new-top-banner-english

Wie is my naaste?

E-Boek: Wie is my naaste?

Ons is daar seker van dat u bewus is dat ons in die kritiesste tyd lewe van die bestaan van die ganse mensdom.  Daar was al krisisse en kritieke tye vantevore, maar onse Here Jesus het ons gewaarsku dat daar ‘n tyd sou kom wat nog nooit vantevore gewees het nie.

As ons so na die Bybel kyk en die wêreld rondom ons, dan sien ons dat daardie tyd vir hierdie geslag aangebreek het.  Ons is ook daar seker van dat u met ons sal saamstem dat die bestaan van die Christelike Geloof en die ganse Christelike Beskawing op die spel is.  Dit is bowenal nie net fisiese magte wat aan die werk is nie, maar veral geestelike magte:

Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” - (Efé. 6:12).

Dit is waar ons stryd teen is.

Ons sal dus daarom moet verwag dat dit nie slegs atoombomme, kanonne, vuurpyle, tenks en oorlogswapens is wat teen ons ingespan word nie, en nie net terroriste, kommuniste en vyandige en bose magte wat ons met die oog kan sien nie - nee, daar is óók hierdie onsienlike magte.

 

Ons kan baie goed verstaan dat dit nie net ‘n direkte frontaanval van idees van verloëning van die Christelike Geloof is nie, maar dit sal óók ‘n aanval wees van misleiding, en dit is die grootste gevaar!  Waarmee sal die misleiding die grootste wees? - uit God se Woord; m.a.w. waar die Here se Woord op so ‘n wyse verkondig sal word dat dit sal mislei  .

 

Ons is almal bewus daarvan dat daar veral in ons land waar die aanslag so groot op ons is, dat een van die groot strydpunte juis hierdie saak van die Rassekwessie is - die saak van Integrasie: die saak wat die wêreld op ons wil afdwing sodat ons al die walle moet “gelykskraap” en al die strome deurmekaar moet laat vloei.

 

Ons lesers is genoeg gewaarsku en daarop gewys dat die dag wanneer dit gebeur, dit verby sal wees met die Christelike Geloof, want dit is die Blanke wat die draer is van die Christelike Geloof dwarsdeur die eeue.  Dit is vandag nog so.

Kom ons lees saam uit:

Lukas 10:25-37 – (v36,v37).

 

Gelykenis van die barmhartige Samaritaan.

25        EN daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe ?

26        En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

27        En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

28        Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

29        Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste ?

30        En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

31        En by geval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32        En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

33        Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

34        en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.

35        En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

36        Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het ?

37            En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

 

Jy moet Jou Naaste Liefhê soos Jouself

 

Een van die groot aanslae wat juis gemaak word in hierdie gelykmaking proses is die aanwending van hierdie teksvers, nl. “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”.  Ons wil vir u derhalwe verder hierop inlig.

 

As ons die vorige gedeelte van Lukas 10 lees, sien ons dat onse Here Jesus sy dissipels, 70 van hulle, vooruit gestuur het, twee-twee en dat hulle die koninkryk van God moes verkondig het, die siekes gesond moes maak en aan die mense moes sê dat die Koninkryk van God naby gekom het.

Sy dissipels was baie bly en het na die Here teruggekom en gesê dat selfs die duiwels aan hulle onderworpe was in Jesus se Naam.  Jesus het hulle geantwoord dat hulle nie eerstens daaroor moes bly wees nie, maar eerder omdat hulle name geskrywe was in die Boek van die Lewe - dat hulle name opgeskrywe is in die Hemel. 

 

Daar was toe ‘n sekere wetgeleerde wat die Here Jesus deur sy vrae wou beproef en Hom as’t ware wou versoek het, siende dat Jesus juis gepraat het oor die Ewige Lewe.  Hy vra toe vir Jesus wat hy moes doen om die Ewige Lewe te kon hê - (v 25), en wat doen Jesus?

