new-top-banner-english

Die bybel is waar

E-Boek: Die bybel is waar

Inleiding

Die Bybel se groot aanspraak aangaande Homself

 

Daar kan geen twyfel omtrent wees nie, dat die Bybel self daarop aanspraak maak dat dit ‘n bo-natuurlike, God-geïnspireerde en God-gegewe Boek is.   Die Bybel verklaar dat “Die hele Skrif is deur God ingegee” - 2 Tim. 3:16.   Die uitdrukking “is deur God ingegee” is ‘n vertaling van die een Griekse woord “theopneustos”,wat letterlik “deur God-uitgeasem” beteken.  Die groot aanspraak van die Bybel is dus dat “die hele Skrif”, die Bybel in geheel, ‘n “deur God-uitgeasemde” Boek is.

 

Die Bybel se aanspraak is dat die skrywers van die Skrif geskryf het, nie uit hulle eie wil nie, maar alleenlik soos hulle “gedrywe” of beheer was deur die Heilige Gees. 

2 Petrus 1:21 verklaar:

want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Die Bybel sê dus dat die woorde wat die profete geskryf het, nie hulle eie woorde was nie, maar die werklike woorde van God Self.  Die Persoon wat gespreek het was God, en nie die mens nie.  God het alleenlik “deur middel van” of “deur” die mens gespreek. 

“God het in die ou tyd gespreek tot die vaders deur die profete”-  Heb. 1:1. 

Lees ook: Luk. 1:70;   2 Sam. 23:1-2;   Jer. 1:9;   Eség. 2:7. 

Die doodstraf is oor die profeet uitgespreek wat enige van sy eie woorde by God se woorde sou byvoeg. 

God het verklaar:

Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe – (Deut. 18:20). 

God het aan Moses gesê:

Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie - - - - - ” - (Deut. 4:2).

Die Bybel onderskei homself dus baie duidelik op hierdie wyse van die woord van ‘n mens.  Die profete het maar net die woorde neergeskryf wat hulle van God ontvang het.  Hulle het nie altyd die volle betekenis of implikasies verstaan van dit wat hulle geskryf het nie, want hulle het wat hulle self geskryf het “ondersoek” en “nagevors” sodat hulle dit meer ten volle kon verstaan – (1 Petrus 1:10-12).

Die Apostel Paulus verklaar, “dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is” - nie sy eie bevele nie – (1 Kor. 14:37). 

Lees ook 1 Kor.  2:13; 1 Thes.  2:13. 

 

Die frase “Woord van God” kom dikwels voor en is altyd besonder betekenisvol.  Stellings soos “So spreek die Here”, “God het gesê” en dergelike uitdrukkings kom meer as 2,500 maal in die hele Bybel voor.  Die Skrif moet dus ontvang word in der waarheid, nie as die woord van ‘n mens nie, maar as die Woord van God.  Die Bybel is in der waarheid soos hy daarop aanspraak maak, nie ‘n natuurlike Boek nie, maar ‘n bo-natuurlike, en deur God ingegee, die Woord van God voorwaar.  Dit is die onmiskenbare taal van die Bybel.

 

Die Bybel verskil van alle ander godsdienstige boeke daarin dat dit ook gerugsteun word deur baie onomstootbare feite en bewyse.  Baie van hierdie feite gaan ons in hierdie boekie behandel.  Daar is byvoorbeeld: Profesieë wat honderde en selfs duisende jare vantevore gemaak is, en letterlik tot vervulling gekom het.  (Sommige hiervan behandel ons meer in besonderheid in ons boekies en boeke soos:

“Rusland in Profesie”, “Joël - Sy Profetiese Boodskap en Waarskuwing”,

“Die Boek van Openbaring”, “Die Verlore Tien Stamme van Israel”,

“Die Wederkoms van Christus”, “Die Groot Verdrukking”, en andere)

 

Die wetenskaplike juistheid van die Bybel, sy geskiedkundige juistheid soos bewys deur die argeologie, die wonderbaarlike eenheid van die Bybel, sy onuitputlike dieptes, sy onvernietigbaarheid, sy onoortreflike lering, sy ongeëwenaarde invloed, die afwesigheid van een enkele weerspreking, die getuienis van die Here Jesus self, die karakter van Christus, die getuienis van sy invloed op ‘n mens se persoonlike lewe, en nog baie meer. 

 

Een van die wonderlikste en mees onomstootbare bewyse, naamlik die Numeriese en Matematiese struktuur wat die Bybel in die oorspronklike tale ten grondslag lê, is deur die Russiese wetenskaplike, Ivan Panin, aan die einde van die vorige eeu ontdek.  Ons sal ‘n kort opsomming daarvan in hierdie boekie gee, maar later D.V. ‘n volledige artikel daaroor skryf.

 

“Slegte mense of duiwels sou nie die Bybel geskryf het nie, want dit veroordeel hulle en hulle werke.  Goeie mense, of engele, kon die Bybel nie geskryf het nie, want deur te sê dat dit van God was terwyl dit hulle eie verdigsel was, sou hulle aan valsheid skuldig gemaak het, en kon hulle dus nie goed wees nie.  Die enigste wese wat nog oorbly wat dit kon geskryf het, is GOD” - Flavel.

 

Alhoewel die Bybel deur ongeveer veertig mense oor ‘n periode van ongeveer sestienhonderd jaar geskryf is, is daar nie een enkele weerspreking of verandering van tema nie.  Om hierdie inleiding mee af te sluit, haal ons die volgende aan uit: “Vrytraktaatjie Nr.149 van die Christelike Uitgewersmaatskappy”:

 

Die Bybel bevat:

 

1)  Die doel van God,

Die toestand van die mens,

Die weg tot saligheid,

Die oordeel van sondaars,

En die geluk van gelowiges. 

2)  Sy leringe is heilig,

 Sy voorskrifte is bindend,

 Sy geskiedenisse is waar,

 En sy besluite is onveranderlik. 

3)  Lees dit om wys te wees,

Glo dit om veilig te wees

En be-oefen dit om heilig te wees. 

4)  Dit bevat lig om jou te lei,

Voedsel om jou te onderhou,

En troos om jou op te ruim. 

5)  Dit is die reisiger se kaart,

Die pelgrim se staf,

Die loods se kompas,

Die soldaat se swaard,

En die Christen se karakter. 

6) Hier vind jy die Paradys teruggebring,

Die hemel geopen,

En die poorte van die hel geopenbaar. 

7)  CHRISTUS is die groot Onderwerp,

Ons welsyn sy oogmerk,

En die eer van God sy einddoel. 

8)  Dit moet die geheue vul,

die hart regeer,

en die voete rig. 

9)  Lees dit langsaam, dikwels en biddend. 

Dit is ‘n myn van rykdom,

‘n Paradys van heerlikheid,

En ‘n rivier van genot. 

10) Dit word aan jou gegee in die lewe,

Sal geopen word in die Oordeel,

En sal vir ewig onthou word. 

11) Dit behels die hoogste verantwoordelikheid,

Beloon die hardste werk,

En veroordeel almal wat sy heilige inhoud lig opneem.”

 

Lees self weer 2 Timótheüs 3:16.

 


Die Bybel word bevestig deur die Sterrekunde

 

Gedurende die tydperk toe die Bybel besig was om geskryf te word, was baie werke oor die Sterrekunde ook besig om geskryf te word.  Maar hierdie werke moes elke keer geskrap word na gelang daar nuwe ontdekkinge gemaak was.   Dit klink vandag amper ongelooflik wanneer ons ‘n bietjie terugkyk op party van daardie stellinge en teorieë wat daardie filosowe en wetenskaplikes van daardie dae gehuldig het. 

