new-top-banner-english

Die Sabbat

E-Boek: Die Sabbat

Transkripsie gemaak van kasset no. B 293.

 

Ons gaan die saak van die Sabbat behandel. 

Dit is ‘n vraag wat in hierdie tyd al baie aktueel onder die kinders van die Here is.  Ek gaan dit so punt vir punt behandel en ‘n hele klompie Skrifte nagaan.

Punt 1:

Die woord sabbat, wat beteken die woord sabbat?

Die woord sabbat beteken rus en nie die sewende dag van die week en ook nie Saterdag nie. 

Daar is baie mense wat al onmiddellik hiermee verward raak.  Ons het al so gewoond geraak aan die woord Sabbatdag, wat gekoppel is in baie opsigte aan Saterdag en veral aan die sewende dag van die week. 

Ek wil hê u moet my mooi verstaan, ek sê nie, ons sal daarby kom, dat die Sabbatdag nie op die sewende dag gehou word nie.  Maar net streng eers; die woord sabbat beteken RUS, dit beteken nie die sewende dag van die week of Saterdag nie!

Punt 2:

Dit was God se rusdag na ses dae van werk.  

Ons lees dit in: Génesis 2:1-3;

1          So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.

2          En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.

3          En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

God se rusdag na ses dae van werk.

Dit is waar die woord van sabbat vandaan kom, nadat God gerus het.  God het op die sewende dag gerus nadat Hy ses dae gewerk het aan die Skepping. 

Maar ek wil hê u moet mooi verstaan, hier is nog geen sprake van die sewende dag van die week nie.  Dit is een van my punte wat ek baie sterk óp staan, dat die rusdag, God se rusdag, God se wet, die hart van die wet van God is; is ‘n dag van rus na ses dae van arbeid. 

Dit is vir my die een fundamentele punt, nie gekoppel aan die sewende dag van die week nie en ook nie gekoppel aan Saterdag of enige ander dag van die week nie!  Dit is ‘n dag van rus na ses dae van arbeid. 

Punt 3:

God het dit met niemand gedeel nie, tot 2500jaar later met Israel. 

Vir 2500jaar het niemand sabbat gevier nie.  God het sy rusdag wat ‘n heilige dag was met niemand gedeel nie totdat Hy die wet vir Israel gegee het by die berg Sinai. 

Daarvoor wil ek met u lees in Nehemía 9:13-14.  Hierdie dinge is baie belangrik, dat ‘n mens noukeurig daarop moet let want hier is fyn vangpunte en fyn dwaalpunte.  Ek sê nie dat almal wat met die dag – Saterdag, wat vandag as die sabbat staan, dat hulle doelbewus mense probeer vang nie maar ek sê dat daar ‘n groot dwaalpunt hierin is.  Dat ‘n mens baie fyn moet kyk, dit is omdat die uitgangspunt verkeerd is en dadelik gekoppel word aan die sewende dag van die week en aan Saterdag. 

Daardie uitgangspunt is verkeerd.  Die sabbat, soos dit ontstaan het is nie gekoppel aan die sewende dag van die week nie, maar aan ‘n dag van RUSses dae van arbeid.  Kan u sien?  Dit is ‘n baie belangrike punt en tweedens is dit nie oorspronklik gekoppel aan ‘n Saterdag nie.  Dié naam “Saterdag” was toe nog nie eers bekend nie.

Israel se eerste sabbat.

Lees: Nehemía 9:13-14; 

13         En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee. 

14         En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en ‘n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel.

 

So, God het sy heilige sabbat op die berg Sinai bekend gemaak en dit was dus die eerste keer en die eerste nasie aan wie Hy dit bekend gemaak het.   Met ander woorde, dit staan nêrens anders in die Bybel geskrywe dat Adam of Abram of Noag of enige van daardie Godsmanne self die sabbat gehou het nie. 

Want God het dit met niemand gedeel tot Hy dit op berg Sinai aan sy uitverkore volk Israel bekend gemaak het nie en dit toe ook as ‘n teken tussen Hom en Israel bevestig het.  Dit is ‘n baie belangrike punt, 2500jaar later, na die Skepping, wat God dit toe gedoen het. 

Sover dit dan, (terselfdertyd, terwyl ons daar is), dat Hy dit aan Israel bekend gemaak het op die berg Sinai, sal ons sien dat dit as ‘n teken tussen Hom en Israel gegee was. 

Soos in: Exodus 31:13-17; 

13            Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig. 

 

U sien, ‘n teken tussen God en Israel.  God het eers vir Israel as sy volk gekonstitueer by die berg Sinai alhoewel Hy Abram lank voor die tyd geroep het.

 

14         Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees.  Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.

15         Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE.  Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. 

16         En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond. 

17         Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.

 

Ná ses dae van arbeid, die sewende dag, dié dag na ses dae van arbeid, is al wat nog sovér staan.  Nêrens staan daar, op die sewende dag van die week nie.  Ek vra regtig dat u mooi moet dink in hierdie saak.  ‘n Mens is so georiënteer, jy is so vooraf ingestel op hierdie hele tradisie sover jy nou gekom het van die sewende dag van die week.

Eerstens: Die wet ‘n reël van God is, na ses dae van arbeid!  Dit is die siel (kern) van die wet dat die sewende dag, hy (die mens) moet rus.

Tweedens: Dat die HERE dit as ‘n teken tussen Hom en Israel ingestel het.

Derdens: Dat dit God se heilige dag was, wat Hy nou met sy volk kom deel.  Dit was die enigste volk met wie Hy dit gedeel het, sy heilige dag waarop Hy gerus het. 

Ons kyk ook na: Exodus 16:23-30; 

23         Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: Môre is dit rusdag, ‘n heilige sabbat van die HERE.  Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe. 

24         En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het: en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie. 

25         Toe sê Moses: Eet dit vandag want dit is vandag die sabbat van die HERE.  Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie. 

26         Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie. 

 

Kyk nou weer, “dan sal dit daar nie wees nie”, die dag na die ses dae van arbeid. 

 

27         En op die sewende dag - - - -

Nêrens praat dit hier van die sewende dag van die week nie, die sewende dag na ses dae van arbeid.

- - - - het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.

28         Toe sê die HERE vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?

29         Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae.  Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. 

