new-top-banner-english

Die brief aan die Romeine(A)

E-Boek: Die Brief aan die Romeine

Inleiding

Ek gaan met u deel oor die Boek van Romeine, die sendbrief van Paulus aan die Romeine.  Nou wil ek sommer van die staanspoor af vir u sê: Dit gaan harde werk wees; ons sal baie moet konsentreer om hierdie boek met u deur te gaan.  Ek kan u die versekering gee, met die genade van die Here, gaan dit vir u die moeite werd wees.  U sal sien, in die loop van hierdie Studie, hoe min die gewone persoon werklik weet wat die Apostel Paulus aan die Romeine geskryf het; hoe ‘n groot mistasting daar is in die gewone uitleg daarvan; in die mate waarin daaraan aandag gegee word.  Dit sal vir my onmoontlik wees om in die volste besonderhede met u in te gaan op die agtergrond en die fondasie wat dit onderlê.  Ek gaan aanneem dat dit by u bekend is wat ek nou vir u gaan noem, en as dit nie by u bekend is nie, dat u dit tog self sal ondersoek.    

 

Ek neem aan die identiteit van die ware Israel is by u bekend.  Ek kan nie met u daardie identiteit nou in sy volle besonderhede behandel nie, dan sal ons nooit eers by die boek van Romeine kom nie.  Maar daar sal natuurlik heelwat daarvan hierin voorkom.  Dit sal ook vir u baie ekstra lig op daardie saak werp.  Daarom moet ek daar begin, en by wyse van inleiding moet ek met u tog ‘n paar aspekte behandel, voor ons werklik met Romeine self ‘n aanvang neem.

In die eerste instansie wil ek u daaraan herinner, wat seker by almal goed bekend is, dat ná die dood van koning Salomo, daar 'n skeuring plaasgevind het in die twaalf stamme van Israel. 

Die Tien Stamme het weggeskeur van die huis van Dawid, en onder koning Jérobeam vir hulle 'n afsonderlike koninkryk gaan stig, met Samaría as hoofstad, wat van daardie tyd af bekend gestaan het as die noordelike koninkryk, of die huis van Israel, of, in baie opsigte sommer net Israel.  Die Twee Stamme, naamlik Juda en Benjamin, saam met die Leviete, het getrou gebly aan die huis van Dawid, waarvan, op daardie oomblik van die skeuring, Rehábeam, die seun van Salomo, toe koning was.  En hulle het gebly by Jerusalem as hoofstad, met die tempel daarin en so aan, en dat Rehábeam met geweld die Tien Stamme wou gaan dwing om terug te keer, maar dat die Here sy profeet gestuur het om vir Rehábeam te sê: Jy moet dit nie doen nie,  want van My het hierdie saak gekom.  U sal dit vind in 1 Koning 12:24 (as u dit nog nie teëgekom het nie) van My het hierdie saak gekom.

Nou, regdeur die Bybel, het daardie Tien Stamme as 'n geheel, nooit weer met die Twee Stamme herenig nie, en het hulle afsonderlik gebly tot vandag toe.  Dit is van die uiterste belang vir ons begrip van die profetiese boodskap van die Bybel; dit is vir ons van die uiterste belang vir die begrip van die betekenis van hierdie tyd waarin u en ek vandag in lewe.  Liewe vriende, óf God se woord is lewendig, en God se woord het betekenis as Hy iets sê, óf ons kan dan maar ons Bybels toemaak en daarvan vergeet.  Maar hierdie kwessie van om in 'n skemerlig te wandel aangaande God se woord; ons wil darem maar nie heeltemal die Bybel weggooi nie, maar ons kan hom ook nie heeltemal verstaan nie (om die waarheid te sê, die meeste van ons wil ook nie die moeite doen om dit te verstaan nie), daardie toestand kan nooit voortduur nie.  Daardie toestand kan nie vir ons deurdra in hierdie krisistyd nie, alleen wanneer ons God se woord en sy boodskap ken, sal dit ons deurdra.  Daarom sal dit vir ons van betekenis wees as ons besef in hierdie tyd, soos die Psalmis sê in Psalm 119:105, “U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad”.

Wanneer ons na ons Here Jesus se bediening kyk op aarde, toe het Hy onder andere vir sy dissipels hierdie woorde gesê in:

Matthéüs 10:5-8; 

5          Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

6          maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. 

7              En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 

8          Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit.  Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

 

Ek wil hê u moet mooi kyk wat Jesus gesê het: moenie gaan na die heidene nie, moenie ingaan na 'n stad van die Samaritane nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

Onthou wat ek vir u gesê het, reg in die begin.  My eerste woorde was: Die Twaalf Stamme het van mekaar geskeur, Tien Stamme het weggeskeur, Jeróbeam koning gemaak, Samaría hulle hoofstad, en hulle het nooit weer teruggekeer nie.  Dit is daardie Tien Stamme wat bekend geword het as die “huis van Israel”, of baie keer net “Israel”.  Toe die Here Jesus vir sy dissipels gesê het: Julle moet na húlle toe gaan, moenie na die heidene toe gaan nie, moenie na die Samaritane toe gaan nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel, was dit sy opdrag. 

As ‘n opgestane Here Jesus dan vir ‘n Saulus van Tarsus, onthou, Paulus is die skrywer van hierdie brief aan die Romeine, en dit is wat ons met u gaan behandel, as die Here Jesus dan, in sy opstandingsheerlikheid aan ‘n Saulus van Tarsus verskyn op pad na Damaskus; waar hy toe Paulus geword het, en dat hyself gesê het: Hy het aan so baie verskyn en laastens ook aan my, as die ontydige geborene, as die Here aan hom sy opdrag gee, sal die Here Jesus dan daardie opdrag anders maak? 

As die opdrag aan hierdie twaalf dissipels, wat ook nog in Paulus se tyd gelewe het, dan was: Moenie gaan na die Samaritane nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel, sal Hy vir Paulus ‘n ander opdrag gee?

Matthéüs 15:24; (waar die Here Jesus in gesprek was met die Kananése vrou, wat gekom het dat die Here haar kind moes gesond maak, toe sê die Here Jesus); 

24        Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 

Hy het dit weer herhaal.  Dit was die Here Jesus se sending, en dit is daardie opdrag wat Hy ook aan sy dissipels gegee het. 

Wanneer ons nou gaan na:

 Johannes 20:20-21; (dit is ná die Here Jesus se opstanding, en vóór sy hemelvaart, op een van sy besoeke aan sy dissipels in sy opstandingsliggaam, lees ons hierdie baie belangrike verse).

20        En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy.  En die dissipels was bly toe hulle die Here sien. 

21        Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle!  Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. 

“Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook”. 

Wat het die Here Jesus vir die Kananése vrou gesê?  Hy het gesê: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel”.  Wie het vir Jesus gestuur?  Die Vader het Hom gestuur.  Nou stuur Hy sy dissipels, en Hy sê: “Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle”.  Na wie toe stuur Hy hulle?  Ons het gesien in Matthéüs 10, Hy stuur hulle na die verlore skape van die huis van Israel.

 

Liewe vriende, dit is belangrike sake hierdie.  As ons dit miskyk, of ons misken en ignoreer dit, dan sal ons ‘n duur prys daarvoor betaal.  Die westerse wêreld is besig om daardie prys daarvoor te betaal en God roep ons tot ‘n magtige ontwaking!  Ons sien hierdie selfde gedagte en hierdie selfde boodskap ook in Handelinge 15:13-17.  Dit is waar die gemeente in Jerusalem byeengekom het onder die voorsitterskap van die Apostel Jakobus om ‘n belangrike uitspraak te gee in verband met die sendingwerk van daardie tyd.  “En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê, - (hy was die voorsitter, en hy gee nou die opsomming en die uitspraak), Broeders, luister na my!.  Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem”. 

 

Ek gaan vir u daardie woord “heidene” baie goed duidelik maak.  Laat ek dan net voorlopig vir u sê: Daardie woord heidene, as u na die Griekse woord kyk, dan sal u sien dit is “etnos” wat nasies beteken, dit moes vertaal gewees het nasies en dit word ook in baie Bybels so vertaal.  Omdat ons so ‘n geweldige indoktrinasie in ons gedagtes het, waarmee ons grootgeword het vir geslagte, as ons in hierdie geslag die woord heiden hoor, het ons net een prentjie voor ons oë, en dit is die swartes van Afrika, die geles van Asië en so aan.  Is dit nie waar nie? 

 

Dit is die prentjie wat ons voor ons oë het.  Die prentjie van die Bybel, waar hy gepraat het van heidene, (wat eintlik “etnos” is), wat eintlik nasies beteken, het heeltemal ‘n ander betekenis, en het hulle heeltemal ‘n ander gedagte daaromtrent gehad, as wat ons vandag in ons gedagtes het wanneer ons die woord hoor.  Ons sal nog baie daarvan hoor.  Ons sal nog baie daarvan sien.

 

Handelinge 15:14-17; 

14        Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 

15        En hiermee stem die woorde van die profete ooreen,- - - -

U moet mooi kyk: die woorde van die profete.  U sal sien, die profete het gepraat van net een volk, en dit is die volk Israel. 

            - - - - soos geskrywe is:

16        Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,

17        sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies - -

Daar vertaal hulle dit reg;

- - - - oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. 

Die Here sê Hy sal terugkom, volgens die profete, en Hy sal die vervalle hut van Dawid weer oprig, en dit herstel.  Wat was die hut van Dawid?  Dit was die koninkryk en die troon van Dawid.  Oor wie was die troon van Dawid?  Die troon van Dawid was oor die letterlike Twaalf Stamme van Israel.  Dus, Jakobus se opsomming van hulle hele bespreking, die meeste van u het seker al op ‘n kerkraad gedien, of u dien dalk nog daarop, u weet watter gewigtige dinge daar dikwels op ‘n kerkraad bespreek word, u weet wat ‘n belangrike verantwoordelikheid daar op die voorsitter (wat gewoonlik die predikant is), rus om die uitspraak te gee, en dit reg te gee en dit reg op te som.  Hier is Jakobus, en hy gee die uitspraak van hulle hele bespreking aangaande die bediening onder hierdie nasies, of heidene soos dit vandag genoem word en wat sê hy?  Hy sê: “Soos in die profete daaroor geskryf is”.

“Ek sal terugkom”.  Die Here sal terugkom, en Hy sal die vervalle hut van Dawid weer oprig, met ander woorde, Hy sal die koninkryk van Dawid weer oprig, wat verwoes was, en dit herstel, sodat die oorblyfsel, dit is al die mense wat oorbly, die Here kan soek, “en al die nasies oor wie My Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen”.  Wie is hierdie “nasies” oor wie God se Naam uitgeroep is?  Ek wy ‘n bietjie tyd hieraan, want u gaan baie daarvan sien in die boek van Romeine. 

Ek gee u twee Skrifte, ons kyk na:

Deuteronómium 28:10;

En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. 

 

Van wie praat die Here hier? 

Kom ons kyk na die vorige vers:

Deuteronómium 28:9; 

Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit besweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel. 

 

Dit is dus met Israel wat die Here hier praat.  Lees weer die tiende vers. 

Jeremia 14:9; 

Waarom sou U wees soos ‘n man wat verslae is, soos ‘n held wat nie kan verlos nie?  U is tog in ons midde, o HERE, en u Naam is oor ons uitgeroep.  Verlaat ons nie!

 

Wie praat so?  Israel praat so.  Wat sê Jakobus; “en al die nasies oor wie My Naam uitgeroep is”.  Wie is die nasies oor wie die Naam van die Here uitgeroep is?  Die Israel Nasies, en dit is hulle wat Hy weer sal herstel, en wat Hy weer sal oprig, as die troon van Dawid weer herstel is.

Nou goed, sover vir daardie bietjie agtergrond, wat baie noodsaaklik was.  Nou kom ons by die roeping van Paulus. 

Handelinge 9:15; 

Maar die Here sê vir hom: Gaan, want jy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.

 

In Handelinge 9 lees ons die geskiedenis van hoedat Saulus van Tarsus nog met groot woede en groot dreiging op pad was na Damaskus om die Christene te gaan arresteer en vir hulle groot leed aan te doen, en hulle te probeer dwing om die weg te verlaat.  Daar het ‘n groot lig hom omskyn, helderder as die middagson, en ek weet die van u, veral op die plase, ek dink hierso twaalfuur in die middag, dan skyn die son seker maar baie helder en baie warm ook.  Dit was seker maar daar ook so, op pad na Damaskus toe, wat ook maar ‘n soort van ‘n woestynpad was. 

Die lig wat vir Saulus omstraal het, was helderder as daardie middagson; dit het hom verblind; dit het hom op die grond laat val en die Here Jesus het self aan hom verskyn en met hom gepraat en hom geroep vir die werk waartoe hy bestem was.

Lees weer Handelinge 9:15, ja, hier het die Here al klaar met Ananías gepraat, daar in Reguitstraat, waar Ananías bang was om na Paulus toe te gaan, waar hy blind was. 

Handelinge 13:17; 

(Dit is nou nadat Paulus alreeds met sy bediening begin het.  Hier spreek Paulus die sinagoge toe van Antiochíë in Pisídië, en hy ondervind groot teëstand van die Jode, maar hy sê): 

17        Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met ‘n hoë arm hulle daaruit gelei. 

Paulus sê: “Die God van hierdie volk Israel, het ons vaders uitverkies”.  Daar praat hy van die uitverkiesing van Israel. 

Handelinge 13:23; 

(dit is ‘n pragtige gedeelte om in sy geheel te lees). 

Uit die nageslag van hierdie man -- (Hy praat van Dawid) het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek. 

Wat sê hy vir hierdie mense? 

Vir wie is Jesus as Verlosser verwek?  Vir Israel. 

Ons sal al die dinge in die Romeine brief baie beklemtoon sien.

Handelinge 13:26; 

Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.

Hy sê vir hulle: Hierdie verlossing – “hierdie woord van verlossing” - is vir julle gestuur. 

Handelinge 13:32-41; 

32        En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,

(Ek wil hê, voordat ons verder lees, dat u mooi moet kyk hoe Paulus met hierdie mense praat, en hoedat hy hulle wys vir wie Jesus gebore is, terwille van wie die Here Jesus opgewek is, en vir wie hierdie woord van verlossing gebring is). 

33        soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. 