Byvoorbeeld:

Anaximines het geleer dat die wêreld die vorm van ‘n tafel gehad het;

Leucippus - die vorm van ‘n drom;

Pindar - dat dit op pilare gestaan het;

en ander outydse Griekse wetenskaplikes, dat dit op die kop en skouers van Atlas gerus het. 

Plato en Aristotle het geredeneer dat die aarde ‘n lewende organisme was, en dat aardbewegings veroorsaak was deurdat die aarde vomeer of opgegooi het.  Natuurlik het die ware wetenskap al hierdie teorieë as belaglik bewys.  Die teleskoop vertel alleenlik maar die verhaal wat God alreeds in sy Boek neergeskryf het.

 

1) Die Bybel het geweet dat die aarde rond is:

“ - - - - - toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreld-vloed” - Spreuke 8:27 (1000 v.C).

“Hy sit bo die kring van die aarde, - - - - ” - Jes. 40:22 (700 v.C.).

 

Een van die swaarste dinge vir die ouere geslagte om te verstaan, was hoe dat die aarde ‘n sirkelvormige vorm kon hê.  Totdat Newton aangetoon het dat wat ons vandag gewig noem, eenvoudig maar net die uitwerking was van die aantrekkingskrag wat daar bestaan het tussen die aarde en liggame in sy omgewing, het dit teenstrydig met die rede gelyk dat liggame aan sy onderkant nie sou afval nie.  Maar, volgens die Bybel, is die aarde rond. 

Wie het hierdie waarheid aan Salomo gegee?

Wie het vir Jesaja gesê?

 

2) Die Bybel het geweet dat die aarde in die ruimte hang:

“Hom - - - - - wat die aarde ophang oor ‘n niks;” – Job 26:7 (1500 v.C.).

 

Copernicus was die eerste wetenskaplike wat hierdie feit ontdek het, maar baie eeue voordat hy gebore is, het die Bybel geleer dat die aarde nie net alleen rond is nie, maar dat dit in die ruimte hang.  Die ganse mensdom, tot by sy tyd 1475 A.D., het geglo dat die aarde op die een of ander vaste fondament rus. 

Wie het dit aan Job geopenbaar?

3) Die Bybel het geweet  dat die aarde om sy as draai:

Dit word baie duidelik in Génesis 1 geïmpliseer, waar die dae beskryf word as volgende die een op die ander, en dat elke dag bestaan uit: “Aand en more”, “Dag en nag.”  Hierdie reëlmatige opeenvolging van lig en duisternis, kan alleenlik verklaar word deur die aarde se draaiing rondom sy as; en ons Here Jesus het duidelik gewaarsku dat wanneer Hy kom, sal dit nag wees op een plek, en dag op ‘n ander. 

Wie het vir Moses vertel?

Hoe het Jesus geweet?

 

4) Die Bybel het geweet dat die sterre ontelbaar is:

Hipparchus (125 A.D.) het verklaar dat daar 1022 sterre is. 

Ptolemy (200 A.D.) het gesê dat daar net 1026 sterre is. 

Galileo (gebore 18.2.1564) was die eerste wetenskaplike wat geleer het dat die sterre ontelbaar is. 

Die Bybel, egter, het lank voor Galileo dit geleer.

“Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel - - - - ” - Gen. 15:5 (1900 v.C.).

“Soos die leër van die hemel (dit bedoel hier die sterre) nie getel kan word nie, - - - - ” Jer, 33:22 (600 v. C.)

Hoe kan dit dan verklaar word dat die Bybel reg was oor hierdie onderwerp in ‘n tyd toe al die geleerdes van die wêreld nie geweet het van hierdie wetenskaplike feit nie? Daar is maar net een verklaring: Die Bybel is deur God ingegee.

 

5) Die Bybel en die Wetenskap stem saam oor Josua se lang dag:

Na die intog van Israel in die Beloofde Land, vertel die Skrif ons van ‘n wonderwerk wat God ten behoewe van Israel verrig net. 

Ons lees dat Josua gesê het:

Josua 10:12-13;

12        “- - - - - - - - Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ájalon!

13        Toe staan die son stil - - - - - - - - ”. 

Josua het verlang dat God die daglig sou verleng totdat hy genoeg tyd gehad het om die vyf konings heeltemal te verslaan.  Prof. Totten van Yale Universiteit het in sy groot werk “Joshua’s Long Day”(Josua se Lang Dag) baie duidelik bewys dat daar so ‘n lang dag in die wêreld se geskiedenis presies in daardie tyd van Josua was.  Nou onlangs was daar ook ‘n volledige verslag van hoedat die rekenaar van een van Amerika se ruimte-opsporingstasies nie wou werk totdat een van die operateurs vir die wetenskaplikes gesê het dat hy op Sondagskool geleer het van die “missing day”(verlore dag), en toe hulle dit in die masjien insit, toe begin dit weer funksioneer.  Sodoende is ook hierdie insident ‘n bewys dat dit nie net ‘n Bybelverhaal is nie, maar ‘n geskiedkundige feit.  Gods Woord is waarheid, Sy stellinge is juis en sy geskiedenis volmaak betroubaar.

 

 


Die Bybel word bevestig deur die Argelogie

 

Argeologie is ‘n betreklike jong wetenskap, maar sy groot ontdekkings gedurende die afgelope aantal jare kan vergelyk word met die talle klein onderdeeltjies van ‘n legkaart (jig-saw puzzle) wat net ‘n basiese plan nodig het om hulle inmekaar te pas.  Die Ou Testament is daardie basiese patroon.  Dit is verbasend hoeveel tyd en krag geleerdes al gewy het aan hoe om ‘n verstaanbare begrip saam te stel van die vroeëre oorsprong van die rasse, terwyl die Bybel soveel meer wetenskaplik en betroubaar is.  As ons Professore maar net wou leer hoe om sekere argeologiese klei tablette te lees, en eerlik te wees met hulle bevindings, sou ons ‘n ver beter begrip van die ou geskiedenis gehad het as wat ons vandag het.

Die meeste van die Bybelverhale kan geskiedkundig bevestig word, en baie gebeurtenisse wat lank betwis was en plekke en geografiese punte waaroor daar gestry was, is nou deur die argeologie bevestig.  Ons hoef nie te gis nie, ons kan ons op sekerhede beroep.

 

1. Die Bybel verhaal aangaande die Hetiete is waar.

Tot betreklik onlangs het kritici van die Bybel ontken dat daar ooit so ‘n nasie soos die Hetiete geleef het, omdat daar nooit ‘n spoor van hulle gevind was nie.  Die Bybel maak melding van hierdie ras op verskillende plekke, soos byvoorbeeld in Gén. 25:9; Gén. 36:2; Gén. 49:30; Exodus 23:28, en verskillende ander plekke.

 

In die jaar 1905 het Professor Hugo Winckler in die dorpie Boghaz-Keui in Turkye ‘n baie kosbare versameling inskripsies in hierogliewe gevind wat van die Hetiete afkomstig was.  Weereens was die Bybel as waar bewys en moes die kritici erken dat hulle verkeerd was.

