new-top-banner-english

Israel in die Nuwe Testament

E-Boek: Israel in die Nuwe Testament

Deel 1

Israel in die Nuwe Testament

 


Inleiding

Die magtige boodskappe en vurige profesieë van die profete van die OT aangaande die uiteindelike herstel van Israel tot haar nasionale en godsdienstige oppermagtigheid onder die Messías (die Christus) het net so onveranderd in die NT oorgegaan.

 

Wanneer ons dus na die NT kyk moet ons, ons denke van alle blote teologiese opvattings en veronderstellings suiwer.  Ons moet veral die gedagte dat die kerk die ware Israel is, en dat die vooruit verwagting van die OT aangaande die koninkryk in die kerk vervul is, heeltemal verwerp.  Hierdie opvatting is ‘n erfenis van Rooms Katolieke en na-apostoliese teologie.

 

Ons moet dus nie uitlegginge van die Bybel onvoorwaardelik aanvaar net omdat hulle algemeen bekend is nie.  Moet veral nie aanvaar dat die “troon van Dawid” - (Luk. 1:32) sinoniem met “My Vader se Troon” - (Open. 3:2 1) is, of dat “die huis van Jakob” - (Luk. 1:33) die kerk (gemeente) is wat uit beide Israeliet en heiden bestaan nie.

Die Koningskap van Jesus Christus word in die Dawidiese Verbond omlyn - (2 Sam. 7:8-16; Eség. 37:22-28 en baie ander verwante Skrifte), deur die profete verder verklaar, en in die NT bevestig.  Laasgenoemde verwerp of verander in geen opsig hoegenaamd die Dawidiese Verbond, of die vertolking wat die profete daaraan gegee het nie.  Inteendeel, dit gee verdere besonderhede wat nie in die profete se visie voorgekom het nie.  Die Bergpredikasie (Matthéüs 5) byvoorbeeld, is ‘n uitbreiding van die gedagte van “geregtigheid” as die uitstaande kenmerk van die Messiaanse Koninkryk - (Jes. 11:2-5; Jer. 23:5-6; Jer. 33:14-16).

 

Die profete van die OT was juis uit die veld geslaan deurdat hulle as het ware op een gesigseinder beide die lyding en die heerlikheid van die Messías gesien het - (1 Pet. 1:10-11).

Die NT verklaar dit vir ons deur aan te toon dat hierdie twee aspekte van die Messías van mekaar geskei word deur die huidige Kerk (gemeente) Tydperk, en wys vir ons ook heen na die terugkeer van die Christus (die Messías) om die Dawidiese Verbond van seëning in krag en majesteit te kom vervul - (Luk. 1:30-33; Hand. 2:29-36; Hand. 15:14-17), net soos Hy al die profesieë aangaande sy lyde met sy Eerste Koms vervul het.

Vergelyk: Hand. 3:22-25;  Gal. 3:13;  Gal. 4:4-6.

 

Christus word nêrens die Koning van die Kerk genoem nie.  “Die Koning” is inderdaad een van die Goddelike titels, en die kerk (die gemeente) sluit by Israel aan in haar aanbidding en verheerliking van “die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleen wyse God” - (Ps. 10:16; 1 Tim. 1:17).  Die ware gemeente, wat die liggaam van Christus is, is bestem om saam met Hom te regeer.  Die Heilige Gees roep nou, nie sover die onderdane nie, maar die mede-erfgename en die mede-heersers, van hierdie koninkryk uit -

(Rom. 8:15-18;  1 Kor. 6:2-3;  Filip. 3:8-14;  Heb. 11:35;  2 Tim. 2:11-12; 

Open. 1:5-6;  Open. 3:21;  Open. 5:9-10;  Open. 20:4-6).

Die ware onderdane sal in die “Tyd van die Benoudheid van Jakob” - (Jer. 30:4-7) die lig sien wanneer ‘n nasie op een enkele dag, die “Dag van Benoudheid”, - (Ps. 50:14-15; Ps. 91; Eség. 30:3. Eség. 34:12; Rom. 11:25-29) gebore sal word - (Jes. 66:8).

 

Israel in die Evangelie volgens Matthéüs

 

Die veld en die strekking van hierdie Boek word vir ons in die heel eerste vers aangegee.  Matthéüs is “die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham” - (Matt. 1:1).  Dit verbind Hom onmiddellik met twee van die vernaamste Verbonde van die OT: die Dawidiese Verbond van Koningskap, en die Abrahamiese Verbond van Belofte -

(2 Sam. 7:8-16; Gén. 15:5-6,18; Gén. 17:1-4,6,8,19-21; Gén. 22:8,13-18).

Matthéüs skryf dan van Jesus Christus in hierdie tweeledige openbaring wat duidelik na vore kom in hierdie hele Boek.

Soos aangedui in die heel eerste vers, skryf hy eerste oor die Koning, die Seun van Dawid, en dan van die Seun van Abraham wat, soos deur Isak voorgestel, gehoorsaam was tot die dood toe - (Gén. 22:1-18;  Heb. 11:17-19).

 

Die uitstaande eienskap van Christus in Matthéüs is egter die van Verbondskoning, Dawid se “regverdige Spruit” - (Jer. 23:5; Jer. 33:15).  Matthéüs gee vir ons Jesus se geslagsregister; sy geboorte in Bethlehem die stad van Dawid, volgens Miga 5:1; die bediening van sy voorloper volgens Maleági 3:1; die bediening van die Koning Self; sy verwerping deur die Judaïese van Israel onder die aanvoering van die Esau element in hulle midde - (vgl. Matt. 13:38; Matt. 23:33; Luk. 11:49-51; Joh. 8:44,47; Joh. 10:26; Hand. 13:10; 1 Joh. 3:12), en sy voorspellings van - “Sy Wederkoms in groot krag en heerlikheid”.

Die boek van Matthéüs is dus by uitstek die Evangelie van Israel.

Matthéüs kan in drie hoof afdelings ingedeel word:

I.  Die openbaring aan ‘n gedeelte (die amptelike gedeelte) van Israel, naamlik die Huis van Juda, en die verwerping van Jesus Christus, die Seun van Dawid, - Matt. 1:1; Matt. 25:46.

Die onderverdelings van hierdie gedeelte is:

(1) Die amptelike geslagsregister en geboorte van die Koning, - Matt.1:1-25;

(2) Die onbekende kinderjare van die Koning, - Matt. 2:1-23;

(3) Die koninkryk het “naby gekom,” - Matt. 3:1; Matt. 12:50;

(4) Die verborgenhede van die koninkryk, - Matt. 13:1-52;

(5) die bediening van die verworpe Koning, - Matt. 13:53; Matt. 23:39;

(6) die belofte van die Koning om terug te kom in krag en heerlikheid, - Matt.  24:1; Matt. 25:46.

II. Die soendood en opstanding van Jesus Christus, die Seun van Abraham, - Matt. 26:1-2; Matt. 28:8.

III. Die Opgestane Here se bediening aan sy eie - Matt. 28:9-20.

 

Matthéüs 1:21;

en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Daar is net een volk in die hele wêreld en in die hele geskiedenis wat in die Skrif die Volk van God genoem word, en dit is Israel.