34        En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is. 

35        Daarom sê Hy ook op ‘n ander plek: U sal U heilige nie oorgee om verderwing te sien nie. 

36        Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien. 

37        maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

38        Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, 

39        en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

40        Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:

41        Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn!  Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie. 

Dit is alles weer die suiwer woord van die Here en die evangelieverkondiging deur Paulus, aan hierdie nageslag van Abraham.

Handelinge 26:6-7; 

6          En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, 

7          waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

Hier is ‘n baie belangrike stelling van Paulus, wat ek net so ‘n bietjie ekstra aandag aan wil gee.  In die eerste instansie sê hy hier: “En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is”.  Wat se beloftes is aan die vaders deur God gedoen?  Paulus sê dit in die 7de vers: “Waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom”.  Die beloftes wat aan die vaders gedoen is, is dat God belowe het, dat daar ‘n dag sou kom, wat die twaalf stamme God aanhoudend, dag en nag sou dien.  Hy sê dit is ons hoop. 

Dit is die beloftes wat God aan die vaders gedoen het.  “Oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig”.

 

Liewe vriende ek wil u vra, as u moeite wil doen, dit sal u hart goed doen.  U kan deur die handelinge van die apostels gaan, u kan deur die sendbriewe van Paulus gaan, nêrens sal u sien dat die Jode vir Paulus vervolg het omdat hy gesteel of vermoor het nie, (dit is vanselfsprekend).  Maar hulle het selfs nie eers vir Paulus vervolg omdat hy die evangelie van die Here Jesus verkondig het nie.  U sal nêrens vind dat hulle vir Paulus vervolg het, omdat hy die kruisiging van Jesus verkondig het nie; omdat hy selfs die opstanding verkondig het nie.  Die Jode het vir Paulus vervolg oor hierdie boodskap van die Twaalf Stamme wat God aanhoudend dag en nag dien!  Nou wat is die rede daarvoor?  Dit gaan u baie in die brief aan die Romeine sien en ook in enige van die ander sendbriewe.  As u die sleutel in hierdie reeks kry, om Romeine te verstaan, sal u Galásiërs, Efésiërs en Korinthiërs, en al die ander ook verstaan.

 

U onthou, in die begin het ek vir u gesê: Die Twaalf Stamme is geskeur.  Die tien stamme is weggeskeur van die huis van Dawid, en net twee stamme het agtergebly.  Hulle het hulle eie koningshuis gestig, en hulle het ‘n ander hoofstad gemaak, naamlik Samaría.  Die tien stamme het in groot sonde en in groot afgodery verval, sodat die Here vir hulle later in ballingskap weggevoer het na Assirië.  Maar nie net het die Here hulle in ballingskap laat wegvoer nie, die Here het ook vir hulle gesê, en ons sal nog daarby kom, die Here het vir hulle gesê: “Ek maak vir julle Lo-Ammi”, wat beteken: “nie my volk nie”.  Nou, watter nasies is nie my volk nie? 

Wanneer ons die Bybel lees, en ek wil hê u moet nou mooi luister, dit is van die uiterste belang, die Bybel klassifiseer die nasies van die aarde, basies en eerstens, in twee hoofgroepe. 

Die groepe is onderskeidelik:

Israel, dit is al twaalf die stamme, en al die nasies wat nie Israel is nie. 

Met ander woorde: Israeliete en nie-Israeliete.

As die Here nou hierdie tien stamme Lo-Ammi gemaak het, met ander woorde “nie My volk nie”, dan beteken dit die Here sê vir hulle: “As gevolg van julle sonde, gaan Ek julle nou beskou as nie-Israeliete”.  Met ander woorde, Ek gaan julle nou beskou soos Ek die ander heiden nasies beskou. Dit is van die uiterste belang, dit moet u verstaan om basies Romeine te verstaan.  Maar ons sal nou-nou daarby kom waar die Here dit vir hulle gesê het, en waar die Here ook vir hulle belowe het, hoedat Hy hulle weer sou terugbring, en hoedat Hy hulle weer sou verenig. 

Wat sê Paulus hier in Handelinge 26:6-7, “die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, waartoe ons twaalf stamme” -- al twaalf stamme, nie net die twee stamme nie, maar al twaalf stamme, “wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom” -- Nou sê hy, “Agríppa, dit is hiervoor dat die Jode my haat”.  Waarom? 

En dit is dinge waaroor ons baie reguit moet praat liewe vriende; as ons nie met mekaar reguit leer praat nie, sal ons nooit die Bybel verstaan nie; dit is baie sensitiewe dinge hierdie, maar dit moet gesê word, anders sal u nie God se woord verstaan nie.  Die Jode het, ná die tien stamme deur God weggestuur is; (Hy het die Assiriërs toegelaat om hulle in ballingskap weg te voer) hulle Lo-Ammi gemaak het, het die Jode God se beloftes alles vir hulleself toegeëien.  Hulle doen dit vandag nog.

Dit is een van die basiese oorsake van hierdie Midde-Oosterse probleem, en daardie vonk, wat die kruitvat vir ‘n derde wêreldoorlog enige oomblik aan die brand kan steek.  Daardie Jode wat vandag in Palestina is, of soos dit genoem word, die Israelies is, die Israeliese staat, is onwettig daar.  Hulle is daar teenstrydig met die Woord en die belofte van God.  Nêrens het God die Kanaänsland net aan twee stamme beloof nie.  God het dit aan die Twaalf Stamme van Israel belowe, en God het belowe, en dit is die profete absoluut duidelik oor, dat daardie twaalf stamme sal terugkeer na die land, eers wanneer hierdie twee huise met mekaar herenig is.  Dat hulle herenig sal word met die koms van die Here Jesus. 

Dan sal Jesus, (of Messías soos die profete Hom noem), sal Messías as hulle Koning, hierdie vervalle hut van Dawid, wat ons in Handelinge 15 van gelees het, weer oprig, dan sal Messías hulle tot bekering bring.  Hulle hart van klip verander, en vir hulle ‘n hart van vlees gee, hulle vul met die Heilige Gees, en sal die Here hulle konstitueer as sy koninkryk volk op aarde. 

Dán sal Hy met hulle teruggaan na Palestina, na Jerusalem, daar sal die Troon van Dawid herstel word en met dit sal Hy oor die aarde regeer.  Dít is wêreldregering. 

Ons staan in die oploop, omstandighede tot daardie klimaks, op hierdie oomblik soos ons nou hier lees.  Ek hoop u begin sien, die belangrikheid van hierdie saak.  Ek hoop u kan ook sien, hoedat die duiwel hierdie boodskap haat en dit probeer toehou.  Waar sal hy dit die beste toehou?  Deur die oë van jou predikers toe te hou.  Dit is waarvoor die Jode Paulus so vervolg het en so gehaat het.  Hulle wou nie hê dat hierdie boodskap moes deurkom nie.

Nou gaan ons vir u wys dat hierdie Romeine niemand anders was as ‘n gedeelte van daardie Tien Stamme nie.  Dat Paulus in opdrag van die Here Jesus self, en in ooreenstemming met sy opdrag aan daardie oorspronklike twaalf dissipels opgetree het, waar Hy gesê het: “Moenie gaan na die heidene nie, moenie gaan na die Samaritane, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel, sê vir hulle die koninkryk van die hemele het naby gekom, gaan bring vir hulle die goeie boodskap”. 

Die Jode wou nie hê dat hulle dit moes hoor nie.  Paulus het na hierdie Romeine toe gegaan, wat almal Israeliete was, ten minste nakomelinge van Abraham, soos ek vir u sal wys, om vir hulle hierdie goeie boodskap te bring.  Ons staan op die drumpel van die finale vervulling daarvan.  U en ek is die nakomelinge van daardie Israeliete, aan wie Paulus en die ander dissipels daardie boodskappe gebring het.  Dit bewys ons vir u, glo ek, tot die tevredenheid van enigiemand wat eerlik genoeg wil wees om dit te ondersoek, in my boek oor “Die Verlore Tien Stamme van Israel”, en verwante geskrifte.

Ek het al baie slegmakery van predikante en van ander mense gekry.  Ek het baie stellings teen my gehoor.  Maar ek het nog nooit gevind dat een van hulle vir my op die Skrif of op die geskiedenis, of argeologie, op die etnologie, op al die ander feite, op een punt van my kon wys en sê: “Dáár is jy verkeerd nie”.  Ek moes ‘n bietjie tyd daaraan wy, want dit was van die uiterste belang.  Ek dink ek wil op hierdie stadium net so ‘n bietjie vooruitspring, net dit vir u bevestig, om vir u te wys hoe dit werklik op Paulus se hart gelê het. 

Kom ons gaan na Romeine 11, ons gaan so ‘n bietjie ‘n groot sprong maak in ons Studie. 

Romeine 11:25-29;  (Kyk wat sê Paulus aan hierdie Romeine).

25        Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid - - -

(Let mooi op na die woord verborgenheid, want dit was ‘n verborgenheid en dit is vandag nog ‘n verborgenheid en dit is díe dat ons so moet veg om dit by mense tuis te bring). 

- - - nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene (nasies) ingegaan het;

26        en so sal die hele Israel - - - -

(Sien u, die hele Israel, nie net die twee stamme nie).

- - - - gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

27        en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.

 

God het met hulle ‘n verbond gemaak om hulle sondes weg te neem, en God se verbond sal God hou. 

28        Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande terwille van julle;  maar wat die uitverkiesing betref, bemindes terwille van die vaders.

29        Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

 

Ons gaan nóg ‘n bietjie terug, na Paulus se bediening hier in Handelinge, dat ons net dit sal sien, dat ons sy motief goed kan verstaan. 

Handelinge 26:21-23; 

21        Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring. 

22        Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks - - - -

Luister ek spreek ook niks.

            - - - - buiten wat die profete en ook Moses gesê het wat sou gebeur nie:

23        dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en ‘n lig aan die volk en die heidene(nasies) sou verkondig. 

 

Paulus sê: “Ek verkondig niks, ek spreek niks, buiten wat die profete en ook Moses gesê het gaan gebeur nie”.  Gaan jy nou na die profete, en jy gaan na Moses, sal u nêrens vind dat hulle gepraat het van ‘n algehele bekering van ‘n heiden wêreld nie.  Nee, die profete sê net die teenoorgestelde.  Die profete wys vir ons hoedat, in die laaste dae, die heiden wêreld sal opstaan teen God se volk, om hulle te vernietig, dit is wat die profete sê.  Maar die profete praat met groot blydskap van die terugkeer en die herstel van Israel.  Paulus sê: “Dit is al wat ek preek; dit is wat ek verkondig”, en daarvoor het die Jode hom so gehaat.

Ons gaan nog so ‘n paar verse in Handelinge bekyk. 

Handelinge 28:20; 

Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. 

Besef u wat ons nou gelees het? 

Paulus is nie met die ketting geboei omdat hy die Here Jesus verkondig het, sy kruisiging en sy opstanding nie, hy is met hierdie ketting geboei, oor die hoop van Israel.  Het u dit al ooit raakgesien?  Dit is van die uiterste belang! 

Handelinge 28:23; 

En hulle het vir hom ‘n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom.  En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus. 

Gaan u na die wet van Moses, en gaan u na die profete, wat sê hulle van Jesus, wat beteken: Gesalfde Koning van Israel?  Hulle praat van die herstel van die troon van Dawid; hulle praat van die herstel van Israel, hulle praat van hierdie herstel wat die hoop van die hele wêreld is.

Ons hele prediking is heeltemal op ‘n verkeerde voet in hierdie tyd.  Ons preek nie wat Moses en die Psalms en die profete gesê het nie.  Wat ‘n verskriklike stelling is dit nie om te maak nie! 

Ek moet u eerlik sê, dit laat my sidder om dit te sê, want ek is nie hier om sensasie op te wek nie.  Ek weet ek is miskien nie baie geag nie, maar die HERE weet, ek is nie hier om te blaf en skreeu teen groot manne, net om myself bekend te maak nie. Ek sê dit met die diepste verantwoordelikheid; ek sê dit met die grootste vrymoedigheid.  Laat enigiemand my uit die Skrif hierop teëspreek.  Wat ‘n verskriklike klag teen ons hele Evangeliebediening!  Ons is besig om ‘n verkeerde evangelie te verkondig, ons verkondig nie die evangelie wat Jesus, of sy dissipels, of Paulus verkondig het nie!

Handelinge 28:30-31; 

30        En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het

31        terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.

Wanneer u daardie term, “die koninkryk van God”, ondersoek in sy volheid, dan sal u sien daardie koninkryk van God is dieselfde wat Jakobus bedoel in Handelinge, naamlik die herstel van die vervalle hut van Dawid.  Dieselfde wat die profete en almal van gepraat het, dat Jesus weer sal kom om te sit op die troon van sy vader Dawid.  Ek moet met u die grondslag dééglik lê, anders gaan u nie Romeine verstaan nie. 

Jakobus 1:1; 

JAKOBUS, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete. 

Die twaalf stamme, dit was altyd die Here se boodskap: vir die twaalf stamme; nêrens het die Here net twee stamme uitgesoek nie.

Nou, dieselfde in 1 Petrus 1:1-2. 

1          PETRUS, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing van Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië,

2          uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 

 

Hierdie vreemdelinge van die verstrooiing het ek vir u gewys in my boek “Die Verlore Tien Stamme van Israel”.  Dit is presies waar jy daardie tien stamme vind in daardie tyd.  Want in daardie tyd, kort vantevore het hulle ontsnap uit hulle Assiriese ballingskap en het hulle met hulle groot en lang trek na die Weste begin, waarin hulle later ontwikkel het as die Wes-Europese Nasies, waarvan u en ek afstam.  Wat ‘n geweldige waarheid is dit nie vir u en vir my om te weet nie!

 

1 Korinthiërs 10:1-6;  (Ek doen dit met u, want dit is presies dieselfde beginsel wat ook geld in Romeine). 

1          WANT ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het. 

2          en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,

3          en almal dieselfde geestelike spys geëet het,

4          en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 

5          Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. 

6          En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.

Van wie praat Paulus hier? 

Wie het deur die see gegaan? 

Wie het hierdie geestelike rots gevolg? 

Dit was die letterlike Israeliete.  Maar wat sê Paulus vir hierdie Korinthiërs?  Hy sê: Daardie mense was ons vaders.  Nie ons geestelike vaders nie, ons letterlike vaders.