 

2. Die Bybel is waar aangaande Sanherib se Talente silwer.

In 2 Kon. 18:14 sê dit dat Sanherib, die koning van Assirië, vir Koning Hiskía van Juda, ‘n heffing van 300 talente silwer en 30 talente goud opgelê het.  Nie baie lank gelede nie is Sanherib se eie verslag van hierdie transaksie ontdek, maar hierin sê hy dat hy van Hiskía 800 talente silwer (in plaas van 300 talente soos die Bybel sê) geëis het en 30 talente goud. 

Hierdie twee verslae stem ooreen sover dit die goud betref, maar daar is ‘n verskil van 500 in die talente silwer.  Daar is egter betreklik onlangs ander dokumente ontdek wat aantoon dat, terwyl die maatstawwe waarmee die talente goud bereken was presies dieselfde in beide Judea en Assirië was, die standaard vir silwer baie verskillend was.  Dit het presies 800 Assiriese talente silwer geneem om 300 Hebreeuse talente silwer te maak.  Weereens is die Bybel tot in die fynste besonderheid bevestig.


3. Die Bybel is waar aangaande Koning Sargon.

Sargon, Koning van Assirië, word in Jesaja 20:1 genoem.  Herodotus, Xenophon, Diodorus en Josepfus maak geen melding van hom nie.  Die kritici van die Bybel was weereens oorgehaal en het tot die gevolgtrekking gekom dat so ‘n koning dus nooit bestaan het nie.  Maar in die jaar 1843 het Paul Emile Botta, die Franse vise-konsul in Mosul, in die dorpie Khorsabad aan die Tigris, die getuienis van Koning Sargon ontdek.

 

4. Die Bybel is juis aangaande “Ur van die Chaldeërs

Tot ‘n bietjie meer as een honderd jaar gelede kon geen spoor van “Ur van die Chaldeërs” gevind word nie, en weereens het kritici tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen so ‘n stad bestaan het nie, en dat Abraham maar net ‘n legendariese figuur moes gewees het.  Uiteindelik is hierdie stad Ur nie net ontdek nie, maar ook dat dit ‘n merkwaardige biblioteek gehad het, en dus ‘n bewys was dat Abraham en sy voorouers beide kon lees en skryf.

 

5. Tirus, die voorspoedige hawestad, sou verwoes en nooit weer herbou word nie.

Lees self: Eségiël 26:3-5,12,14.

 

Tirus was een van die grootste stede van die Antieke Wêreld.  Haar inwoners was van die mees vooraanstaande handelaars en ontdekkers van daardie tyd.  Haar skepe het met die hele bekende wêreld van destyds handel gedrywe.  Die stad was baie goed gefortiseer en het ‘n baie belangrike plek in die oostelike Middellandse See ingeneem.

Maar God het sy oordele oor hierdie stad uitgespreek oor al sy sondes.  Eségiël het voorspel dat die mure en die torings teen die grond neergewerp sou word, en, wat miskien nog meer merkwaardig is, dat selfs sy puin van hom weggevee sou word en hy ‘n kaal rots sou word.

 

Tweehonderd en twintig jaar het verbygegaan en daar was nog geen volkome vervulling van hierdie profesie nie.  Maar toe kom Alexander die Grote met sy blitsverowerings wat alles voor hom oorrompel het.  Hy het letterlik die klippe en die timmerhout en selfs die laaste klompie grond van die stad afgeskraap om vir hom ‘n pad deur die see te bou oor die kort afstand wat die stad van die vasteland geskei het; want sien, die stad was op ‘n eiland gebou en dit is wat hom so onneembaar gemaak het.  Op hierdie manier het Tirus werklik ‘n kaal rots binne-in die see geword, net soos die Skrif sê.

 

Vandag word die ander deel van die profesie aangaande die eiland Tirus letterlik vervul: vir myle aaneen aan weerskante word hierdie kaal rots gebruik as ‘n droogmaakplek van vissersnette in die middel van die see.  Dit vervul dus die profesie tot in die fynste besonderhede.  Ons kan maar tot net een gevolgtrekking kom, en dit is dat die Bybel ‘n bo-natuurlike deur God geïnspireerde Boek is.


6. Die lot van Kapernaum.

Lees Matthéüs 11:20,23.

Dit is ‘n verskriklike oordeel wat die Here Jesus oor hierdie stad uitgespreek het.  Hierdie woorde is in die Heilige Skrif neergeskryf lank voordat Kapernaum se agteruitgang begin het.  Kapernaum het nie net alleen baie wonderwerke van die Here Jesus aanskou nie, maar Hy het ook daar gewoon.

Dit was nog ‘n dorp toe Antonius Martyr dit in die jaar 600 A.D. besoek het.  Biskop Arculf wat dit ‘n honderd jaar daarna gesien het, sê: “Dit lê op ‘n smal strokie grond tussen die berg en die meer”. 

Brocardus het dit in die dertiende eeu as ‘n nederige klein dorpie beskryf met net sewe vissershutte. 

Sedert 1620 het enige sekerheid aangaande sy juiste ligging heeltemal verdwyn.  Dit het in die vergetelheid verdwyn presies soos dit voorspel was.

 

7. Die lot van die twee hoogs begunsigde stede Górasin en Betsáida.

“Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! - - - - - - -”. – (Matt. 11:21).

‘n Groot gedeelte van ons Here Jesus se Bediening is in hierdie twee stede afgelê.  Die mense was hoogs bevoorregd om hierdie wonderwerke te aanskou, en om na sy lering te luister.  Hierdie twee stede het ook groot natuurlike voorregte geniet. 

Josepfus, in ‘n staat van groot bewondering, skryf hierdie huldeblyk:

“Hierdie dorpies, so vol van mense as gevolg van die vrugbaarheid van die grond, bevat niks minder as 15,000 mense nie.  Nie minder as vier paaie verbind hulle met die meer nie.  Deur hierdie stede het die groot karavane gegaan op hulle weg vanaf Egipte na Damaskus”. 

Maar al hierdie weelderige toebedelings van die natuur kon nie die oordele weerhou wat Christus oor hulle uitgespreek het nie.  Vandag is hierdie stede maar net ‘n versameling van bouvalle.

Die hoofsaak is dit - die oordele wat oor hierdie stede uitgespreek is, het letterlik waargekom in hulle volslae verdwyning, en tog is hierdie gedeelte van die land een van die mees rykbedeelde aan natuurlike hulpbronne in die hele Palestina.

 

8. Die verwoesting van Antieke Babilon. 

Lees Jesaja 13:19-20.

Hier het ons ‘n merkwaardige profesie waarin die totale volslae verwoesting van Babilon voorspel word in die jaar 700 v.C. toe Babilon op die toppunt van haar glorie was.

Etlike jare gelede het ‘n Turkse Kolonel aan Dr. Cyrus Hamlin van Robert’s College in Konstantinopel (nou Instanbul) gevra om aan hom net een onweerlegbare bewys te gee dat die Bybel God se Boek is.  Dr. Hamlin vra hom toe of hy al ooit die bouvalle van antieke Babilon besoek het.  “Ja,” antwoord hy, “en laat ek jou my ondervinding vertel.  Ek het vir my ‘n ryk Sjeik en sy manne gehuur om my daarheen te neem om te gaan jag.  Ons het gevind dat daar allerhande soorte van wilde diere, uile en voëls tussen die bouvalle gebly het sodat ons nog nooit in ons lewe so lekker gejag het nie.  Ons het dit so geniet dat ons baie kwaad was toe die Arabiere vir ons sê dat hulle hulle tente baie myle ver van die bouvalle vir die nag moes opslaan.  Ons het hulle probeer omkoop om hulle kamp daar reg op die plek op te slaan, maar hulle het geweier en gesê dat geen Arabier dit nog ooit gedoen het nie, want dit het snags daar gespook en allerhande soorte van bose geeste het daar rondgedwaal wat hulle sekerlik sou doodmaak of vir hulle groot kwaad sou aandoen.”