In Exodus 3:6-7 lees ons;

6          Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

7          En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.

Lees ook: Ex 3:8,10,13,15,16,18;

Ex. 4:5; Ex.5:3; Ex. 6:5-6; Ex. 15:16; Ex. 19:5- 6; -

Vgl. 1 Petrus 2:9-10;

Met:

Hoséa 1:9-12;  Hos. 2:15-22;  Deut. 4:5-8;  Deut. 4:20,33-37;  Deut. 7:6-8;

Jes. 43:14-15,20-2l,25;  Jes. 44:1-2,6,8,21-23;  Jes. 45:4,11,17,25;  Jes. 46:3-4. 

Sien ook verder die hele Jesaja vanaf hoofstuk 48 tot 66; Rom. 11:25-29.

Hiermee moet ons ook saam lees:

Jes. 9:5-6;  Deut. 30:1-6;  Jer. 31:31-33;  Eség. 37;  Luk. 1:31-33,54-55,67-79;  Luk. 2:25,30-32;  Heb. 8:8-12.

Hieruit kom dit baie duidelik na vore dat Israel eers van hulle sondes verlos moet word voordat die res van die wêreld die lig sal ontvang.  Die uitdra van die evangelie moet saamgaan met ‘n gesagstaat wat sal bestaan uit ‘n waarlik bekeerde Israel met Jesus Christus (die Messías) op die troon van sy vader Dawid - (lees en verklaar weer Open. 3:21). 

Dit is hierdie waarheid wat in hierdie tyd waar die ware Christendom voor sy grootste bedreiging van alle tye te staan gekom het, en waar wet en orde en reg en geregtigheid op die punt staan om van die aarde af te verdwyn, baie prominent na vore gebring moet word.

Matthéüs 2:6;

En jy, Bethlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.

Die owerpriesters het hier op die navraag van Herodes geantwoord en vir hom uit Miga 5:1 aangehaal.  Weereens wys dit daarop dat Jesus die Christus gekom het volgens die profete om vir Israel ‘n Leidsman en ‘n Herder te wees.  As ons dan waarlik vir Christus wil verkondig, moet ons hierdie aspek van Hom nie net nie buite rekening laat nie, maar ons moet dit beklemtoon, want so word dit deur die profete gedoen.  Ons sal ‘n baie belangrike deel van die Godsplan miskyk as ons dit nie doen nie, en sodoende die hele evangelie verdraai.  Dit is presies wat vandag in die prediking van Gods Woord gedoen word.  Die tragedie van die saak is dat so min in Israel hierdie groot waarheid hoor en dat die oorgrote meerderheid heeltemal blind en onvoorbereid is vir die “Klimaks van die Eeue” wat nou voor die deur is.

Matthéüs 3:2;

            “ - - - - - Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

 

Dit is hoe Johannes die Doper met sy bediening begin het.  Hierdie tema en die herstel van die koninkryk van God op aarde is die boodskap van Johannes die Doper, van Jesus en van sy apostels.  Hierdie koninkryk, wat aan Adam toevertrou was, toe God aan hom gesê het: - - - - -

“- - - - - Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die vise van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip - (Gén. 1:28)

- - - - het die duiwel van hom gesteel.

 

Hierdie “KONINKRYK VAN DIE HEMELE” dui die Messiaanse Regering op aarde van Jesus Christus, die Seun van Dawid, aan.  Dit is dieselfde koninkryk waarvoor Jesus sy dissipels leer bid het:

Matthéüs 6:10;

Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.

Hierdie benaming kom uit die Profeet Daniël waar dit beskryf word as die koninkryk wat “die God van die hemel” sal oprig na die vernietiging van die heidense (Babiloniese), wêreldstelsel (Gr. kosmos) deur “die klip wat sonder toedoen van mensehande losgeraak het - (Dan. 2:34-36,44; Dan. 7:23-27).

Dit is die koninkryk wat met ‘n eed aan Dawid en sy nageslag beloof is - (2 Sam. 7:7-10); wat in die profete vir ons beskryf word, bv. Sagaría 12:8.

(Sien verseker ons Konferensie Reeks Boodskappe oor die Paasnaweek van 1979); en wat die Engel Gabriël aan Jesus Christus bevestig het deur sy woorde aan Maria in Lukas 1:32-33.

 

Die “KONINKRYK VAN DIE HEMELE” het drie aspekte in Matthéüs:

1) “het naby gekom” vanaf die bediening van Johannes die Doper - (Matt. 3:2) tot by die feitlike verwerping van die Koning - (Matt 11:22-32) en die aankondiging van die nuwe broederskap - (Matt. 12:46-50);

2) Die sewe “verborgenhede van die koninkryk van die hemele,” wat gedurende hierdie huidige dispensasie vervul sou word, - (Matt. 13:1-52), en waarby ook nog moet gevoeg word die gelykenisse van die koninkryk van die hemele wat na die van Matthéüs 13 gespreek is;

3) Die profetiese aspek dat die koninkryk opgerig sal word na die terugkeer van die Koning in heerlikheid - (Matt. 24:29; Matt. 25:46; Luk. 19:12-19; Hand. 15:14-17).

Lees ook die volgende verse wat op dieselfde tema betrekking het:

Matt. 4:17,23:  Matt. 5:1,3,10,17-20.

In vers 1 is die berg waarop Jesus geklim het ‘n tipe van die koninkryk van die hemele.

Vergelyk: Jes. 2:1-5;  Jes. 11:1-12;  Miga 4:1-8).

 

Nadat Hy aangekondig het dat die “Koninkryk van die Hemele” naby gekom het, verklaar die Koning nou in Matthéüs 5 tot 7, die beginsels van die koninkryk. 

 

Die Berg Predikasie het ‘n tweeledige toepassing:

1) Letterlik op die Koninkryk self.

In hierdie opsig is dit die afkondiging van die Goddelike Grondwet vir die regverdige administrasie van hierdie aarde.  Wanneer die koninkryk van die hemele uiteindelik op die aarde gevestig is, sal dit volgens hierdie grondwet wees, wat as ‘n verduideliking en uiteensetting van die begrip “geregtigheid,” soos deur die profete gebruik in hulle beskrywing van die koninkryk (bv. Jes. 11:4-5; Jes. 32:1; Dan. 9:24), beskou moet word.

Hier lê die ware rede waarom die Jode die koninkryk verwerp het.  Hulle het nie na “Geregtigheid” gesoek nie, maar net na uiterlike vertoon en mag.  Hulle was nooit bestraf omdat hulle ‘n sigbare en kragtige koninkryk verwag het nie.  Die woorde van die profete moes hulle egter voorberei het om te verwag dat die armes van gees en die sagmoediges ‘n deel daarin sou hê - (bv. Jes. 11:4). Psalm 72 wat algemeen deur hulle aanvaar was as ‘n beskrywing van die koninkryk, is vol van hierdie waarheid.

2) Geestelike toepassing.

Daar is egter ook ‘n skoon en verhewe geestelike toepassing op die Christen.  Dit sal altyd algemeen waar bly dat die arme van gees, en nie die trotse en hoogmoedige nie, geseënd sal wees; dat diegene wat treur oor hulle sondes, en wat dus in die volle besef van hulle tekortkominge, sagmoedig is en honger en dors na geregtigheid, in hulle honger en dors versadig sal word.  Die barmhartige sal “salig” wees en die wat rein van hart is “sien God”.  Hierdie beginsels word weer baie duidelik in die Sendbriewe na vore gebring.

