And after 62 weeks, shall Messiah be cut off, but not for Himself”.

Die 69 sewetalle van jare was in twee periodes verdeel, naamlik 7 en 62, aangesien die stad gedurende die eerste 7x7=49jaar werklik herbou is, maar onder moeilike omstandighede van teenstand “in tye van benoudheid”, soos voorspel in Daniël 9:25, deur die omliggende nasies. 

Die Profeet Nehemia beskryf hierdie “tye van benoudheid” as volg in:

Nehemía 4:17-18; 

17        Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,

18        en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het. 

 

In daardie paar woorde, “En na die 62 sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word”, (Engels: “Shall Messiah be cut off”) is daar ‘n duidelike beeld aan die profeet Daniël gegee, van wat met die Here Jesus sou gebeur.

Johannes 1:11; 

11        Hy het na sy eiendom gekom - - - -

Die verteenwoordigers van die Juda-seksie van Israel, nl. die Jode.

            - - - - en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 

Paulus skryf van hierdie selfde Jode en sê:

1 Thessalonicense 2:14-15;

14        Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode,

15        wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,

Die Jode wat die Here Jesus en hulle eie profete gedood het.  Die Profeet Jesaja is selfs meer beskrywend en roep uit:

Wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? - (Jesaja 53:8). 

 

Dit is identies aan die beskrywing van Christus (die Gesalfde) se dood soos deur Daniël beskryf:

En na die 62 sewe-talle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word” (die Engels sê: “Cut Off”) – (Dan. 9:26). 

Die woord “uitgeroei” is sekerlik baie beskrywend van die ontydige dood van Christus aan die kruis. 

Die frase: “maar sonder iets vir Hom” – (Daniël 9:26).

Engels: “but not for Himself”, beskryf baie presies sy offerdood ten behoewe van andere. 

Johannes die Doper het die lydende Messias dadelik herken toe Hy by die Jordaanrivier verskyn het.  

Johannes 1:29; 

29        Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Diegene uit die ware Israel wat daar gestaan het, het geweet dat al die offerdiere wat hulle vanaf hulle voorvaders gebring het, nie hulle sondes kon wegneem nie, maar dit net kon toedek totdat die Lam, wat God beloof het om te voorsien, sou kom.  Hy sou hulle sondes wegneem!   Maar nou wys Johannes na Jesus en roep uit: “Daar is die Lam wat God sou voorsien”.  Daardeur het hy gewys dat in die dood van die Messias, God almal sou vergeef wat Hom aanneem.

 

Die Stad en die Heiligdom verwoes. 

In sy boodskap aan Daniël het die Engel Gabriël voortgegaan om vir hom te sê dat nadat die Messias doodgemaak is, daar ‘n volk van ‘n vors sou kom en die stad en die heiligdom (die tempel) verwoes.

En na die 62 sewetalle (van jare) sal ‘n Gesalfde uitgeroei word - - - - en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes – (Dan. 9:26).

Daar is nie die minste twyfel nie dat Christus die profesieë van Daniël aangaande Homself, die Jode en Jerusalem, baie goed verstaan het.  Hy het besef dat toe die Jode sy boodskap verwerp het, die einde van hulle 490 jaar van genade spoedig sou aanbreek; dat tensy hulle Hom as die Messias sou aanneem, hulle weer verstrooi sou word. 

Net ‘n paar dae voor sy kruisiging het Jesus, omdat Hy geweet het dat sy “uitroeiing” of “cutting off” na die volgende stappe in Daniël se profesie sou lei, die volgende woorde gesê:

Matthéüs 23:37-39; 

37        Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!  

38        Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 

39        Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

Hierdeur het die Here Jesus Homself van die tempel onttrek en losgemaak, en enigiemand wat al ‘n hedendaagse Joodse sinagoge besoek het, sal kan getuig van ‘n gevoel van geestelike verlatenheid, en sal hierdie woorde van ons Heer begryp: “Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!”. 

Hoe jammer is dit nie dat die Jode nie hulle Messias herken het, soos vir hulle deur die Profeet Daniël voorspel.  Een van die groot redes is natuurlik dat hulle alreeds teen hierdie tyd geïnfiltreer en oorheers is deur vreemde elemente wat nie van Israel afkoms is nie, soos ons in ons reeks oor “Die Verlore Tien Stamme van Israel” verduidelik. 