Dr. Hamlin het toe sy Bybel by hierdie verse in Jesaja oopgemaak en die Kolonel dit self laat lees.  Deur hierdie een vervulde profesie was daardie Turkse Kolonel oortuig dat die Bybel ‘n deur God-geïnspireerde Boek is.

 

Die Bybel word bevestig deur die profesieë,

aangaande die eerste koms van die Here Jesus.

 

Baie eeue voor die geboorte van die Here Jesus was sy geboorte en karakter, sy lyde en verheerliking alles in die fynste besonderhede in die Ou Testament be-skryf.  Hy is die enigste persoon wat ooit in hierdie wêreld gebore is van Wie die afkoms, tyd van geboorte, voorloper, geboorteplek, wyse van geboorte, kinderdae, jongelingsjare, lering, karakter, loopbaan, prediking, ontvangs, verwerping, dood, begrafnis, opstanding en hemelvaart in die mees wonderbaarlike wyse lank voor sy geboorte beskryf is.  Wie anders as God kan so ‘n volledige prent skilder van ‘n Man wat nog nie eers gebore was nie?

 

1.  Profesieë aangaande die koms van God in die vlees.

In Jesaja 9:5, lees ons:

Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.

Hier is ‘n baie duidelike voorspelling wat in 700 v.C. gemaak is dat die God-kind gebore sou word. 

As ons nou kyk na:

Johannes 1:1,14;

1        IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

14         En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, - - - - - ”.

 

In Jesaja 7:14 lees ons dat hierdie God-kind uit ‘n maagd gebore sou word. 

Matthéüs 1:18-25 sê vir ons dat Hy so gebore is uit die maagd genoem Maria en dat God self deur die Heilige Gees sy Vader was.

 

2. Profesie aangaande die stryd en oorwinning van die Messias oor Satan.

Profesie:

Génesis 3:14-15;

14         “Toe sê die Here God aan die slang: - - - - - -”. 

15         “ - - - - - - -Hý (die Saad van die vrou) sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.

Vervulling:

Hebreërs 2:14;

Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het - dit is die duiwel.

 

3. Profesie aangaande die plek van sy geboorte.

Miga 5:1, (700 v.C.) verklaar dat die God-kind in Bethlehem gebore sou word:

En jy, Bethlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

Nou lees ons in:

Matthéüs 2:1, dat Hy in Bethlehem gebore is, net soos dit voorspel is.

Johannes 8:42, deel ons mee dat Hy alreeds geleef het voordat Hy as ‘n mens na hierdie aarde gekom het: “Ek het uit God uitgegaan en gekom”. 

 

4. Profesie wat die intog van Jesus in Jerusalem beskryf.

Sagaria 9:9, (500 v.C.) voorspel dat Jesus Jerusalem op ‘n esel as ‘n koning sou binnery. 

Matthéüs 21:2-7, bevestig dit dat Hy Jerusalem presies netso binnegery het.

 

5. Die Profesie wat beskryf hoedat Jesus vir dertig silwerstukke verkoop sou word.

Sagaria 11:12. (500 v.C.) voorspel hoedat Jesus aan sy vyande vir dertig silwerstukke verkoop sou word. 

In Matthéüs 26:15, lees ons: “En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg”. 

 

6. Profesieë wat die Kruisiging van die Here Jesus beskryf.

a) Sagaria 13:7, (500 v.C.) voorspel dat as die herder (Christus) geslaan word, sal die skape verstrooi word. 

In Matthéüs 26:56, lees ons (nadat hulle die Here Jesus gevange geneem het):

“Toe het al die dissipels hom verlaat en gevlug”. 

 

b) Psalm 35:11, (1000 v.C.) voorspel dat valse getuies teen Hom sou getuig. 

In Matthéüs 26:59, lees ons:

En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie.

 

c) In Jesaja 50:6, (700 v.C.) lees ons dat Christus sy rug sou gee vir die wat slaan, sy wange vir die wat hare uitpluk, en dat hulle in sy gesig sou spuug. 

In Matthéüs 26:67-68, lees ons:

67         Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,

68         en ander het Hom met stokke geslaan - - - - - ”. 

 

d) In Jesaja 53:7, (700 v. C.) sê dit:

Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie - - - - - - ”.

Matthéüs 27:12, sê:

En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.

 

e) Jesaja 53:5-6, (700 v.C.) sê:

5          Maar Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel - - - - - en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 

6          Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

In Matthéüs 26:28, bevestig ons Here Jesus hierdie voorspelling waar Hy sê:

Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Die Apostel Paulus bevestig dit ook in:

1 Petrus 2:24;

Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het - - - - - ”. 

 

f) In Jesaja 53:4, voorspel die profeet dat Christus “ons krankhede (siektes) op Hom sou neem, en ons smarte (pyn) sou dra.”

Lees nou Matthéüs 8:16-17, vir die vervulling hiervan, 700 jaar later, en dit staan vandag nog, ‘n verdere 2000 jaar later.

 

g) Psalm 22:17 (1000 v. C.) voorspel dat sy hande en voete deurboor sou word. 

In Lukas 23:33, lees ons dat hulle Hom gekruisig het, dit beteken dat hulle die spykers deur sy hande en voete geslaan het.

 

h) In Jesaja 53:12, lees ons dat Hy onder die oortreders getel sou word.

In Markus 15:27, lees ons dat Hy tussen twee rowers gekruisig was.

 

i) In Jesaja 9:5, skryf die profeet:

“Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee - - - - - - Hy word genoem Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors -

Deur te voorspel dat hierdie Kind, wat in werklikheid die Almagtige God en Ewige Vader was, as ‘n misdadiger tussen misdadigers sou sterf, bewys onteenseglik dat Jesaja deur God geïnspireerd moes gewees het.  Geen mens kon uit homself so ‘n menslik gesproke onmoontlike voorspelling gemaak het nie.

j) In Psalm 22:8-9, lees ons dat hulle met Christus sou spot, die lip sou uitsteek en die kop sou skud en Hom sou uitdaag omdat Hy op God vertrou het, om Hom te verlos. 

In Matthéüs 27:39-44, lees ons hoe wonderbaarlik en tot in die fynste besonderhede hierdie voorspelling ‘n 1000 jaar later vervul is.

I

k) In Psalm 22:19, word dit voorspel hoedat hulle sy klere sou verdeel;

In Johannes 19:23-24, lees ons van die letterlike vervulling.  Hoe het Dawid dit geweet 1000 jaar voordat Christus gebore is? Daar is net een logiese antwoord, en dit is dat hierdie woorde deur God geïnspireerd was.

 

l) Psalm 69:22, voorspel dat hulle vir Christus asyn sou gee om te drink;

In Johannes 19:28-29, lees ons die vervulling.

 

m) In Jesaja 53:9, lees ons dat Hy by ‘n ryke sou wees in sy dood.

In Matthéüs 27:57-60, lees ons dat Josef van Arimathéa vir Pilatus vir die liggaam van Jesus gevra het, en dit in sy eie nuwe graf gaan weglê het.

Lees ook: Sagaria 11:13 met Matthéüs 27:3,5-7.