Hy verwys die man terug na die Wet - (v 26).

26        En Hy (Jesus) antwoord hom: Wat is in die Wet geskrywe? Hoe lees jy?

27        En hy (die wetgeleerde) antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

 

Jesus het hom daarna geantwoord dat hy reg was en dat, indien hy hierdie dinge sal doen, hy sal lewe (die Ewige Lewe verkry).  Met ander woorde, hierdie gelykenis van die barmhartige Samaritaan wat Jesus daarna vertel het, het gegaan oor die hart en kern van die Wet van God, nl. die liefde teenoor God en die naaste.  Jesus het juis hierdie gelykenis vertel om dit te illustreer.

 

Die Wet van GOD oor die Naaste

 

Ons wil graag hier beklemtoon dat daar saam met hierdie verwarring en gelykstelling ideologie van rasse óókdie wanopvatting en misleiding verkondig word dat daar met God se Wet mee weggedoen is; die Wet bestaan nie meer nie - ons is nou onder die Genade. 

 

Dit bly egter merkwaardig dat Jesus keer op keer wanneer daar ‘n vraag aan Hom gestel word, Hy terug verwys na die Wet.  Onse Here Jesus het óók hierdie belangrike woorde gesê in:

Matthéüs 5:17-19;

17        MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie.

            Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

18        Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

19        Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

 

Jesus het dus nie gekom om die Wet te ontbind nie, maar om dit te vervul.

Dus, aangesien hierdie man, toe hy nou vra, “Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe;” wat moet ek doen om my naam in die hemele geskrywe te kry?” - Jesus antwoord toe, “Wat sê die Wet?”

Hy noem toe vir Jesus wat die Wet sê, nl. dat jy die Here moet liefhê met jou hele hart en jou naaste soos jouself.  Met ander woorde, ons moet gaan kyk wat die wet sê van my naaste, want hy haal dan juis aan uit die wet.  Dis die Wet wat sê dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself.

Onthou:

Die hoofsaak is dat Jesus die hart / kern van die Wet wou illustreer. 

Die Here sê in Miga 6:8;

“ - - - - en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?”

God verlang hierdie drie dinge van die mens - dit is al wat God van die mens verlang.

Nou, hierdie Wet van die Here met betrekking tot die naaste vind ons in Lev. 19:17-18, dit sê daar:

Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE” - (v 18).

Hierdie woord “naaste” in die oorspronklike Hebreeus volgens “Young’s Analytical Concordance” beteken “friend or companion” - “Thou should love thy friend / companion as thyself”.

Op baie plekke in die Nuwe Testament word hierdie gebod herhaal.

Galásiërs 5:14;

Want die hele wet (sien u daar is nie met die Wet weggedoen nie) word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”.

“Young’s Analytical Concordance” sê hier by die NT dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself, die volgende: “One near or close to you”.

Ons sien dus dat dit in die Ou Testament - “friend / companion”beteken en in die Nuwe Testament - “One near or close to you”.

 

Die Barmhartige Samaritaan

 

Kom ons kyk wat Jesus se bedoeling was met hierdie gelykenis.  Daar is ‘n paar magtige en heerlike betekenisse hierin opgesluit.

Die wetgeleerde vra vir Jesus die vraag oor die ewige lewe.  Jesus sê toe: “Wat sê die Wet?” Hy noem daarna vir die Here die Wet.  Daarop het Jesus aan hom gesê, om te gaan en só te doen en aan hom terselfdertyd die gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel. 

Hierdie man was op reis vanaf Jerusalem na Jérigo en was langs die pad oorval deur rowers.  Hy is besteel, geslaan en vir dood agtergelaat.

Daar kom toe eerstens ‘n priester daar verby - die priester wat God se Wet die beste behoort te ken.  Hy gaan toe by die aangerande man verby.

Tweedens kom daar ‘n Leviet - die Leviet wat God se Wet die tweede beste behoort te geken het, hy was van die leraars in Israel.  Hy moes geweet het wat God se Woord sê aangaande jou naaste; hy gaan toe óók by die arme man verby.