Ons gaan na Galásiërs, dit is die boek wat so baie gebruik word om ons siening te weerspreek. 

Galásiërs 3:23-24;

23        Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 

24        Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 

Nou vra ek vir u, u het genoeg Bybelkennis om hierdie vraag te beantwoord.  Watter volk was onder die wet?  Alleen die Israeliete!  Geen ander volk was onder die wet nie, die Filistyne en al die ander volke was nie onder die wet nie.  God het die wet net vir Israel gegee.  Nou skrywe Paulus aan hierdie Galásiërs, en hy sê: “Voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou”.  As hierdie Galásiërs ‘n klomp heidene was, soos dit vir ons gesê word, hoe kan hy vir ‘n klomp heidene sê: “Ons was onder die wet in bewaring gehou voordat die geloof gekom het?”  Dit is mos nie waar nie!  Hierdie Galásiërs was ‘n klomp Israeliete 

Die 24ste vers van Galásiërs 3; “Die wet was ons tugmeester na Christus toe".  Die wet was nie die Filistyne of ander nasies se tugmeester nie, dit was net Israel s’n.  Met ander woorde, hierdie Galásiërs was Israeliete. 

As hy dan sê in:

Galásiërs 3:28-29;

28         Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie; daar is nie meer man of vrou nie, want julle is almal een in Christus. 

29         En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham, en volgens die belofte erfgename. 

Dan praat hy nog al die tyd met Israeliete!  Ons sal nog in elkgeval sien in Romeine dat hierdie Grieke ‘n benaming van ‘n gedeelte van Israel was in daardie tyd.  As u na ‘n goeie Konkordansie gaan, of ‘n Griekse Bybel kan lees, dan sal u sien, waar ons die woord “Grieke” hier het, staan in die Griekse Bybel, soos ons dit sal uitspreek; “Helleens”, en daardie mense was Israeliete.  Met ander woorde, dit is wat Paulus besig was om te doen.  Dit is wat so pragtig sal uitkom in Romeine.

Hulle is nou juis agter hierdie tien stamme aan, om nou vir hulle te gaan sê: Die Here Jesus het gekom om die Lo-Ammi toestand op te hef.  Waar julle “nie my volk” was nie, nou die volk van God te maak.  Nou is die middelmuur van skeiding afgebreek.  Daardie muur van skeiding wat tussen Israel en Juda gekom het.  Christus het nou betaal vir julle sondes, nou kan julle almal kinders van God word, want die tyd van julle hereniging het aangebreek.  Nou is daar nie meer Jood nie en die regte vertaling daarvan is Judeër, wat van die huis van Juda is. 

Met ander woorde, daar is nou nie meer die huis van Juda nie, en daar is nou nie meer die huis van Israel nie. Christus het gekom om julle juis te verenig met die oog op die wederoprigting van die vervalle hut van Dawid.  Juis met die oog op die herstel van die koninkryk van God op aarde.  Dit is die boodskap van die Bybel.  Dit is lynreg in teenstelling met dit wat vandag verstaan en gepredik word. 

 

Paulus sê gladnie hier in vers 29, dus, dat julle nou, omdat julle aan Christus behoort, nou die nageslag van Abraham geword het nie.  Nee, wat hy vir hulle sê, as julle nou sy hele verband neem, hy sê: “Julle het nou Christene geword, omdat julle die nageslag van Abraham is.  Ek hoop u sien die verskil.  Julle het nie die nageslag van Abraham geword noudat julle Christene is nie, julle het Christene geword omdat julle die nageslag van Abraham is!  Dít is waarvoor die Here Jesus gekom het.  Dit is baie belangrik.

Ek gaan nog een gedeelte met u neem.  Dit sal ook baie ander probleme vir u oplos, en die weg verder baan na Romeine toe. 

Efésiërs 2:11-12;  

(Dit is ook hierdie gedeelte wat in een bekende leraar se preke gebruik is, of sal ek liewer sê misbruik is). 

11         DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis in die vlees met hande verrig word,

 

 

12        dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

“Vervreemd van die burgerskap van Israel”. 

Hoe kan jy van iets vervreemd raak wat nooit aan jou behoort het nie?  Ek gebruik hierdie illustrasie, kan ek vervreemd raak van ‘n ander man se vrou?  Nee, ek kan vervreemd raak van my eie vrou, maar ek kan nie vervreemd raak van ‘n ander man se vrou nie, want sy het nog nooit aan my behoort nie.  Ek kan nie vervreemd raak van die burgerskap van Engeland nie, want ek was nog nooit ‘n burger van Engeland nie.  Maar ek kan vervreemd raak van die burgerskap van Suid-Afrika, omdat ek ‘n burger is van die Republiek van Suid-Afrika.  Dit is die enigste land waarvan ek vervreemd kan raak, want dit is die enigste land waarvan ek ‘n burger is. 

As hy dan vir hierdie mense, hierdie Efésiërs sê: -- “dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel - - - ”.  As hulle ‘n klomp heidene was, in dié sin dat hulle nie-Israeliete was, kon hulle nie vervreemd geraak het van die burgerskap van Israel nie.  Is dit nie waar nie?  Dus, hierdie Efésiërs was Israeliete.

Ek neem dit verder in vers 12 “- - - en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte - - - ”.  Het die Moabiete, of enige heidense nasies ooit iets te doen gehad met die verbonde van die belofte van God aan Israel?  Nee, God het ‘n verbond gemaak met één volk.  Dus, as hy vir hierdie mense sê: “Julle het vervreemd geraak van daardie belofte”, dan praat hy met hierdie tien stamme wat afgesny was, ten tye van hulle ballingskap, as gevolg van hulle sonde. 

Efésiërs 2:13-17; 

13        Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 

(Nou word dit vir ons gesê: Sien jy, dit is nou die heidene, die swartes wat ver was, of die geles wat ver was). 

14        Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

(Was daar ooit ‘n middelmuur van skeiding tussen Israel en die heidene?  Nee, hulle was nooit eers onder een dak nie.  Maar die twee stamme en die tien stamme was onder een dak.  Daar was ‘n middelmuur van skeiding gemaak toe hulle van mekaar geskei is.  Nou het Christus gekom en dit afgebreek). 

15        deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insetting bestaan - - - -

(Deurdat Hy daardie wet vervul het, daarvan sal ons baie in Romeine sien. Omdat Hy daardie wet vervul het, het die Here vir hulle daardie pad gemaak om weer een te word)

- - - sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

(Watter twee?  Die huis van Israel en die huis van Juda.  Dít is die boodskap en die agtergrond van die Bybel).

16        en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 

17        En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 

Is daar vér-sondaars en naby-sondaars?  Nee, as jy ‘n sondaar is, is jy ‘n sondaar.  As jy skyfgeskiet het, en jy het die kol misgeskiet, of dit met ‘n haarbreedte misgeskiet, het jy die kol misgeskiet.  Is dit nie waar nie? 

Dit is wat ons sal sien in:

Romeine 3:23; 

want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. 

 

Daar is niemand regverdig nie, ja ook nie een nie.  Ons het ook die kol misgeskiet, ons het ook die heerlikheid van God verloor, deur die sonde.  Maar dit is nie die saak nie.  Hoor, dit is baie belangrik vir u siel, en vir die begrip van die evangelie.  Moenie sê: “O, ek is nie ‘n moordenaar nie, of ek is darem nie ‘n hoereerder nie, of dergelike dinge.  Maar het jy by die Here Jesus uitgekom?  Het jy nooit sonde in jou lewe gedoen nie? 

Natuurlik het jy gesondig!  Al het jy nog nooit gesteel of gehoereer nie, sal jy sonder die Here Jesus in die hemel kom?  Nee, nooit nie!  Met ander woorde, solank dit jou saligheid betref, as jy nog nooit gemoor het of wat ook al, en jy het nog nooit by die Here Jesus uitgekom nie, staan jy in ‘n beter kans as die moordenaar en die dief?  Nee!  Met ander woorde, daar is nie “vér-sondaars” en “naby-sondaars” nie.  Met ander woorde, Paulus praat nie hier met sondaars nie. 

 

Kom ons lees weer vers 17,  “En Hy het die evangelie van vrede verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was”.  Wie is dit?  Die twee stamme, Juda en Benjamin, hulle was altyd naby, hulle was nooit uit die oog van God nie. 

Ons weet tot vandag toe, as jy van die Jood praat, dan sê almal dadelik:

Ja Israel, hy word ook Israel genoem, in baie insigte ten onreg, maar tenminste die Jood het nooit uit die oog verdwyn nie.  Juda het altyd by Jerusalem gebly; Juda was by die tempel.  Ons sal in Romeine sien, aan hulle was ook gegee die woorde van God; hulle was toevertrou met die bewaring van die woorde van God. 

 

Hulle het die voorreg gehad dat die Here Jesus uit hulle midde gebore sou word.  Hulle was altyd naby.  Ons sal sien op ‘n hele paar plekke in Romeine sê Paulus: Vir die Jood eerste, maar ook vir die Griek, hulle was naby, maar wie was vér? - die Tien Stamme.  Die Tien Stamme was vér weggevoer na Assirië, vér anderkant Babilon.  As u op ‘n kaart kyk, vér weg van Jerusalem, vér weg van die tempel.  Hulle was Lo-Ammi gemaak, hulle het onbesnede geword, hulle het geword soos heidene.  Hulle was vér!

 

Paulus kom nou om vir die Romeine en Galásiërs en Efésiërs die goeie tyding te bring dat beide vir dié wat naby is en dié wat vér is, het Jesus gekom, en Hy het daardie muur kom afbreek.  Hy het die pad oopgemaak, dat altwee één kon word.  Maar o, die Jode wou niks daarvan weet nie, en daarvoor het hulle Paulus vervolg, soos ek alreeds vir u gewys het.  God se woord word wonderlik en pragtig duidelik as u hierdie dinge begin sien.  Maar hoe duideliker die saak vir u word, hoe groter word u verantwoordelikheid.  Hoe groter word die teëstand, hoe groter word die haat en die nyd. 

Ek praat van ondervinding van meer as 30 jaar, waar ek aktief in hierdie saak uitstaan.  Paulus se sendingreise, as u nou mooi kyk, die meeste van u het Bybels met kaarte agterin, waar Paulus se sendingreise vir ons aangestippel word.  Wanneer u na daardie sendingreise van hom kyk, dan sal u sien die gebiede waarin hy beweeg het, was op die spoor van hierdie Tien Stamme. 

 

Hoekom het Paulus nie Afrika ingevaar nie?  Hoekom het Paulus nie China toe gegaan, en al daardie lande nie?  Hoekom het hy in so ‘n geslote, beperkte gebied beweeg?  Omdat, ek wys vir u in my boek “Die Verlore Tien Stamme van Israel”, dit is presies in daardie gebiede waar hierdie Tien Stamme hulle self bevind het.  Paulus was dus besig om presies uit te voer wat die Here Jesus aan sy twaalf dissipels gesê, en wat die Here Jesus ook vir hom op die Damaskuspad gesê het.  So sal ons dit ook vind in die brief aan die Romeine.

 

Nou kom ons terug na een van die ander apostels.  Dit is Petrus, op die dag van Pinkster.  Hier is nog ‘n gedeelte wat deur die predikers misbruik word. Handelinge 2:5; 

5          En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. 

Daardie woord “Jode”, as u nou na die oorspronklike Griekse Bybel toe gaan, dan sal u sien dit was “Judeërs”.  Is dit nie waar nie?  Dit sê so in die Skrif.  Laat ek net vir u ‘n voorbeeld gee.  As u maar net ons Afrikaners neem, ons is maar ‘n ou klein volkie in vergelyking met die ander volke in die wêreld. 

Ek het jare gelede na ‘n radioprogram geluister waar ‘n persoon dit as ‘n program gemaak het, en hy het seker baie moeite gedoen om Afrikaners op te spoor waar hulle oral versprei is in die wêreld.  In Hongkong het hy ‘n Suid-Afrikaner gekry wat ‘n meubelvervoerbesigheid gehad het.  So, daar was Suid-Afrikaners in Hongkong. 

Hy kom in New York en kry in New York ‘n verkeersman, ‘n Afrikaner.  So kan jy na Londen gaan, jy sal Afrikaners kry.  Jy kan na Holland gaan, jy kan na Duitsland gaan.  Maar is daardie Afrikaners nou Duitsers, is hulle Sjinese, is hulle nou Amerikaners?  As hy ‘n verkeersman in New York is?  Nee, hy is nog ‘n Suid-Afrikaner.  Dit is sy oorsprong, dit is sy aard, dit is sy natuur. 

Nou, so het daar ook in Jerusalem uit daardie tyd, mense gewoon, hulle was almal Judeërs, maar hulle was almal in verskillende lande gebore. Soos Jakobus sê, soos die twaalf stamme wat in die verstrooiing is, maar om naby die tempel te wees. 

Ek sal sê soos oumense, ons ou boeremense nog, as hy begin oud word en hy was ‘n boer, dan is sy laaste begeerte, dat hy sy huisie op die dorp sal hê om naby die kerk te wees.  Ek sou aanneem dat hierdie Judeërs wat in Jerusalem gewoon het, dat dit een van hulle beweegredes sou wees. 

Ons het in vér lande gewoon, ons het ons besigheid daar gehad en alles, maar ons word nou oud, ons wil nou naby die tempel wees. Maar laat nou wees wat dit wil, dit sê hier, hulle was Judeërs uit elke nasie wat onder die hemel is, hulle was almal Judeërs.

Nou word hierdie mense vir ons gebruik vandag, om te sê: “Sien julle, al die verskillende nasies, ons moet nou een word.  Ons moet nou saam aanbid, hulle het dáár saam aanbid”.  Maar hierdie mense was almal Judeërs.  Mag ek dit sê voor God?  Liewe vriende, ek is ernstig oor hierdie saak.  Is dit onkundigheid of is dit moedswilligheid van ons predikers, wat beter behoort te weet?  Vir eenvoudige mense soos ons, as óns dit daar kan lees, as ‘n teks dan so sê, beteken hy dan nie wat hy sê nie? 