30         So het die volk dan op die sewende dag gerus. 

 


Punt 4:

Israel het gesondig. 

Ons gaan nou sien dat Israel nie hierdie verbond gehou het nie.  Israel het dit gebreek.  Israel het gesondig en God se sabbat ontheilig deur ongehoorsaamheid en afgodediens en God het dit van Israel weggeneem.  God het sy sabbat van Israel weggeneem. 

Nou wil ek hê, u moet mooi kyk want dit is baie belangrik.

Kyk eers na: Exodus 20:8-11;

(Dit is waar die HERE vir Israel sy wet gegee het).

8          Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

(Dit is die vierde gebod)

9          Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10         maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. 

11         Want in ses dae het die HERE die Hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.  Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. 

 

Waarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig?  Omdat Hy in ses dae die hemel en die aarde gemaak het en op die sewende dag gerus het.  Daarom het Hy vir Israel, toe Hy die verbond met haar gemaak het, het Hy vir Israel gesê om dieselfde te doen.  Met ander woorde, om sy sabbat met Hom te deel.  Maar Israel was ongehoorsaam.  Israel het daar reg aan die begin al teen die HERE gesondig.

Israel se tweede sabbat.

 

Nou kom ons in Deuteronómium 5:12-15, dit is waar die HERE vir die tweede keer, weer vir Israel die wet gegee het.  Ons sal sien waarom die HERE dit vir die tweede keer vir Israel moes gee. 

In Exodus 20 en Deut. 5, word die wet, die tien gebooie vir ons herhaal, so ook die sabbat, as deel van die 10 gebooie.

Maar nou moet u mooi kyk, al die ander gebooie is presies dieselfde, maar nie die sabbat gebod nie. 

In Exodus 20 is dit anders as in Deut.5.  Dit is van die uiterste belang, omdat God nou nie meer Israel sy sabbat met Hom laat deel nie. 

 

Terloops Deuteronómium beteken - tweede wet.

(soos ek in my boekie, “Die Wet van die HERE”, duidelik gemaak het)

Deuteros – tweede;

Nomos – wet.

 

Hoekom het God vir hulle die tweede keer die wet gegee?

Omdat hulle God se wet ongehoorsaam was en veral die wet van die sabbat. 

Ons kyk na:

Deuteronómium 5:12-15;

(Dit is waar die sabbat gebod inkom).

12         Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het. 

13         Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

14         maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy. 

15         En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ‘n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou. 

Kan u sien? 

In Exodus 20 sê die HERE, beveel Hy Israel om die sabbat te hou omdat Hy in ses dae die hemel en die aarde gemaak het en op die sewende dag gerus het. 

Maar nou sê Hy in Deuteronómium 5 – “beveel Ek julle om die sabbat te hou omdat julle uit Egipteland uitgelei is”. 

Met ander woorde, Israel het God se sabbat verbeur.  Israel het haarself onwaardig getoon om God se sabbat met Hom te deel as ‘n gedenkdag van die Skepping. 

Maar omdat die prinsiep is: van een dag rus in die sewe. 

Omdat God die mens en die ganse natuur so gemaak het. 

Sewe loop dwarsdeur die Skepping van God. 

Sewe loop dwarsdeur die Bybel, van Génesis tot Openbaring.

Sewe loop in die samestelling van die mens, van die lig, van jou musiek.

In enige iets is hierdie sewe fundamenteel. 

 

Omdat, soos ons later sal sien, die sabbat gemaak is vir die mens en nie die mens vir die sabbat nie, bly die prinsiep dieselfde.  God wil nog hê dat ‘n mens op EEN dag in sewe moet rus. 

Maar die motief daarvan, wat ‘n heilige motief was, het Israel verloor.  Nou kan Israel nie meer sê, as ek die sewende dag rus, dan doen ek dit tot eer van die HERE wat in ses dae die hemel en aarde geskape het op hierdie stadium nie. 

Nee, as Israel nou rus, dan sal Israel sê: ek rus omdat dit God se wet is van EEN dag rus in sewe, maar my herdenking, my motief is nou my verlossing uit Egipte en nie meer die Skepping nie. 

Dit is belangrik want ons gaan sien dat dit weer verander.

Kom ons kyk ook na:

Psalm 95:8-11; 

8          Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9          waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

10         Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

11         sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

“Hulle sal in my rus nie ingaan nie”. 

Neem RUS se Hebreeuse woord wat sê: “hulle sal in my Sabbat nie ingaan nie”.  God het dit van hulle weggeneem. 

Nou kom ons by:

Deuteronómium 12:9; 

9          Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die HERE jou God jou sal gee nie.

“Die rusplek”, want sabbat beteken rus. 

Nou kom ons by:

Hebreërs 4:4-9; 

4          Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: - - - -

(Onthou, die sewende dag, nie die sewende dag van die week nie, ook nie Saterdag nie, net die sewende dag!)

            - - - - En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

5          en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

Ons het nou gesien waarom, as gevolg van hulle ongehoorsaamheid. 

6          Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,

7          bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. 

8          Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie.

9          Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

“Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God”.

Ek wil net so ‘n bietjie vooruit loop, kom kyk of u dit nou mooi in die gees kan sien, dit is heerlik. 

God het in ses dae die hemel en aarde geskape. 

God het na sy skepping gekyk en God het gesien dit was baie goed. 

Toe rus God op die sewende dag. 

Nou kom sy Seun, onse Here Jesus, aan die kruis van Gólgota sê Hy: “dit is volbring”. 

Hy het ons verlossingswerk voltooi, sodat die wat in Jesus glo, gaan in hulle rus in, van al hulle werke want met werke kan jy jou in elk geval nie red nie.  Netso soos God sy werke voltooi het, so het Christus wat die wet vir ons kom vervul het, het dit vir ons voltooi aan die kruis van Gólgota. 

 

Sodat, wanneer ek in die Here Jesus glo, dan het Jesus vir my geword die vervulling van die wet.  Ook die vervulling van die Sabbat.  Dan gaan ek in Sy RUS in.  Ek gaan dan in Christus se rus in, dit is die rus wat Christus vir ons bewerk het, toe Hy gesê het: “dit is volbring”.  Ook die Sabbatsrus, dit is wat hiervan gepraat word in Hebreërs. 