 

Daar kom toe laastens ‘n Samaritaan langs daardie roete verby en hy tel toe die man op en bewys aan hom die weldaad, verbind sy wonde, plaas hom in die herberg en gaan toe heen.

Jesus het hierna aan die wetgeleerde gevra: “Wie van hierdie drie was die persoon se naaste?”

In watter verband?

In die verband van die Wet (onthou dat Jesus besig was met die Wet). 

Watter Wet?

Die Wet wat sê dat jy naaste moet liefhê soos jouself en waar hierdie naaste “friend / companion” - beteken.

Onthou: Jesus het geen illustrasie of gelykenis gegee buite die Woord van God of buite die natuur of buite die gebruik van daardie tyd nie.

 

Ons kan dus tereg aflei dat hierdie man wat geslaan was ‘n Israeliet was; ‘n Hebreër - hy was ‘n rasgenoot van die priester; hy was ‘n rasgenoot van die Leviet - hy was dus ‘n friend or companion”,m.a.w. hy was van DIESELFDE SOORT - “one close to you”. 

 

By die Samaritaan moet ons Jesus se gesprek met die Samaritaanse vrou by die put van Samaría in gedagte hou in Joh. 4 en waar sy verwys het na “Ons vader Jakob”.

As ons in die geskiedenis van die Bybel teruggaan, dan sien ons dat hierdie Samaritane ‘n groot gedeelte suiwer Israeliete van die Tien Stamme onder hulle gehad het (alhoewel daar ook gemengde mense was).  Die vrou by die put was ‘n Israeliet want sy het na Jakob as hulle “vader” verwys.

Nou: Hierdie Barmhartige Samaritaan het dus na daardie man gekyk as sy “friend / companion”.

 

Indien ons na Jakobus se verwysing kyk na die liefde tot die naaste in:

Jakobus 2:8, lees ons:

As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself - dan doen julle goed.

As ons die hele Brief van Jakobus lees, dan sê hy dat dit nie help om slegs met woorde van jou geloof te praat nie - hy sal aan julle sy geloof toon deur sy dade.

 

As ons nou terugkeer na Jesus en die wetgeleerde.  Jesus het aan hom gesê dat hy reg geantwoord het.  Hy (Jesus) sê daarna aan hom “doen dit en jy sal lewe”.

Jesus het daarná hom op die gelykenis gewys van die Samaritaan. 

Die priester het die wet geken, maar hy het dit nie gedoen nie. 

Die Leviet het die wet geken, maar hy het dit nie gedoen nie.

L. W. - Hierdie Samaritaan wat die wet geken het of miskien nie die wet geken het nie, het dit nogtans gedoen wat die wet verlang; hy het gedoen wat die wet beveel het om te doen en daarom het hy in die praktyk gelewe en uitgebring wat die wet voorgeskryf het.

 

Daar is nog baie dieper betekenisse aan hierdie saak verbonde as slégs dit.  Laat ons dit eers vir u so stel (en u moenie dit opneem dat ons enige refleksies werp nie - ons gee net vir u ‘n illustrasie).

Hierdie hele Gelykenis gaan oor barmhartigheid, oor genade en liefde wat aan hierdie man betoon is.

Nou:

Indien u ‘n hond langs die straat sien lê wat omgery is deur ‘n motor of dalk het hy op ‘n ander manier seergekry.  Wie van u sal nie daardie hond probeer optel en versorg of hom by ‘n Dierebeskermingsvereniging probeer kry nie? Is daardie hond nou u naaste? Nee, daardie hond is nie u naaste nie. 

Net so vandag, as ons na die Woord kyk en soos ons nou alreeds vir u verduidelik het - volgens die wet dat ‘n mens se naaste volgens God se Woord sy “friend / companion”of iemand wat naby aan hom is; “someone near to you”,dui dit op die naaste as MY EIE VOLKSGENOTE; my EIE RASGENOTE - hulle is my werklike naaste. 

