new-top-banner-english

Die derde dag

E-boek: Die derde dag

Die Dag en die Maand van die Kruisiging

 

Die verhaal sê dat toe Josef van Arimathéa vir die liggaam van Jesus gevra het, was dit:

EN toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat, - (Markus 15:42).

Net soos die Sabbat die naam van die sewende dag van die week in daardie tyd was, was die voorbereiding die naam van die sesde dag van die week, die dag wat ons nou Vrydag noem. 

Netso lees ons in: Lukas 23:54;

            En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.

Presies dieselfde woord deur Josepfus (die Joodse geskiedskrywer en tydgenoot van ons Here Jesus) in sy Antiquities XVI, vi, 2 vir Vrydag gebruik.  Dit was heel gepas vir die voorbereiding gebruik, want dit was die voorbereidingsdag vir die sabbat.  Die Gemeentes van die vroeë Christelike tyd het die woord “Paroskeue” (voorbereiding) as die ekwivalent van die Romeinse “Dies Veneris” (Vrydag) gebruik. 

Al vier die Evangelies stem saam dat die kruisiging aan die begin van die Paasseisoen plaasgevind het, wat so volgens die Hebreeuse Kalender vasgestel was, dat dit met die eerste volmaan elke jaar na die Lentenag ewening “Equinoxes” (min of meer 21 Maart) saamgeval het.  Die eerste volmaan na die lentenag ewening “Equinoxes” in die jaar 33 n.C. het op die 3de April (Juliaanse Kalender) geval, en daardie dag was ‘n Vrydag, en was dus die dag waarop Christus gekruisig is.

 

Die volgorde van die dae vanaf die Kruisiging tot by die Opstanding word duidelik in die dagboek van gebeure in die laaste twee hoofstukke van Lukasgegee, naamlik 23 en 24. 

Net kortliks, Lukas 23:54, noem “daardie dag”,die dag van die kruisiging, “die dag van voorbereiding”,dit is Vrydag soos ons nou net hierbo gesien het. 

Dan vertel verse 55 en 56van die vroue van Galiléa wat die liggaam na die graf gevolg en toe teruggekeer het om speserye en salf te berei en op die sabbat volgens die gebod gerus het, dit is Saterdag.

Die volgende vers, Lukas 24:1,sê dat “baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week”, dit is Sondag, by die graf gekom met die speserye wat hulle voorberei het, maar gevind dat Jesus alreeds opgestaan het - (verse 2-3),en twee manne in blink klere daar gevind - (vers 4) wat hulle daaraan herinner het dat Jesus vir hulle vantevore gesê het dat Hy deur sondige mense gekruisig sou word “en op die derde dag opstaan” - (verse 5-7).

 

 


Datum van die Kruisiging op die Hebreeuse Kalender

Die ou geskrifte van ‘n tydperk van oor die 200 jaar na die Kruising van Jesus stem saam dat Jesus op die 14de dag van Nisan (Abib) gesterf het.  Bowendien bevestig sterrekundige berekeninge hierdie datum.  In die Joodse kalender begin die eerste dag van die maand met sonsondergang wanneer die nuwe sekelmaan die eerste sigbaar word.  Dit kan met die blote oog gesien word wanneer dit dertig uur of selfs minder oud is.

 

Die 14de dag van Nisan het met sonsondergang op die 2de April begin en met sonsondergang van 3 April geëindig.  Die daglig periode het natuurlik op 3 April voorgekom, en dit was ‘n Vrydag en ons weet dat Jesus op die Vrydag van die Paasnaweek gekruisig is.  Volgens Guinness se “Astronomical Tables” was die Paas Volmaan in die jaar 33 n.C. toe Jesus gekruisig is, om 6.4 nm op Vrydag 3 April.

Hierdie datum word deur die Evangelie van Johannes bevestig deurdat dit aantoon dat die dag na die Kruisiging dit die 15de Nisan was.  Johannes 19:30-31 sê vir ons, nadat dit gesê het dat Jesus op die dag van die voorbereiding gesterf het, dit is die Vrydag (wat in hierdie geval ook as die “voorbereiding vir die “pasga” in vers 14beskryf word), dat dit die volgende dag die sabbat was en dat dit “groot” was.  Die Engelse Bybel noem dit ‘n “High Day”. 