Lees self die ONSE VADER in Matthéüs 6:9-13;

en let veral op vers 10, “Laat u koninkryk kom”;

en vers 13, “Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid”. 

Hier leer ons Here Jesus self vir ons om te bid vir hierdie koninkryk wat weereens presies dieselfde is as die waarvan die Engel Gabriël in sy boodskap aan Maria gepraat het toe hy die geboorte van Jesus Christus aangekondig het - (Luk. 1:31-33).

Matthéüs 6:33;

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

 

In Matt. 6:25-32 het ons die heidense wêreld met sy leuse van profyt teenoor die Koninkryk van God met sy motief van diens.

Lees ook: Lukas 22:24-30;  Johannes 18:36, 37;  Deut. 4:5-8.

Net soos in Matt. 3:2, is die Koninkryk van God hier ook die Messiaanse Koninkryk van ons Here Jesus Christus op die troon van sy vader Dawid met die hoof motief om die Godsregering op die aarde te herstel. 

Lees 1 Korinthiërs 15:24-25 en ons kommentaar daarop wanneer ons daarby kom.  Die basis vir hierdie koninkryk bestaan alreeds hier op aarde in die Israel Volk, maar dit moet nog van alle slegte elemente gesuiwer word.  Dit sal met die Wederkoms van Christus gebeur, soos ons verderaan sal sien.  Hierdie suiwering sal sigbaar wees en met groot krag en heerlikheid geskied. 

Nadat Christus vir ‘n duisend jaar oor hierdie koninkryk op aarde geregeer en al die wortels van sonde en onvolmaaktheid vernietig het, waarvan die laaste vyand die dood, ook vernietig sal wees, sal Christus die koninkryk oorhandig aan die Vader, sodat God kan wees alles, en in almal - (Vgl. 1 Kor. 15:24-28).

Matthéüs 8:11-12;

11        Maar ek sê vir julle, dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.

12        Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

 

Ons sien hier baie duidelik dat die koninkryk van die hemele nie basies die gereddes beteken nie, want geen ware wedergeborene sal uit die koninkryk uitgedryf word nie.  Ons kan ook sien dat die koninkryk Israel beteken, want die name van die drie aartsvaders van Israel, naamlik Abraham, Isak en Jakob word genoem.

Soos ons nog verderaan sal sien, is daar in die koninkryk baie onkruid wat nog uitgesuiwer sal moet word voor die Wederkoms van Christus wat kom om die troon van sy vader Dawid in besit te neem en oor Israel hier op aarde te regeer. Uiteindelik sal net diegene in daardie koninkryk wees wat weergebore is, soos ons aan Jesus se gesprek met Nikodémus in Johannes 3:3,5,7, kan sien. 

In hierdie koninkryk sal daar ook vanuit ander nasies diegene wees wat ook van Jesus se skape was, en wat die wedergeboorte deelagtig geword het; hulle sal die onverganklikheid en die onsterflikheid deelagtig geword het, en dus van gedaante verander het - (1 Kor. 15:51-53;  Filip. 3:20-21;  1 Thess. 4:13-18). 

Netso kan ons sien dat daar nou baie in die koninkryk is wat in der waarheid nie daar hoort nie, en met die wederkoms uitgedryf sal word in die buitenste duisternis, met ander woorde weg van die aangesig van God af.  Net diegene wat die wil van God gedoen het sal agterbly in die Koninkryk van God - (vgl. Matt. 7:21-22).

Matthéüs 9:35;

EN Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Hier sien ons weer hoedat Jesus oral rondgegaan en die evangelie van die koninkryk verkondig het.  Dit is nog dieselfde koninkryk waarvan die Bybel van die begin af praat.  Hierdie koninkryk is onlosmaakbaar van die Volk van Israel en van die letterlike “Troon van Dawid”.  Hier sien ons ook dat die genesing van siekes saam met die verkondiging van die koninkryk gegaan het.  Die verklaring hiervoor is baie duidelik.  Wanneer die koninkryk in sy volmaaktheid herstel is, sal daar geen siekte wees nie, want siekte is deel van die sondeval. 

Ons lees in:

Jesaja 33:24;

En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.

Lees self: Jes. 33:22, en ook verse 5-6,15-17,20-22 en Jes. 32:1,14-18.

 

Na haar uittog uit Egipte het die Here vir Israel gesê:

“ - - - - - As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak - (Ex. 15:26).

Vergelyk ook: Ex. 23:25-26;  Deut. 7:11-15).

Israel het gesondig en hierdie gebooie en insettinge nie onderhou nie.  Die siektes en ander vloeke het hulle getref. 

In Jesaja 53 lees ons hoedat Jesus aan die kruis en in die eerste plek vir hulle versoening sou doen.

Lees hier veral Jesaja 53:8;

“ - - - - - - Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

Wie is hierdie “my volk?”

Daar is net een volk wat God dwarsdeur die Bybel sy volk noem, en dit is Israel.  Dit was ook alleen Israel wat God se Wet oortree het, want dit was alleenlik aan Israel gegee.  Daarom is die woorde “ongeregtigheid” en “oortreding” van Jesaja 53:5-6, ook in die besonder op Israel van toepassing.

Ons kan dit ook mooi sien in die geval waar die Kananése vrou na Jesus toe gekom het om Hom te vra om haar dogter wat van die duiwel besete was, te genees. 

Lees Matthéüs 15:21-28.

Jesus het toe vir haar gesê: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel” - (vers 24).

Toe sy voor Hom neerval en Hom om hulp smeek, sê Hy vir haar: “Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir hondjies te gooi nie” - (vers 26).

Hierdie brood was Israel se genesing wat Hy deur sy wonde vir Israel beskikbaar gestel het.

Lees Jesaja 53:4-5 met Matthéüs 8:16-17.

Hierdie heerlike waarheid bestaan vandag nog netso onveranderd, maar vandag, net soos op daardie dag met die Kananése vrou, toon die heiden dikwels meer geloof as Israel self - (sien Matt. 15:28), en ontvang van Hom wat in die eerste instansie vir Israel bedoel was.  Die Kananése vrou het ook ‘n groot waarheid daardie dag uitgebring, ‘n waarheid met omvattende implikasies wat vandag miskien nog meer van toepassing is as ooit te vore, toe sy gesê het: “Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval” - (Matt. 15:27).

Dit was, en is nog steeds, God se bedoeling dat Israel vir Hom ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie sou wees, en dat deur hulle die seëninge van God ook na die ander nasies sou gaan. 

Lees self hoe dit in die millennium sal wees in:

Jes. 2:2-5;  Sag. 14:16-21 en Open. 21:26.