Vergelyk Exodus 2:11-13.

Dit beteken gladnie dat ons nie aan ‘n hond genade sal bewys nie.  Dit beteken ook nie dat ons nie aan ‘n ander ras, as hy in die straat lê, nie genade sal betoon en by hom verbygaan nie.  As ek die Wet van die Here in my hart het sal ek hom óók help, maar DIT MAAK HOM NIE MY NAASTE VOLGENS DIE SKRIF NIE want dit voldoen nie aan die beskrywing van die naaste in die Wet van God nie.

 

Ons gaan verder en hier kom die draai wat die mense nie raaksien nie en wat so uitgebuit word in ons tyd.  Die gewone prediking sê dat die persoon aan wie barmhartigheid bewys word, die naaste is en dit is gladnie volgens die gelykenis nie. 

Kyk weer wat sê Lukas 10:36-37;

36        Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

37        En hy (die wetgeleerde) antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het.  Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

 

Nou word daar baie keer vir ons gesê, “Hier is die swartes nou in ons land, hulle is ons naaste”.  Hulle is NIE ons naaste volgens die Skrif nie; hulle behoort nie eens aan ons ras nie.  Hy behoort nie aan my nasie nie; hy is nie my “friend / companion”nie; “He is not the one near / close to me”nie.

In elk geval was dit alleenlik die een wat die weldaad bewys het wat die naaste was volgens hierdie gelykenis.  Kan u sien hoedat hierdie aspek in vandag se prediking en siening van die wêreld, hierdie saak net omgedraai word en die teenoorgestelde betekenis daaraan gevoeg word? Dit is om ons in ‘n toestand van self veroordeling te kry teenoor hierdie nasies rondom ons.

 

My volks / rasgenoot, daardie een wat dikwels daar in die straat lê van absolute luiheid en slegtigheid; hy is in daardie toestand omdat hy homself nie wil verbeter nie.  Nou is hy my naaste en moet ek myself as’t ware vernietig om hom op te hef - dit was nêrens ooit die Here se bedoeling nie.  Die Here het die hart / kern van die betekenis van die wet hier geïllustreer deur hierdie drie mense teenoor mekaar te kontrasteer. 

 

Jesus ons Naaste

 

Daar is nog ‘n heerlike, diepe betekenis aan hierdie gelykenis verbonde.  Die werklike een wat deur die rowers oorval was, is ons self wat in die sonde verval het.

Die man was op pad vanaf Jerusalem na Jérigo - dit was ‘n afdraande / afwaartse roete.  Net so is die mens ook op die pad van die sonde afwaarts getrek deur die rower - die duiwel.  Die duiwel het ons oorval, kaal gestroop en besteel en wie het ons opgetel en verbind? Niemand anders as onse Here Jesus nie.  Ons Verlosser het gekom en met sy kosbare Bloed alles betaal (net soos die Samaritaan vir die man alles betaal het vir sy verblyf in die herberg) - Jesus het die volle prys betaal om ons weer volkome te herstel.  Is dit nie heerlik en wonderlik nie?

God se Woord sê:

Want almal gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God – (Rom. 3:23).

Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

Die Here se Woord sê in:

Romeine 5:8;

Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Sodat ons die Ewige Lewe kan beërwe. 

Prys die Here!

Hier kom ons nou óók by die volgende heerlike waarheid - die Bybel is heerlik indien ons dit in sy geheel beskou.

 

Jesus, Israel se Losser (Verlosser)

 

Beide uit die wet en uit die Nuwe Testament is die betekenis van “jou naaste”, jou rasgenoot, “your friend or companion - the one close to you”.