Die jaarlikse heilige dae wat deur die Israeliete as sabbat gehou moes word was “groot” dae of “High Days” genoem.  Die Wet van Moses het bepaal dat 15 Nisan as so ‘n “groot” dag gehou moes word - (Lev. 23:6-7).  Die Apostel Johannes sê dus vir ons in effek dat die dag na die Kruisiging die 15de Nisan was.  Dit dien as onafhanklike bewys dat die vorige dag, die van die Kruisiging, die 14de Nisan was, en dat dit die dag voor die sabbat was, dit was Vrydag.  [Let daarop dat die “groot” dae of “High Days” (Eng.) nooit as sulks genoem is nie, sodoende is verwarring met die weeklikse sabbat vermy, wat altyd die sabbat genoem is.]

 

Die voorskrifte vir die onderhouding van die Paas verordeninge vind ons in Exodus 12.  In vers 6 sê dit dat die Paaslam op die 14de Nisan geslag moes word.  Volgens navorsing is dit bevind dat Jesus op hierdie selfde dag gekruisig is.

In 1 Korinthiërs 5:7, sê Paulus “want ook ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus”. 

Josepfus, die Joodse geskiedkundige (en tydgenoot van ons Here Jesus), wat ‘n ooggetuie van die slag van die Paaslammers was, skryf in sy “Wars VI, ix, 3”, dat hulle die lammers op die “negende uur” (Hebreeuse tyd wat met ons 3nm ooreenstem) begin slag het. 

Die Evangelie deel ons mee dat dit op presies daardie uur was dat Christus aan die kruis gesterf het - (Markus 15:34-38).  En so het ons Paaslam, wat vir ons geslag is, op presies dieselfde dag en dieselfde uur gesterf waarop al die paaslammers vir die vorige 1485 jaar geslag is - tipies van “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” - (Joh. 1:29; 1 Kor. 5:7). 

 

Opsomming:

Jesus is op Vrydag 14 Nisan gekruisig en begrawe, was die heeldag 15 Nisan in die graf, en het op die derde dag op Sondag 16 Nisan opgestaan.  Hierdie datums het met 3de, 4de en 5de April van die Juliaanse Kalender van die Romeine ooreengestem.  Alle ander ou geskrifte is in volkome harmonie met die feit dat Christus op die Vrydag gesterf het, en weer op die Sondagmôre opgestaan het.

 

Justin Martyr het vir ons baie betroubare inligting nagelaat; hy is in die Heilige Land omtrent dieselfde tyd gebore waarin die Apostel Johannes gesterf het (±100 n.C.).  Hy het baie mense ontmoet wat die Apostels van ons Here Jesus persoonlik geken het.  Hy het uitgebreide reise tussen die verskillende Gemeentes rondom die Middellandse See onderneem, en boonop nog baie van die ouer mense ontmoet wat die Kruisiging goed kon onthou.  

 

Dus, vanweë die feit dat hy met feitlik die hele liggaam van gelowiges van sy tyd in verbinding was en dat die Kruisiging van Christus gedurende die leeftyd van baie van hulle plaasgevind het, is enige duidelike stelling van hom aangaande die Kruisiging en Opstanding onweerlegbaar, want dit was in daardie tyd alom bekend.  Gelukkig het Justin Martyr vir ons ‘n duidelike verklaring aangaande hierdie belangrike saak nagelaat. 

 

In sy beroemde dokument “Apology for the Christians” (sy verdediging van die Christene) wat hy voor die Romeinse Keiser Antoninus Pius gelê het, sê hy:

“Maar Sondag is die dag waarop ons, ons gewone samekoms hou; en Jesus Christus het ook op dieselfde dag uit die dood opgestaan.  Want Hy is op die dag voor die van Satumus (waarvan ons woord Saterdag kom), gekruisig; en op die dag na die van Saturnus, wat die dag van die Son (waarvan ons woord Sondag kom) is, het Hy aan Sy dissipels verskyn en hulle die dinge geleer wat ons nou voor u lê vir u oorweging”. 