‘n Ander rede waarom hulle vandag nog in hierdie blindheid voortgaan, word gegee deur Eerwaarde P. Cachemaille in sy boek “The Seventy Weeks and the Messiah”, bladsy 25.  Dit is ‘n interessante feit dat tot vandag toe nog verskeie van die verse uit Daniël se belydenis van sy volk se sondes elke Maandag en Donderdag deur die Jode opgesê word, maar die laaste gedeelte van Daniël 9, wat so duidelik van die lyding van die Messias spreek, nooit gelees word nie.  Die Rabbies het in der waarheid ‘n verskriklike vloek uitgespreek oor enigiemand wat die profesie van die sewentig weke (sewetalle) ondersoek.  Hulle sê: “Laat hulle bene verrot, dié wat die einde van die tyd bereken”.

Net voor sy voorspelling van die verwoesting van Jerusalem (Matt. 23:37-39) omdat hulle Hom nie wou aanneem nie, het die Here Jesus gesê:

Matthéüs 23:36;

            Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

 

Hy het na daardie geslag wat Hom verwerp het, verwys.  Dit word oor die algemeen deur Bybel studente aanvaar dat ‘n Bybel geslag, ‘n duur van 40jaar het. 

Vergelyk:Psalm 95:10;

10        Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie  geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie!

Net in die volgende hoofstuk lees ons:

Matthéüs 24:1-2;

1          EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. 

2          En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge?  Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

Dit het ook presies netso gebeur, want binne 40 jaar na hierdie woorde deur ons Here Jesus, in die jaar 30 A.D. uitgespreek is, is die tempel tot op die grond verwoes.  Oorlog het in die jaar 66 A.D. tussen die Jode en die Romeine uitgebreek.  In 70 A.D. het Titus, die seun van die Romeinse Keiser Vespasianus (en dus die “vors” of “prins” - Engelse vertaling – Dan. 9:26), vanaf Egipte na Jerusalem opgeruk, en dit vir vyf maande lank beleër en totaal van die buitewêreld afgesny. 

Die tempel is deur sy soldate aan die brand gesteek, heeltemal teen die bevele van Titus.  Sodoende is die profesie van Daniël letterlik vervul, waar dit sê:

 - - - en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes – (Dan. 9:26).  

Die goud van die brandende tempel het gesmelt en in al die gleuwe tussen die klippe waarmee die tempel gebou was, ingeloop.  Die Romeinse soldate het al die klippe, laag vir laag afgebreek om die goud as buit in die hande te kry.  Die woorde van ons Here Jesus is op hierdie wyse letterlik vervul, waar Hy gesê het:

Daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie – (Matt. 24:2).

Uiteindelik is die plek waar die tempel gestaan het omgeploeg, oor die een miljoen Jode het in Jerusalem omgekom, en duisende is na verskillende lande as ballinge weggevoer.  Daardie “geslag” het ‘n bitter prys betaal vir hulle ongeloof.  Ons leef in die laaste geslag voor die wederkoms van ons Here Jesus.  Hy het in hierdie selfde “profetiese rede” waarin Hy die verwoesting van Jerusalem so akkuraat voorspel het, ook gesê dat Hy weer sou kom in die geslag wat die uiteindelike en finale terugkeer van die Jode na Palestina sou beleef.

 

Die Wederkoms van Messias.

Hierdie terugkeer het op ‘n georganiseerde wyse in die jaar 1917 begin met die bevryding van Jerusalem op 11 Desember deur die Geallieerde magte onder Generaal Allenby.  Dit was na presies 2,520jaar (of 7 tye -- ‘n tyd is gelyk aan 360jaar), van heidense oorheersing sedert Jerusalem in die jaar 604 v.C. deur Nebukadnésar ingeneem is. 

Jesus het gesê:

Lukas 21:24;

24        En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies (heidene) totdat die tye van die nasies (2520 jaar) vervul is. 

Op 16 Mei 1948 met die totstandkoming van die hedendaagse Israeli Staat, het hierdie terugkeer ‘n baie belangrike en betekenisvolle mylpaal in die vervulling van die profesieë bereik. 

Ons Here Jesus sê verder in:

Lukas 21:29-33;

29        Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.

30        Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.

31        So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. 

32        Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.

33        Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 

Bome stel nasies voor in profesie, en so stel die vyeboom die huis van Juda voor.  Die Jode van vandag, alhoewel baie onsuiwer, is nog die amptelike verteenwoordigers van die huis van Juda.  Sedert die einde van wêreldoorlog nr. 2 in 1945, was daar ‘n geweldige opflikkering van nasionalisme onder die kleinere en onder ontwikkelde nasies van die wêreld, in so ‘n mate dat die Afro-Asiatiese blok vandag die V.V.O. beheer.  Dit is die “bome” wat gebot het waarvan ons Here Jesus in Lukas 21:29-30 gepraat het.  Onder hulle is ook die vyeboom, en hy het sy amptelike erkenning deur die wêreld op 16 Mei 1948 gekry. (Hierin is egter baie ander profesieë verskuil wat ons in ander pamflette in meer besonderhede toelig).