 

Wanneer u nou kyk na die betekenis in die Bybel, dan sien u God se intieme verhouding met Israel.  Dit is Israel wat as volk ook haar afwaartse stap geneem het en deur die duiwel oorval en beroof is van haar erfenis.  Dit is Israel wat agter afgode aan gehoereer het en vir wie God ‘n skeibrief gegee het.  Jesus het aan die Kruis vir Israel kom sterf.

 

In Jesaja 53, daardie lieflike en heerlike hoofstuk wat genoem word die “Evangelie van die Ou Testament”, waar dit wys op Jesus se wonde wat vir ons genesing gebring het; hoedat God die ongeregtighede van ons almal op Hom (Jesus) laat neerkom het.

In Jesaja 53:8 sê dit:

“ - - - - - - Ter wille van die oortredinge van my volk (Israel), was die plaag op Hom.

Die Ou Testament wys vir ons dat as iemand in slawerny verval het en sy erfenis verloor het, dan kan slegs ‘n bloedverwant en net ‘n familielid daardie persoon loskoop.

O, dit is so heerlik en pragtig om hierdie betekenis te verstaan.

Ons sien dit so pragtig geïllustreer in die verhaal van Rut.  Dit was slegs Boas en die ander losser gewees wat vir Rut as vrou kon neem na die dood van haar man. Boas was die naaste bloedverwant (naas die ander losser wat vir Rut nie wou neem nie) en daarom kon hy vir Rut los en moes Boas die wet nakomen het hy vir Rut gelos (verlos van haar weduweeskap) en aan haar eerste man toe ‘n nageslag gegee waaruit onse Here Jesus gebore is.

Net so kon alleenlik die Here Jesus volgens die wet van die naaste, vir Israel gesterf en verlos het - Hy het Israel se Losser geword (Israel se Verlosser).  Jesus het vir Israel vrygemaak en aan haar, haar erfenis teruggegee.

Dit kom pragtig na vore in Matt. 15:21-28.  Hier vind ons die verhaal van die Kananése vrou; die vrou wat na die Here Jesus gekom het en agter Hom aangeroep het dat Hy haar dogter moes genees wat duiwel besete was.

Jesus het haar aanvanklik nie eens ‘n antwoord gegee nie - (v23).  Toe sy dissipels Hom versoek om haar weg te jaag omdat sy lastig was, het Jesus geantwoord, “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel” - (v24), Hy wou haar dus nie help nie (oënskynlik) – (Lees verse 25-28).

Hierdie vrou was ‘n heidense vrou, m.a.w. ‘n non-Israeliet. 

In - (v26) sê Jesus dat dit nie mooi is om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.

Let wel:

Hierdie woord “hondjies” was in die OT gebruik vir die heidene; die wat buitekant die laer van Israel was.  Jesus het dus gesê dat sy bediening slegs vir die huis van Israel bedoel was, Hy moes hulle genees en verlos. 

Hierdie heidense vrou het egter so ‘n groot geloof in die Here gehad, en nie slegs ‘n geloof nie, maar sy het ook ‘n magtige en heerlike visie gehad van die Godsplan dat sy presies korrek geantwoord het:

“En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval” - (v. 27).

Sy het dus gesê dat dit reg was wat Jesus gesê het, nl. dat die brood van die kinders, nie bedoel is vir die hondjies nie, maar dat die hondjies wel die krummels wat op die grond val, mag oplek.  Die Here was verwonderd oor haar geloof en insig en het haar dogter op daardie oomblik genees.

 

Wat hierdie Kananése vrou egter hier bedoel het en die waarheid wat sy met hierdie beeldspraak uitgelig het, was: “Here, dis reg, U is die Verlosser (Losser) van Israel; Here U is die Messias; U is die Koning wat kom om die Koninkryk van God op aarde op te rig, maar Here in die oprigting van daardie Koninkryk lê die hoop óók van ons heidene.  Here, wanneer U Koninkryk op aarde opgerig is, dan sal ook ons heidene geseën word; m.a.w. Here, ek verstaan dat U net gestuur is na die verlore skape van die huis van Israel - dit is U bediening vir hierdie dispensasie, maar Here, dit wat van die tafels van Israel afval, kan ons ook eet”. (Vergelyk Jesaja 2:2-5).