 

7. Profesieë aangaande die opstanding van Christus.

Lees Psalm 16:9-10 met Handelinge 2:29-31; 

Psalm 2:7, met Handelinge 13:32-33.

 

8. Jesus het die val van Jerusalem voorspel wat letterlik vervul is 40jaar na sy dood en opstanding.

Lees: Lukas 19:43-44; Lukas 21:20-24. 

Die geskiedenis bevestig die letterlike vervulling van hierdie profesie toe die Romeinse Generaal Titus in die jaar 70 n.C. die stad Jerusalem ingeneem, dit afgebreek en ‘n groot slagting in die stad aangerig het.  Die Joodse geskiedskrywer Josepfus bereken dat daar een en ‘n half miljoen Jode in daardie slag in Jerusalem gesterf het. 

Lees nou ook: Matthéüs 23:37-38.

 

9. Die Bybel word bevestig deur die getuienis van die tekens van die tye.

Sommige van die mees uitstaande tekens van die tye word behandel in ons boekie oor “Die Wederkoms van Christus”. 

 

10. Die Bybel voorspel ons huidege Ekonomiese Krisis.

(Dis nou Oktober 1971) en voorspel dat dit al erger en erger gaan word totdat dit eindig in ‘n algehele ekonomiese ineen-storting wat sal saamval met die aanslag van die hordes van die Ooste op die Weste, en sal eindig met die laaste slag van Armagéddon.

Hierdie is een van die mees wonderbaarlike voorspellings van die Bybel, en een van die mees onomstootbare bewyse dat die Bybel waar is.  Dit word volledig behandel in ons verhandeling oor die “Boek van Openbaring” - (veral Hoofstuk 18 oor die Val van Babilon) en in ons boekie “Joël - Sy Profetiese Boodskap en Waarskuwing”. 

 

Vir diegene wat in die Bybel glo en sy Boodskap ken, is dit met opwindende belangstelling dat hulle vandag aanskou hoedat die nasies vorentoe aanstu in daardie juiste bewegings wat so raak beskryf word deur die Profete Joël, Eségiël, Sagaria, Daniël, en so aan.  “Die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” - (Open. 16:14), wat sy intensiewe stadium nog in die toekoms moet bereik, sal binnekort in al sy woede skielik oor ‘n onvoorbereide mensdom losbars.  Hoe eerder die Christen wêrelddeel dit besef, hoe beter.  Alle ware Christene behoort hulle kragte saam te span vir die laaste allerbelangrikste gebeurtenis.  Maar dank God, sy hand is nog steeds aan die stuur.  Hy is maar net besig om sy volmaakte Plan uit te werk. 

Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom - (Dan.  2:22)

Lees ook Openbaring 16:12-16. 

Die groot Eufraatrivier, wat die lewensaar van die outydse Babilon in die dae van haar glorie was, stel hier die geldmag voor, wat die lewensaar van ons hedendaagse Babiloniese Stelsel is wat op die mag van geld gebou is, waar daar net eenleuse geld, en dit is: mag is reg.  Aanhoudende spandabelheid en ‘n ryk en verkwistende lewenswyse is besig om die rivier op te droog.  Dit word al meer en meer duidelik dat die “opdroging van die Finansies” gevolg gaan word deur die weswaartste opmars van die Russies-Asiatiese magte (“die konings wat van die Ooste af kom”) teen ‘n dekadente en teruggevalle Christendom. 

Huidige toestande is maar te duidelik en ons kan sien hoedat die Ooste al sterker en sterker word en die Weste al swakker en swakker.  Die “Eufraat” is vinnig aan die opdroog.  Die moment wanneer die rivier heeltemal droog is, sal die huidige rewolusies en smeulende onrus aanmekaarsmelt en tot ‘n hewige uitbarsting kom; dan sal die konings van die Ooste met hul opmars begin!

 

11. Die Bybel bevestig deur die wonderbaarlike Matematiese partoon wat in die oorspronklike grondteks ingeweef is.

Hierdie matematiese feite bewys onteenseglik dat die Bybel nie net deur die mens alleen geskryf is nie, maar dat dit ‘n bo-natuurlike, God-geïnspireerde, God-gegewe boek is! Hierdie feite het deur die eeue heen verborge gebly, maar is nou geopenbaar in hierdie tyd, glo ek, om aan ‘n skeptiese, wetenskaplike wêreld ‘n wetenskaplike bewys te gee dat die Bybel alleen deur God ingegee kon gewees het.  Dit is nie net ‘n paar losstaande feite nie, maar daar is honderde en duisende van hulle en hulle loop deur vanaf die eerste vers in Génesis tot by die laaste vers in Openbaring. 

Dit slaan die voete van godloënaars en vrydenkers skoon onder hulle uit, want niemand kan dit weerspreek of weerlê nie.  Dit is feite wat skeptiese en modernistiese denkers dwing om die Bybel te aanvaar as ‘n bo-natuurlike, God-geïnspireerde Boek.

Wat is hierdie wonderlike feite?

Die OT is oorspronklik in Hebreeus geskryf en die NT oorspronklik in Grieks.  Hierdie feite is in hierdie oorspronklike woorde waarin die Bybel geskryf is, ontdek.  Vereers moet ons u aandag vestig op iets wat baie belangrik is.  Die getal “sewe” kom meermale in die Bybel voor as enige ander getal.  Dit is die geval vanaf die eerste boek van die Bybel tot by die laaste. 

(1) So byvoorbeeld was die Sabbat die sewende dag. 

(2) In Egipte was daar sewe jaar van oorvloed en sewe jaar van hongersnood. 

(3) Met die inname van Jérigo moes sewe Priesters met sewe trompette die volk sewe maal rondom die stad lei. 

(4) Elke sewende jaar moes Israel die grond ‘n volkome rus laat kry het. 

(5) Salomo het sewe jaar lank aan die tempel gebou, en vir sewe dae lank fees gevier met die inwyding. 

(6) Naäman moes sewe keer in die Jordaan onder die water ingaan.

(7) In die Boek van Openbaring, die laaste Boek in die Bybel, is hierdie getal besonder prominent.  Daar is sewe gemeentes, sewe kandelare, sewe seëls, sewe basuine, sewe skale, sewe sterre, sewe geeste, en so aan.

(8) Alles tesame kom die getal sewe meer as vyftig keer in die Boek van Openbaring voor.

 

Hierdie feit is al lankal bekend dat die getal sewe meer dikwels as enige ander getal in die Bybel voorkom.  Dit is egter betreklik heel onlangs dat dit ontdek is dat die getal sewe ook op ‘n heel mistieke wyse ook onder die oppervlakte as het ware, van die “Hebreeuse Ou Testament” en die “Griekse Nuwe Testament” voorkom.  Dit beteken dat hierdie feit nie opgemerk sal word as ‘n mens na die oorspronklike teks bolangs as net die woorde kyk nie.  Die gewone Hebreeuse en Griekse lesers sal dit nie raaksien nie.  Hulle is op ‘n wonderbaarlike wyse onder die oppervlakte verborge.  Duisende wat die oorspronklike Hebreeuse en Griekse teks van die Bybel bestudeer het, het nooit hierdie verborge voorkoms van die getal sewe raakgesien nie.  Hierdie sewes is so diep verborge dat alleenlik ‘n spesiale ondersoek en navorsing dit aan die lig sal bring.