Nou kyk ons na:

Jesaja 66:22-23;

22         Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my  aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. 

23         En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.

Ek sien dit, (hierdie praat natuurlik van die millennium want dit sê: ”die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak”).  Teen hierdie tyd is die nuwe verbond voltrek met Israel en Juda volgens Jeremia 31:31-34.  Ek glo hier, wanneer die Here Jesus teruggekom het om te regeer, sal God ook sy sabbat weer met sy volk deel, die sabbat wat hulle verbeur het.  God se sabbat, watter sabbat dit ook mag wees, God sal sê, nou vier julle weer saam met My sabbat, dieselfde motief wat Ek dit voor gevier het.  Nie meer verlossing uit Egipte nie, julle sal nie meer daaraan dink nie, julle sal nie meer dink aan die volgende motief, wat ek vir u sal wys nie.  Julle sal saam met My deel soos Ek dit in die begin gemaak het.  Alles sal weer herstel wees.  Die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek sal skep. 

Nou kom ons by:

Handelinge 3:19-21; 

19         Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

20         en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

21         Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. 

Dan eers, wanneer Jesus weer kom en sy koninkryk op die aarde kom vestig dan sal alle dinge herstel word maar nie voor dit nie.  Enige iets wat ons uit ons eie probeer herstel, voor die tyd, is buite die wil en buite die plan van God.  Want God se plan is op hierdie oomblik nog nie voltooi nie.  “die wederoprigting van alle dinge waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete”. 

Hy sal dan ook al die ander sabbatte herstel.  U sien, ek wil nou nie te veel daarop ingaan nie, maar die klem word so gelê op die sewende dag van die week of Saterdag, maar daar is ‘n hele paar ander sabbatte in die Bybel wat ek net vir u wil wys. 

Ek gaan nie baie daarop uitwei nie, dit sal te veel tyd neem en daardie sabbatte was ook tekens tussen God en Israel.  Sabbatte wat onder hierdie Babiloniese stelsel nie herstel kan word nie, daarom moet die stelsel vernietig word.  Dit is wat sal gebeur in hierdie periode wat oploop na die wederkoms van ons Here Jesus.  Waar God weer sy orde volmaak kan herstel, byvoorbeeld die sabbatte van grondbesit, van skuld, kwytskelding en van die jubileum. 

Ons kyk na:

Levítikus 25:1-6. 

1          VERDER het die HERE met Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:

2          Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, moet die land ‘n sabbat hou vir die HERE. 

Dit is nie nou daardie sewende dag nie, dit is ‘n sabbat hou vir die HERE.  Ons gaan nou sien hoe dit gaan lyk. 

3          Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;

4          maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ‘n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.

Kan u sien, sabbat – rus, maar nou is dit nie ‘n dag nie, dit is ‘n jaar.  Omdat God die natuur so gemaak het, jou landboukundiges het met eksperimente vasgestel dat om die beste uit jou grond te kry, moet jy dit een jaar in sewe laat rus.  Dit is die prinsiep. 

Moenie laat ons onsselwers nou laat koppel aan ‘n dag en dié dag ons saligheid maak nie.  Kom ons kyk na die hart van die saak en die prinsiep.  Dit is na ses jaar. 

5          Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie.  Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees. 

Dit is ook ‘n sabbat en dit is nou ‘n jaar. 

6              En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,

7              Dit is ‘n sabbat wat ‘n hele jaar duur. 

Nou kyk ons na:

Deuteronómium 5:1-5; 

1          EN Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê; Hoor, Israel, die insettinge en die ordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou. 

2          Die Here onse God het by Horeb met ons ‘n verbond gesluit.

3          Met ons vaders het die HERE hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.

Sien u, nie met ons vaders nie, met ons. 

4          Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek --

5          ek het in dié tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie – en Hy het gesê:

Die verbond wat die HERE met hierdie volk gemaak het. 

Kyk na: Levítikus 25:10; 

10         En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. 

 

As u nou so verder gaan sal u sien dit is na sewe weekjare van sewe elk, met ander woorde, nege en veertig jaar, (7x7) en in die vyftigste jaar, dit is Pinkster, dit is dieselfde waar vyftig van Pinkster vandaan kom. 

In die vyftigste jaar moet elkeen na sy eie grond teruggaan.  As iemand sy grond verloor het vir een of ander rede dan kan hy, as hy nog lewe of sy erfgenaam na hom, kan dan teruggaan na daardie stuk grond en die persoon wat op daardie oomblik in besit van die grond is moet dit dan teruggee aan die erfgenaam.  Sodat daar nie arm mense in die volk sal wees nie en die volk nooit hulle besittings sal verloor nie.  So, dit is ook ‘n sabbat.  Dit is die Jubileum jaar.  Ons gaan nie verder daarop in besonderhede in nie. 

God sou ook ‘n einde aan Israel se tweede sabbat maak.  Onthou, hierdie tweede sabbat, waar die motief nou was “om hulle verlossing uit Egipteland te herdenk”, elke keer wat hulle nou die sabbat hou dan dink hulle nou, omdat hulle nou slawe in Egipteland was en uitgelei is.  Die HERE het gesê, dit is julle motief wanneer julle die sabbat hou.  Maar as gevolg van hulle sonde sou die HERE selfs daaraan ‘n einde maak. 

Ons kyk nou na:

Hoséa 2:10-11;

10         En Ek maak ‘n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.

11         En Ek sal haar wingerdstok en haar vyeboom verwoes waarvan sy gesê het: Hierdie dinge is my hoereloon wat my minnaars my gegee het; en Ek sal dit tot ’n bos maak, en die wilde diere van die veld sal dit opeet.  Nou maak die HERE ‘n einde aan haar sabbatte en haar feeste en haar nuwemane, ja aan al haar feestye.  Daar staan nêrens in die Skrifte dat die HERE op hierdie stadium dit nog herstel het nie. 

Nou wil hulle kom met hul feestye, sabbatte en al hierdie dinge, sodat ons weer ons nekke onder die juk moet insteek.  Die HERE het ‘n einde daaraan gemaak weens Israel se ongehoorsaamheid.  Laat ons God nie vooruit loop in die herstel daarvan nie.  Laat God dit vir ons doen in die millennium, die wederoprigting van alle dinge waarvan die profete gespreek het van die begin af. 