 

Hier het ons die duidelike stelling dat Jesus op die dag voor Saterdag (dit is Vrydag) gesterf het, en weer die dag na Saterdag (dit is Sondag) lewendig was. Die Opstanding van Christus op “die dag van die Son”, wat ons nou Sondag noem, word deur heelwat van die ou Vaders en skrywers van die eerste eeue bevestig, soos bv.:

Barnabas (±115 n.C.), Tertulianus (±200), Ciprianus (±253), Anatolius (±270), Victorinus (±300) en Eusebius (±325).

Regdeur die eeue heen, vanaf die dae van die Twaalf Apostels, was die feit dat Jesus op die Vrydag gekruisig is en op die volgende Sondag opgestaan het, nooit betwis in enige bestaande dokument nie, tot betreklik onlangs.  Gedurende die afgelope een honderd jaar het daar ‘n nuwe teorie na vore gekom wat sê dat Jesus op die Woensdag gekruisig en op die volgende Saterdag opgestaan het, en dat Hy 72 uur in die graf was. 

 

Die beskrywing van gebeure in Lukas 24 alleen, weerlê egter hierdie hele teorie totaal.  Dit is onteenseglik dat die gebeure wat in hierdie hoofstuk beskryf word, baie beslis op die Sondag na die Kruisiging plaasgevind het.  Die eerste vers begin met gebeure wat “baie vroeg in die more, op die eerste dag van die week” plaasgevind het, en die res van die hoofstuk handel oor gebeure wat gedurende die orige gedeelte van die dag tot die aand toe plaasgevind het.

In vers 13word dit gesê dat die reis van die twee dissipels vanaf Jerusalem na Émmaüs op “dieselfde dag” plaasgevind het, en dat toe hulle hul bestemming bereik het, was dit “amper aand” en “die dag het gedaal” (vers 29). Die afstand word as agt myl (vers 13, - 1933 Vertaling)aangegee, en die dissipels het dit gestap (vers 17). Selfs met stadig stap kon die reis maklik in drie uur afgelê word, en met vinnig stap baie gouer.  Dit is dus duidelik dat hulle reis na Émmaüs ‘n deel van Sondagmiddag geneem het.

Gedurende hierdie reis vertel hulle die “vreemdeling” wat hulle uitgevra het dat hulle gesprek oor die veroordeling tot die dood van Jesus van Násaret en sy kruisiging gegaan het, en dat vandag (Sondag), met dit alles, die derde dag was “vandat dit plaasgevind het” - (verse 19-21).  Maar nie met enige manier van berekening kan Sondag ooit “die derde dag” na Woensdag wees nie, nie eens na die toepassing van die volle driemaal 24 uur soos deur die nuwe teorie gestel word nie.

Christus was ook nie vir 72 uur in die graf nie. 

Verse 7 en 46van dieselfde hoofstuk onder bespreking, sê dat Christus op “die derde dag” opgestaan het uit die dode. 

Verse 20 en 21verklaar dat dit daardie selfde dag “die derde dag” was na Christus se dood en dat Sy Opstanding dus alreeds teen “vroeg in die môre” op daardie dag plaasgevind het (verse 1-7).  

Aan die anderkant is dit ‘n onbetwisbare feit dat, volgens die Evangelies, Christus se dood en begrafnis in die laaste gedeelte van die middag waarop Hy gekruisig is, plaasgevind het.  Dus, selfs al was Christus op Donderdag gekruisig (maar Hy was nie), sou Hy in die graf vir net 60 uur gewees het en nie 72 nie, soos deur die nuwe teorie vereis.  Dit is dus bewys dat die teorie foutief is want Christus was nie op Woensdag gekruisig nie, en Hy was ook nie vir 72 uur in die graf nie, volgens die feite wat opgeskrywe is. 