Tel jy nou ‘n Bybel geslag van 40jaar by hierdie tydperk 1945-1948 bring dit ons by die jare 1985-1988.  Jesus het gesê hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.  Ons weet nie die dag of die uur van die wederkoms van ons Here Jesus nie, maar die Skrif gee ons baie aanduidings waarvolgens ons die “tye en geleenthede” waarin Hy sal kom, kan weet. 

Lees: Matthéüs 24,   Markus 13,   Lukas 21,   Handelinge 1:7,   1 Thess. 5:1-3.

 

Ons behandel ook hierdie groot gebeurtenisse in meer besonderhede in ons boekies:

“Die Wederkoms van Christus”,

“Die Groot Verdrukking”,

“Die Opraping”,

“Die Boek van Joël - Sy Profetiese Boodskap en Waarskuwing”,

“Rusland in Profesie”,

“Die Boek van Openbaring”.

Hy sal ‘n sterk verbond sluit. 

(“He shall confirm the covenant” - Engelse Bybel)

Die laaste vers van Daniël 9 verwys na die werk van Christus en die doel van sy eerste koms.

Daniël 9:27;

27        En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. 

Hierdie “hy” is nog steeds die “Gesalfde” of Messias van verse 25 en 26. 

 

(Die dispensasionaliste, wat ‘n gaping van 2,000jaar plaas tussen die 69ste en die 70ste “sewe” (of week), maak die “hy” in “hy sal ‘n sterk verbond sluit” in vers 27 om te verwys na die vors van vers 26 wat prins Titus is.  Indien dit dan so is, dan moet die “hy” van vers 27 na Titus verwys en nie na die prins van ‘n herrese Romeinse Ryk, soos die dispensasionalisme beweer nie). Die Engelse vertaling van “confirm” is meer korrek volgens die oorspronklike.  Dit beteken dat daar reeds ‘n bestaande verbond is wat Hy kom bekragtig het.  Dit is die vertolking van die ou Hervormers.

Wat is hierdie “verbond” waarna hier verwys word wat die Messias sou kom “bevestig” of “vervul” of in praktiese werking stel gedurende die laaste of 70ste sewe-jaar periode van Daniël se profesie?.  Daar is maar net een verbond wat God beloof het met die hele Israel, en wat op bekragtiging gewag het.  Dit was die “nuwe verbond” soos beloof in Jeremia 31 in die jaar 606 v.C.

Jeremia 31:31-34; 

31        Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel - - - -

Die letterlike volk, nie ‘n Kerk nie.

            - - - - en die huis van Juda - - - -

(Do.)

            - - - - ‘n nuwe verbond sal sluit;

32        nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders - - - -

Die hele Israel, die letterlike volk.

            - - - - gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland - - - -

Dit wil sê: die Mosaïeseverbond.

            - - - uit te lei nie - my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.

33        Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel - - - -

Die weglating van die huis van Juda in hierdie herhaling is hoogs betekenisvol volgens Matthéüs 21:43;

43        Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

 

 - - - - sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees

34        - - - - want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Gedurende die laaste Avondmaal, wat ons Here Jesus saam met sy dissipels gehad het, het Hy direk na hierdie verbond verwys wat in Jeremia beloof was.  Markus, Lukas en Paulus vertel almal hoedat Hy ‘n beker wyn geneem het en die dissipels gevra het om dit te drink ter gedagtenis aan sy dood wat op hande was, en aan die vergifnis van sonde wat in die nuwe verbond beloof is.

Matthéüs 26:27-28;

27        Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.

28        Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament - - - -

Verbond.

- - - - wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

1 Korinthiërs 11:23-25; 

23        Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;

24        en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

25        Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.  

Wanneer ons besef dat die uiteindelike doel van die verbond die vestiging van die koninkryk van God op aarde is in ooreenstemming met die onse Vader; - - - -

Matthéüs 6:9-13;

9          Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

10        laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

11        gee ons vandag ons daaglikse brood;

12        en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

13        en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.  Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.  Amen.

- - - - dan sal ons ook die woord nuut of nuwe beter verstaan word in die volgende Skrifte:

Lukas 22:18;

18        Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie. 

Matthéüs 26:29;

29        Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 

Joël 3:18;

18        En op dié dag sal die berge drup van mos - - - -

“New Wine” - Engels, “Jongen Wyn” - Hollands

            - - - - en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van die water; en uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.  ..