Israel se derde sabbat. 

U sal onthou hoe ons Here Jesus sy Gees oorgegee het op Gólgota, toe skeur die voorhangsel van BO tot ONDER.  Nie van onder tot bo nie, van bo tot onder.  Dit was die teken dat die HERE nou die einde gebring het aan die ou verbond.  Nou sal al die offerandes ophou.  Nou sal al daardie dinge ophou wat alles, as jy dit mooi ondersoek, gedui het op die Here Jesus.  Ook Christus wat vir ons geword het die vervulling van die wet.  En die skeur van die voorhangsel was vir ons die teken daarvan, dat dit tot ‘n einde gekom het.  En nou, dat die derde Sabbat nou begin met die dag van die Opstanding van die Here Jesus.  Ek wil hê u moet mooi onthou, ek het begin en ek beklemtoon dit weer: sabbat beteken RUS, en die sabbatdag beteken ‘n rusdag na ses dae van arbeid.  Omdat daardie sabbat gemaak is tot heil van die mens maar dat God dit in die eerste keer hulle die voorreg gegee het om dit met Hom te deel wat ook gerus het. 

En toe hulle dit nie waardig was nie, neem die HERE daardie simboliek van hulle weg en sê goed, julle moet nog die een dag in sewe waarneem want dit is ‘n ewige beginsel van My wet, wat nie weggeneem kan word nie, maar nou moet julle dink aan julle slawerny in Egipte. 

Maar, nou bring die HERE ook ‘n einde daaraan maar Hy verwyder nie die prinsiep van “een dag rus in sewe” nie.  Maar nou gee die HERE vir ons ‘n ander motief, die motief dat die Christen, nou wanneer hy elke “een dag in sewe” rus, dat hy ook die Opstanding van die Here Jesus herdenk.  Dit is nou ons Christen-Sabbat. 

As ek nou teruggaan na Saterdag, soos dit toe naderhand vasgestel geraak het deur die eeue, vir Israel en naderhand met Juda in die Babiloniese ballingskap soos dit daarvandaan deurgekom het, dan neem ek ‘n terugwaartse stap, as ek teruggaan na Saterdag toe.  Dan neem ek ‘n terugwaartse stap en keer my rug op die Opstanding van ons Here Jesus en ek weier om daardie sabbat met Hom te deel, om Sy Opstanding te vier.  Dit is ‘n ernstige saak en waar ons waarlikwaar oor moet nadink. 

 

Ek gaan nou vir u uit die vier Evangelies lees, uit die vertalings van “Young’s Literal Translation”, die letterlike vertaling soos deur Young’s. 

Matthéüs 28:1; 

“laat ná die Sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week”

Nou, vertaal Young dit in sy letterlike vertaling soos volg;

St. Matthew 28:1;

“And on the eve of the sabbaths, (meervoud) at the dawn, toward the first of the sabbaths”, (not first day of the week) - - - - ”

Ek het daar twee interlineêre Bybels wat jou die Grieks bo gee en dan die Engels onder. 

Dit is Baxter’s en ook Wilson’s Emphatic Diaglott.

Na altwee het ek gekyk en beide hierdie waar dit staan:

“laat na die Sabbat” – sabbaton; 

en ook hier waar dit vertaal word;

“die eerste dag van die week” – staan daar weer in Grieks – “sabbath” en nie die eerste dag van die week nie. 

Markus 16:2;

“en baie vroeg op die eerste dag van die week net na sonop, kom hulle by die graf”.

Young’s se letterlike vertaling:

St. Mark 16:2;

“And on the first of the sabbath’s they came to the tomb”. 

Nie die eerste dag van die week nie soos dit hier vertaal is nie, “on the first of the sabbath’s came they to the tomb”.

Lukas 23:56; 

56         Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod. 

Heeltemal reg, die sabbat was die “rus” dag.

So, hulle het op die sabbat gerus volgens die gebod. 

Lukas 24:1;

1          En baie vroeg in die môre op die eerste dag van die week, het hulle en die ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was. 

Hulle sou dus volgens die gebruik nie gegaan het voordat die sabbat nie verby was nie.

Volgens Young’s:

St. Luke 23:56, 24:1;

“On the sabbath indeed they rested according to the commandment.  And on the first of the sabbaths, at early dawn - - - - ”

Johannes 20:1; 

1          En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.

Dit is hoe ons vertalings sê en al die Engelse vertalings sê ook so. 

Young’s wat dit letterlik vertaal het, sê:

“And on the first of the sabbath’s Mary the Magdalene doth come early (there being yet darkness ) to the tomb - - - - - ”.

“And on the first of the sabbath’s”.

Let wel: Dit was dus die einde van die sabbatte, die vorige sabbatte.  Dit was nou die begin van die nuwe sabbat.  Maar die prinsiep is nog dieselfde – “EEN dag in SEWE”, maar nou kom dit op die Opstandingsdag, en die Opstandingsdag wat genoem word die eerste dag van die week, word ook genoem die sabbat, volgens die oorspronklike Grieks. Ons kan nie daarby verby kom nie, so staan dit in God se Woord. 

Al vier Evangelies stem hier saam, dit was die einde van die tweede sabbat en die begin van die derde, maar die prinsiep is dieselfde.  Ek hoop u verstaan dit al teen hierdie tyd.  

Een dag in sewe.  Dit is ‘n wet.  Ons moet dit ook so nakom, nie nou vir ons redding nie maar vir ons heil en omdat God dit vir ons beswil ingestel het. 

Een uitstaande kommentator skryf dit so:

“The first sabbath commemorated the first creation”

(Die eerste sabbat, herdenk die eerste skepping)

“The second sabbath a finished deliverence out of Egypt”

(Die tweede sabbat herdenk die bevryding uit Egipte)

“The third sabbath, a finished redemption”

(Die derde sabbat, herdenk die voltooide verlossing)

Is dit nie Pragtig nie!  Ja, voorwaar!

The 1st sabbath – a finished creation.

The 2nd sabbath – a finished deliverence from bondage in Egypt.

The 3rd sabbath – a finished redemption on the cross. 