Selfs vandag in Israel se blindheid het die nasies van die wêreld hulle bestaan en mate van voorspoed tog aan haar te danke.  As dit nie was vir die Blanke Protestantse Volkere van die Weste (hedendaagse Israel, sien ons boek: “Die ‘Verlore’ Tien Stamme van Israel”, nie, sou die meeste volkere van die wêreld al doodgegaan het van die honger, of tenminste nog in ‘n uiters primitiewe stadium verkeer het.  As ons ooit ‘n ware boodskap vir die wêreld in hierdie uiters kritieke stadium van sy bestaan wil bring, sal hierdie Waarheid in sy volle implikasies in die krag van die Heilige Gees uitgebring moet word. 

 

In Matthéüs 10 sien ons hoedat ons Here Jesus sy twaalf apostels gekies het en aan hulle mag oor onrein geeste gegee het om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees - (vers 1).  Maar wat het Hy vir hulle spesifiek beveel?

Matthéüs 10:5-8;

5          Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;

6          maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

7          En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

8          Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 

Let op hoe dat Israel, die Koninkryk en Genesing weer saamgaan in hierdie opdrag. 

Vergelyk dit met: Matthéüs 15:24;  Eségiël 34:1-31;  Lukas 19:9-10.

Lees ook: Matthéüs 10:23, as deel van die opdrag van verse 5 tot 8. 

Daar is so ‘n groot agterstand in die verkondiging van hierdie waarheid dat ons nie eers die volle Israel daarmee teen die tyd van die Wederkoms van Christus sal bereik het nie.

Lees hiermee saam: Matthéüs 24:14.

 

Die Verborgenhede van die Koninkryk van die Hemele

Matthéüs 13.

As ons net die waarheid duidelik voor oë wil hou dat die koninkryk van die hemele, Israel (die letterlike volk) beteken, dan sal ons ook al die gelykenisse in hierdie hoofstuk duidelik verstaan en ons self vrywaar van groot dwaling. 

Luister net weereens wat die engel vir Maria gesê het:

Lukas 1:31-33;

31        En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

32        Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid (‘n aardse troon) gee,

33        en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

 

Hier sien ons weer die troon van Dawid wat ‘n aardse troon was; die huis van Jakob wat regdeur die Skrif altyd dui op die letterlike Volk Israel, en dat die koningskap van Jesus oor Israel, die letterlike volk, hier op aarde sal wees.  Dit behoort ons tot diep nadenke te stem in hierdie tyd waar al God se beloftes aan Israel of geïgnoreer of vergeestelik word.

Lees self: Dan. 2:35,44; Dan. 7:14,18,27, wat hierdie waarheid bevestig.  Dit loop so regdeur die Skrif. 

Daar is sewe gelykenisse in Matthéüs 13, en ons Here Jesus noem hulle die “Verborgenhede van die koninkryk van die hemele”.  Die Koninkryk van die Hemele is God se koninkryk op aarde oor Israel met Jesus op die troon van sy vader Dawid.  Hou dit altyd voor oë, en u sal nie ‘n fout maak met die betekenis en bedoelinge van hierdie gelykenisse nie.

 

1). Die Saaier.

(Matt. 13:1-23 ook in Markus 4:1-20; Lukas 8:4-15).

Hier het ons Here Jesus vir sy dissipels gesê dat dit aan hulle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar dat dit nie aan die menigtes gegee is nie - (Matt. 13:11).

In die tyd van ons Here Jesus se bediening, was daar maar ‘n klein klompie gewees wat waarlik nog van suiwer Israel saad was.  Die meeste was al so verbaster en vermeng dat hulle nie meer as God se skape gereken kon word nie, en dus ook nie meer die stem van die Herder kon herken nie.  Om die ware skape egter sy stem te laat hoor, moes Hy sy stem tot almal laat kom, sodat diegene wat wou en sou luister, daarop antwoord kon gee.

Dit was “die woord van die koninkryk” wat almal die geleentheid moes kry om te hoor - (vers 19).  Daar sou maar net een vierde deel wees, en dan sê dit ook nie dat dit proporsioneel is nie, wat “goeie grond” - (vers 23) sou wees en wat ‘n goeie oes sou oplewer wanneer die saad daarop val.  Diegene wat Jesus se boodskap aangeneem het was so min dat Hyself hulle “klein kuddetjie” - (Luk. 12:32) genoem het. 

Deur die Christelike Dispensasie heen is diegene wat die evangelie waarlik aangeneem en vrugte gedra het, in vergelyking met diegene wat dit gehoor het, maar baie min.  Van die nasies van die wêreld was dit net die Blanke Protestantse Westerse Nasies wat as nasies die evangelie aangeneem het, en bereid was om goed en bloed daarvoor op te offer. 

Dit is dan ook hulle alleen wat die aarde gevul het met vrugte soos die HERE aan Israel beloof het dat sy sou doen - (Jes. 27:6;  Jes. 41:14;  Jes. 41:21;  Jes. 43:10,12,14-15,20-21; Jes. 44:1-2,6,8,21-23; Jes. 48:12; Jes. 49:3,6-7,15-16,26; en nog baie meer).

Hierdie Volkere verteenwoordig vandag nie eers meer ‘n volle 10% van die wêreld bevolking nie, en tog dra hulle ver oor die 90% van die evangelie uit oor die lengte en breedte van die aarde!

 

(2) Die Onkruid tussen die Koring

(Matt. 13:24-30,36-43).

Hierdie gelykenis (verse 24-30) word deur ons Here Jesus in verse 36-43 verklaar.  Dit is ‘n baie duidelike gelykenis van die Koninkryk van die Hemele.  Die koring, of die goeie saad, is die kinders van die koninkryk, die saailand is die wêreld, die onkruid is die kinders van die duiwel.  Daar is dus hierdie twee soorte mense in die wêreld, en dit het aanvanklik nog niks te doen met redding of nie redding nie; met andere woorde net die feit dat iemand nog nie glo nie maak hom nog nie reg van die aanvang af ‘n kind van die duiwel nie. 

 

Soos ons in die gelykenis van die saaier gesien het, het ons hier weer die twee groepe mense naamlik die een groep wat die kinders van die koninkryk is en sal luister wanneer hulle die stem van die Goeie Herder hoor, en die ander wat nie sal luister na sy stem nie, maar na die stem van hom wat hulle gesaai het, naamlik hulle vader die duiwel.  Dit is hulle vir wie Jesus ook gesê het dat hulle van hulle vader die duiwel was. 

Sien: Johannes 8:44.

Lees ook: Matt. 23:33;  Joh. 10:26;  Luk. 11:50;  1 Joh. 3:12;  Gén. 3:15.

 

Die oes is die voleinding van die eeu en die maaiers is die engele.  Die vermenging van die slegte saad, die kinders van die duiwel, met die kinders van die koninkryk, het so ver gegaan dat alleenlik die engele die onderskeid sal kan sien.  Hierdie vermenging wat so ‘n bedreiging geword het dat daar gevaar bestaan dat daar geen suiwer saad meer sal oorbly nie, noodsaak ook die ingryping van die kant van die engele.  Dit is ook waarom die kuddetjie klein is. Die engele sal hierdie onkruid uit die koninkryk uit verwyder wanneer Jesus kom om hier op aarde oor die huis van Jakob vanaf die troon van sy vader Dawid te regeer.  In die vertelling en uitleg van hierdie Koninkryksgelykenisse kan ons sien hoe na-aan die hart van Jesus die Koninkryk van God op aarde is. 