Handelinge 2:6-11; 

6          En toe hierdie geluid kom,- - -

(Dit is nou die geluid van die magtige rukwind)

 - - - het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;

(Dit is nou hierdie Judese manne van al die verskillende nasies.  Hulle het daardie tale gepraat van daardie nasies waartussen hulle gewoon het, maar hulle het natuurlik Hebreeus ook verstaan, anders wat kom maak hulle in Jerusalem?) 

7          en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? 

8          En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

9          Parthers, en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië. 

10        Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote (of Judeërs)

11        Kretense, en Arabiere -- ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. 

As ons selfs daardie laaste vers neem, hulle word nou daar Arabiere genoem, maar in vers 5 sê dit hulle was almal Judeërs.  Met ander woorde, dit was Judeërs wat in Arabië gebore is, wat Arabiere genoem was, net soos Moses, toe hy by die dogters van Jetro kom, en hulle by die huis kom, toe sê hulle vir hulle pa: “Pa, ons het ‘n Egiptenaar ontmoet”.  Dit was al die tyd Moses, maar Moses het daardie tyd uit Egipte gekom.  Hierdie dinge is belangrik, liewe vriende.

Handelinge 2:22;

(Nadat alles nou verby is, toe staan Petrus op om hulle toe te spreek.  Wat sê Petrus vir hulle?  Hy sê: Israeliete!  Hierdie Kretense en Arabiere, ensovoorts.  Hoe spreek hy hulle aan?  As Israeliete!) 

22        Israeliete, luister na hierdie woorde!  Jesus, die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet --

Hy spreek hulle aan as Israeliete. 

Toe hy nou klaar sy preek gelewer het, wat ‘n magtige preek was, u kan dit gerus weer lees.  Maak hy sy opsomming, met ander woorde, hy trek die net, hy maak sy uitnodiging.  As ons dit so in predikers taal mag noem, wat is sy uitnodiging? 

Handelinge 2:36; 

36        Laat dan die hele huis van Israel dan sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.

Die nasies wat hy nou toespreek, sê hy vir hulle: “Israeliete”, in die 22ste en 36 vers, toe hy sy laaste woorde sê: “Laat die hele huis van Israel weet”.  Wie is hulle?  Hulle is Israeliete!  Dit is baie belangrik dat u hierdie saak sien.  Dit is wat so misbruik word.

Daar is nog een belangrike punt wat ek vir u wil noem.  Laat ons die fondasie goed lê.  Ek wil vir u wys dat die huis van Juda of Judeërs genoem, of Jode, wat natuurlik nie ‘n regte vertaling is nie, dat hulle ook nog Israeliete is.  Want hulle, alhoewel hulle die huis van Juda is, is hulle ook kinders van Jakob.  Jakob se naam was Israel, wat beteken: “Prins met God”.  Dus, ‘n Judeër is ook ‘n Israeliet en is baie belangrik om dit te weet. 

Ek gaan vir u ‘n paar tekse noem. 

Handelinge 21:39; 

39        En Paulus antwoord: Ek is ‘n Joodse man (Judese man) van Tarsus, ‘n burger van geen onvermaarde stad in Cilícië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.

Hier sê Paulus: “Ek is ‘n Judese man”. 

Handelinge 22:3; 

            Ek is ‘n Jood (Judese man), gebore in Tarsus in Cilícië ----.

Romeine 11:1; 

Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot?  Nee, stellig nie!  Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 

So, in Hand. 21:39 en in Hand. 22:3 noem hy homself ‘n Judese man, en in Rom. 11:1 noem hy homself ‘n Israeliet.  Heeltemal reg, en heeltemal korrek.  Maar, nie alle Israeliete is Jode of Judeërs nie, want nie een van Aser, of Náftali of Dan of so, is uit die huis van Juda nie.  Nie alle Israeliete is Judeërs nie, maar alle Judeërs is Israeliete. 

Ek gebruik nou maar ‘n voorbeeld, ek kom uit Transvaal.  Alle Transvalers is Suid-Afrikaners, want Transvaal is binne-in Suid-Afrika, maar nie alle Suid-Afrikaners is Transvalers nie, party is Vrystaters, party is Kapenaars, party is van Natal, en so aan.  Hierdie dinge is baie belangrik dat u dit sal verstaan.  Dit kom ook voor in die boek van Romeine.

Ek het vir u tevore gesê hoedat hierdie Tien Stamme, as gevolg van hulle sonde, hoedat God vir hulle gesê het: “Ek maak julle Lo-Ammi; Ek maak julle nie my volk nie”, met ander woorde, julle sal wees soos die werklike heidene, die nie-Israeliete.  Kom ons kyk na Hoséa.  U sal sien hoe Paulus verwys na Hoséa in sy brief aan die Romeine. 

Hoséa 1:1-10; 

1          Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 

2          Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 

So, dit is belangrik: Afvalligheid van die Here word geestelike hoerery genoem. 

 

3          Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 

4          En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.

Terloops, Jísreël beteken: “God saai”, en Gomer beteken: “Kompleet”.  Ek sal ‘n end maak aan die koninkryk van Israel. 

 

5          Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 

6          Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, (dit beteken Onbegenadigd) want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.

Met ander woorde: Ek sal nie meer vir Israel (die Tien Stamme), vergifnis skenk nie.  Noem haar, “Onbegenadigd” - Lo-Rugáma. 

 

7          Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 

8          Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 

9          En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, ---

(Lo-Ammi beteken: “nie my volk nie”) 

            - - - want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 

(Dit is nou simbolies vir die Tien Stamme, julle is onbegenadigd, julle is nie MY volk nie.  Lo-Ammi, met ander woorde, ‘n absolute afsnyding.  Julle sal nou wees soos die Filistyne of die Moabiete, of wat ook al.  Dit is baie belangrik. U sal sien in Romeine waarom die Here dit gedoen het, sodat Hy almal genadig kon wees). 

 

10        Nogtans sal die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie - sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die Lewende God. 

 

Liewe vriende, hierdie het ‘n verduideliking en u noukeurige aandag baie nodig.  Die Here sê: “Noem haar Lo-Rugáma, Noem hom Lo-Ammi, julle is nie my volk nie”.  Maar in die plek waar aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie, sal aan hulle gesê word, julle is kinders van die lewende God.  Hoe sou hulle kinders van die lewende God word?  Hoe word enigiemand ‘n kind van die lewende God?  Alleen deur die wedergeboorte deur die geloof in die Here Jesus Christus. 

Kom ons kyk na ‘n welbekende Skrif:

Johannes 1:11-12; 

11        Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 

12        Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

So, dié “wat in sy Naam glo”, in die Naam van die Here Jesus, hulle het alleen die mag of die reg “om kinders van God te word”.  Dit is wat die Here deur Hoséa sê: “Noem hom Lo-Ammi, nie my volk nie”.  “Noem haar Lo-Rugáma”, onbegenadigd, maar in die plek waar vir hulle gesê is: “Julle is nie my volk nie, sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God!”.  Dit is presies wat die dissipels en die apostels vir hierdie tien stamme in hulle Lo-Ammi en Lo-Rugáma toestand moes gaan sê het, sodat hulle die Here Jesus kon aanneem, en weer kinders van God kon word, en Hoséa 1:10 vervul.

Die Jode was woedend en die meeste van hulle wou die Here Jesus self nie hê nie, maar hulle wou ook nie hê dat hierdie tien stamme Hom moes aanneem nie. 

 

U moet onthou, in daardie tyd het die Jode geweet van hierdie tien stamme.  Hulle het geweet waar hulle is.  Ek haal dit vir u aan in my boek “Die Verlore Tien Stamme van Israel”, wat Josepfus van die tien stamme sê en waar hulle is.  Hulle het dit presies geweet.  Dit was die boodskap. 

Nou Hoséa 1:11-12;

11        Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel, almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!  

Van “God saai”, wat een van die name van Israel is. 

12        Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.

 

Nou nie meer Lo-Ammi nie, wat beteken: “nie my volk nie”, maar sê nou vir hulle Ammi, met ander woorde, “my volk”.  Sê nou vir hulle Rugáma, met ander woorde, een wat genade ontvang het.  Sê nou nie meer vir hulle Lo-Rugáma, wat nie genade ontvang het nie.  Groot sal die dag wees en hulle sal vir hulle een hoof aanstel.  Wie sal daardie een hoof wees?  Jesus, die Seun van Dawid, die vervalle hut van Dawid, wat weer opgerig sal word.  O, dit is ‘n lieflike boodskap!  Ek het dit vir u probeer verduidelik, want u gaan sien hoe nodig u dit gaan kry in Romeine. 

Mag ek genade van God ontvang om dit vir u duidelik te maak, sodat u die sleutel kan hê, nie net tot Romeine nie, maar al die sendbriewe, en tot die res van die Bybel.

Romeine 9:24-26; 

24        Ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, - Judeërs - maar ook uit die heidene? 

25        Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie beminde is nie, beminde;

26        en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! - daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Dit is mos wat ons in Hoséa gelees het! 

Dit is mos wat die Here vir die tien stamme gesê het.  Kan u nou sien as Hy praat van Jode en heidene, dat hierdie heidene daardie tien stamme is wat heidens geword het, Lo-Ammi, maar dat die goeie nuus na hulle toe gekom het?  As daardie klomp Romeine nou heidene was, in die werklike sin van die woord, sou hulle sê: “Paulus, waarvan praat jy nou?  Nou verstaan ons jou gladnie”.

 

Geliefdes, dit is juis omdat hierdie dinge nie vir ons gepreek word nie, dat ons die prediking van God se woord nie verstaan nie.  Maar wanneer hierdie dinge vir ons só gesê word, dan verstaan ons God se woord, en dan sal ons ook vir Hom liefkry, soos ons Hom behoort lief te kry.  Ons sal vervul word met die Heilige Gees.  Ons sal ons roeping besef, vir ‘n tyd soos hierdie.  Laat die magte van die hel oor ons koppe losgelaat word, soos dit selfs oor Paulus s’n losgelaat was.  Ons sal die boodskap dra, en dit is nou die tyd daarvoor.  U sal dus sien hoe belangrik dit was dat ek dit met u moes bespreek, voordat ons by die boek Romeine kom.

 

Dit sal ons ook nog help soos ons verder gaan, om te let op na:

Romeine 4:1;

1          WAT sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?

 

Onthou, hy skryf ‘n brief aan die Romeine, en hy sê vir hierdie Romeine: “Abraham, ons vader na die vlees”.  Wat is ‘n vader na die vlees?  Dit beteken jou voorvader, jou letterlike voorvader uit wie jy gebore is.  Hy sê juis, sodat ons kan sien dat hierdie klomp Romeine nie ‘n sogenaamde klomp “geestelike kinders” van Abraham was nie.  Hulle was dus nie ‘n klomp heidene nie. 

Romeine 7:1; 

1          OF weet julle nie, broeders - want ek spreek met mense wat die wet ken - dat die wet oor die mens heers solank as hy lewe nie? 

 

“Ek spreek met mense wat die wet ken”.  As hierdie klomp Romeine heidene was, soos dit vir ons gesê word, hoe kan hy sê: Ek spreek met mense wat die wet ken?  Het die heidene die wet geken?  Nee, die Israeliete het die wet geken.  Hulle was dus Israeliete.  Ons het vir u gewys op Romeine 4:1; 7:1, dat dit vir ons ‘n baie duidelike aanduiding is dat daardie Romeine onmoontlik nie heidene kon gewees het nie, maar Israeliete.

 

Ek wil ook vir u daarop wys, want dit is belangrik, dat Petrus nie die stigter van die gemeente in Rome kon gewees het nie. 

Romeine 15:20; 

20        maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie, -- om nie op die fondament van ‘n ander te bou nie --

 

Nou, as Petrus dan die gemeente in Rome gestig het, dan sou Paulus op Petrus se fondament gebou het met hierdie Romeine.  Dit is dus vir ons ‘n bewys dat Petrus dit nie gestig het nie.  En ons is natuurlik welbekend met die feit dat die Roomse kerk groot aanspraak maak dat dit Petrus is wat die kerk van Rome gestig het, en dat hy sy opdrag en sy kommissie van Jesus self ontvang het, en dat sedert daardie tyd, hy dit gedelegeer het, en dit oorgedra het op die pous van vandag.  Dit is dus vir ons ‘n bewys dat dit nie Petrus kon gewees het nie en terwyl ons met Petrus besig is, wil ek ook vir u op ‘n Skrif wys:

 

2 Petrus 3:14-15; 

14        Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. 

15        En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, 

 

So, Paulus het self ook aan hierdie mense geskryf aan wie Petrus nou hierdie brief geskryf het.  Nou, aan wie het Petrus hierdie brief geskryf?  Ons het dit alreeds gesien in die voorafgaande Studie. 

Kom ons kyk weer na:

Petrus 1:1-2; 

1          PETRUS, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië;

2          uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 

 

Petrus het dus geskryf aan hierdie vreemdelinge van die verstrooiing, wat niemand anders as Israeliete dus was nie.  Nou sê Petrus aan hulle: “Paulus het ook aan julle geskryf, met die wysheid wat aan hom gegee is”. 

2 Petrus 3:16; 

16        net soos in al die briewe - -  -

So, al daardie briewe was aan hulle bekend; ook hierdie mense aan wie Petrus geskryf het. 

- - - - Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 

So, daar was sommige van Paulus se briewe wat swaar was om te verstaan.  Dat die ongeleerde en onvaste mense dit dan verdraai het net soos die ander Skrifte tot hulle eie verderf.  Ons moet met hartseer sê dit is vandag nog so.  Paulus se geskrifte word vandag nog gruwelik verdraai.  Dalk miskien nog meer as ooit tevore, veral in hierdie tyd van die opkoms van die heiden, en waarin die heiden ‘n plek en ‘n status toegeken word vanuit die Skrif, wat hom gladnie toekom nie; wat gladnie vir hom bedoel was nie.  Net omdat ons nie die basiese waarheid van God meer verstaan nie.

Daar is nog ‘n saak wat ek in diepte moet verduidelik.  Dit is naamlik die term “Grieke”.  Ons sal dit ‘n hele paar keer kry, eerste vir die Jood en dan vir die Griek.  Nie net in die Romeine nie, dit sal u ook help om in die ander sendbriewe te sien, want die woord “Grieke” kom ook daarin voor.  Wat was in die gedagte van Paulus as hy van Grieke praat?  Wat het hy daarby verstaan?  Ons verstaan as ons die woord Griek hoor, dan dink ons aan die tipiese Griek, soos ons weet, natuurlik ‘n kafee-eienaar, in daardie verband.  Ons sien hom as daardie tipe persoon.  In die eerste instansie, die ou Grieke het gladnie gelyk soos ons Grieke van vandag nie.  Daar het ‘n geweldige vermenging en volksverskuiwing plaasgevind sedert die dae van die Nuwe Testament. 