 

Bewyse van hierdie uitleg sal ons in die optrede van die apostels na die opstanding vind.  Dit is tog logies.  Ons moet kyk hoe die apostels opgetree het.  Dan sal ons sien hoe hulle gehandel het.  Nêrens vind ons enige gebod om die Joodse sabbat te hou in die Nuwe Testament nie, maar in werklikheid die teendeel.

Byvoorbeeld in:

Kolossense 2:16; 

16         Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,

En: Hebreërs 4:4;

4          Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

Nou sien ons, soos dit genoem word, die dag van die HERE of dit ook genoem word die eerste van die Sabbatte, het hulle vergader.

Ons kyk na:

Handelinge 20:7; 

7          En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

“Op die eerste dag van die week toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek”.

1 Korinthiërs 16:2; 

2          Op elke eerste dag van die week - - - -

Terloops, as jy weer teruggaan na die oorspronklike Grieks dan staan daar: “op elke eerste van die sabbatte”

- - - - moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insameling nie eers plaasvind as ek kom nie. 

“op elke eerste dag van die week” want dit was die dag waarop hulle bymekaar gekom het. 

 

Nou: Openbaring 1:10;

10         Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin,

“Ek was in die Gees op die dag van die HERE”, en vir elke ware gelowige, alhoewel ons in die gees moet wees, gedurig, maar veral as ons die betekenis van ons sabbat verstaan, dat ek nou rus van my arbeid en dat ek, terselfdertyd terwyl ek rus, veral my motief moet reg hê, naamlik: --

dat ek die HERE spesiaal daardie dag dank, vir my Jesus wat vir my ook opgestaan het uit die dood en vir my die dood oorwin het. 

Op die eerste dag van die week of die eerste van die sabbatte.  Jesus het aan Sy dissipels op die eerste dag van die week verskyn. 

Ons kyk na:

Johannes 20:19-26; 

19         EN toe dit aand was op daardie eerste dag van die week - - - -

(weereens, in die oorspronklike Griekse Bybel staan: “eerste van die sabbatte”

- - - - - en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!

Hoekom het Jesus aan hulle op daardie dag verskyn? 

Jy lees dat wanneer Jesus verskyn het was dit op daardie dag, hoekom? Dit het die betekenis, want dit was die Opstandingsdag.

20        En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy.  En die dissipels was bly toe hulle die Here sien. 

21        Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. 

22        En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulIe en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. 

23        As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou. 

24        En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.

Luister nou mooi!

25        Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy steek nie, sal ek nooit glo nie. 

Luister weer!

26         En agt dae daarna - - - -

Dus was dit weer op die eerste dag van die week!

“en agt dae daarna”, hoekom nie op ‘n ander dag nie?

“Agt dae daarna”, hoekom nie sewe dae daarna nie?

Dit sou op ‘n Saterdag gewees het.

Nee, agt dae daarna!

Agt dae daarna was die dissipels weer binne en Thomas saam met hulle. 

- - - - was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle.  En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle

Sien u op watter dae Jesus aan hulle verskyn het.  Daar is nêrens in die Skrif waar Hy aan sy dissipels op die Joodse sabbat verskyn het nie.  Daar sou gewees het indien dit belangrik was.  Sal u nie met my saamstem nie?  Maar nêrens sal jy dit in die Skrif vind dat Jesus ooit op “die Joodse sabbat” sal ons maar sê, die Saterdag, aan sy dissipels verskyn het nie. 

Jesus het die Skrif op die eerste dag van die week aan sy dissipels oopgemaak. 

Lees self Lukas 24:13-47, die Émmaüsgangers. 

13         EN twee van hulle was dieselfde dag - -- - -

As u dit nou hierso neem, dan sal u sien hulle praat van die eerste dag van die week, van die opstanding.

- - - - - op pad na ‘n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs. 

Ons weet hoe Jesus by hulle aangesluit het en ons kom nou by vers 25

25         En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles war die profete gespreek het!

26         Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

27         En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. 

Op die eerste dag van die week het Hy dit met hulle gedoen.  Hy het Hom daar by hulle aangesluit en - - - -

45         Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. 

 

Die evangelie word genoem ”die evangelie van die opstanding”

U sal met my saamstem, die opstanding is een van die kernpunte van die Christelike evangelie. 

Want Paulus sê: “As Christus nie opgestaan het nie is ons die ellendigste van alle mense”

Daarom kan u sien hoe belangrik die opstanding is. 

Die eerste sabbat -- wat die Skepping herdenk.

Die tweede sabbat – die verlossing uit Egipte.  (bevryding?)

Die derde sabbat – herdenking aan die opstanding. 

So is ons Christen sabbat wat nog al die tyd “een uit sewe” is, die herdenking aan die opstanding.  Dit sien jy prominent van die dag af wat Jesus Christus opgestaan het. 

Kom ons kyk na:

Handelinge 1:22; 

22         van die doop van Johannes af - - - -

(Dit is nou iemand wat hulle moes kies om ‘n getuie te wees)

- - - - - tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is – van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding. 

Die evangelie is die evangelie van die opstanding. 

Handelinge 4:33;

33         En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal. 

 

Die Evangelie is die evangelie van die opstanding!

Die Heilige Gees is op die eerste dag van die week uitgestort.

Pinksterdag het op die eerste dag van die week plaasgevind.

Die vyftigste dag – is Pinkster, dit was op die eerste dag van die week. 

Die heilige Avondmaal -- op die eerste dag van die week. 

Lees gerus self 1 Korinthiërs 11:17-34, waar Paulus geskryf het hoe die Avondmaal gehou moet word. 

Ons het ook gesien hoedat die dissipels op die eerste dag van die week bymekaar gekom het in 1 Korinthiërs 16:2 en dat Johannes in die Gees was op die dag van die HERE.

Dit bevestig net weereens die belangrikheid van die opstanding. 

 

Christus is nou ons Sabbats-Rus. 

Hy het vir ons die wet vervul, sien Hebreërs 4:1-13. 

Ons het al die grootste gedeelte daarvan deurgegaan. 

 

Net soos God, luister nou mooi, net soos God ‘n volmaakte werk met die Skepping verrig het, so het Christus vir ons ‘n volmaakte werk van verlossing verrig en vier ons nou sy opstanding om dit te gedenk. 