 

In vers 11 word die sewe gelykenisse van Matthéüs 13 deur ons Here Jesus die “verborgenhede van die koninkryk van die hemele” genoem.  Vir sy dissipels sou Hy dit verklaar sodat hulle dit duidelik sou kon verstaan, maar vir “die groot menigtes” sou dit verborge bly tot die “oestyd” (verse 30,40-43).

 

Gelykenis van die Saaier.

Matthéüs 13:1-9,18-23.

Hierdie gelykenis word as die basis van al die ander verborgenhede van die Koninkryk van die Hemele beskou.  Diegene wat hierdie gelykenis verstaan, sal ook al die ander gelykenisse begryp.  In Markus se weergawe van hierdie gelykenis lees ons in:

Markus 4:13;

En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?

In ons uitleg van hierdie gelykenis moet ons dus duidelik voor oë hou dat dit ‘n gelykenis van die Koninkryk van die Hemele is (verse 11 en 19) net soos ook die ander gelykenisse in hierdie hoofstuk.  Dit is absoluut fundamenteel.  Die “saad” is die “woord van die koninkryk” (vers 19).  Die “hoorders” (verse 19-20,22-23) word deur die vier tipes “grond” voorgestel.

Dit is dus belangrik om daarop te let dat die woord van die koninkryk suiwer gepredik moet word, anders is dit nie suiwer “saad” nie.  Volgens die gelykenis moet dit “die woord van die koninkryk” wees (vers 19), en moet daar niks met die “saad” verkeerd wees nie. 

Lees hier ook Romeine 10:14-17. 

Die “oes” hang dus van die verskillende tipes grond af, en siende dat die “grond” mense voorstel, dui dit dus op vier verskillende tipes mense, nog voordat daar vir hulle gepreek was.  Met ander woorde, dit was nie die “saad” wat die “grond” voorberei het nie.  Die saad het die grond gekry soos dit reeds was, en die oes het van die geaardheid van die grond afgehang.

In beide Matthéüs en Lukas word dit genoem dat die dissipels die Here Jesus gevra het waarom Hy in gelykenisse spreek en sy antwoord was:-

“- - - - Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie - (Matt. 13:11).

Die gelykenis bevat dus ‘n verborgenheid wat Christus privaat aan sy dissipels verduidelik het, maar wat die ongelowige Jode nie verstaan het nie. 

            “ - - - - - - - maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê –

            (Markus 4:34).

 

Kom ons kyk nou na ons Here Jesus se eie uitleg.

 

(1) Die Saad:

In Matthéüs word dit “die woord van die koninkryk,” genoem - (Matt. 13:19).

In Lukas word dit “die woord van God” (Lukas 8:11) genoem.

Wanneer ons clan hierdie twee benamings kombineer kry ons “die woord van God aangaande die Koninkryk,” en dus is dit die woord aangaande die oprigting, verlossing en herstel van die Koninkryk van God.  Dit was die groot opdrag aan Jesus se dissipels op hulle sendingreise na die Verlore Skape van die Huis van Israel. (Matt 10:1-42).  Dit is dus ook duidelik dat voordat hulle uitgegaan het, het hulle Heer eers aan hulle die verborgenhede, of geheimenisse, van die koninkryk verduidelik.

Dit was die onderwerp wat ons Here Jesus in sy Bergpredikasie uitgelê het, en die kern van die gebed wat Hy sy dissipels geleer het, naamlik: -

                       laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.

 

Hierdie Blye Boodskap van die koninkryk was dus die tema - van die Heer se lering.  Dit was die saad, en dit moes “gehoor” word (Matt. 13:19-20,22-23).  Dit moes in die hart “gesaai” word.

 

(2) Die Grond:

Dit moet onthou word dat die Jode hulle eie aspirasies gehad het van hoe die koninkryk herstel moes word.  Hulle het ‘n Messías verwag wat net ‘n nasionale bevryder sou wees.  Hulle wou ‘n koning gehad het wat die Romeinse oorheersers sou verdryf, en weer ‘n Israel, of Juda koninkryk in Palestina sou herstel.  Hulle wou nie hulle leë en skynheilige en verdraaide Mosaïese ritueel laat vaar nie; hulle wou nie erken dat hulle sondaars was en dat hulle weergebore moes word nie. 

Die Koninkrykboodskap en lering van Christus was op verlossing gebaseer, wat ‘n vervulling was van die profesieë aangaande die koms van die Offerlam wat die sonde van die wêreld sou wegneem, en Israel sou verlos.  Hulle het die Skrifte met hulle tradisies besoedel, en hulle siening van die Koninkryk het heeltemal verdraaid, soos en duiwels geword.  Die gevolg was dat hulle vir Christus nie as Koning erken het en dus ook nie sy lering wou aanvaar nie dat die herstel van die koninkryk alleenlik na diegene sou kom wat weergebore is en die vergifnis van sonde deur sy kosbare bloed aanvaar het.

In hierdie gelykenis wys Jesus die Christus op die hartsgesindheid van sy hoorders teenoor die hele saak van sy lering aangaande die koninkryk.  Kyk weer mooi na die verskillende tipes van mense wat deur die vier verskillende soorte grond voorgestel word.  Onthou dit was hulle aard voordat die saad nog op hulle geval het.  Daar was niks verkeerd met die saad nie, maar net met die grond.  Hier lê ‘n diep saak.  Is die toestand van die verskillende soorte permanent? Hoe het dit so geword? Is hulle so gebore, en indien wel, waar kom so ‘n toestand vandaan? Is daar iets anders wat so ‘n hart kan verander, want onthou, volgens die gelykenis (Jesus se gelykenisse was altyd getrou aan die natuur) het die saad nie die grond verander nie; geen saad het ‘n invloed op die grond nie, net die grond op die saad.

Elkeen wat die woord van die koninkryk verkondig, het hierdie ondervinding oor en oor.  Daar is sommige mense op wie die Woord geen ingang maak nie, selfs in sommige gevalle baie goeie mense, menslik gesproke; andere is baie opgewonde wanneer hulle dit hoor, en wil sommer uitgaan en die hele wêreld bekeer, maar, o wee! Net die eerste teëstand of kritiek, en hulle is onderstebo! Die derde tipe verstaan dit baie goed, stem heelhartig saam, en sal dit ook nooit vergeet nie, maar is nooit bereid om die volle prys te betaal nie, en dra dan ook geen goeie vrug vir die koninkryk nie.  Die vierde groep is net asof hulle vanaf hulle geboorte voorberei is; jy kan net een woord sê en die hele waarheid ontvou voor hulle oë in een oomblik.  Dit bly hulle nie net regdeur hulle lewens by nie, maar groei elke dag in helderheid en volheid in hulle harte, en hulle bring vrugte voort: Honderd, sestig en dertigvoudig.

 

Ten tye van ons Here Jesus se bediening op aarde was die koninkryk in ballingskap omdat die periode van straf volgens die sewe tye van straf in Levítikus 26 nog nie beëindig was nie, en dit nog vir meer as die volgende 1,900jaar sou duur.  Hy het hulle dus deur middel van gelykenisse van die koninkryk se bestaan en stille groei geleer, en aan hulle die geheim van sy uiteindelike hervestiging in majesteit en heerlikheid, wanneer Hy as Koning daaroor sou kom regeer, verduidelik.