Ons sal verder aan aantoon deur ‘n hele paar voorbeelde, dat in die taal van daardie tyd, “die derde dag” die dag na “more” beteken, dus was Sondag “die derde dag” na Vrydag, die dag van die Kruisiging.


Die Derde Dag - Opstanding van Christus

Laat ons nou in meer besonderhede die uitdrukkings “die derde dag”, “na drie dae” en “drie dae en drie nagte” ondersoek soos hulle in die Bybel voorkom.

Van die staanspoor af, die Bybel verduidelik self die betekenis van die uitdrukking “die derde dag” soos dit in daardie dae, in daardie deel van die wêreld gebruik is. 

Inderdaad, Christus Self verduidelik dit soos dit geskryf staan in:

Lukas 13:32-33; Hy sê:

32        “ - - - - - Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond vandag en môre en op die derde dag is Ek klaar.

33        Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ‘n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.”

Dit is heeltemal duidelik uit hierdie verse dat toe Jesus gesê het “die derde dag” Hy na die dag na “more” verwys het.  Ons het hier dus ‘n voorbeeld van wat Jesus self met die uitdrukking “die derde dag” bedoel het.  Dit maak nie saak watter betekenis ons van die 20ste eeu daaraan heg nie; wat ons moet vasstel is, wat het dit in daardie tyd in daardie land beteken? As ons dus glo dat Christus konsekwent was toe Hy herhaaldelik gesê het dat Hy doodgemaak sou word en uit die dood op “die derde dag” opstaan, Hy bedoel het dat Hy weer op die dag na more sou opstaan, volgens die definisie wat Hy self aan die uitdrukking gegee het.

Nie net in die dae van die Nuwe Testament nie, maar ook so ver terug as die tye van die Ou Testament, het “die derde dag” die dag na môre beteken soos die volgende aanhalings bewys:

Exodus 19:10-11;

10        Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en:heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was

11        en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.

1 Samuel 20:12;

“Daarop sê Jónatan vir Dawid: Die HERE, die God van Israel, is getuie dat ek my vader môre of oormôre (die Engelse “KJ. Biblel” sê: “the third day”) op hierdie tyd sal uitvra; - - - - - .

Nie net het Jesus gesê dat Hy op “die derde dag” sou opstaan nie, maar ook dat Hy weer “na drie dae” sou opstaan - (Markus 8:31). “Die derde dag” en “na drie dae” was dus in die taal van daardie tyd sinoniem, al sou dit nie so in die taal van ons tyd wees nie.

Kom ons kyk nou na twee voorbeelde uit die Hebreeus van die Ou Testament en die Grieks van die Nuwe Testament.

Ons lees in: 1 Konings 12:5 dat Koning Rehábeam aan die ontevredenes gesê het:

“Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan”. 

Die verslag van waar die volk op die bepaalde tyd teruggekeer het, word in vers 12 in hierdie woorde gegee:

            “Toe Jeróbeam en die hele volk dan by Rehábeam kom op die derde dag soos die koning gespreek het en gesê het: Kom na my terug op die derde dag”.

Dit is soos dit uit die Hebreeus vertaal is.

Ons sal nou na ‘n voorbeeld uit die Grieks van die Nuwe Testament kyk:

In Matthéüs 27:63-64, het ons ‘n verslag van die volgende versoek wat aan Pilatus gerig is:

63         “- - - : My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.

64         Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.

Dit is duidelik dat volgens die gebruik van daardie tyd, na drie dae die derde dag beteken het.

Christus het ook gesê dat Hy “drie dae en drie nagte in die hart van die aarde sou wees” - (Matt. 12:40). 

Hier het Christus waarskynlik na die tyd waarin Hy in die graf sou wees, verwys. Gevolglik word die periode vanaf die dood en begrafnis van Jesus tot sy opstanding deur al drie uitdrukkings gedefinieer, naamlik “die derde dag”, “na drie dae!! en “drie dae en drie nagte”. Hulle is dus in hierdie verband presies dieselfde.  Maar dit is anders in ons hedendaagse uitdrukkings.