‘n Volmaakte Rus!  Dat Christus vir ons die werk gedoen het. 

 

Die beginsel van “een dag van rus in sewe”, word nog netso vervul.  Ons sien ook hierdie beginsel van “die eerste dag van die week”,

In: Levítikus 23:9-11 en 15-17. 

9          En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

10         Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. 

“Die eerstelingsgerf”, na die priester bring.

11         En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.

 

Engels - “the wave offering”

Die priester moes dan die gerf voor die HERE beweeg. 

Dit is die “beweegoffer”

Die eerstelingsgerf, die blydskap daarvan.

U kan net dink, die eerste keer wat Israel in haar eie land gaan oes. 

Maar die HERE sê, daardie eerste gerf is Myne, jy moet dit voor My beweeg.  Nou sal u sien, die heerlike betekenis daarvan. 

Nou: Levítikus 23:15-17; 

15         Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring – sewe volle weke moet dit wees;

16         tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; - - - -

Dit is nou dieselfde van die Opstanding af tot die dag van Pinkster.

            - - - - - dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan die HERE bring. 

17         Julle moet uit julle woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van ‘n efa  fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.

Vyftig dae na daardie eerstelingsgerf beweeg is.  Nou nie gerwe nie maar brode van fyn meel, wat fyn gemaal is.  Dit dui op Jesus wat vir ons aan die kruis verbrysel is - (Jesaja 53:5). 

Ek wil net vir u wys as u kyk na 1 Korinthiërs 15:20, dan sal u sien daar word Christus die eersteling genoem.  Die eersteling uit die dode!

20         Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

Kan u sien, “die eersteling”, die opstanding, hoedat dit gekoppel is ook daar in Levítikus.  Die belangrike plek wat die opstanding in die verlossingsplan van God het. 

Die wet het beveel, luister nou, die wet het beveel om op die sabbat te rus en nie om op die sabbat te vergader vir aanbidding nie.  Dit is ‘n ander punt wat ‘n mens mis, en wat by ons so tradisioneel geword het, natuurlik ook heeltemal reg so, dit is ons geleentheid om bymekaar te kom en die HERE te dien, maar dit was nie die bedoeling van die sabbat in die begin nie.

Die bedoeling van die sabbat in die begin was ‘n volkome rusdag, dat hulle van alles, hulselwers moes onttrek en werklikwaar moes rus.  Nêrens sal jy vind in die ou verbond dat die Sabbatdag gebruik was vir ‘n dag van samekoms nie! 

Dit was ‘n rusdag en dit is wat sabbat beteken. 

Sabbat beteken rus! 

Sabbat beteken nie die sewende dag van die week nie.

Sabbat beteken ook nie Saterdag nie! 

Sabbat beteken ook nie Sondag nie! 

Sabbat beteken rus! 

Maar die wet is - een dag rus! 

Een sabbat dag - een rus dag in sewe!

Paulus het dus (luister) nie die wet gehou toe hy die sinagoge besoek het nie, maar om van die geleentheid gebruik te maak om te preek want die mense het daar bymekaar gekom.  Dit is waarin dit toe al ontwikkel het, om op die sabbat bymekaar te gekom het en dat dit vir hom ‘n goeie geleentheid was om hulle toe te spreek. 

Daar is natuurlik baie Skrifte daarvoor wat nie eers nodig is om daarop in te gaan nie waarop Paulus op die Sabbatdag, op die Joodse Sabbatdag, in die sinagoges ingegaan het om te preek want dit was ‘n goeie geleentheid, die mense was daar bymekaar.  Dit beteken gladnie dat hy daardeur daardie sabbat goedgekeur het nie. 

Soos iemand gesê het, as ‘n evangelis in die tronk vir die gevangenis daar gaan preek dan beteken dit gladnie dat hy hulle dade goedkeur of dat hulle daar is nie, maar dit is ‘n goeie geleentheid om vir hulle te preek want hulle is daar in die tronk. 

Kom ons vergelyk:

Romeine 6:14; 

14         Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie maar onder die genade.

“Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie maar onder die genade”. 

Met: Handelinge 15:1,24;

(U moet die hele hoofstuk lees, sal vir u aanstons net kortliks opsom).

1          EN sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.

24         Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,

Hulle het die mense verontrus deur dit vir hulle te sê en dit is teenstrydig met die evangelie.  U moet nou mooi hierdie punt sien, in al my lering, leer ek vir u dat die HERE nie weggedoen het met die wet nie.  Ek bedoel, die hart van die wet – “een dag van rus in sewe”, maar as ek daardie wet gaan hou en dink ek kan soveel tot my saligheid daardeur toevoeg, dan dwaal ek, want dit is alleen die bloed van Jesus wat my reinig. 

Dit is presies die probleem wat hierdie Apostels mee te doen gehad het.   Keer op keer as hulle die evangelie vir die mense gaan verkondig het, waarop ook die “eerste dag van die week” ingekom het, dan het die klomp Judaïseerders, die mense wat hulle wil terugplaas onder die Joodse wet, agterna gekom en gesê, dit is nie genoeg nie, julle moet julle laat besny, julle moet die wet van Moses onderhou.  Dit het die mense heeltemal ontstel. 

Hier in Handelinge 15 weet ek, as u nou hier lees, sal u sien dit is van die heidene wat tot bekering gekom het maar ons weet teen hierdie tyd, dat hierdie heidene wat tot bekering gekom het was daardie tien stamme van Israel, waarheen die Apostels gegaan het op bevel van die Here Jesus wat gesê het “moenie gaan na die heidene nie maar na die verlore skape van die huis van Israel”, en dit is vir hierdie mense. 

Dit het naderhand so heftig geword dat hulle hierdie saak geneem het na die “Raad van Apostels” in Jerusalem.  Toe het hulle vergadering gehou onder voorsitterskap van Jakobus. 

Nou lees ons hier in:

Handelinge 15:10;

10         Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?

 

Sien u, hulle wou weer die juk van die wet op daardie dissipels se nek lê; waarom doen julle dit, ons en ons vaders kon dit nie dra nie.  Maar ons glo dat ons deur die genade van Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook, so word ons gered.  Die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.  So het hy dan voortgegaan en toe hulle klaar die vergadering gehou het, toe neem hulle ‘n besluit en - - - - -

Handelinge15:25-29; 

25         het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus --

26         manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.