Lees bv.: Hand. 1:3,6;  Markus 10:1;  Lukas 24:27,44.

Dit wil voorkom asof dit ons Here Jesus se bedoeling was dat diegene wat Hom nie as die waaragtige Seun van God wou ontvang nie, die waarheid aangaande die koninkryk en die toekoms daarvan, nie moes verstaan nie; die verborgenhede daarvan was dus net aan sy dissipels verduidelik, want hulle was die goeie grond waarop die sand geval en veelvoudig vrug voortgebring het.

 

(3) Die Toepassing:

Ons het gesien dat die saad die Woord van God aangaande die koninkryk is, en ons het vandag met dieselfde probleem te doen as wat daardie eerste draers van die Koninkrykboodskap gehad het.  Die houding van ons hedendaagse leraars en gemeentes teenoor die woord van die koninkryk is baie dieselfde as wat dit was in die dae van ons Here Jesus op aarde.  Hulle het nie die betekenis van die Koninkrykboodskap gesnap nie, en begryp nie die verborge betekenis van die lering van die Koninkryk Gelykenisse nie.  Hulle kyk maar net uit vir ‘n geestelike ontwikkeling volgens die patroon van bestaande Kerk Organisasies, en is net so blind soos wat die Jode was aangaande die ware Koninkryk van God op aarde.

Maar, loof die Heer, regdeur die eeue heen was daar darem altyd ook die goeie grond, en die waarheid het voortgeleef.  In hierdie dae word die woord van die koninkryk al meer en meer aangeneem, want daar is baie tekens dat die tyd van herstel naby is.

Alle ware dissipels van Christus is geregtig op die leiding en lering van die Heilige Gees, en Hy sal aan hulle die geheime van die Here en die verborgenhede van sy koninkryk openbaar.  Ons sien vandag oral aanduidings van ‘n oes wat die belofte vervul van - “die een honderd en die ander sestig en die ander dertigvoudig” - (vers 23)

 

Gelykenis van die Onkruid

(Matt. 13:24-30,36-43)

Hierdie gelykenis is nog ‘n gelykenis oor die “Koninkryk van die Hemele” wat ons gesien het die koninkryk van God op aarde is met Israel as die middelpunt.  Ons is gelukkig dat die verklaring van hierdie gelykenis vir ons baie duidelik deur ons Here Jesus self gegee word.  Die gelykenis word vir ons in verse 24 tot 30 gegee, en die verklaring in verse 36 tot 43.

 

1. Die Gelykenis.

Matthéüs 13:24-30;

24        “ - - - - - Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het. 

Dit skyn asof daar mense moes gewees het wat veronderstel was om die land met sy pas gesaaide saad op te pas sodat daar nie ‘n ander kon kom om slegte saad tussen die goeie saad te saai nie.  Ongelukkig is dit presies wat gebeur het.  Die oppassers het aan die slaap geraak en die vyand het gekom en onkruid tussen die saad gesaai.  Daar is baie toepassings wat ‘n mens van hierdie gelykenis kan maak, maar ons moet die basiese betekenis dat dit ‘n gelykenis van die Koninkryk van die Hemele is, nooit uit die oog verloor nie.

Soos ons in die verklaring sal sien is die saaier niemand anders as ons Here Jesus self nie (vers 37), die vyand is die duiwel (vers 39), en beide die goeie saad en die onkruid is mense (vers 38), en die saailand is die wêreld (vers 38).  Hierby moet ons basies bly.  Ons kan dit ook neem dat daar dikwels, as ons nie waak nie, ook slegte saad in die tuin van ons denke gesaai word.  Dit is veral vandag so met ons massa media wat deur hierdie selfde slegte saad beheer word, en die denke van die mense manipuleer deur hulle te laat hoor en lees net wat hulle wil hê die mens moet weet.

Die onkruid het so tussen die koring opgekom dat dit onmoontlik was om voor die oestyd die onkruid tussen die koring uit te haal sonder om van die koring daarmee saam uit te trek.  Let daarop dat die onkruid eers bymekaargemaak word om verbrand te word, en dan word die koring in die skuur ingebring.  In die oestyd sal ook beide die koring en die onkruid tot volle rypheid, volwassenheid en hardheid gekom het, en volkome volgroeid.

 

2. Die Verklaring van die Gelykenis: verse 36-43:

Hy wat die goeie saad gesaai het is die Seun van die Mens, ons Here Jesus Self. Die goeie saad is die kinders van die koninkryk, en dus mense, spesiale mense. Hulle is mense wat God se skape genoem word, waaruit Hy vir Homself sy Israel Volk opgebou het.  Deur gedurige uitverkiesing en seleksie het Hy hierdie volk suiwer probeer hou.  Hy het vir Adam en Eva gemaak.  Uit hulle het Set gekom om die saad voort te sit.  Met die tyd van Noag was dit net Noag wat daarvan oorgebly het en soos God die Sondvloed stuur om die ander uit te roei.

Na die Vloed is hierdie saad deur Sem voortgesit en het die Here uiteindelik vir Abram afgesonder om sy volk uit hom op te bou.

Maar van die begin of was die Bose, dit is die duiwel, daar om sy saad tussen die koring te saai.  Ons moet baie noukeurig daarop let dat net soos die goeie saad die kinders van die koninkryk is, so is die onkruid die kinders van die Bose en dus ook mense.  Saad kan egter net voortbring volgens sy soort.  Dit is van die uiterste belang.  Die onkruid bly onkruid en die koring bly koring tot die oestyd. Net soos Adam die seun van God genoem word (Lukas 3:38), so word Kain “uit die Bose” genoem (1 Joh. 3:12).

In Gén. 3:15 lees ons van die saad van die slang, en van die saad van die vrou, en dit dui albei op mense: die saad van die slang is die onkruid, en die saad van die vrou is die koring.  Net soos die oestyd dus die voleinding van die wêreld is, so was die saaityd die begin, hier in die Tuin van Eden.  Vanaf die begin tot die einde sal ons in die Bybel en die wêreld hierdie twee soorte mense vind.  So sê ons Here Jesus byvoorbeeld vir sommige uit die Jode die volgende:

“Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan – Joh. 8:44

Matthéüs 23:31-33;

31        Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders (afstammelinge) is van die wat die profete vermoor het.

32        Maak die maat van julle vaders dan vol!

33           Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

 

Hier is ‘n duidelike voorbeeld van die onkruid wat tussen die koring was.  Netso praat ons Here Jesus aan die anderkant van sy skape wat na sy stem luister (Johannes 10:27-28). Hierdie draad kan regdeur die Bybel gevolg word.  In Maleági 1:2-3, lees ons dat God Jakob liefgehad en vir Esau gehaat het.

 

In breë trekke het hierdie goeie saad in Israel te lande gekom en die slegte saad in die heidendom.  Deur die liste van die duiwel het daar so baie van hierdie “onkruid” tussen die koring te lande gekom dat net die engele in die oestyd die skeiding sal kan maak.  Net soos met Jakob en Esau byvoorbeeld het die twee sade so vermeng geraak dat hulle saam selfs in dieselfde familie kan voorkom, en uit dieselfde ouers gebore word.