As u miskien kan onthou, dié van u wat gelees het van die heldemoed en die heldedade van die Spartane, hoedat hulle hul stad verdedig het.  Daardie ou Spartane was niemand anders as Israeliete nie.  In die boek van my “Die Verlore Tien Stamme van Israel”, verwys ek na dokumente, waarvan ek afskrifte het, maar waarvan die oorspronklike beskikbaar is in die Britse museum, dat in die dae van die Nuwe Testament, daar ‘n briefwisseling tussen die Grieke en die hoëpriester in Jerusalem was, waar hulle met mekaar gekorrespondeer het en waarin daarna verwys word dat hulle familie van mekaar was. 

U kan maar net volgende keer wanneer u ‘n ensiklopedie of ‘n goeie boek van dié aard neem, kyk na die beelde en die beeldhoukuns van die Grieke, en sien hoe die Grieke van daardie tyd gelyk het.  U sal sien dit is gladnie hierdie donker, bonkige tipe van Griek soos ons hom vandag ken nie.

Wat was in Paulus se gedagte?  Wie het Paulus bedoel?  Dit is ons hoofsaak. 

In die eerste instansie, kom ons lees in:

Johannes 7:33-35;. 

33        Toe sê Jesus vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is Ek by julle en Ek gaan na Hom wat My gestuur het. 

34        Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie. 

35        En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie?  Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie? 

“Die verstrooides onder die Grieke”.  Hulle het ook dus in daardie tyd geweet van hierdie verstrooides onder die Grieke.  Ons weet nou al wat bedoel word by die verstrooides.  Dit is die verstrooides van Israel.  U kan nou ook weer hierdie jaloesie sien deurskemer, wat ek vantevore gesê het, hoedat die Jode baie jaloers was daarop dat hierdie tien stamme die blye boodskap, die goeie nuus van die Evangelie moes hoor. 

 

Wanneer u dit nou naslaan in ‘n konkordansie of in enige boek wat vir jou die Grieks gee, of as jy ‘n Parallelle Bybel neem, wat een reël in Grieks geskrywe is en dan in Engels vertaal is (daar is sulke boeke beskikbaar), sal u sien die Griekse woord, waar hierdie woord Grieke uit vertaal word is “Hellenis''.  Dit is hoe hulle in daardie tyd genoem was.

 

Dan was daar ook, en dit sal u ook teëkom in Romeine, vir Jode en Grieke, en nie-Grieke.  Nou, die nie-Grieke was in die King James vertaling, as u dit daarin sou lees, dan praat dit van “barbarians”.  Elkeen wat nie Grieks kon praat nie, was in daardie tyd barbare genoem.  Dit is maar een van die oorspronklike betekenisse van die woord “barbarians” of barbare.  In daardie tyd was Grieks, sal ek sê, die snob taal, die geleerde taal, en ook natuurlik die algemene spreektaal van daardie tyd. 

Dit was later vervang deur Latyn, toe Rome sy oppermagtigheid bereik het. In daardie tyd het hulle so pas uitgekom uit die tyd van Alexander die Grote, wat die Griekse wêreld oorheers het.  Dit was ook die derde ryk van Nebukadnésar se droombeeld wat Daniël vir hom moes verklaar.  Ons maak dit baie mooi duidelik in die boek wat ek geskryf het oor Daniël.  Dus alle nie-Griekssprekendes, was “Barbarians” genoem, in die Engelse King James Bybel.

 

Wat ook interessant is, is dat die mense wat Grieks gepraat het, was deur die Jode beskou as afgodsdienaars.  Kyk, hulle was nou die Jode, hulle was nou diegene wat volgens hulle die enigste nasie was, wat die lewende God geken het.  Die ander nasies, het uit die aard van die saak, hulle afgode gedien.  So ook die Grieke.  So was die Grieke geassosieer met afgodsdienaars. 

 

Dit het hulle nog meer afstootlik gemaak vir die Jode en ook vir die Jode nog meer gehaat gemaak om op hulle neer te sien.  Dit is nog ‘n ander rede waarom Paulus en Petrus en van die ander onder hierdie mense gearbei het, hierdie verstrooides wat ook in daardie dele gewoon het, en ook as Grieke bekend was.  Dat dit dan ‘n verskriklike ding in hulle oë was, as Paulus met hulle geassosieer het, want hulle is dan nou afgodsdienaars.

 

Ek wil vir u ‘n kort aanhaling voorlees uit ‘n boek in Engels “The life and Epistles of St. Paul”, deur Conybeare and Howson.  Enige persoon wat teologie bestudeer sal dadelik weet van watter boek ek praat.  Dit is ‘n baie gesaghebbende boek in teologiese kringe.  Dit was twee baie geleerde en toegewyde mense.  Hulle het ‘n pragtige boek geskryf, wat vir jou die geskiedenis van Paulus se tyd, en al die politieke en sosiale agtergrond en al daardie dinge, tot in sy diepte vir jou beskryf het.  Dit is eintlik ‘n wonderlike boek om te lees. 

 

Hulle sê hierin “Hellenis” – “Jews” - dit is hoe hulle dit noem, die Grieke wat hier na verwys is: “Hellenis, Jews who spoke Greek”. Nou, Conybeare en Howson het natuurlik, ook so geleerd soos hulle was, het hulle ook nog hierdie blindheid gehad, dat hulle alle Israeliete as Jode beskou het, soos die meeste teoloë ook maar vandag.

 

 

 


Hoofstuk 1

Ons kom dan nou eindelik by ons onderwerp. 

Ons lees in Romeine 1:1-7; 

1          PAULUS ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God -

2          wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die Heilige Skrifte,

3          aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid,

4          en na die Gees van Heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5          deur wie ons genade en apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene - - - -

(onthou nou, dit beteken Nasie, of “Etnos” in Grieks)

- - - - terwille van sy Naam

6          onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus -

7          aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en die vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 

 

Die eerste sewe verse soos ons dit in die Afrikaanse Bybel sien, is die opskrif en die seëngroet.  Maar in daardie sewe verse is daar diep en groot waarhede wat ons reg van die aanvang af dadelik moet raaksien.

 

Ons moet nou onthou dat hierdie woorde, wat geskrywe is onder die inspirasie van die Heilige Gees, baie diep gekonsentreer is.  U moet dit onthou in elkeen van hierdie lesings wat gaan volg, u moet dit ook onthou vir die res van u lewe, solank as u die Bybel lees, totdat Jesus kom, of voordat Jesus u wegneem.  Hierdie woorde is geskrywe onder die inspirasie van die Heilige Gees. 

 

Ons moet tog nooit ons Bybels sommer net oopmaak en hulle lees nie.  U moet altyd eers die Here vra om u verstand te verlig deur die Heilige Gees, u moet altyd die Here vra om vir u die Bybel te laat lees in die krag en in die lig van die Heilige Gees, anders sal u hom nie verstaan nie, of anders sal u dit verkeerd verstaan.  U kan nie sulke woorde soos hierdie wat geskryf is in die krag van die Heilige Gees, sonder die hulp en raad van God verstaan nie.

 

Tweedens moet u baie goed onthou dat, toe Paulus hierdie brief geskryf het, hy die hele agtergrond van die OT in sy gedagte gehad het. Hy het gegaan om hierdie verlore skape van die huis van Israel te gaan soek, in opdrag van ‘n opgestane Here Jesus wat hy op ‘n magtige wyse ontmoet het op die Damaskuspad.  Hierdie man Paulus, was alreeds voor sy bekering, onderleg, onderrig, deurdronge met die hele woord van God.  Hy was ‘n Fariseër wat gesit het aan die voete van Gamáliël.  Seker die grootste leraar van daardie tyd. 

 

U moet onthou dat Paulus en Petrus, of enige van dié wat die NT geskryf het, nie gemaak het soos baie van ons predikers vandag maak nie, naamlik om die OT eenkant weg te sit, en nou te begin by die Nuwe Testament, en nou hulle eie visie, en hulle eie lering op te bou uit dit wat hulle daar lees.  Dit is absoluut fataal om dit te doen!  Dit is onmoontlik om die boodskap van die NT te verstaan as jy nie die hele agtergrond en volheid van die OT gedurig in sig het nie.

Daarom, as ons dan daar in die eerste vers al klaar lees; Romeine 1:1, Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God, dan moet ons naamlik ‘n goeie agtergrond begrip hê van wat in die gedagte van Paulus was.  Wat het Paulus bedoel by die evangelie van God?  Ons weet baie goed wat evangelie beteken; evangelie beteken goeie nuus, of dit beteken ‘n blye boodskap.  Dit is wat evangelie beteken, ‘n blye boodskap van wat, en aan wie? 

 

Onmiddellik moet ons die hele strekking van die profete in ons gedagte hê, want die profete het meer geprofeteer aangaande die wederkoms van die Here Jesus, as wat ons van die wederkoms van Jesus selfs sal lees in die NT.  Met ander woorde, daar is meer in die OT omtrent die wederkoms van die Here Jesus, as wat daar in die NT is.  Dit is dus ‘n feit, dit is nie maar net my insig nie.  U sal dit in enige goeie Bybelkommentaar vind.

 

Nou, is die wederkoms van die Here Jesus en alles wat daarmee in verband staan, is dit nie goeie nuus vir die mense van die wêreld nie?  Daar is geen ander hoop vir hierdie wêreld, as die wederkoms van die Here Jesus nie!  Wanneer ons nou na die profete gaan, en ons sien hoe hulle skrywe aangaande die wederkoms van die Here Jesus, dan kan jy die wederkoms van die Here Jesus nie losmaak van God se beloftes aan Israel nie.  Die Here Jesus kom op geen ander manier, volgens die profete en volgens die NT wat dit bevestig, as om vir Israel, die ware Israel, te versamel, vir hulle ‘n nuwe hart te gee, hulle te vul met die Heilige Gees, hulle te konstitueer as sy koninkryk op aarde, en self oor hulle te kom regeer as hulle Koning op hierdie aarde, met Jerusalem as die hoofstad.

 

Dit moet ons onthou in hierdie hele politieke opset van die wêreld vandag, en alles wat nie daarby inval nie, watter politieke organisasie dit ook al mag wees, of watter kerkorganisasie, of kultuurorganisasie of wát ook al, dra nie vir u en vir my die boodskap van die uur wat ons nodig het nie.  U mors eintlik u tyd om met sulke dinge besig te wees.  U sal miskien sê, dit is vermetel en verwaand van jou, spreker.  Maar die tye is veels te ernstig waarin ons lewe, en ons geleenthede is baie kort, en ons kan nie met woorde speel nie.

Die evangelie van God, so begin hy, die blye boodskap van die Godsplan in sy volle geheel, waarvan Jesus Christus die middelpunt is, en Hy as die Koning van sy volk.  Dit sien ons in:

Romeine 1:2;

2          wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die Heilige Skrifte.

Watter Heilige Skrifte?  Liewe vriende, dit is vir my só belangrik, en ons mense besef dit nie.  Ek is seker daarvan u sal u hand op die bors slaan, en sê: Hoekom kon ek dit nog nooit raakgesien het nie?  Van watter Skrifte het Paulus van gepraat?  Die NT was nog nie geskryf nie.  Baie van die boeke van die NT was toe Paulus hierdie woorde geskryf het of ten minste gedikteer het dat dit geskryf moes word, nog nie geskryf nie en die ander was in die proses van om geskryf te word.  Daar was net een “Geskrifte” wat Paulus in sy gedagte kon gehad het, en dit was die OT, dit is die Skrifte waarvan hy gepraat het.

Dus, as hy nou met die Romeine praat, en hy sê in vers 2: “Wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die Heilige Skrifte”, dan onmiddellik moet jy kyk wát het die profete gesê in die Heilige Skrifte, en dan moet u onthou dít is wat Paulus in sy gedagte gehad het.  In die hele ondersoek en begrip van die brief aan die Romeine moet dit altyd u insig en u denke ten grondslag lê.  Kom ons kyk na ‘n paar verse in verband met die evangelie, of die blye boodskap, en waar om dit gewentel het.  Ons kyk byvoorbeeld na Jesaja, en u moet onthou, dit is maar ‘n druppeltjie van ‘n aanhaling, ek kan amper sê, uit ‘n hele oseaan van hierdie waarheid. 

Ek wil hê u moet kyk na die opskrif:

“Die trooswoord van God aan Israel”.

Wat is ‘n trooswoord? 

‘n Trooswoord is ‘n goeie boodskap; dit is ‘n evangelie.

Ons kyk na Jesaja 40:1, 2, 5, 8, 10, 11. 

1          TROOS, troos my volk, sê julle God. 

2          Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes. 

(So gaan hy aan.  Dit is ‘n lieflike hoofstuk.  U moet dit sommer dwarsdeur lees). 

5          En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek. 

8          Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand tot in ewigheid.

10 Kyk, die Here HERE sal kom - - - -

(sien, daar is die koms).

            - - - - as ‘n Sterke, en sy arm sal heers; - - - -

(daar is die koninkryk).

            - - - - kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig. 

11        Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei. 

 

Hierdie lammers, en lammerooie, en die kudde, met ander woorde skape, is een van die groot, ek kan amper sê lieflingbenamings wat deur God aan Israel gegee is.  Hy praat van geen ander nasie as sy kudde nie, Hy praat van geen ander nasie as sy skape nie.  Hy praat van Israel as sy skape.  Nou moet u onthou, wat sê Paulus hier, “wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die Heilige Skrifte”, - Romeine 1:2, die goeie nuus.  

Ek probeer vir u net ‘n paar aanhalings daarvan gee.  Ons gaan na:

Jesaja 52:7-8;  (Die opskrif: Die terugkeer).

7          HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! 

Vir wie sê hy dit?  Vir Sion, nie vir Meseg of vir enige van die ander lande of nasies nie, maar Hy sê dit vir Sion. 

8          Hoor!  Jou wagte!  Hulle verhef die stem, hulle jubel saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die HERE terugkeer na Sion. 