Amos 9:13-14;

13        Kyk, die dae kom, spreek die HERE, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos - - - -

“Jongen Wyn” - Hollands,

“Sweet Wine, freshly pressed out grape juice”, - Engelse vertaling.

            - - - - sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.

14        En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede - - - -

Na ‘n kern oorlog, Armagéddon?

- - - - bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

Eségiël 34:25-28;

25        En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit en die wilde diere uit die land laat verdwyn; en hulle sal veilig bly in die woestyn en slaap in die bosse.

26        En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel - - - -

Heuwel beteken koninkryk in profetiese taal. 

            - - - - tot ‘n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees. 

27        En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.

28        En hulle sal nie meer ‘n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie, maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik.

Lateraan verwys Eségiël weer na hierdie verbond van vrede. 

Eségiël 37:26-28;

26           En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. 

27           En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees.

28           En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. 

 

Die Verbond bevestig (versterk of bekragtig)

In Daniël 9:27 het ons: “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit”.

Die Engelse King James vertaling sê “confirm” vir die woord “sluit”. 

Die Hebreeuse woord is “Gabar” en volgens “Young’s Analytical Concordance”beteken dit om te “versterk”.

“The New Bible Commentary (Revised) Inter-Varsity Press”, in sy kommentaar op hierdie vers, sê die volgende: “Dit is beter om hierdie gedeelte te vertaal as, hy sal die verbond laat standhou (prevail)”. 

Die Hebreeuse woorde is buitengewoon.  Hulle word soms vertolk asof hulle eenvoudig beteken “om ‘n verbond te maak”.  So ‘n vertolking is egter foutief want dit laat nie reg aan die oorspronklike geskied nie, wat alleenlik kan beteken om ‘n verbond die oorhand te laat hê (prevail), of “om die verbond stewig te maak”. 

Die implikasie is dat die verbond alreeds bestaan, en dat sy terme en voorwaardes nou effektief gemaak gaan word.  Wie is die een wat die verbond gaan bevestig of versterk? 

Baie vind die onderwerp in “die vors wat sal kom” van vers 26, en verwys dit dan of na Antiochus, of tot ‘n Romeinse heerser van ‘n toekomstige herrese Romeinse Ryk.  Die woord “vors” is hier egter in ‘n onderhorige posisie, en dit is baie onwaarskynlik dat hierdie woord die onderwerp in vers 27 sou wees. 

Dit is beter om die onderwerp as die Messias te beskou, aangesien Hy die mees uitstaande Persoon in hierdie gedeelte is.  Die verbond wat sou die oorhand kry is die verbond van genade waarin die Messias deur sy lewe en dood, verlossing vir sy volk bewerk. 

Die sewentigste sewe (‘n simboliese getal) het dus betrekking tot die tyd van ons Heer se aardse lewe.  Gedurende die helfte van hierdie sewe bewerk die Messias, deur sy dood, dat die Joodse offerandes beëindig word. 

Volgens: Hebreërs 8:13;

13        As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.  

Christus het dus die nuwe verbond bevestig deurdat Hyself die offerande vir sonde geword het, waardeur Israel, en “almal wat wil” vergifnis vir hulle sonde kon ontvang.  Hierdie groot feit word deur die Apostel Paulus beklemtoon waar hy aan die Romeine skryf. 

Romeine 15:8; 

8          En ek sê dat Jesus Christus ‘n dienaar geword het van die besnydenis terwille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig. 

Die Skrif maak dit dus baie duidelik dat die “verbond” waarna Daniël hier verwys die nuwe verbond is, en dat dit Christus, die Messias was, wat dit bevestig en bekragtig het.

 

Sal Hy slagoffer en spysoffer laat ophou?

Gabriël het ook aan Daniël gesê:

“en gedurende die helfte van die (70ste) week (van jare) sal Hy slagoffer en spysoffer laat ophou” - vers 27. 

Die bediening van ons Here Jesus het omtrent 3 jaar geduur en toe is Hy in die jaar 30 A.D. gekruisig, net soos dit voorspel was “gedurende die helfte van die week”.

In die tempel in Jerusalem het daar ‘n dik voorhangsel tussen die Heilige en die Heilige der Heilige gehang.  Die hoëpriester alleenlik was agter die voorhangsel in die Heilige der Heilige toegelaat, en dan ook net eenkeer per jaar, en “dit nie sonder bloed nie.” Dit word gesê dat hierdie voorhangsel so dik was dat ‘n span osse aan elke kant nodig sou wees om dit te skeur.  Om egter die feit te beklemtoon dat die tyd aangebreek het vir die slagoffer en spysoffer om op te hou (vers 27), het daar iets ten tye van die kruisiging gebeur, want ons lees:

Matthéüs 27:50-51; 

50        Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee. 