27         Ons het Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.

28         Want die Heilige Gees en ons het besluit - - - - -

(Luister, die Heilige Gees en ons het besluit)

- - - - - om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

29         dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen.  Vaarwel!

Niks van sabbat of enige iets nie.

Ons dien God, luister, ons dien God in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. 

Kom ons kyk na:

Romeine 7:6;  (Dit is ‘n baie belangrike punt, lees gerus die hele hoofstuk)

            Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. 

 

Ons het die wet afgesterf, dit beteken die wet nou, jy moet dit doen en dat doen om daardeur te lewe.  Ons lewe nou deur Christus maar ons hou by die gees van die wet, juis omdat God die wet gemaak het om ons vry te maak.   Dit nie ‘n seremonie hier of ‘n seremonie daar nie, dit is van die uiterste belang. 

Ons kyk ook na:

Romeine 7:1-5; 

(Dit is belangrik, ons moet dit lees). 

1          OF weet julle nie broeders – want ek spreek met mense wat die wet ken -

(Sien, hy praat oor die wet)

             - - - - dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?

2          Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. 

3          Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

4          So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. 

5          Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. 

Ons is nou dood vir die wet en lewendig vir Christus. 

Dit is nie die wet wat oor my heers nie, ek behoort aan Christus.  Maar ek sal die prinsiep van God se wet nog meer hou as tevore. 

Nie om daardeur gered te word nie en ook nie om daardeur gebind te word nie maar juis omdat ek nou aan Christus behoort.  Dit is nie nou weer ‘n kwessie om my vas te koppel aan ‘n “dag” nie. 

Lees gerus Romeine 8 ook self. 

Lees nou: Galásiërs 3:23-24; 

Dit is dieselfde mense hier, die verstrooides van die huis van Israel waarheen hierdie apostels gegaan het en dit was geweldig oor hierdie saak van die wet, presies weer dieselfde ding wat nou sy kop uitsteek.  Luister my broeders, luisteraars wat luister na hierdie kasset, dit is nie ‘n nuwe ding nie.  Dit was in die dae van Paulus hulle en van tyd tot tyd deur die eeue het hy sy kop uitgesteek.  U kan maar net die kerk geskiedenis nagaan, u sal hom gedurig kry.  Ons kry hom nou weer. 

23         Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 

24         Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

“Die wet was ons tugmeester na Christus toe”. 

Maar nou dat Christus gekom het, nou staan ons nie meer onder ‘n voog - die wet nie.  Ons is nou gered deur Christus. 

Waarneming van dae ensovoorts word absoluut verwerp en veroordeel, deur die apostel Paulus. 

Kyk na: Galásiërs 4:4-5,10-11; 

4          Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,

5          om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 

10           Julle neem dae en maande en tye en jare waar.

11        Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

 

Sien, dit was dieselfde probleem wat Paulus gehad het.  Julle neem dae, skryf gerus daar Saterdag, vandag, julle neem Saterdae, julle wil ons vaskoppel aan Saterdag en maande en tye en jare maar “Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het”.  Presies dieselfde ding wat daar gebeur het. 

Lees: Kolossense 2:16-17; (lees maar weer).

16         Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,

17         wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. 

Daardie dinge was ‘n skaduwee van die toekomstige.

Romeine 14:5-6;

5          Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk.  Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. 

6          Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.

Dit gaan oor die waarneming van dae en so aan. 

Galásiërs 5:1-4;  (ons kyk weer)

1          STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

As u nou hierdie brief in sy verband lees sal u sien dit is die juk van diensbaarheid aan die wet wat hierdie klomp Judaïseerders op die spoor van Paulus hulle was. 

2          Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3          En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4          Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

Lees: Galásiërs 5:13-14. 

13         Want julle is tot vryheid geroep broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

14         Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

Die hele wet word daarin vervul. 

Paulus het dus hierdie stryd gehad met die Judaïseerders. 

Dit is die mensdom. 

Dit is dieselfde, broers en susters, dieselfde ding wat nou weer sy kop uitsteek.  Dit is ernstige mense, ek is seker van daardie mense was ook ernstig.  Ons is vrygemaak van die heerskappy van die wet soos ons gesien het in Romeine 7:4.

 

Die wet is volmaak en verseker harmonie in ons aardse bestaan.  Vergelyk Psalm 19:8, waar die Psalmis sê die wet van die HERE is volmaak.  Maar hierdie wet, luister, kan nooit ons siel red nie.  Die wet kon nooit een Israeliet se siel red nie. 

 

Daarom het die HERE die Nuwe Verbond gemaak. 

Die Nuwe Verbond wat vir ons herhaal word in:

Hebreërs 8:8-13; Jeremia 31:31-34.

8          Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond tot stand sal bring,

9          nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.

10         Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here; Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 

11         En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle. 

12         Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. 

13        As Hy sê ‘n nuwe verbond , het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud is word verouder, is naby die verdwyning. 

 

Israel was onbekwaam om daardie wet van die HERE te hou.  Christus het dit vir hulle kom vervul en die belofte van die HERE is, dat die dag sal kom nie net vir enkelinge nie, maar vir die hele volk, dat die HERE sy hele wet op hulle harte sal skrywe.  ‘n Wet wat gemaak was vir die mens, om die mens in harmonie met God te bring en met sy medemens. 

Deuteronómium 30:6;

(Waar die Here beloof dat Hy Israel se hart sal besny.) 

6          En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

Eségiël 36:25-26;

(Waar die Here gesê het dat Hy die hart van klip uit hulle wegneem en ‘n hart van vlees gee).

25         Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.

26         En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 

 

Liefde is die vervulling van die wet.

Johannes 13:34-35;

34         ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 

35         Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. 

Dit sou die kenteken van dissipelskap wees. 

Romeine 13:8-10;

8          WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.

9          Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

10         Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. 

 


Miga 6:8; 

8          Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

Nege van die tien gebooie word in die Nuwe Testament genoem maar net nie die sabbat nie.

Lees weer die volgende Skrifte:

Romeine 13:8-10; 

8          Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.

9          Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

10         Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. 