Die Here sê toe: “o Vrou, groot is jou geloof; (groot is jou visie) laat dit vir jou wees soos jy wil hê”..

 

Let wel:

Ons leef nog steeds in dieselfde dispensasie waarvan Jesus hier gepraat het - die opdrag om vir Israel op te spoor en die evangelie te bring.  Indien ons sou teruggaan na die Profete, dan sien ons dat tussen Jesus se Eerste Koms en Sy Wederkoms, is die groot roeping van God om die Boodskap van God se Woord aan sy volk Israel te bring.

 

Die heiden sal eers in die Millennium (1,000 Jarige Vrederyk) die heerlikheid van God sien soos dit geopenbaar sal word deur ‘n Herstelde Israel en dan sal die heiden kom en sê, “Leer ons ook die weë van julle God” - (Jes. 2:3).

 

Die Bybel wys duidelik aan ons dat in hierdie dispensasie waarin ons tans leef, i.p.v. dat hy tot bekering kom, die heiden eerder in opstand sal wees teen God en sy Israel Volk.  Die Profete is daar vol van.  Hulle wys aan ons dat die heidene sal saamspan en sê:

“Kom laat ons hulle vernietig sodat hulle geen volk meer is nie en aan die Naam van die Here nie meer gedink word nie” - (Ps. 2:1-3 en Ps. 83).

Nou kom die Kerk met tekse soos: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” en “alle rasse en volke is gelyk”.  Nee, die Here het gesê: “Gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel” - (Matt. 10:6).  Die Here se boodskap is dus dat ons hierdie verlore skape (ons eie naaste) moet gaan soek en aan hulle die Here se boodskap moet bring en vertel wie hulle is.

Let wel:

As die heiden dit dan wil hoor en die heiden wat reg wil luister, kan hy óók daarvan kry, maar God se kinders moet eerste gevoed word en wanneer God se kinders gevoed is, dan sal die heiden die demonstrasie van God se geregtigheid in hulle kan sien. 

Vandag is die boodskap egter net mooi omgeruil en daarom, i.p.v. dat die Here se Woord en Waarheid en Krag aan die toeneem is, is die towery, duiwelaanbidding, afgodery, afvalligheid, Satan priesters en Satan hekse, aan die toeneem en is hulle op die voorgrond.

 

In plaas daarvan dat die Blanke aan die Swarte en ander heidene, die ware evangelie moes kon demonstreer, gaan sit die Blanke dikwels aan die voete van die heiden om van sy afgodery en praktyke te leer.  (Die Oosterse kultusse neem snel toe in die Weste).

Ons moet besef wie is werklik ons naaste - dit is belangrik!

Net soos die Here Jesus in die eerste plek my Naaste geword het deur my Weldoener en my Verlosser te word en dat ek Hom moet liefhê met my hele hart en my hele siel, prys die Here!, so moet ons die naaste word van die wat aan ons behoort en ons moet hulle weldoeners word; ons moet God se Woord aan hulle bring; ons moet vervul word met die Heilige Gees en die krag van God.  Ons moet eerste gaan na die verlore skape van die huis van Israel - (Matt. 10:5-8).

 

As ons so vandag kyk en luister na mense se gesprekke en hulle uitkyk, dan is dit net “die heiden, die heiden, die heiden,” en hulle besef nie dat ons eie volk heidens geword het nie.  Kyk maar rondom ons, ons eie volksgenote behoort seker almal aan een of ander kerk, maar is hulle Christene; is hulle wedergebore kinders van God? - die meeste is nie; ons eie mense het heidens geword.

In plaas van om te kyk na heiden sendingvelde moet ons eerder kyk na ons eie mense. “Gaan eers na die verlore skape van die huis van Israel” (Blanke Weste).  Bring vir hulle die Woord van God (die kinders se brood) in die krag van die Heilige Gees.