 

Dit is die wederkoms van die Here Jesus! Dit is goeie nuus!  Dit is die goeie boodskap wat uitgedra word!  Nou, so gaan hy voort. 

Romeine 10:15-16; 

15        En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?  Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Soos ons in Jesaja 52:7 gelees het. 

Hoekom sal Paulus nou vir hierdie Romeine juis daardie versie kwoteer? 

Kan u sien wié hierdie Romeine was? 

16        Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo?

Waar word daardie vraag gevra? 

In Jesaja 53:1; 

1          WIE het geglo wat aan ons verkondig is?  En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 

Ons ken almal Jesaja 53 baie goed.  Ons weet dit was ook die probleem in die tyd van die Here Jesus.  Hulle wou nie in Hom glo nie, hulle wou sy boodskap nie aanvaar nie.

Ons haal vir u nog ‘n paar aanhalings uit Jesaja 61:1-2; die goeie boodskap, aan, want dit is die evangelie. 

1          DIE Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

2          om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God: om al die treurendes te troos; 

Dit is die woorde wat die Here Jesus in die sinagoge in Násaret aangehaal het, wat maar net vir ons so ‘n smakie gee van wat die Apostel Paulus daarby bedoel het. 

Romeine 1:3; 

3              aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid. 

 

Waarom sou Paulus nou, as die Romeine nou ‘n klomp heidene was, sou hy nou van Jesus praat as die ene wat gebore is uit die geslag van Dawid?  Wat het Dawid te doen met die heidene as dit net, en lees nou mooi dit is belangrik, as dit net betrekking gehad het op die redding van ‘n mens se siel?  Een van die groot kapsies wat daar gemaak word teen ons boodskap is, u het dit seker ook al baie gehoor; Wat het dit te doen met die redding van jou siel?  Asof die redding van ‘n mens se siel die nommer een mikpunt van God is. 

 

Dit is die nommer een mikpunt volgens die predikers.  Solank my siel nou gered word, wat maak die res saak?  Met ander woorde, wat maak dit saak wat die eer van God betref?  Solank ek net in die hemel kan kom!  Gooi weg God se plan, God se raadsbesluite, laat ek net sorg, die groot ek, om in die hemel te kom!

 

My liewe vriende, dank God, die Here het gesterwe vir u en vir my!  Dit is vir u as persoon van die uiterste belang dat u siel gered sal word, en dat u eendag in die koninkryk van God sal kom, maar dit is nie dié belangrikste van u visie as u waarlik God se woord verstaan nie.  Die belangrikste van u visie moet wees: Om Sy Naam te verheerlik!  As u Hom liefhet, sal u Sy Naam, Sy woord en Sy eer en Sy Godsplan nommer een stel, juis omdat u Hom liefhet.  Dit is wat nommer een is in die Godsplan. 

Laat ek dit vir u sê, kyk hoe die Here Jesus ons geleer het om te bid in:

Matthéüs 6:9-10; 

9          Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word;

10        laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde. 

Kom daar iets van ek en my daarin?  Niks nie.  Onse Vader wat in die hemele is, laat U koninkryk kom, in al sy volle, heerlike betekenis; laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde dít is nommer een, dít moet in my gedagte wees.  Dán kom daar gee my, gee ons vandag ons daaglikse brood, en vergeef my, en vergeef ons, nóú kom die my en die my, maar die eerste is die U en die U.  Dink maar daaraan, en u sal dit so in God se Woord vind.

Ons gaan nou weer na:

Hoséa 1:9-12; (soos in die vorige gedeelte). 

9          En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 

10        Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie - sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 

11        Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek ----

(Wie is daardie een hoof?  Die Seun van Dawid, Jesus Christus, onse Here!)

            ---- want groot is die dag van Jísreël! 

12        Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma. 

 

Daarmee begin die Apostel Paulus dan in:

Romeine 1:4; 

4          en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, 

Romeine 1:7,6; 

7          Aan die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 

6          onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus -- 

 

Wie is hierdie: “geroepenes”?

Wat beteken hierdie: “geroepenes”? 

In die gewone prediking sal dit dadelik as die uitverkiesing verkondig word en soos die uitverkiesing verkondig word in die algemeen.  Maar kom ons kyk wat sê die Bybel daarvan.  Nie wat Calvyn, of Augustinus, of al hierdie wat die uitverkiesingsleer geformuleer het, sê nie.  Kom ons hou net vir u by God se Woord.  Ons hoef nie slim teoloë te wees nie, ons moet net God se Woord sistematies en getrou op homself neem. 

Ons kyk na hierdie geroepe heiliges. 

Ons gaan eerste na:

Deuteronómium 7:6;

(Die Here praat deur Moses met Israel, en Hy sê vir Israel: Want jy is ‘n heilige volk.  Wat sê Paulus vir die Romeine?  Geroepe Heiliges.  God sê vir Israel)

6          Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 

Deuteronómium 32:8-9; 

8          Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. 

9          Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel. 

Jakob is sy afgemete erfdeel.

Deuteronómium 33:3; 

3          Ja, Hy het die stamme lief.  Al sy heiliges - hulle is in u hand; en hulle was gelaer by U voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake. 

 

Ja, Hy, dit is God, het die stamme lief, al sy heiliges.  So, Israel word genoem al sy heiliges.  Israel is God se heiliges.  Hy sê: Julle Romeine, geroepe heiliges. 

Kom ons kyk net weer na:

1 Petrus 1:1-2. 

1          Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië,

2          uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

Wie is uitverkore?  Die verstrooides; hulle is die geroepe heiliges.  Ons sal die gedagte, dat hierdie Romeine ‘n klomp heidene was, dit beteken nou nie-Israeliete was, heeltemal tersyde moet stel indien ons hierdie sendbrief van Romeine wil verstaan.  Ek hoop ek kan dit nou by u laat, dat as ek nou verder aangaan, en nie weer daaraan aandag hoef te gee nie.

Romeine 1:9; 

9          Want God, wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink. 

“Die evangelie van sy Seun”. 

Kom ons kyk daarna, en onthou, evangelie beteken: “Goeie Nuus”. 

Matthéüs 1:21; (dit is waar die engel met Josef gepraat het toe Maria swanger was)

21        en sy sal ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Wie is sy volk?  Wanneer u deur die Bybel gaan, is daar net een volk wat in die Bybel van gepraat word as die volk van God, en dit is Israel.  “Want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”.  Is dit nie evangelie nie?  Is dit nie goeie nuus vir Israel nie?  Sekerlik! 

En nou sê Paulus: “Ek dien God in die evangelie van sy Seun”.  Met ander woorde, ek is nog steeds besig om hierdie goeie boodskap aan sy volk te bring, die goeie boodskap van die vervulling van God se beloftes, soos Hy dit deur al die profete vervul het.

Die gewone lering; “want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”, - die lering is dat die kerk die volk van God is.  Jy sal ‘n prediker dikwels ‘n gemeente hoor toespreek: “Volk van God” en in hierdie tyd van gemengdheid, sal hy voor ‘n gemengde gehoor staan, en sê: “Volk van God”, daarby bedoelende, dat hulle almal nou gelowiges is, almal gereddes, en almal lidmate van die kerk, van verskillende nasionaliteite. 

Dit is onskriftuurlik.  Nêrens word die kerk of die gemeente die volk van God in die Bybel genoem nie.  Die gereddes, die gemeente, is die liggaam van Christus.  Nee, die volk van God is net een volk, en dit is Israel.  In elk geval, hier kom die engel, onthou, Jesus is nog nie gebore nie; onthou die NT is nog nie geskryf nie.  Maria verwag nog, sy is nog swanger met Jesus.  Josef was baie ontsteld daaroor, en hy wou Maria skei, omdat sy in daardie toestand was. 

Die engel van God moes toe juis na hom toe kom en hom gerusstel, en sê: “Neem haar, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”. 

U moet onthou, volgens die gewone prediking, as die volk die gemeente is, het die volk nog nie bestaan nie, “dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”.  En hier kom die onlogika van die saak ter sprake, as die mens dan die volk van God word deur bekering, hoe moet Jesus dan nou die volk van hulle sondes verlos?  Jy het dan juis die volk van God geword deur verlossing van jou sonde.  Ek hoop u sien dit, dit is baie eenvoudig, maar dit is geweldig baie belangrik.  “Dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”.

Kom ons kyk wat sê die engel vir Maria in Lukas 1:31-33. 

31        En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 

32        Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 

33        en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

Dit is wat die engel vir Maria sê:  “Hy sal koning wees oor die huis van Jakob”. 

Die Here sal aan Hom gee die troon van sy vader Dawid.  Dít is die evangelie van sy Seun, daar is geen ander evangelie nie.  Dus, as Paulus gepraat het van die evangelie van sy Seun, is dít wat in Paulus se gedagte was.  U moet hierdie sake diep oordink.  U moet uit u gedagte kry, geslagte van lering wat nie volgens die Skrif is nie, wat volgens menslike interpretasies en menslike veronderstellings is.

Romeine 1:11;  

11        want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; 

Liewe leser, ek glo dat in die gemeente van die Here Jesus, en veral dus nou onder God se volk, waar die woord bedien moet word, behoort daar so ‘n bediening in die gemeente te wees, waar daar aan God se volk genadegawes meegedeel word.  Dit kan gewoonlik met die handoplegging geskied, sodat God se volk daardeur versterk kan word; sodat ons daardeur die goeie stryd van die geloof kan stry, teen die magte van die bose, en ook teen die onkunde in God se volk. 

Kom ons kyk na ‘n paar sulke gevalle waar Paulus dit gedoen het, waar ons presies sien hoe hy dit gedoen het. 

1 Timótheüs 4:14;  (waar hy dit met Timótheüs gedoen het)

14        Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. 

Hier het die ouderlinge vir Timótheüs die hande opgelê, en toe daar vir hom die hande opgelê is, toe het daar ‘n profesie uitgegaan oor Timótheüs, oor wat sy bediening sou wees.  Paulus sê vir hom: Verwaarloos dit nie.

Toe die Here vir my afgesonder het vir sy diens, toe ek die roepstem van die Here gehoor het, om my loopbaan vaarwel te sê en vir die Here te gaan werk, toe was daar vir my hande opgelê in die gemeente, toe ek afgesonder was vir die werk van God.  Die profesie wat oor my uitgegaan het, was: “Dat ek God se volk, God se Woord sou leer”.  Dit was 26 jaar gelede.  Ek dank die Here, God het vir my genade gegee om daardie boeke en pamflette te skrywe, om deur die kassette, deur al hierdie dinge, daardie bediening uit te voer, en dat ek genade van God kry om dit nie te verwaarloos nie.  Kom laat ons, ons lewens waarlik aan die Here toewy, dat ons klaarkry met alle kleinlike dinge. 

Die tyd is so ernstig, God het ook ‘n werk vir elkeen van u.  Kom ons bid die Here, dat die Here weer sy werkinge sal herstel, sodat daar meer sulke byeenkomste kan wees, waar die Heilige Gees in werking is.  Die diens waar ek was, daar was die spreek in vreemde tale, daar was profesie, daar was ‘n gejuig in die Here, die teenwoordigheid van die Here was daar, op ‘n magtige wyse, dit is toe dat daar die hande op my gelê was, en hierdie profesie oor my uitgespreek was.

Daar word baie van hierdie soort bediening beoefen.  Ons volk is so onkundig omtrent hierdie dinge.  Satan sal sekerlik kom om baie van hierdie dinge te probeer naboots.  Dat hierdie dinge Skriftuurlik en noodsaaklik is, sien ons hier in Paulus se brief aan die Romeine, dat dit sy begeerte was om dit met hulle te kon doen.  Ons sien dit met Timótheüs. 

2 Timótheüs 1:6; 

6          Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande. 

So, as dit dieselfde geval is wat Paulus hier ook na verwys, dan was Paulus een van die ouderlinge wat sy hande vir Timótheüs opgelê het!

Romeine 1:15; 

15        Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig. 

U weet nou wat die evangelie is, die blye boodskap aangaande die Here Jesus in al sy volheid in die raadsplan van God, waarin die Koninkryk van God op aarde ‘n sentrale posisie inneem. 

Handelinge 20:27;  

27        Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. 

Dit is hoe ons hierdie man, hierdie groot apostel van die Here Jesus, leer ken.  Hy het nie nagelaat om oral waar hy gaan, die volle raad van God te verkondig nie.  Só moet ons ook strewe en ons hartsverlange wees om die volle raad van God te verkondig.  Moet tog nooit laat mense vir jou sê: “Ag, dit is genoeg vir my om hemel toe te gaan, dit is genoeg vir my om dit en dat te hê”.  As daar enigiets in u lewe is, of in u visie wat in die Bybel is, en dit is nog nie by u nie, moet u nie daarmee tevrede wees nie, u moet ook strewe na die volle raad van God.  U moet in u hart glo dat God ons volk gaan bymekaar maak. 

Soos ek glo, alhoewel dit lyk soos ‘n druppeltjie in die emmer op die oomblik, ek glo dat God nog hierdie volk, sy ware gemeente, weer sal herstel, waar u ‘n deel sal wees van daardie gemeente. Ons lewe in ‘n tyd van omwenteling, en van rewolusie, dat hierdie land en die hele wêreld, op die punt staan om deurmekaar gegooi te word, in die volgende paar jaar.  U gaan heel moontlik dalk die enigste wees wat in die gemeenskap gaan wees wat niks van enige van hierdie dinge weet nie.  U moet die volle raad van God in u eie hart opneem.  Sorg dat u by die woord van God bly, sorg dat u die volle raad van God in u lewe ontvang.

Romeine 1:16;  (dit is ‘n baie belangrike vers)

16        WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding (regte vertaling is saligheid) vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Ons weet nou wat beteken Jood en Griek.  Ek wil vir u eers hierdie definisie van die woord “saligheid” in die Scofield Bybel lees:

Romans 1:16; 

16        For I am not ashamed of the gospel of Christ: for it is the power of God unto salvation to every one that believeth; to the Jew first and also to the Greek. 

Nou, hierdie woord “saligheid” (salvation), is ‘n pragtige woord.  Wanneer jy hom nagaan in die oorspronklike Grieks, het dit ‘n wye verskeidenheid van betekenisse, wat alles natuurlik heilwerkend is.  Dit word vir ons baie mooi uitgebring in hierdie nota van Scofield, wat ek vir u wil lees:

“The Hebrew and Greek words for salvation imply the ideas of deliverance, safe-ty, preservation, healing, and soundness”. 