51        En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; 

 

Let daarop dat die voorhangsel “van bo tot onder” geskeur het.  ‘n Duidelike bewys dat dit nie deur mensehande gedoen is nie.  As ons ‘n hangende gordyn wil skeur, sal ons dit van onder tot bo skeur.  Net die teenoorgestelde van hoe dit hier gebeur het.  Wat is die betekenis daarvan?

Die antwoord is dat God ‘n bonatuurlike demonstrasie in die tempel gegee het dat die tyd in beide die profesieë en in die geskiedenis aangebreek het dat “slagoffer en spysoffer” sou ophou - Daniël 9:27. 

Van hierdie tyd af sou die gelowige nie meer ‘n aardse hoëpriester nodig hê om vir hom as middelaar by God op te tree nie.  God het een middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, voorsien.

Hoe verbasend dit ookal mag klink, die Jode het doelbewus die voorhangsel weer probeer aanmekaar werk, maar dit was hopeloos.  Blindelings het hulle probeer om weer die offerandes van die ou verbond in te stel, maar dit het geen betekenis meer gehad nie. 

Net ‘n klein endjie daarvan af het God reeds gewag om 120 gelowiges te seën met die Doping in die Heilige Gees, en hulle toe te rus om die vergifnis van sondes deur die bloed van Christus gestort aan die kruis, te gaan verkondig.  Alhoewel die Jode aangehou het met hulle offerandes, het dit, sover dit God betref, opgehou.

Netso wys die brief aan die Hebreërs baie duidelik dat dit Christus was wat die offerandes van die ou verbond laat ophou het, en dit waardeloos gemaak het deurdat Hy sy eie liggaam geoffer het. 

Hebreërs 10:14; 

            Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. 

Hebreërs 10:4-9; 

4          want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem

Dit is permanent. 

5          Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. 

6          Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7          Toe het Ek gesê:  Kyk, Ek kom - in die boekrol is dit van My geskrywe - om u wil te doen, o God.

8          Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie – wat volgens die wet geoffer word -

9          het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God.  Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. 

 

So het Christus dan die Lam van God geword.. Hy neem die eerste, dit is die ou verbond weg, om die tweede, dit is om die nuwe verbond te bevestig, te stel.

In plaas van dat hulle tog maar hulle sondes erken het en die vergifnis aan te neem wat God aangehou het om vir hulle aan te bied - (vgl. Matt. 23:37), het die Jode liewer saamgesweer om Christus op die wreedste manier moontlik om te bring.

 

Die einde van die 70ste week (sewetal-jare)

0ns het gesien dat die Here Jesus sy bediening in 27 A.D, begin het, en dat “gedurende die helfte van die week sal Hy slagoffer en spysoffer laat ophou” – (Daniël 9:27), wat met sy kruisiging ongeveer drie jaar later plaasgevind het.

Nou vra ons, watter gebeurtenis het die bediening van sewe jaar, die volle laaste “week”, aan die “sewentig week nasie” laat ophou?

Die hoogs betekenisvolle antwoord is die volgende:

In die eerste helfte van die week het die Jode vir Jesus verwerp, en sy dood bewerkstellig.

In die tweede helfte van daardie week het hulle die Heilige Gees verwerp en Stéfanus om die lewe gebring.

 

Die lewe van Stéfanus was ‘n baie mooi lewe, en sy dood as ‘n martelaar was ‘n waardige mylpaal wat die einde aangedui het van die sewe jaar waarin Jesus die verbond sou bevestig.

Handelinge 6:8-12; 

8          En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 

9          En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis.

10        Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.

11        Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God. 

12        En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring. 

 

Dit is baie belangrik dat ons die belangrikheid van hierdie Raadsvergadering sal begryp, en ook om te sien hoe presies hierdie verhoor van Stéfanus met die van Jesus ooreenstem:  

(1) Stéfanus het ‘n bonatuurlike bediening gehad,

(2) Hy was onweerstaanbaar in sy redevoering,

(3) Valse getuies was teen hom ingebring,

(4) Hy was voor die Raad gebring,

(5) Hy was doodgemaak.

Net soos die kruisiging van Jesus “die helfte van die week” aangedui het, so sou die steniging van Stéfanus die “einde van die week” aandui.  Omdat Stéfanus voor die amptelike Raad van die Jode (wat nie net die Palestynse Jode verteenwoordig het nie, maar ook “Cilície” en “Asie” gebring is, is dit duidelik dat wat hier besluit is, verteenwoordigend van die hele Joodse nasie sou wees.