 

Jesus se Opdrag aan sy Apostels en Dissipels

 

Wanneer ons na die Sendbriewe en Handelinge van die Apostels kyk, dan is dit te heerlik om te sien dat Jesus se apostels en dissipels presies net mooi dit gedoen het, hulle het die verlore skape van die huis van Israel opgesoek. 

Elkeen van hierdie Sendbriewe is aan Israeliete geskrywe.  Jakobus 1:1 verwys na die “twaalf stamme wat in die verstrooiing is”.  Is dit ‘n brief gerig aan heidene? Nee! dis gerig aan Israeliete, (al 12 stamme)!

Jakobus het persoonlik Jesus se stem gehoor; hy het aan Jesus se voete gesit; hy het die uitdrukking in Jesus se oë gesien en het die hart en gees van Jesus se Groot Bevel / Sending verstaan - (Matt. 10:5-8).  Dit is presies wat hy gedoen het; hy het vir Israel (die 12 stamme in die verstrooiing) opgesoek en die evangelie gebring. 

1 Petrus 1, verwys na “die vreemdelinge van die verstrooiing”.  Wie was hulle? Hulle was Israeliete “uitverkorevolgens die voorkennis van God die Vader”.  God het vir Israel uitgekies voor die grondlegging van die wêreld. 

Beide Sendbriewe van Petrus is geskryf aan hierdie “vreemdelinge van die verstrooiing” en dus kon hy vir hulle sê in:

1 Petrus 2:9-10;

9          Maar julle is ‘n uitverkore geslag - - - - -

(Hierdie Skrif word vandag nou sommer algemeen toegepas op heiden en enige iemand, dis nie wat Petrus gedoen het nie),

-                      - - - - - ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk (Israel), ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

10        julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

 

Hierdie verwys nie na ‘n klomp heidene nie, dis die vreemdelinge van die verstrooiing aan wie Petrus skrywe en hulle het geweet waarvan hy praat want die Profeet Hoséa het geskryf dat as gevolg van Israel se sondes sou God aan hulle ‘n Skeibrief gee; Hy sou hulle Lo-Ammi (nie My volk nie) maak en Hy sou nie hulle God wees nie - (Hoséa 1:10).  Maar in die plek waar van hulle gesê word dat hulle nie sy volk is nie, sal vir hulle gesê word dat hulle kinders is van die lewende God.

Hoe word ‘n persoon ‘n kind van die lewende God? Alleenlik deur die geloof in die Here Jesus Christus, m.a.w. hierdie vreemdelinge van die verstrooiing het Christene geword; hulle is Israeliete wat tot bekering gekom het.

Petrus skrywe verder in 1 Petrus 2:24, 1 Petrus 2.5 van ons Here Jesus wat selfs ons sondes en krankhede aan die Kruis gedra het.  Jesus kon alleenlik Israel se Losser wees want Hy was hulle bloedverwant - daarom was Jesus hulle Naaste en hulle Weldoener.  Jesus het vir die redding en genesing van Israel gesterf – onthou Jesus se woorde aan die Kananése vrou, nl. dat genesing die kinders se brood was. 

Luister:

Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele - (1 Pet. 2:25). 

Hierdie vreemdelinge van die verstrooiing - húlle is ons naaste.  Ons moenie by hulle verbyloop nie; ons moet hulle wonde verbind.  U moet u broer, u rasgenoot en volksgenoot van hierdie tyd gaan soek. 

 

Daar is werk vir u en vir my om te doen; mag God aan ons die hulp en genade verleen.

 

(Ek is groot dank verskuldig aan J. A. van Niekerk van Ben Swartstraat 753, Rietfontein, Pretoria, wat hierdie artikel vir my van ‘n kasset “Wie is my Naaste?” oorgeskryf het.)

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137894
This_MonthThis_Month2079
All daysAll days137894