Dit is ontdek dat letterlik duisende van hierdie sewes op ‘n geheimsinnige wyse in die samestelling van die oorspronklike teks verborge en ingeweef is, en dat dit dien as God se “watermerk” as het ware op sy Woord.  Op ‘n bo-menslike en uiters merkwaardige wyse is hulle op elke denkbare wyse ingeweef en versteek in die oorspronklike Hebreeuse en Griekse letters, woorde, sinne, paragrawe enhele gedeeltes van die Bybel.  Dit is hierdie merkwaardige patroon wat ons die onweerlegbare wetenskaplike bewys van die woord vir woord Goddelike inspirasie van die Bybel gee.

Hier volg nou enkele voorbeelde van wat ons bedoel, en onthou dat daar geen ander boek ter wêreld is, in watter taal ookal en in watter tyd ookal geskryf, wat hierdie eienskap besit nie, net die Bybel alleen.

 

Die Boek Génesis, Hoofstuk 1:1.

Dit is voorwaar merkwaardig dat die aantal woorde in hierdie vers (in die oor-spronklike Hebreeus) nie 6 en ook nie 8 is nie, maar 7!  Tel jy nou weer die aantal lettersin hierdie woorde, dan is hulle ‘n volkome veelvoud van 7.  Hulle is nie 27 of 29 nie, maar presies 28, of 4x7. 

Maar dit is nog nie al nie. 

Die eerste drie van hierdie sewe woorde bevat die onderwerp en die gesegde van die sin.  Hierdie drie woorde word vertaal as -”In die begin het God - - - - geskape”.

Die aantal lettersin hierdie drie Hebreeuse woorde is presies 14, of 2x7.  Die laaste vier van hierdie sewe woorde bevat die voorwerp van die sin.  Hierdie vier woorde word vertaal - “die hemel en die aarde.” Die aantal lettersin hierdie laaste vier Hebreeuse woorde is 14, of twee sewes.  Verder bestaan hierdie laaste vier Hebreeuse woorde uit twee voorwerpe.  Die eerste is “die hemel” en die tweede is “en die aarde.” Die aantal letters in die eerste voorwerp is presies 7.  Die aantal letters in die tweede voorwerp is 7.

Die drie hoof woorde in hierdie vers van presies sewe woorde, is “God” - die onderwerp - en “hemel” en “aarde” - die voorwerpe.  Die aantal letters in hierdie drie Hebreeuse woorde is presies 14, of 2 sewes.  Die aantal letters in die orige vier woorde van die vers is 14, of 2 sewes.

Die kortste van hierdie sewe woorde is presies in die middel, met drie aan elke kant.  Die aantal letters in hierdie woord plus die aantal letters van die woord aan sy linkerkant is presies sewe.  En dit is presies ook so met hierdie woord, en die aan sy regterkant.

U kan dus sien dat hierdie sewes, hierdie numeriese eienskappe en feite, op ‘n merkwaardige wyse onder die oppervlakte as het ware weggesteek is.  Hulle sal nooit sigbaar vir die gewone leser van die Hebreeuse teks wees nie, maar sal alleenlik ontdek word wanneer daar spesiaal daarna gesoek word.  Hierdie feite hierbo aangegee is maar nog net ‘n paar voorbeelde van nog baie meer merkwaardige numeriese feite wat ontdek is in die samestelling van hierdie eerste vers van die Bybel met sy sewe woorde.  Daar is nog letterlik tientalle van ander fenomenale numeriese feite wat in die struktuur van hierdie vers vasgelê is.

 

Hierdie patroon is in elke vers van die Bybel vanaf Génesis tot Openbaring ingeweef.  Dit sal onmoontlik wees om in die bestek van ‘n Studie soos hierdie vir u al die besonderhede te kan gee, maar ons sal nog ‘n paar gee net om vir u te wys dat die Bybel onmoontlik nie net deur die mens alleen geskryf is nie, maar dat dit ‘n bo-natuurlike, God-geïnspireerde en God-gegewe Boek is.

 

Ons gaan nou kyk na die Griekste Teks van die eerste verse van die Nuwe Testament.

Matthéüs 1:1-17 - Die Verslag van die Afkoms van Jesus Christus na die Vlees. 

Die eerste sewentien verse van die boek Matthéüs maak op hulleself ‘n natuurlike logiese indeling uit, want hulle handel oor een bepaalde onderwerp, naamlik die afkoms of geslagsregister van Christus.  Hierdie verse kan weer op hulle beurt in twee hoof onderafdelings verdeel word, nl. :

(1) Verse 1-11 en (2) Verse 12-17. 

Elk van hierdie afdelings bevat merkwaardige numeriese eienskappe in die samestelling van die teks.

Die volgende is ‘n paar voorbeelde van die groepe van “sewes” wat onder die oppervlakte van die eerste hoofindeling, naamlik verse 1-11, ontdek is:

 

Die aantal afsonderlike woorde wat in die oorspronklike Griekse Teks gebruik word, is nie 48 of 50 nie, maar presies 49, of sewe sewes.

 

Wat ons bedoel met afsonderlike woorde is dit: die aantal afsonderlike woorde wat in ‘n passaat gebruik word is gewoonlik verskillend van die totale aantal woorde wat daarin voorkom.  Byvoorbeeld, die woord “en” kan ‘n paar keer in so ’n passaat voorkom, maar is net een afsonderlike woord.  ‘n Persoon kan byvoorbeeld sê ‘n woordeskat van net vyfhonderd woorde hê, maar daarmee ‘n artikel van vierduisend woorde skryf.

 

Die aantal letters in hierdie 49 woorde is presies 266, of 38 sewes.  Van hierdie 266 letters van hierdie 49 afsonderlike woorde is die aantal klinkers (of vokale) presies 140, of 20x7, en die aantal medeklinkers (of konsonante) 126, of 18 sewes.

 

Van hierdie 49 woorde is die aantal wat met ‘n klinker begin, presies 28, of 4 sewes, en die wat met ‘n mede-klinker begin 21, of 3 sewes.

 

Die aantal selfstandige naamwoorde in hierdie 49 woorde is presies 42, of 6 sewes, en die aantal wat nie selfstandige naamwoorde is nie, is 7.  Van hierdie 42 selfstandige naamwoorde in hierdie eerste elf verse is die aantal eie selfstandige naamwoorde presies 35, of 5x7, en die aantal gemene selfstandige naamwoorde 7.

 

Die aantal Griekse letters in hierdie 7 soortname is presies 49, of 7x7.  Dit is merkwaardig om op te merk dat in hierdie 7 soortname alleen, daar meer as 20 verskillende numeriese eienskappe is.

 

Die aantal kere wat hierdie 35 eiename voorkom is presies 63, of 9 sewes.  Die aantal manlike name in hierdie 35 eiename is presies 28, of 4x7, en die aantal wat nie manlik is nie, is 7. 

 

Die aantal kere wat hierdie 28 manlike name voorkom is presies 56, of 8 sewes.  In hierdie eerste 11 verse word daar drie vroue genoem - Tamar, Ragab en Rut.  Die aantal Griekse letters in hierdie drie name is presies 14, of 2 sewes.  Net een stad word in hierdie gedeelte genoem, naamlik Babilon.  Die aantal Griekse letters in hierdie woord is presies 7.

 

Van hierdie 49 afsonderlike woorde in die eerste 11 verse, is die aantal woorde wat meer as eenkeer voorkom presies 35, of 5 sewes.  Die aantal woorde wat net eenkeer voorkom is 14, of 2 sewes.