 

Al hierdie betekenisse word daarby ingesluit in die oorspronklike betekenis van hierdie Griekse woord. 

“Salvation is the great inclusive word of the Gospel, gathering into itself all the redemptive acts and processes; as justification, redemption, grace, propitiation, imputation, forgiveness, sanctification and glorification”.

 

Baie van hierdie betekenisse gaan ons verder in hierdie brief aan die Romeine sien.  Ons gaan nog deur lieflike diep waters vaar, diep waters van die openbaring van God, wat in hierdie brief aan die Romeine vir ons gegee is.  U moet die Here vra om u vars te hou, dat u konsentrasie goed sal wees, want hier is lering aangaande die Godspatroon, die volle raad van God, wat heerlik en wonderlik is, en wat geen kind van God kan bekostig om nie te verstaan nie. 

Verder in Scofield: 

(1) The believer has been saved from the guilt and penalty of sin. 

(2) The believer is being saved from the habit and dominion of sin. 

‘n Gelowige is gedurig in die proses van om gered te word van die gewoonte en die heerskappy van die sonde.  Dit is ‘n gedurige, aanhoudende proses in elke gelowige se lewe.  Dit is waar jou groei in heiligmaking vandaan kom. 

(3) The believer is to be saved in the sense of entire conformity to Christ.

Die gelowige sal nog volkome gered word, in die sin dat die dag kom dat hy absoluut gelykvormig sal wees aan die Here Jesus self.  Dit is die heerlike belofte, dit is die heerlike vooruitsig vir die gelowige, en dit is God se bedoeling met sy volk.

God wys vir ons dat in die profete, en daar is baie verwysings daarna, dat ons nog almal ‘n nasie van priesters en profete vir God sal wees.  Dit was God se bedoeling toe Hy vir Israel uit Egipteland uitgelei het, dat ons die administrateurs, die medeheersers saam met God sal wees.  God het vir Adam na sy beeld geskape, en dat daardie beeld geskend en gekraak was deur die sonde, maar dat die belofte onmiddellik gekom het van die Verlosser, wat nie net vir ons sondes sou betaal nie, maar wat uiteindelik weer daardie beeld in ons sal herstel, dat ons in die beeld van die Here Jesus sal wees. 

Nie net innerlik nie, maar ook uiterlik.  ‘n Koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie deur wie God hierdie wêreld sal regeer en sal administreer.  Ja, Paulus skryf aan die Korinthiërs en hy sê: Ons sal selfs engele oordeel, met ander woorde, ons sal engele regeer, hulle sal tot ons beskikking wees.

Dit is ‘n heerlike geloof, dit is ‘n heerlike visie!  U moet nie u knieë laat knak by die aanskoue daarvan, en sê dit is onmoontlik nie, natuurlik is dit onmoontlik in u en in my eie krag, maar Hy wat roep is getrou, Hy sal dit ook doen!  Dit is die roeping, en dit is die bestemming. 

Kom ons neem net ‘n paar tekse by elkeen van hierdie drie stappe van die woord saligheid. 

Eerste stap:

Hy het gesê, die gelowige is alreeds gered van die skuld en die straf van die sonde.  Ons is met diep en heerlike dinge besig.  Sonde het twee aspekte: sonde het skuld, en sonde het straf.  Sê nou byvoorbeeld ek steel iets by enige van u.  Dan het ek die skuld dat ek gesteel het en volgens die wet moet ek ook die straf daarvoor dra.  Sê nou maar ek kom voor die hof en ek kry ‘n boete van R100 vir dit wat ek by u gesteel het; nou kom ‘n goeie vriend en hy kom betaal hierdie boete van my, wat hy geregtig is om te doen.  Hy betaal my straf, maar kan hy my skuld wegneem? 

Kan hy die feit wegneem dat ek gesteel het?  Hy kan dit nie doen nie, ook nie God se engele nie.  As gevolg daarvan sal ek dan nooit ten volle herstel kan word na die beeld van die Here Jesus nie of soos Adam was in die begin nie.  Dit staan opgeskrywe, ek het skuld, ek het die daad gedoen.  Hoe sal ek vrykom?

O, hier kom die heerlikheid van die liefde en die raad en die wysheid van God.  Daar is een wat onskuldig is, en dit is sy eie Seun, Jesus Christus.  In die raadsbesluit van God, voordat God ons nog gemaak het, het Hy in sy alwetendheid geweet dat ons skuldig sou word.  In die raadsaal van God was die besluit geneem dat sy Seun in u en my plek sou kom.  ‘n Mens kom word soos u en ek, en op hierdie aarde lewe sonder om ooit iets te doen waaraan Hy skuldig wou wees.  Hy was die enigste een wat die wet absoluut volkome vervul het. 

 

Dat Hy geen smet van sonde op Hom gehad het nie, en dat Hy ook geen straf vir sy eie skuld sou verduur nie, maar dat Hy sou kom en óns skuld en óns straf op Hom sou neem.  Dat Hy nie net die straf sou dra, dit is die strieme, die spykers deur sy hande en voete, die dood, maar dat Hy die skuldige sou word.  Toe Hy daar aan die kruis gehang het en nog vóór dit, toe Hy daar gegésel was, toe was Hy tentoongestel voor die duiwel en al sy engele, voor die Vader en al sy engele, as die skuldige.

Nie net die een wat die straf sou dra op Gólgota nie, dit is Hy.  Dit is nou nie meer ek wat die dief is nie.  Hy het nou die dief geword in my plek, voor God en voor Satan en al sy engele.  Dit is nou nie meer ek wat al die sonde gepleeg het nie, dit is Hy.  Hy was na gekyk as elk van daardie, daarom het die Vader sy gesig van Hom weggedraai en Hom verlaat, want God kan op geen skuldige, in sy Heiligheid kyk en uiteindelik in sy volmaakte heiligheid, vlekloosheid, herstel nie. 

Daar sal altyd ‘n vlek wees, as daar nie ‘n versoeningsplan was nie, en dit kon alleen in sy eie Seun geskied.  Dít is saligheid.  Dit is werklik wat dit beteken as u sê: Die Here het my siel gered.  Dit is nie net ‘n kwessie van hemel toe gaan nie, en dat ek darem nie in die hel sal beland nie.  Daarom hierdie drie aspekte, die gelowige is gered, is verlos van die skuld, en die straf van die sonde.

Efésiërs 2:5,8;  (onthou hulle was ook Israeliete). 

5          ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus -- uit genade is julle gered --

Ons is lewendig gemaak saam met Christus. 

8              Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.

Ons is gered.

Tweede stap:

Ons word gedurig gered, as ons ‘n gelowige geword het, van die heerskappy en van die gewoonte van sonde.  U moet dus nie dat die vyand vir u sê, nadat u tot bekering gekom het, en ‘n ware besluit vir die Here Jesus gemaak het, en u sien daar is nog dít en dát verkeerd in u lewe, dat u nou sê: Ag, dit is hopeloos met my, ek is seker maar nog nooit bekeerd nie. 

Ek wil vir u sê want dit is baie belangrik:

‘n Mens se wedergeboorte, is ‘n gebeurtenis van ‘n oomblik!

Jou heiligmaking is die werk van ‘n leeftyd! 

Jy sal groei in heiligmaking tot die dag dat jy dood is! 

Wanneer jy die dag dood is, al is jy 100 jaar of 200 jaar oud, sal jy nog nie voor God kan staan en vir God kan sê:  Ek is heilig genoeg in myself om nou in U teenwoordigheid te verskyn nie.  Daarvoor het Jesus ons heiligmaking kom word.  U moet Hom as u heiligmaking aanneem net soos u Hom as u saligmaker aangeneem het. 

Dit is van die uiterste belang, dit sal vir u tot groot oorwinning in u geestelike en Christelike lewe lei.  Maar u word gedurig gered van die gewoonte van die heerskappy van die sonde. 

Romeine 6:14; 

14        Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. 

Dit is sover die heerskappy van die sonde betref.

Filippense  2:12-13; 

12        Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie verlossing uit met vrees en bewing,

13        want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. 

Dit beteken nou nie dat ek nou moet werk om in die hemel te kom nie, as ek dit nou maar net so mag noem.  Daarvoor kan ek nooit voor werk nie.  Jesus het dit bewerkstellig aan die kruis, ek moet dit met geloof aanneem.  Maar my verlossing, dit is my oorwinning van dag tot dag oor die heerskappy, die gewoonte van die sonde moet ek uitwerk. 

Derde stap: 

Ek sal nog gered word, in die sin van dat daar ‘n dag kom, dat ek as gelowige volkome sal lyk soos Jesus.  Prys die Here.  Dat ek volkome, smetloos, volmaak sal wees, en dat ek sal wees soos Adam was (voor die sondeval).  Daarvoor het Jesus die prys betaal.

Ons kyk daarvoor na hierdie Skrifte in:

1 Johannes 3:1-3; 

1          KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! - - - -

Ek wil net iets vir u sê, die geleerde mense sê vir ons dat, as jy die oorspronklike Grieks lees, soos dit ook hier gesê word, KYK, dan moet jy dit neem as ‘n uitroep van verbasing.  Dit is net soos jy byvoorbeeld op die pad is, en skielik oor die bergtop kyk, en ‘n heerlike en lieflike toneel ontvou voor jou oë en jy sê, KYK!  Dit is iets wat jy nog nooit vantevore gesien het nie.  Dit is die gedagte hier. 

- - - - om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. 

2          Geliefdes, nóu is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 

3          En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

 

U sien, hy sê ons is nou kinders van God, maar ons is nog nie naby soos Jesus nie.  Maar die heerlikheid is, (dit is ons geloof), dat die dag wanneer ons Hom sien, as ek gesterf het met my opstanding, of as ek lewe ten tye van sy wederkoms, wanneer ek in ‘n oomblik verander word, in ‘n oogwink, hierdie sterflike met die onsterflikheid beklee word, dan sal ek wees soos Hy is, want ek sal Hom sien soos Hy is!  Dit is die heerlike verwagting! Dit is my finale saligheid, en verlossing. 

Moet tog nooit daaraan dink, dat jou finale saligheid en verlossing is om eendag in die hemel te kom nie.  Dit is nie God se finale bestemming vir ons nie.  God se finale bestemming is dat ons saam met ‘n verheerlikte Jesus, op hierdie aarde sal regeer.  Dat ons nie ‘n klomp geeste sal wees nie.  Ons liggame sal weer uit die stof opstaan.  Dit is ons basis in die geloofsbelydenis.  Dit is u geloof en u eindbestemming, die opstanding van die liggaam.  Waarvoor?  Om saam met Jesus op ‘n nuwe aarde te wees, en onder ‘n nuwe hemel.  Dít is u finale saligheid. 

Dit is wat Paulus sê Romeine 1:16. 

16        WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood(die twee stamme) en ook vir die Griek (ook vir die tien stamme).

Is dit nie magtig nie, is dit nie wonderlik nie!  Moenie hieroor struikel nie, dit staan in die Bybel en ons moet nie bylas nie, dit is wat daar geskrywe staan. Kom ons gaan nog ‘n bietjie verder: eerste vir die Jood en ook vir die Griek, omdat dit so ‘n brandpunt is, eerste vir die Judeër, eerste vir die huis van Juda, en ook vir die huis van Israel. 

Handelinge 13:46;

46        Maar Paulus en Bárnabas het vryuit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word.  Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie -- kyk, ons wend ons tot die heidene. 

Daardie woord “heidene”, - ons wend ons tot die “nasies”. 

Romeine 2:9-10; 

9          verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek.

10        maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. 

Ons weet nou wat dít beteken. 

Númeri 2:9; 

9          Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtig-duisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings.  Hulle moes eerste opbreek. 

Juda was altyd eerste.  Die rede daarvoor is omdat die koningskap altyd uit Juda sou kom, en uiteindelik in die Here Jesus self. 

Númeri 10:13-14; 

13        So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses. 

14        En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Ammínadab.

Eerste vir die Jood, meer korrek Judeër, en ook vir die Griek.  Hoekom nou altyd “eerste”?  Ek het vir u gewys uit Handelinge en Romeine, en ook uit Númeri.  Maar ons moet onthou, dit was die tien stamme wat die skeibrief gekry het, dit was die tien stamme wat Lo-Ammi gemaak was, die tien stamme wat vér weggestuur was, letterlik en figuurlik.  Dáárom het die Judeër die voorreg gehad om dit eerste te ontvang.  Die Judeër het dit natuurlik verwerp, en toe het die Here vir hulle gesê in:

Matthéüs 21:43;

43        Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. 

 

Dit is presies hoe die geskiedenis van die afgelope 2000 jaar dit vir ons bevestig.  Dit was toe nie die Judeër nie; dit was nie Juda wat die Evangelie geneem het om dit na die wêreld te bring nie.  Dit was Israel, dit was die tien stamme, en tot vandag toe is dit die tien stamme, waarvan u en ek ‘n deel is, wat die evangelie uitdra! 

Die Jood as geheel, daar is uitsonderinge, het nie die evangelie geneem, of sy verantwoordelikheid aanvaar nie.  Tot vandag toe is die Jodedom nog steeds besig om die evangelie te weerstaan, en as hy dit kan regkry, om dit selfs te vernietig.

Romeine 1:17; 

17        Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Dit was die basis teks van die Hervorming. 

Hábakuk 2:4; 

4          Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.  Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. 

Galásiërs 3:11; 

11        En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit geloof lewe. 

Hebreërs 10:38; 

38        Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. 

Ons sal nog baie daarvan sien, wat dit nou eintlik werklik beteken dat die regverdige uit die geloof sal lewe.  Vir die persoon wat God se Woord en boodskap nie goed verstaan nie, sal hulle selfs vir jou sê, Paulus het homself daarop toegelê om nou die wet tot niet te verklaar en dat die wet nou geen betekenis het nie.  Dit is gladnie wat die betekenis is nie.  Dit is ‘n diep en fyn saak, wat ons baie mooi moet insien, wat ons deur die genade van die Here vir u gaan uitlê.