 

Die bewering word gemaak dat Jesus sy hele Messíasskap op die spel geplaas het deur sy profesie dat hy “drie dae en drie nagte” in “die hart van die aarde” sou wees - (Matt. 12:38-41).

Presies so, en dus des te meer rede dat ons seker moet maak dat ons weet wat hy bedoel het.  Dlt is dus misplaas en gevaarlik om ‘n moderne letterlike betekenis op ‘n ou en welbekende en gevestigde Hebreeuse en Griekse idioom af te dwing, en meer besonderlik omdat Jesus sy eie verduideliking van die terme in hierdie verband gegee het.  As Jesus met hierdie profesie werklik bedoel het dat hy vir 72 uur in die graf sou wees, en dan in werklikheid net 36 uur daar was, soos die feite aandui, sou Hy Homself inderdaad as die vals profeet bewys het, en glad Christus nie. 

 

Dit moet ook in hierdie verband in gedagte gehou word dat die berekening in daardie dae gewoonlik insluitend was, maar dit is vandag nie so nie.  Gedeeltes van ‘n eenheid was as die gehele eenheid geneem, maar nie in ons taal van vandag nie.  Die berekening was alleenlik in eenhede gedoen.  Dus vir die neem van die tyd in die graf, “drie dae” of “drie dae en drie nagte”, was dit nie nodig dat Hy vir die volle drie maal 24 uur in die graf moes wees nie, maar net vir gedeeltes van die aanvanklike en laaste eenhede van 24 uur, dit is ‘n gedeelte van Vrydag, die hele Saterdag en ‘n gedeelte van Sondag.  Vrydag was as die eerste dag getel en Saterdag as die tweede en Sondag as die derde.  Die verslag van die tydperk vanaf die Kruisiging tot by die Opstanding soos vir ons in Lukas 23:50 tot 24:21, gegee word, toon duidelik dat die eerste en laaste dae van daardie gebeure op hierdie manier gereken is.  Dit is alreeds hierbo in besonderhede so verduidelik, en ook in meegaande tabel aangetoon.  Minder as 12 uur later op dieselfde dag waarop die vroue vroeg in die môre (Sondag) na die graf gegaan het, verklaar twee van die dissipels dat daardie selfde dag “die derde dag” na die veroordeling tot die dood en die Kruisiging van Jesus was - (Lukas 24:21).  Jesus het dus die Vrydagmiddag gesterf en het vroeg op die Sondagmôre uit die dood opgestaan.

(Met erkenning aan: “Treatise on Bible Chronology” by Adam Rutherford)

 

Verwysings:

“Die Bybel met Verklarende Aantekeninge (1959)”.

Protestantse Uitgewers (Edms) BPK., Kaapstad.

 “Bybelse Ensiklopedie”, Vol. 2, 2de Hersiende Uitgawe; Prof. W.H. Gispen.

Verenigde Protestantse Uitgewers, Vol. 2, Kaapstad.

“Dictionary of The Bible”, by William Smith, D.C.L., L.L.D.

“The Pulpit Commentary”..

 

Table

From Crucificion to Resurrection - AD 33.

“The 19th year of the reign of Tiberius Caesar” (Eusebius),    

 

 

 

1st day

 

“The Preparation” = Friday (Luke 23: 54)

 

Crucifixion of Christ. Burial.

 

 

Nisan 14

(Hebrew days end at sunset)

 

 

 

 April 3 (Julian)

 

 

 

 

 

 April 4

 

 

 

 

 

April 5

 

The women prepare spices, etc. “The Sabbath drew on

 

 

 

2ND day

 

“The Sabbath” = Saturday

(Luke 23: 56)

 

The women “rested on the Sabbath Day according to the commandment.”

 

 

Nisan 15

 

 

 

3RD day

 

“The First Day of the Week” = Sunday (Luke 24: 1)

 

Resurrection of Christ.

 

 

 

Nisan 16

 

The women go to the Sepulchre “very early in the morning” with the spices, etc., they had prepared.

 

“HIM GOD RAISED UP THE THIRD DAY”

Acts 10:40

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147184
This_MonthThis_Month1940
All daysAll days147184