 

Van hierdie 49 Griekse woorde is die aantal wat in net een vorm voorkom presies 42, of 6 sewes.  Die aantal wat in meer as een vorm voorkom, is 7.

 

Hierdie numeriese feite van sewes is natuurlik vir die gewone leser van die Griekse Teks verborge.  Hulle is voorwaar op ‘n mistieke wyse onder die oppervlakte verborge en kon alleen ontdek word deur doelgerigte naspeuring en berekening.

 

Die tweede gedeelte, naamlik verse 12-17, bevat net sulke merkwaardige kenmerke.  Die feite wat hierbo genoem is, is maar net ‘n paar van nog baie meer werklik merkwaardige numeriese eienskappe wat in hierdie gedeelte opgesluit lê.

 

Ons sal nou nog na ‘n paar eienskappe kyk wat in ander gedeeltes van die Nuwe Testament voorkom.

 

Matthéüs 1:18-25:  Die Verhaal van die geboorte van Christus.

Dit is weereens voorwaar merkwaardig, en selfs aangrypend, dat die aantal afsonderlike Griekse woorde wat in hierdie gedeelte voorkom nie 76, of 78 is nie, maar presies 77, of 11 sewes.

 

Dit is ook besonder interessant om te merk dat van hierdie 77 woorde, is die aantal woorde wat die engel gebruik het in sy gesprek met Josef, presies 28, of 4 sewes is.

 

En selfs hierdie kort boodskappie van die engel het merkwaardige numeriese eienskappe in sigself.  Hulle is heeltemal afsonderlik van die res van hierdie gedeelte, en tog maak hulle deel uit van die numeriese eienskappe van die hele gedeelte.  Hulle is op so ‘n wyse ingevleg dat die hele gedeelte merkwaardige verskynsels van die getal 7 bevat.

 

Hier volg nou net twee numeriese feite wat op ‘n sonderlinge wyse in die tweede Hoofstuk van Matthéüs verskuil lê:

 

Matthéüs Hoofstuk 2:  Verhaal van die kinderjare van Christus. 

Die aantal afsonderlike Griekse woorde in die tweede hoofstuk van Matthéüs is presies 161, of 23 sewes.

 

Die aantal Griekse letters in hierdie 161 woorde is presies 896, of 128 sewes.  Daar is verskeie paragrawe in hierdie Hoofstuk, en elke paragraaf het verbasende numeriese eienskappe wat heeltemal eie aan elkeen is.  Hulle is afsonderlik van die res van die gedeelte, en tog, op ‘n besondere en ingewikkelde wyse, maak hulle deel uit van die merkwaardige eienskappe van die hele hoofstuk.  So byvoorbeeld is die aantal afsonderlike Griekse woorde in die eerste ses verse presies deelbaar deur 7.

 

Daar is drie toesprake in die hoofstuk.  Herodus praat, die wyse manne praat en die engel praat.  Elke toespraak het numeriese eienskappe wat eie is aan homself, en tog maak elkeen net ‘n deel uit van die hele hoofstuk wat weer fenomenale eienskappe het wat eie is aan homself.  Elke afdeling vertoon dieselfde numeriese verskynsel wat in die hele hoofstuk as geheel aangetref word.

 

Wanneer ons die Boek Markus ondersoek, dan vind ons dat presies dieselfde numeriese verskynsels wat in Matthéüs voorkom, ook in Markus voorkom.

 

Markus Hoofstuk 1:1-8:

Die aantal afsonderlike Griekse woorde in hierdie eerste agt verse is nie 76 en ook nie 78 nie, maar presies 77, of 11 sewes.  Van hierdie 77 woorde is die aantal wat met ‘n medeklinker begin, 35 of 5 sewes.  Die aantal woorde wat Johannes gebruik het, is presies 21, of 3 sewes.  Hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde van die baie numeriese strukture wat in hierdie gedeelte aangetref word.

Verse 9, 10 en 11 beskryf vir ons die doop van Jesus, en daar is presies 35 afsonderlike woorde in hierdie gedeelte, d.w.s. 5 sewes.

 

Wanneer ons na Hoofstuk 2 van Markus gaan vir nog ‘n voorbeeld, dan vind ons in verse 13 tot 17 die verslag van die Roeping van Levi, en van Christus se gesprek met die Skrifgeleerdes en die Fariseërs.  Die aantal afsonderlike Griekse woorde in hierdie gedeelte is presies 49, of 7 sewes.  Van hierdie 49 woorde is die aantal wat deur Christus gespreek is, presies 14, of 2 sewes, terwyl die aantal woorde wat deur die Skrifgeleerdes gebruik is, presies 7 is.

 

In Markus 4:3-20: vertel Christus die Gelykenis van die Saaier.  Die aantal afsonderlike Griekse woorde in hierdie gedeelte is presies 49, of 7 sewes. 

In Markus 13:5-37 vind ons ons Heer se baie belangrike boodskap aangaande die toekomstige gebeure en die Wederkoms van Christus.  Die aantal afsonderlike Griekse woorde in hierdie gedeelte is presies 203, of 29 sewes.  Wanneer ons aangaan na die laaste gedeeltes van Markus, dan vind ons dieselfde merkwaardige numeriese verskynsel. 

 

Die volgende is maar net vier van oor diehonderd numeriese eienskappe wat ontdek is in die samestelling van net hierdie een gedeelte van twaalf verse - Markus 16:9-20.  Die aantal afsonderlike Griekse woorde in hierdie gedeelte is presies 98, of 14 sewes.  Die aantal letters in hierdie 98 woorde is presies 553, of 79 sewes.  Van hierdie 553 letters is die aantal klinkers presies 294, of 42 sewes.  Die aantal mede-klinkers is 259.  of 37 sewes.  Van hierdie 98 woorde is die aantal wat deur Christus gebruik is toe Hy sy dissipels toegespreek het, presies 42, of 6 sewes.  Die aantal woorde wat geen deel van Christus se toespraak uitmaak nie, is 56, of 8 sewes.

 

Hierdie gedeelte bevat nie net merkwaardige numeriese eienskappe as ‘n geheel nie, maar dit bevat ook eienskappe binne eienskappe, en daar weer verdere eienskappe binne daardie eienskappe.  Die afsonderlike paragrawe het eienskappe eie aan hulself, wat weer saamgaan met die eienskappe van die gedeelte as geheel.  Dit is voorwaar merkwaardig.  Dit is veral besonder verblydend en geloofsversterkend as in aanmerking geneem word dat daar sommiges is wat hierdie gedeelte betwis omdat hulle sê dat dit nie in die oorspronklike manuskripte van die Bybel voorkom nie.  Met hierdie numeriese patroon in, wat dwarsdeur die Bybel voorkom, is daar nou geen twyfel meer nie dat dit net so Goddelik geïnspireerd is as enige ander deel van die Bybel.

 

“Ketting” Eienskappe

Die voorbeelde wat ons tot dusver gegee het, is voorbeelde of eienskappe wat onder die oppervlakte van enkele gedeeltes voorkom.  Die volgende eienskappe kom egter op ‘n ander manier voor.  Hulle word kettingeienskappe genoem, want hulle kom voor in woorde wat ver van mekaar verwyder is.  Die woorde in ‘n “ketting” eienskap is dwarsoor verskillende boeke van die Bybel versprei.  Hulle is nie tot een enkele besondere gedeelte beperk nie.