Weer moet daarop gelet word dat ons Here Jesus gesê het dat die vyand hierdie onkruid tussen die koring gesaai het terwyl die mense geslaap het.  Die vraag kom onmiddellik op: Waar was Adam toe die Satan vir Eva verlei het? Geen wonder dat ons Here Jesus ons so sterk waarsku om nie te slaap nie, maar om te waak.

Lees self die volgende Skrifte:

Matt. 25:5;  Matt. 26:40-45;  Markus 13:36;  1 Thess. 5:6-7;  Rom. 13:11.

In vers 39 het ons dan gesien dat die oes die voleinding van die wêreld is, en die maaiers is die engele.

In Joël 3:13 lees ons:

Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.

Wanneer ons die Boek van Joël ontleed, dan sien ons dat dit oor die opstand van die heiden teen God se Volk Israel handel in die tyd van die “Benoudheid van Jakob” aan die voleinding van die eeu.  Dit is in ooreenstemming met al die ander profete. 

Dit is ook wat ons lees in:

Romeine 11:25-27:

25        Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene (hulle rypwording) ingegaan het;

26        en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

27        en dit is van my kant die verbond (die Nuwe Verbond) met hulle as Ek hulle sondes wegneem.

 

Ons kan in hierdie tyd die volheid, of die rypwording van die heidene sien in hulle woede teen die Christen Weste, soos dit ook voorspel word in Psalms 2 en 83. Dit sal dan in hierdie tyd wees wanneer die Here ook sy engele sal uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak vanuit die vier windstreke van die een end van die hemele af tot by die ander end daarvan - (Matt. 24:31).  Hierdie uitverkorenes is Israel soos ons onder andere in die volgende Skrifte kan sien:

Jes. 43:1,5-7,10-12,14-15,20-21,25;  Jes. 44:1-3,6,8,21-23;  Jes. 45:4; 2 Kon. 9:6.

 

Net soos daar egter in die tyd van ons Here Jesus op aarde diegene binne die Judaïese was wat in Palestina gewees het, en tog nie van God se skape was nie, maar kinders van die Bose, so sal dit ook die geval wees met die Israel Nasies in die “Tyd van die Voleinding”, dit is nou.  Daar is baie onder ons vandag, selfs met die uiterlike voorkoms van die ware Israel, maar met ‘n hart wat van die Bose is.  Hulle sal deel wees van die onkruid wat in bondels gebind en uitgewerp word in die buitenste duisternis.  Netso sal daar ook diegene buite die grense van Israel wees, wat uiterlik nie na Israel lyk nie, maar in wie se harte van God se saad is, wat in daardie dag sal kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aansit in die koninkryk van die hemele. 

Sien: Matthéüs 8:11-12.

Die woord “aansit” is natuurlik baie belangrik, want dit dui op diegene wat sal aansit met die Bruid van die Lam, dit wil sê diegene wat saam met Jesus sal regeer.  Dit sal weer alleenlik diegene wees wat of deelgeneem het aan die Opraping of aan die Eerste Opstanding, en dus in albei gevalle verheerlikte liggame ontvang het. 

Sien ons Studie “Die Opraping”.

Daardie liggame sal lyk soos Jesus se liggaam na die Opstanding, met ander woorde, onverganklike en onsterflike liggame, vry van alle smet van die sonde. 

Lees: 1 Kor. 15:51-55;  Filip. 3:20-21;  1 Joh. 3:1-3;  Kol. 3:4.

Dit was die hoë roeping van God waarna Paulus gestreef het, sien Filip. 3:8-14, en ook die hoofstuk in my boek: “Die Boek van Openbaring”, wat handel oor die Bruilof van die Lam.

Hierdie verloop van gebeure hier aan die voleinding van die wêreld, of die voleinding van die eeu (in Engels “the consummation of the age”) word dan verder in Matthéüs 13:40-43 uiteengesit. 

Kan dit wees dat die engele in God se waens van vuur sal kom soos ons daarvan lees in: 2 Kon. 2:11;  2 Kon. 6:16-17;  Jes. 66:15-16;  Luk. 21:11,25?

Kan dit wees dat baie van die waarnemings van vreemde vlieënde voorwerpe, algemeen bekend as “Vlieënde Pierings”, die voorlopers is van hierdie magtige gebeurtenis? Baie van hierdie voorwerpe wat waargeneem was, was die grootte van groot passasierskepe wat duisende passasiers op ‘n keer kan vervoer.  U moet onthou dat hierdie onkruid wat deur die engele aan die voleinding van die wêreld in bondels gebind gaan word, mense is, mense wat van die kinders van die bose is, en dus fisies vervoer sal moet word om hulle uit die koninkryk van die hemele te verwyder.

 

Hierdie skeiding van die koring en die onkruid geskied aan die einde van hierdie dispensasie en aan die begin van die Duisendjarige Vrederyk, of die Millennium. Dit is nog nie die oordeel voor die “Groot Wit Troon” van Open. 20:11, wat eers aan die einde van die duisend jaar sal plaasvind nie.  Hierdie skeiding val dus saam met die gebeure wat oploop na Armagéddon en: “Die dag van die Here waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand, en die hemele deur vuur sal vergaan, en die elemente sal brand en versmelt” - (2 Pet. 3:9-11).  O, dit sal nie ‘n klein gebeurtenissie wees nie, maar ‘n GROOT DAG:

 

Maleági 3:2;

Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers. 

Maleági 4:1-2;

1          WANT kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. 

2          Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees, en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Die engele sal hierdie “onkruid” deporteer na hierdie gebiede van buitenste duisternis waar die vuuroond sal wees.  Ons kan vandag al sien hoedat “yster en “bamboesgordyne opgerig moet word om mense te keer dat hulle nie na die Weste (die Israel lande) vlug nie.  Wanneer die oordele van die Here oor die lande van die heidene begin val, sal dit voorwaar ‘n vuuroond wees.  Dit is in hierdie vuuroond waarin die onkruid gegooi sal word.  Dit is ook hierdie heidense lande wat as die “buitenste duisternis” aangewys word in hierdie gelykenis en in die gelykenis van die talente in Matthéüs 25:30.

Vergelyk hiermee: Eség. 39:4,17-21;  Matt. 8:12;  Matt. 13:42,50;  Matt. 22:13;  Matt. 24:51;  Luk. 13:28-30;  Open. 19:17-18.

Ons moet daarop let dat hierdie nie ‘n terme is wat deur ‘n Milton of ‘n Dante gebruik word nie, maar deur die HERE JESUS self.

Dit sal ook in hierdie tyd wees dat diegene wat saam met Christus in sy koninkryk sal regeer, wanneer Hy kom om die Troon van sy vader Dawid oor te neem en oor die Huis van Jakob tot in alle ewigheid te regeer, in hulle posisies aangestel sal word. 

Kom ons lees Matthéüs 19:27-28;

27        Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?