Kom ons kyk wat het gebeur:

Handelinge 7:1-2,51-55,58,60;

1          TOE sê die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so? 

2          En hy (Stéfanus) sê: Broeders en vaders, luister! - - - - - ”.

51        Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. 

52        Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie?   Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;

53        julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!

54        En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.

55        Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

58        En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; - - - - - - .

60        En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!  En met dié woorde het hy ontslaap. 

 

Net soos Jesus vir sy vyande gebid het voordat Hy gesterf het, en sodoende “die helfte van die week” beëindig het, so het Stéfanus, die eerste Christen martelaar, vir sy moordenaars ingetree, en sodoende op ‘n gepaste ooreenstemmende wyse die “einde van die week” aangedui.  Vanaf die doop van ons Here Jesus die Messias tot op die steniging van Stéfanus, was ongeveer 7jaar. 

 

Hierdie was die belangrikste 7jaar in die geskiedenis van die wêreld. Skaamteloos het die Jode hulle Messias (die Gesalfde) gedurende die eerste helfte van die week verwerp, en doelbewus het hulle die Heilige Gees in die tweede helfte verwerp.  Die 70ste week is aldus afgesluit, maar die belofte aan Daniël is getrou nagekom. “En hy (Hy) (Messias of Gesalfde) sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit (bekragtig), en gedurende die helfte van die week sal hy (Hy) slagoffer en spysoffer laat ophou”.

 

Petrus se gesig (visioen) en Cornelius

Noudat die 70ste week ten einde geloop het, was dit vir die apostels geoorloof om ook na die heidene en die Samaritane te gaan.  Voor dit het hierdie opdrag van ons Here Jesus aan hulle gegeld, omdat Hy geweet het dat die profetiese opdrag aangaande die 70ste week eers uitgevoer moes word:

Matthéüs 10:5-7;

5          Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;

6          maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. 

7          En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 

Lees ook:

Matthéüs-15:21-28; 

21        EN Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek. 

22        En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 

23        Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie.  Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 

24        Maar Hy antwoord en sê:  Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

25        Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!

26        Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 

27        En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.

28        Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.  En haar dogter het gesond geword van daardie uur af. 

Baie van hierdie nakomelinge van veral die huis van Israel, maar ook sommige van die huis van Juda, was so lank en so ver verwyder van hulle Godsdiens, dat hulle al soos heidene gereken is.

Nou vra ons, hoe het God dit aan die apostels getoon dat hulle nou vry is om ook na hierdie mense te gaan? Die antwoord is in die gesig van Petrus, en die besoek aan Cornelius.  Tot op hierdie tydstip het Petrus botweg geweier om enigiets met die heidene te doen te hê.  Maar hy was die geskikte een om die “deur” vir hierdie mense oop te maak vir wie Christus ook gesterf het. 

 

Dit was aan Petrus wat ons Here Jesus hierdie betekenisvolle woorde gesê het:

Matthéüs 16:18-19; 

18        En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots - - - -

Dit wil sê: Petrus se herkenning van Christus as die Messias, of Gesalfde van Daniël 9. 

            - - - - sal Ek my gemeente - - - -

Gemeente in Grieks – “Ekklesia”

            - - - - bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 

19        En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. 

 

Petrus was die eerste om die sleutel van die evangelie te gebruik om die deur oop te sluit, wat die heidene tot op daardie tyd, buite die koninkryk van God gehou het.  Hy was die eerste om hierdie bediening te beoefen, soos in die geval van Cornelius. 

 

‘n Bediening wat later nie net aan hom behoort het nie, maar aan al die apostels en uiteindelik aan al die diensknegte van die evangelie.

Handelinge 10:1,3,5,9-17,19-20;

1          EN daar was in Cesaréa ‘n man met die naam van Cornelius, ‘n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. 

3          Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!  

5          Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word. 

9          En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;

10        en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom:

11        hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.

12        Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere - - - -

Wat verbode voedsel vir die Israeliete was!

            - - - - en die voëls van die hemel.

13        Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!  

14        En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.

15        En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

16        En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.

17        En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon. 

19        En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek. 

20        Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.

God se horlosie het geslaan, en noudat die “70-sewes” (weke) van jare verstreke is, het die tyd aangebreek dat die deur ook vir die heidene oopgemaak word, en Cornelius was die eerste om in te gaan.