 

Die name van die Bybel-skrywers byvoorbeeld, is wyd dwarsdeur die Bybel versprei.  Dit is voorwaar merkwaardig om op te merk dat die getal “sewe” selfs in die verspreide voorkoms van hierdie name aangetref word.  Die aantal Ou Testamentiese skrywers wat in die Bybel genoem word, is presies 21, of 3 sewes.

 

Die numeriese waarde van hierdie 21 Hebreeuse name is ook deur 7 deelbaar; dit is presies 3808 of 544 sewes.  Van hierdie 21 Ou Testamentiese skrywers, is diegene wat in die Nuwe Testament genoem word, Moses, Dawid, Jesaja, Jeremia, Daniel, Hosea, Joel - presies net 7.  Die numeriese waarde van hierdie 7 name is presies 1554, of 222 sewes.  Die naam wat die grootste aantal kere in die Ou Testament voorkom is Dawid.  Die aantal kere wat sy naam aangetref word is presies 1134, of 162 sewes.  Die naam Jeremia, byvoorbeeld, kom in 7 Ou Testamentiese boeke voor en in 7 verskillende Hebreeuse vorme, en die aantal kere wat dit in daardie 7 boeke van die Ou Testament voorkom is presies 147, of 21 sewes. 

Die aantal kere wat Moses, die skrywer van die eerste Boek van die Bybel, in die Bybel voorkom, is presies 847, of 121 sewes.  Hierdie is weereens net ‘n paar voorbeelde van die baie merkwaardige numeriese eienskappe wat onder die oppervlakte van die name van die skrywers van die Bybel voorkom.  Daar is byvoorbeeld 38 of meer eienskappe in die voorkoms van net die naam van Moses.


Wie het hierdie merkwaardige numeriese ontwerpe beplan en uitgevoer? Wie net hulle in die basiese struktuur van die grondteks van die Bybel geplaas.  Die duisende van volmaakte patrone en ontwerpe moes in die Skrif ingekom net deur middel van een of ander “intelligensie”.  Dit kon alleenlik maar ‘n menslike of ‘n bo-menslike of goddelike intelligensie gewees het.

 

Was hierdie merkwaardige numeriese ontwerpe deur die manne wat die verskillende Boeke van die Bybel geskryf het , beplan?

Dit is onmoontlik.  Indien enigiemand ‘n verstaanbare opstel van 300 woorde kon skryf waarin dieselfde ontwerpe en skemas van 7 voorkom as in die eerste sewentien verse van Matthéüs, sou hy homself as ‘n wonder bewys as hy dit in ses maande doen.

 

Indien ‘n persoon dieselfde kon doen in 161 woorde met dieselfde patroon as in Matthéüs 1:18-25, dan sou hy homself as ‘n nog groter wonder bewys as hy dit binne drie jaar kon regkry.

 

Geen sterfling sal in ‘n leeftyd van ‘n honderd jaar die ontwerp kon namaak wat in maar net een enkele Boek van die Bybel aangetref word.  Dit moet onthou word dat elke bykomstige sin die probleem om hierdie numeriese eienskappe te konstrueer, volgens die wet van ‘n meetkundige reeks vergroot, want elke bykomstige paragraaf moet so ontwerp word dat die vasgestelde numeriese verhoudings sal nakom wat pas by nie net wat voorafgegaan het nie, maar ook by dit wat nog moet volg.  Elke bykomstige letter, woord en sin maak die hele saak gedurig oneindig meer ingewikkeld en omvattend.

 

U moet ook onthou, geagte leser, dat baie van die skrywers van die Bybel manne was wat uit maar baie gewone lewenswandelinge kom - manne wat baie min, indien enige, skoolopleiding gehad het.  Hoe kon Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes byvoorbeeld ooit eers probeer het om die harmonieuse numeriese eienskappe en ontwerpe wat in hulle boeke as geheel aangetref word in elke afdeling en onderafdeling, sinne, woorde, letters in te bou?

Onmoontlik!

 

‘n Sekere Dr. D. B. Turney het probeer om ‘n stukkie te skryf wat sommige van hierdie eienskappe bevat.  Hy sê: “Ek het numeriese waardes aan die alfabet gegee, en probeer om iets te skryf wat aan die numeriese vereistes sou voldoen, wat elke afdeling ‘n veelvoud van sewe sou maak, en ook al die ander eienskappe van die Bybelse aritmografie sou bevat, sonder om die betekenis van die stuk in absolute onsin te laat verval.  Ek kon nie daarin slaag nie, en tog word dit gedoen in elkeen van die duisende paragrawe van die Bybel sonder die minste sigbare inspanning”. 

 

Om net nog een van baie ander bewyse te noem, wat bewys dat die numeriese ontwerp van die Bybel onmoontlik nie deur die skrywers self beplan kon gewees het nie: Die dubbele ontwerp van sewes in die naam van Moses.  Dit moet onthou word dat die skrywers nie in dieselfde tyd geleef het nie - hulle leeftye is baie jare van mekaar verwyder.  Daar is ‘n periode van 1600 jaar tussen die eerste en die laaste boek van die Bybel.  Dit moet ook onthou word dat die 66 boeke van die Bybel deur 33 verskillende persone geskryf is.  Boonop was hierdie persone oor verskillende lande van die wêreld versprei, en was hul agtergrond heeltemal verskillend. 

Hoe kon hierdie manne die verspreiding van die naam “Moses” dwarsdeur die hele Bybel beplan het om aan hierdie merkwaardige numeriese patroon te voldoen? Hoe het elke skrywer geweet om oor 1600 jaar hulle woorde so te kies dat wanneer alles klaar geskryf is, dit net mooi deelbaar deur sewe sou wees?

 

Die ganse Bybel is van Génesis tot Openbaring op duisende maniere deur hierdie aaneenlopende manier aanmekaar gekoppel.  Dit voeg bymekaar in paragraaf met paragraaf, boek met boek, en die Ou Testament met die Nuwe Testament.  Die numerieke van die Ou Testament en die Nuwe Testament vorm saam wonderbaarlike harmonieuse patrone, wat sou uitmekaarval as die een of die ander weggelaat word.  Die Ou Testament was voltooi 400 jaar voor die Nuwe Testament begin het, en tog vorm die twee saam een volledige openbaring.  Hulle stem volkome saam - beide is deel van een harmonieuse geheel.

 

Die Bybel is die enigste Boek wat volgens ‘n wonderbaarlike numeriese patroon saamgestel is.

Daar is geen ander boek bekend in die hele wêreld wat volgens hierdie of enige ander matematiese patroon geskryf is nie.  Selfs die Apokriewe Boeke bevat nie hierdie patroon nie.  Baie mense het baie jare deurgebring om die ou klassieke van die Ou Grieke deur te soek, maar kon geen patroon vind nie. 

 

Dit is dus duidelik dat die Bybel nie die werk is van baie breinkragte nie, maar die van net Een Groot Outeur, naamlik God.  Alleen die Alomteenwoordige Alwetende en Almagtige God kon so ‘n Boek deur die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het. 

En as ons dan nog besef dat Jesus Christus self die Woord is wat vlees geword en onder ons kom woon het, dan word ons nog meer deur hierdie groot Wonder oorweldig en tot aanbidding laag aan sy voete gebring.

 

Dratye:

Mens 280 dae;   Skaap 147;   Leeu 98;   Hond 63;   Kat 56;   Haas en Rot 28; Muis 21;   Eend 28;   Hen 21.  Almal deelbaar deur sewe.

 

Einde.

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132486
This_MonthThis_Month1517
All daysAll days132486