28        En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.

 

Ja, loof die Heer, die dag is voor die deur wanneer al die onkruid vanuit God se Israel Volk verwyder sal word.  Dit is al die onsuiwer elemente, die wat meer ‘n oor en ‘n hart het vir die stem van die duiwel as vir die stem van Jesus.  As ons so oor ons eie volk kyk, dan sien ons al hierdie slegte organisasies opspring soos paddastoele.  Maar die dag is naby dat hulle almal in bondels gebind gaan word en in die vuuroond gegooi sal word.  Dan sal die Volk van God gesuiwer word van almal wat die koningskap en die heerskappy van ons Here Jesus weerstaan.

Dan sal die wêreld weer ‘n geleentheid kry om geregtigheid te leer.  Satan sal onttroon en gebind word; sy gesante sal nie langer die volkere van die wêreld in duisternis hou nie; al die organisasies van onsedelikheid, hebsug, verdrukking, heidense praktyke en opstand teen God, sal vernietig word.  God se volk (koninkryk) sal deur en deur skoongemaak word, al die neste van onheil sal opgeruim word. 

Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader - - - - ” - (Matt. 13:43).

Die tyd van die verbranding van die onkruid word in die Bybel “die dag van grimmigheid” of “die dag van sy toorn” of “die dag van wraak” of “die groot en deurlugtige dag van die Here” genoem.  Die Bybel is volkome vreesloos in sy beskrywing van hierdie dag van suiwering.  Christus sal sy vyande die voetbank van sy voete maak, en dan sal die eeu van vrede en geregtigheid oor die aarde aanbreek.

Sefánja 1:14-18;

14        “ - - - - - Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.

15        Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag,

16        ‘n dag van basuingeklank, en krygsgeskreeu, teen die versterkte stede en die hoë hoekvestings.

17        En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.

18        Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

Jesaja 24:5-6;

5          Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insettinge geskend, die ewige verbond verbreek.

6          Daarom verteer die vloek die aarde, en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer, en bly daar min mense oor.

 

Gelykenis van die Mosterdsaad

Matthéüs 13:31-32;

31        ‘n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai;

32        wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. 

Hier vertel ons Here Jesus nog ‘n gelykenis van die koninkryk van die hemele.  Dit sal ook weer in ooreenstemming wees met die betekenis van die koninkryk van die hemele soos ons dit tot dusver gesien het.

Die Here het vir Abraham uitverkies om deur hom sy reddingsplan vir die hele wêreld uit te voer.  Uit hom het Isak en Jakob gekom met wie die Here die verbond bekragtig het dat in hulle die Here ‘n familie sou kies wat die grondslag sou wees van ‘n magtige nasie deur wie Hy die wêreld sou terugbring tot Homself.  Uit hierdie nasie sou ook die Christus gebore word.  Die voortbestaan van hierdie nasie was dus ook absoluut noodsaaklik vir die voortbestaan van die Christus Saad op aarde.  Word hierdie nasie vernietig, dan kon die Christus nie volgens die Skrif gebore word nie.  Dit is van die uiterste belang dat hierdie groot waarheid baie duidelik begryp moet word as ons die gelykenisse van die koninkryk wil verstaan, en daarmee saam natuurlik ook die boodskap van die Bybel.

Hierdie nasie wat uit Abraham, Isak en Jakob sou ontstaan was uitverkies om die kern van die Koninkryk van God op aarde te wees.  Hulle was klein en min in getal, en dit is dus paslik dat die simboliek van die mosterdsaad gebruik word om die begin van die koninkryk uit te beeld.

Die opskiet van die mosterdsaad tot ‘n boom waarin die voëls van die hemel kom nesmaak is ook in ooreenstemming met die boodskap van die profete. 

So sê Jesaja byvoorbeeld:

Jesaja 2:2-5;

2          En aan die einde van die dae sal die berg (koninkryk in profetiese taal) van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge (koninkryke) en verhewe wees bo die heuwels (kleinere koninkryke), en al die nasies sal daarheen toestroom.

3          En baie volke sal heengaan en sê; Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel.  Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.

4          En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek tussen baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer oorlog te voer nie.

5          Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die HERE!

 

Dit stem ook ooreen met die droom van Nebukadnésar en die verklaring daarvan soos ons dit vind in:

Daniël 2:35,44;

35        Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

44        Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan -

Lees hiermee saam: Dan. 7:14,18,22,27;  Luk. 1:31-33;  Jes. 9:5-6;  Jer. 23:5-8; Jer. 30:9;  Jer. 33:6-26;  Eség. 34:11-16,23-31;  Eség. 36:24-38;  Eség. 37:16-28.

Hierdie Skrifgedeeltes, sal ons nog baie meer kan uitbrei.

Wanneer ons na die ontwikkeling van die Huis van Israel in die Blanke Protestantse Nasies van hierdie die laaste dae kyk, dan sien ons dat dit vandag ook so is.  In die sin van die afhanklikheid van die ander volke van hulle op feitlik elke gebied, is dit vandag so, dat alhoewel hulle (hierdie Blanke Protestantse Nasies) nie eers meer ‘n volle 10% van die wêreldbevolking uitmaak nie, is die res van die wêreld vir hulle bestaan, van hulle afhanklik.  As hierdie Westerse Nasies hulle voedsel, tegnologie en kapitaal voorsiening van die res van die wêreld moet wegneem, sal hulle absoluut vergaan van die honger.  Wat is dit anders as dat hierdie nasies onder hierdie “boom” skuil en in sy takke nesmaak? En dit nog terwyl hierdie nasies onbewus van hulle identiteit en nog in hulle teruggevalle toestand is.  Die profete praat van die dag wanneer hierdie Israel Volkere sal ontdek wie hulle is, tot ‘n waaragtige bekering sal kom en vervul sal word met die Heilige Gees!

Die Profeet Jesaja sê:

Jesaja 60:1-3;

1          STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.

2          Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.

3          En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.

 

Wanneer hierdie boom, waarvan die begin so klein was soos ‘n “mosterdsaadjie” sy volle rypheid en krag bereik het wanneer Christus ‘n banier sal ophef vir die nasies en uit die vier hoeke van die aarde bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is (die Tien Stamme), en versamel die dogters van Juda (die Twee Stamme) wat verstrooi is, -

(Jes. 11:12;  Jer. 23:3,8;  Jer. 29:14;  Deut. 30:3-4;  Jes. 43:1-8;  Eség. 36:24),

dan sal die belofte wat die Here aan Abraham gegee het finaal vervul wees, naamlik:

            “En in jou, sal al die geslagte van die aarde geseën wees –

            (Gén. 12:3 en Gén. 22:18).

Dit is omdat die duiwel weet dat hierdie belofte nou tot die punt van finale vervulling gekom het, dat hy die nasies aanhits om God se volk te vernietig, of in die woorde van die gelykenis van die mosterdsaad gestel, om die boom om te kap. 

Lees hiermee saam Psalms 2 en 83.

Die hedendaagse rigtings in die Godsdiens en in die prediking van die evangelie wat daarop gemik is om alle rasseverskille uit te wis, en veral hierdie groot waarheid van die koninkryk van die hemele met God se letterlike Volk Israel as die kern en met Jesus op die troon van sy vader Dawid, te misken, behoort vir ons baie verontrustend te wees.  Dit behoort ons aan te spoor om vir die volle raad van God uit te staan, meer as ooit tevore.

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135277
This_MonthThis_Month2118
All daysAll days135277