 

Sommige leer dat hierdie Skrifgedeelte vir ons wys dat die ou voedselwette van Israel ook nou tot ‘n end gekom het, maar Petrus het baie goed verstaan wat hierdie gesig beteken het.  Dit het hoegenaamd niks met voedselwette te doen gehad nie:

Handelinge 10:25-26,28,44,45;

25        Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoet gegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.

26        Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar ‘n mens .

28        en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. 

44        En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

45        En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

So ‘n gebeurtenis sou sonder twyfel groot ontsteltenis onder die broers in Jerusalem veroorsaak, en Petrus was ingeroep om verslag te doen oor sy kontak met die heidene.

Handelinge 11:18;

18        En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.

Hierdie feite aangaande Daniël se 70ste “week” en die noodsaaklikheid van ‘n aanvanklike beperkte bediening van 7 jaar, was ook deur die Apostel Paulus begryp, en God het ook aan hom sy bediening bekendgemaak, soos ons kan sien in:

Handelinge 13:2-5; 

2          en terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gee gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. 

3          En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. 

4          So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus. 

5          En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as helper gehad. 

 

Sodoende sien ons dan die groot “waterskeiding” in die Skrif en hoe die “middelmuur van skeiding” tussen Jood en heiden afgebreek is. 

 

Efésiërs 2:14; 

14        Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

 

Hierdie magtige sending uitreiking kon alleenlik plaasvind nadat Jesus sy sending voltooi het, soos aan Daniël gesê is: “En hy sal een week (sewe jaar) lank met baie ‘n sterk verbond sluit (bekragtig)”.  Dit was ‘n bediening van ‘n volle sewe jaar aan die “sewentig weke” nasie. 

Na die steniging van Stéfanus en die gesig wat aan Petrus gegee is, vind ons hierdie selfde dispensasionele of bedelings waarheid deur Paulus en Bárnabas beklemtoon:

 

Handelinge13:44-46; 

44        En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

45        Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.

46        Maar Paulus en Bárnabas het vryuit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word.  Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie -- kyk, ons wend ons tot die heidene.

 

Waarom het Paulus verklaar dat dit “noodsaaklik was” dat die woord van God eers aan die Jode verkondig moes word? Hy het verwys na die sending van Jesus soos in Daniël 9 opgeskryf is.  Alleenlik na die verstryking van die 70ste “week” en aan die einde van die verbond, die bevestigende bediening van 7jaar deur Jesus en sy apostels, kon hulle na die heidene gaan. 

 

Baie van hierdie “heidene” buite Palestina was niemand anders as “die verlore skape van die huis van Israel” nie, wat as heidene beskou was omdat hulle al heeltemal vervreemd geraak het van die wet en die profete, en ook omdat hulle onder die heidene gewoon het.  Dit is dan ook in hierdie gebiede waar hulle gewoon het, waar die evangelie sy grootste inslag gevind het. 

 

Dit is ook waarom die Heilige Gees nie vir Paulus wou toelaat om verder oos te beweeg nie, maar hom geroep het na die weste.  Hierdie aspek word volledig behandel in ons reeks: “Die Verlore Tien Stamme van Israel”.

“Hy (Messias) sal een week lank met baie die “Juda-Jode” ‘n sterk verbond sluit (bekragtig),” dit is 7 jaar.

 

 

 
 

27 A.D.

30 A.D.

34 A.D.

Bediening van Jesus 

Bediening van die Heilige Gees

Steniging van Stéfanus

3 jaar

4 jaar

7 jaar voltooi

Jesus is in die Jor-daan gedoop, en het Sy openbare bediening begin toe Hy gesê het “Die tyd is vervul”.  Sy bediening en die van sy apostels was met opset beperk tot die Jode en die “Verlore Skape” in Palestina.

Die Messias is verwerp en gekruisig.  Offer van diere vergoed mee weggedoen.  “Hy sal die slagoffer en spysoffer laat ophou”.  Voorhangsel geskeur, en Jesus sê: “Dit is vol-bring”. Koninkryk oorgeplaas van Juda na Israel:- Matt. 21:43. 

Joodse leiers verwerp die Heilige Gees wat Jesus gestuur het, en stenig vir Stéfanus. Gesig aan Petrus gegee en sleutels om deur na Cornelius, ‘n heiden, oop te maak.  Beperkings om net in Palestina te preek, opgehef. Apostels nou vry om na heidene te gaan en “Verlore Skape van huis van Israel”.

 

 

 

 

Die Groot Verdrukking.