Daarom is daar vandag ‘n taamlike groeiende seksie in die Westerse wêreld wat geweldig anti-Paulus geword het.  Daar is ‘n sekere groep wat selfs vir Paulus die vals profeet noem.  Ek noem dit vir u, want u sal dit baie beslis teëkom.  Ek wil vir u waarsku en dit voor u lê.  Ons is op die randjie van die klimaks-oomblik van die ganse bestaan van die mensdom.  Ons is werklik op die vooraand van die wederkoms van onse Here Jesus.  Ons moet nie verwag dat dit sommer so eenvoudig gaan gebeur nie. 

Daar is geweldige magte reeds nou aan die werk, alles wat betrekking het op die wederkoms. Nie net daar buitekant in die fisiese wêreld wat ons kan sien, met jou kernwapens en die groot nasies wat vir mekaar sit en grom en dreig en die waarskuwing dat ‘n kernoorlog die mensdom gaan uitwis nie.  Dit is tasbare dinge wat ons kan sien, tot ‘n mate besef wat die uitwerking daarvan sal wees.  Maar in die geesteswêreld is daar net sulke magte aan die werk en dit kan mense nie so maklik verstaan, en so maklik begryp nie.

Nou, een van die ou metodes van die Satan is altyd: verdeel en heers.  Dus moet u ook besef, dat binne die groep van die ernstige Christen, wat die eindtyd en die wederkoms en alles wat daarmee saamgaan, begin ontdek, en terselfdertyd ook die ontdekking van die waarhede van die geloof, die Heilige Gees waarhede in al hulle fases, dat ook dáár binne-in, Satan sal kom om verwarring en verdeeldheid en misleiding te veroorsaak.  Daarom is dit dat ‘n mens God se Woord so goed moet ken en goed moet verstaan. Nou, dus ook op hierdie gebied is daar ‘n sterk groeiende seksie in die geledere van hierdie groep, soos ons dit nou noem, wat die “Israel waarheid” insien, wat nou ook sterk begin standpunt inneem teen Paulus en teen die Romeine brief en al hierdie. 

Veral die Romeine brief waar Paulus homself so sterk uitspreek teenoor diegene wat nog onder die wet wil staan.  Hulle sê Paulus is nou heeltemal anti-wet.  Nou weet ons as gelowiges, en dit is algemeen aanvaar, dit is jou hele Protestantse gereformeerde denke, dat sekerlik deur die hou van die wet as sulks kan niemand salig word nie.  Maar nou aan die anderkant, omdat dit aanvaar word, word dit taamlik algemeen gehuldig in gereformeerde kringe en al die soortgelyke kringe, dat die wet nie meer ter sake is nie.  Dat dit niks meer waarde het nie.  Dit is net so ‘n groot dwaling. 

Dit is hierdie twee dinge wat Paulus vir ons probeer verduidelik en waarna ons ook goed sal kyk.  Die regverdige sal uit die geloof lewe, en dat dit die basis van God se handelswyse met Israel sal wees.  Selfs as Israel dit sou sien, as Israel maar net vir God geglo het, sou Israel ook beter gevaar het onder die Ou Verbond.  Die hele wêreld, Jood of Judeër en nie-Judeër, staan skuldig voor God. 

 

Dus, of jy ‘n Israeliet is of ‘n nie-Israeliet, Paulus se volgende stelling wat ons nou vind in Romeine 1:18 tot Romeine 3:20, daardie hele gedeelte, behandel Paulus om vir ons te toon, ons is almal skuldig voor God.  Of jy nou Israeliet is of nie-Israeliet, almal is doemwaardig voor God en niemand kan salig word sonder die ingryping van God self nie.

Romeine 1:18-32; 

18        WANT die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

19        omdat wat van God geken kan word, in hulle geopenbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 

20        Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

21        omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hulle oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 

22        Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword

23        en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 

24        Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer -

25        Hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid, Amen. 

26        Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

27        en netso het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. 

28        En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

29        hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug, vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

30        nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan ouers;

31        onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

32        mense wat - al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien - dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan dié wat dit doen.

Wat ‘n geweldige aanklag teen die mensdom!

Wanneer ons nou na verse 18-32 kyk, dan sien ons hier, as ons dit mag opsom, dat Paulus hier aantoon die volslae goddeloosheid van die heidense wêreld, en al hulle afgode, en dat dit die toorn van God verdien.  Wanneer ons nou verder gaan na Romeine 2:3, vind ons hier dat hy weer aantoon dat hy vir die Jode, wat so trots was, wat hulle so beroem het dat hulle die Woorde van God ontvang het, en dat hulle die enigste waarheid van daardie tyd gehad het, dat hulle self ook goddeloos is.  Dat hulle net soos die heiden, dit is nou werklik die nie-Israeliet, ook die toorn van God verdien. 

Wanneer ons nou na Romeine 1:19-20 kyk, dan sien ons daar dat Paulus hulle daarop wys, dat die skepping ‘n openbaring van God is.  Dit is waar, ons kan maar net buitekant toe gaan, en ons kan na die sterre, son, en die maan kyk, die berge, riviere en die see.  Ons kan onsselwers die vraag vra en dit is wat Paulus hier ook stel by implikasie.  Al het die heiden wêreld nog nooit van God gehoor nie, behoort hulle in sy skepping vir God te sien, sodat niemand ‘n verskoning het en homself kan verontskuldig nie.

Dit laat my dink aan een van die sterrekundiges, en dié sterrekundige was ‘n gelowige.  Hy het ‘n kollega gehad, wat gladnie in God wou glo nie.  Hy het probeer om hom te oortuig van die HERE, maar hy kon dit nie doen nie.  Toe maak die sterrekundige ‘n pragtige model.  Hy maak ‘n model van die heelal in miniatuur, die son, die aarde ensovoorts, want hy was baie kunstig gewees.  Hy het dit op sy tafel neergesit en gewag vir sy vriend om te kom kuier.  Toe sy vriend inkom in sy studeerkamer, toe sê hy: “Wêreld dit is ‘n pragtige ding.  Waar kom dit vandaan?  Wie het dit gemaak?”  Hy sê: “Niemand het dit gemaak nie”.  Maar hy sê: “Moenie met my gekskeer nie, daar staan die ding dan”. 

Hy sê: “Nou ja, jy kyk na die sterre, die maan, die son en al daardie dinge deur jou teleskoop en jy wil vir my sê niemand het dit gemaak nie!  As jy dan sê iemand moes hierdie ding gemaak het, wie het dit dan gemaak wat jy bestudeer?”  Daardeur het hy hom oortuig van die bestaan van die Godheid, dat agter dit alles, daar ‘n Skepper is. 

Al hierdie goed is nie sommer so ingegooi nie, daar is wette, daar is planmatigheid.  Dit is pragtig, dit is wonderlik!  Jy kan jou berekeninge maak vir duisende jare terug, want dit is gehoorsaam aan vasgestelde wette.  Kon dit sommer toevallig gebeur het?  Nee nooit!  Paulus sê: Julle heidene, geen mens, niémand kan homself eendag voor God verontskuldig dat hy darem nie hier in sy binneste ‘n aanmaning gehad het, dat daar ‘n hoër Wese as hyself is nie. 

 

Wanneer ons verder na Romeine 1:22-23 kyk, dan sal ons daar sien, die verwerping van die waarheid van God, lei na verduistering. 

22           Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword,

23        en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

Dit is ‘n algemene feit en ek moet dit uitbring, as jy dan hierdie God verwerp, liewe vriende, niemand is geregtig op ‘n verontskuldiging nie.  Elkeen van ons sal verantwoording doen voor God.  As jy die waarheid verwerp, is die resultaat verduistering, dit is binne die plan van God, en binne die heelal en die plan van die oorspronklike gedagte van God wat strek van ewigheid tot ewigheid.  As jy lig verwerp, verander daardie lig in duisternis.  Dit is die groot gevaar, en dit is wat gebeur het met Adam en Eva, die moment toe hulle ongehoorsaam geraak het aan God, toe verduister hulle verstand en hulle stel hulleself wawyd oop aan misleiding.  So ook met u en met my. 

Elke waarheid wat na jou toe kom, en God praat met jou, en God oortuig jou deur sy Woord en deur sy Gees dat dit die waarheid is, en jy doen dit nie, stel jy jouself bloot aan verduistering.  Wees tog baie versigtig, ook in verband met hierdie saak; dit is nie net ‘n kwessie van om maar net na my te luister nie. 

Waar God se Woord ookal oopgemaak word, maak seker dat u oortuig is uit God se Woord, dat dit die waarheid is. Maar as u oortuig is, moenie dink u kan dit maar net van u afskud nie, daardie oortuiging eis nou van u ‘n uitspraak in u eie lewe.  As u daarteen uitspraak gee, verander dit in duisternis.  Dit is ‘n verskriklike gevaarlike toestand om in te wees.

Génesis 3:13;  (Dit is nadat die ongehoorsaamheid in die tuin van Eden plaasgevind het)

13        Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen?  En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. 

Maar hoe het die slang dit reggekry om haar te bedrieg?  As u Génesis 3 mooi beskou, dan sal u sien, die slang het dit reggekry om vir Eva af te kry van God se Woord, van wat God vir haar gesê het.  Die moment toe hy haar afstamp van die Woord, toe kon hy haar bedrieg, toe het sy die sonde gedoen.

2 Kronieke 18:21; 

21        En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete.  En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal oorwin; gaan uit en doen so.

U moet die hoofstuk self lees, want dit is waar Agab eintlik geval het in daardie oorlog, waar iemand ‘n pyl afgeskiet het, en die pyl vir Agab tussen die aanhegsels van sy pantser getref het, hy is gewond en het gesterf.  Die HERE wou vir Agab straf, en toe het die HERE die leërskare van die hemel rondom Hom vergader. 

Dit is baie aangrypend om van daardie vergadering in die hemel te lees, u sal dit kry in 2 Kronieke 18:18-21.  Die HERE het na alle voorstelle geluister, die een het dít gesê, en die ander een het dát gesê, Toe kom die gees vorentoe -- en hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete.  En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 

Toe het die Here daardie gees toegelaat om vals te gaan profeteer, deur Agab se eie profete, om vir Agab te gaan sê: Jy sal die oorlog wen.  En hy het gegaan, en daar het hy gesterwe.  Dit is ernstige sake hierdie.

2 Korinthiërs 4:4; 

4          naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie. 

Dit is wat gebeur - die duiwel kom en hy verblind jou sinne as jy moedswillig nie glo nie.  

Dit is wat Paulus sê in:

Romeine 1:21; 

21        omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 

 

Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie, as jy moedswillig, ongelowig is aan die openbaring van God, stel jy jouself bloot aan verduistering.  Die resultaat is, daardie ongeloof van so ‘n verduistering lei na die gruwelikste sondes, soos dit hier opgeskryf is in die res van hierdie hoofstuk, vanaf vers 24 tot 32.  Byvoorbeeld in vers 24 praat hy van seksuele vergrype; “Daarom het God hulle ook in die begeerlikheid van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer”. 

Dit is een van die redes waarom daar so ‘n verskriklike vlaag van immoraliteit en seksuele vergrype in ons Westerse wêreld is.  Dit is amper of dit die hoof ding geword het, en ons weet dit almal, ons sien dit elke dag.  Dit is omdat ons, ons eie geloof verwaarloos het.

Ons het ‘n gedaante van Godsaligheid, en ons het die krag daarvan verloor.  Ons het almal ons name op ‘n kerkregister, maar hoeveel van ons ken werklik ons Bybels?  Hoeveel van ons mense, wie se name op ‘n kerkregister is, is werklik bekeerd? 

Ons moenie dink, dit maak nie saak nie.  Nee, die ewigheidswaarde, die Gods openbaring, en die waarde wat God heg aan die mens wat Hy geskape het, is veels te kosbaar dat ons dink dit maak nie saak nie.  Dat ek myself nou nie aan die Here steur en so aan nie.  God het ons nie so saamgestel nie. 

Lees Romeine 1:25. 

            hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid.  Amen.

Het die Here Jesus nie gesê, hy wat sy vader of moeder, of wat ookal, bo My liefhet, is nie werd om My dissipel te wees nie? – (Matthéüs 10:37). 

Wat is dit anders as ‘n afgod; wat is dit anders as ‘n verering van so ‘n onderwerp, of dit selfs jou man of kind of wie ookal is, as ons hom stel bokant die Skepper self? 

Ons pleeg afgodery met baie minder dinge as dit.  Party van ons verafgod ons huis, ‘n ander ‘n motorkar.  Hoe baie jongmanne is daar, dit is so ‘n groot ideaal as hy daardie motorkar kan uittrek, of selfs daardie blink motorfiets van hom so ‘n bietjie kan laat brom, so ‘n paar draaie kan gooi, dit is mos lekker vir ‘n jongman.  Maar pasop dat dit nie jou afgod word nie, as jy dit vereer bokant jou Skepper, dat dit bokant die Here kom stel jy jouself bloot aan oorrompeling en verblinding van jou sinne deur die Satan.  Dit is presies wat Paulus hier beskrywe in verse 26-27, die gevolge van die afvalligheid, seksualiteit en lesbianisme.  Dit beskryf vir ons hoe mans met mans, en vrouens met vrouens verkeer. 

 

Watter verskriklike toename is daar nie vandag daarvan in die wêreld nie?  Die rede daarvoor is, omdat ons God nie die eerste plek gegee het nie.  Vers 28, die gevolge daarvan in die Gees.  Verse 29-31, spesifieke gevolge van afvalligheid.  U kan dit weer self lees.

Dan vers 32, die finale gevolge, absolute onverskilligheid. 

32        mense wat - al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien - dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. 

 

U weet self dat in baie van die kerke van ons westerse wêreld, byvoorbeeld homoseksualiteit, vandag goedgekeur word.  Daar is selfs predikante wat sulke twee mans met mekaar in die huwelik bevestig het, daardie soort van verskynsel.  Dat jy so vér afvallig word, dat jy jou goedkeuring daaraan skenk.  As ons in die lig van wat ons het, besef dat dit plaasvind binne die Israel wêreld, kan u sien waar Paulus op mik? 

Dit moet ons laat besef, ons staan skuldig voor God.  Met die lig wat ons het, wat ‘n verantwoordelikheid rus daar nie op ons nie!

 

Bestel die boek om verder te kan lees...

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135301
This_MonthThis_Month2142
All daysAll days135301