Efésiërs 6:1-2; 

1          KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

2          Eer jou vader en jou moeder - dit is die eerste gebod met ‘n belofte - Jakobus 4:2;

            Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie.  Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.  

1 Johannes 5:21;

            My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.

 

As jy al hierdie Skrifte noem wat in die Nuwe Testament in die sendbriewe genoem word, word nege genoem, maar die sabbat word nie genoem nie.  As dit dan so belangrik was, dan sou dit saam met die ander genoem word. 

Ek hoop u het nou die strekking sover gesien, ek verwerp nie die sabbat nie.  Ek glo die sabbat is baie noodsaaklik, dit is vir ons ‘n rusdag want dit is ook wat dit beteken. 

Die sabbat is gemaak vir die mens.

Markus 2:27-28;

(waar Jesus so baie in stryd was met die Fariseërs)

27         En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. 

28         Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

 

Omdat die sabbat rus is, is dit gemaak vir die mens, dat die mens kan rus en geleentheid te kan kry om sy God te kan aanbid. 

Die Fariseërs wou Jesus doodmaak omdat Hy die sabbat, volgens hulle voorskrifte nie gehou het nie want Hy het op die sabbat gewerk en dit was juis wat die sabbat verbied het. 

Jesus het gekom en die wet vervul.  Dit is ons waarborg en tog het Hy gewerk op die sabbat.  Dit is van die uiterste belang. 

Johannes 5:18;

            Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het. 

 

Ek wil hê, u moet mooi kyk, dit sê nie hier, die Jode het gesê dat Jesus die sabbat gebreek het nie.  Die Bybel sê Jesus het die sabbat gebreek en tog het Jesus vir ons die wet vervul.  Hy het op die sabbat geleer en genees. 

Markus 1:21.

            EN hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

Markus 6:2;

            En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?

Lukas 4:16;

            Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

Lukas 4:31;

            En Hy het afgekom na Kapérnaüm, ‘n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer.

Nog ‘n punt:

Konstantyn het in 321 n.C., (dit is een van die groot punte wat teen ons ingebring word) deur wetgewing die Christen sabbat op Sondag gewettig.  Nadat dit amper vir 300 jaar, alreeds deur Christene as sulks gehou is, soos ons gesien het selfs in die Bybel. 

Maar nou word dit vir ons gesê dat Konstantyn en die Roomse Kerk het Sondag die sabbat gemaak.  Dit is ‘n leuen, of die persone wat dit sê is onkundig of hulle sê dit om te mislei.  Daar is geen ander verklaring daarvoor nie want dit is nie die waarheid nie. 

Nou gaan ek vir u ‘n paar aanhalings lees uit die “Anti-Nicene Fathers”, die geskrifte van die vroeë kerkvaders tot in die jaar 325 n.C. en voor die beweerde veranderinge van Saterdag na Sondag deur Konstantyn en die Roomse Kerk.  Dit is wat die “sabbat-mense” sê, Konstantyn en die Roomse Kerk het dit verander. 

 

Al hierdie vaders wat ek nou van gaan lees het geleef en is geskryf lank voor Konstantyn en die Roomse Kerk.

 


Ek lees uit: “Dakes Annotated Bible”.

We next quote from the 10 Volumes called the “Anti-Nicene Fathers”.  The writings of the early church fathers down to 325 AD and before Constantine and the Catholic Church are supposed to have changed the sabbath from Saturday to Sunday. 

 

a) Ignatius, Bishop of Antioch, who lived at the time of the Apostles namely from 30-117 AD (dit is die tyd waarin die N.T. geskryf is) he, like Polycarp was a disciple of St. John, one who should know Christian practice among the early Christians and to the sabbath. 

He wrote: After the observance of the sabbath that the Jews kept, let every friend of Christ keeps the Lord’s day, as a festival, the resurrection day, the queen and chief of all days of the week on which our lives sprang up again and victory over death was obtained in Christ.  It is absurd to speak of Jesus Christ with the tongue and to cherish in the mind a Judaism which has come to a end.  If any man preach the Jewish law unto you, listen not to him.  For it is better to hearken to Christian doctrine from a man who is circumcised, than to a Judaism from one uncircumcised.  (Vol. 1 pages 63-82.) 

 

b) In the Espistle of Bárnabas, ascribed to Paul’s companion by Clement, Origen and others, we read:  He said to them, Your new moons and your sabbaths, I cannot endure - (Isaiah 1:13.)  You perceive how he speaks: Your present sabbaths are not acceptable to me.  I will make a beginning of the 8th day, that is, a beginning of another world.  Wherefore, also we keep the 8th day with joyfulness, the day on which Jesus rose again from the dead.  (Vol. 1 page 147.) 

 

c) Justin Martyr, a Gentile born near Jacob’s well, about 110 AD writes: On the day called Sunday, all who live in cities or in the country, gather together in one place, and the memoirs of the Apostles or the writings of the Prophets are read.  But Sunday is the day on which we hold our common assembly, because it is the first day on which God, having wrought a change in the darkness and matter, made the world; and Jesus Christ our Saviour on the same day rose from the dead.  (Vol. 1 page 186.) 

 

d) In his dialogue with Trypho, a Jew, Justin Martyr says, is there any other matter, my friends, in which we are blamed, than this, that we live not according to the law, and are not circumcised in the flesh as your forefathers were, and do not observe the sabbaths as you do? 

Christians would observe the law, if they did not know why it was instituted.  For we too would observe the fleshly circumcision, and the sabbaths, and in short all feasts, if we did not know for what reason they were enjoined you.  How is it Trypho, that we would not observe those rites which do not harm us.  I speak of fleshly circumcision, and sabbaths, and feasts? 

The Gentiles, who have believed in Him, and who have repented of their sins shall receive the inheritance along with the patriarchs even although they neither keep the sabbaths nor are circumcised, nor observe the feasts.  Christ is useless to those who observe the law.  The sabbath and sacrifices and offerings and feasts have come to an end in Him who was born of a virgin.  But if some through weak-mindedness, wish to observe such institutions as were given to Moses, along with their hope in Christ, they shall probable be saved.  (Vol. 1, pages 199-218.)

 

Einde.

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137894
This_MonthThis_Month2079
All daysAll days137894