Ons het vir u die “Historiese Vertolking” van Daniël se 70ste week gegee, en aan u bewys dat dit vervul is met ons Here Jesus se doop, sy dood en opstanding en die steniging van Stéfanus.  Hierdie uitleg van profesie was die wat deur die oorspronklike Kerk gehuldig is, en behou is tot ongeveer 150jaar gelede toe die Plymouth Brethren die “Futuristiese Vertolking” oorgeneem het van die geskrifte van die Rooms Katolieke Jesuietiese priester Ribera wat dit eerste in 1585 opgestel het.  Sedert 1830 is dit wyd onder die Kerk versprei en het dit meer publisiteit ontvang as enige ander uitleg.

Manne soos John Wycliffe, Martin Luther, John Foxe, Johannes Calvyn, John Bunyan, Charles Spurgeon, John Wesley, Dr. Grattan Guinness, D. L. Moody, F. B. Meyer en andere het almal die “Historiese” siening gehuldig.

 

Die hele basis van die geloof dat daar ‘n periode van groot verdrukking gaan wees, is op Daniël 9:26-27 gebaseer.  Die term “die groot verdrukking van 7jaar”, is deur die afgelope bykans 150jaar van die een geslag na die ander oorgedra sonder ‘n deeglike ondersoek na waar dit vandaan kom.  Ons kan nou sien dat dit ‘n heeltemal misleidende term en ‘n dwaling is, sonder enige Skriftuurlike grondslag.

 

In ons twee boekies “Die Opraping” en “Die Groot Verdrukking” het ons deeglik op hierdie twee onderwerpe ingegaan, en ons raai u aan om die twee boekies te bestel en te bestudeer.  Noudat ons bewys het dat die 70ste week van Daniël aaneenlopend vervul is saam met die vorige 69 weke, val die hele grondslag vir die “Futuristiese Vertolking” van die “opraping”, hulle sê “wegraping” en die “groot verdrukking” ook weg. 

 

Die Christene het “groot verdrukking” geken vanaf die dae van die Eerste Kerk. Geskiedkundiges bereken  dat 10 miljoen Christene in die dae van die Romeinse Keisers gesterf het, en dat 50 miljoen Protestante deur die Roomse Pouse doodgemartel is gedurende die 1,260jaar toe hulle oppermagtig was.  Miljoene het al gedurende die afgelope 50jaar onder die Kommuniste gesterf, en ander miljoene sit op hierdie oomblik in marteltronke of vergaan in slawekampe.  Gaan praat met enige van hulle oor ‘n “groot verdrukking” wat nog moet kom, en kyk of u hulle sal oortuig.

 

Nee, daar is geen herlewing van ‘n herrese Romeinse Ryk wat nog moet kom en deur wie se krag ‘n sogenaamde super diktator of Antichris nog die wêreld sal oorheers en terroriseer nie.  Europa se dae is verby en dit is nou die “konings van die ooste” van Openbaring 16 wat ons moet dophou.  Satan is die enigste basiese Antichris, en hy het alreeds in die Kommunisme, en met Rusland en Sjina as die hoofdraers daarvan, sy finale kanale gevind vir die einde van hierdie eeu.

 

Wanneer ons die Gog en die Magog van Eségiël 38 en 39 ontleed (ons doen dit in ons boekie  “Rusland in Profesie”, dan sal ons sien dat dit onteenseglik dui op Rusland en haar bondgenote, waaronder Sjina baie beslis tel.  Dit is hulle wat in hulle op-hande-synde aanslag teen die Christen Weste om die Christelike geloof en die draers daarvan uit te wis, en dan die wêreld te oorheers, miljoene sal afmaai. 

 

Maar dit is dan ook hier waar God uit die hemel sal tussenbei tree met sy leërskare en ook sy miljoene van Gog en sy bondgenote sal eis, totdat die gesneuweldes wat deur Hom verslaan is van die een einde van die aarde sal lê tot die ander einde daarvan.  Dit is Armagéddon.  Iewers in die midde hiervan, sal Jesus kom in groot krag en heerlikheid, en al die heilige engele saam met Hom.  Die grafte sal oopgaan en die eerste opstanding sal plaasvind en terselfdertyd ook die opneming van die nog lewendes teen daardie tyd wat waardig is. 

 

Die “groot verdrukking” het dus begin kort na die beëindiging van die 70ste week, met die verwoesting van Jerusalem in die jaar 70 A.D. toe meer as 1 miljoen Jode in die strate van Jerusalem gesterf het.  En dit sou aanhou tot die einde toe en sy klimaks bereik met Armagéddon en die wederkoms van Christus. 

Daarom eindig die laaste vers van Daniël 9 dan ook met die woorde: “en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word”.

 

Die Einde.

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

152031
This_MonthThis_Month1648
All daysAll days152031