new-top-banner-english

Wie was hulle gewees?

E-Boek: Wie was hulle gewees

Voorwoord

 

RAGAB, RUT, SIMON KANANITES, SIMON VAN CIRENE, DIE KAMERLING van ETHIOPIË en CORNELIUS was nie HEIDENE nie, maar ISRAELIETE!

 

Dit is eienaardig hoe moeilik dit is om van sommige ou tradisies en gewoontes ontslae te raak.  Die meeste mense is ook gewoond daaraan om die Bybel oppervlakkig te lees en dit nie in diepte te ondersoek nie. 

 

Bogenoemde name is tipiese voorbeelde van persone wat verkeerdelik heidene genoem is.  Maar 'n ander rede is ook dat dit by 'n ou manier van Bybel uitleg pas om hierdie mense as heidene te beskou. 

 

Die ou foutiewe verklaring dat die Heiden nou die plek van Israel in die Raadsplan van God in te neem, pas baie goed in by die lering dat hierdie geëerde persone onder die Volk van God heidene gemaak word.  Hierdie artikel is geskryf om dit te verduidelik. 

 

Deur Pastoor F.W.C. NESER.

 


Simon Kananítes

 

Daar is 'n groot groep onder diegene wat die Israel Waarheid onderskryf wat sê dat een van ons Here Jesus se dissipels, naamlik Simon Kananítes (die King James vertaling sê: "Simon the Canaanite") swart was omdat hy Kananítes (Canaanite) genoem word.

 

Lees Matthéüs 10:4; Markus 3:18;

4          Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het. 

18        en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,

 

Hulle maak egter 'n baie groot fout volgens die volgende gesaghebbendes:

 

(1) "Die Bybel met Verklarende Aantekeninge Deel 3", Verenigde Protestantse Uitgewers (Edms) Bpk., Kaapstad 1959 sê:

"Kananítes is die Ver-Griekse vorm van die Aramese woord "kan~an" en beteken dieselfde as die Griekse woord "zelotes" - naamlik yweraar"

Lukas 6:15;

15        Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs en Simon wat Yweraar genoem word;

 

(2) Die "Nuwe Afrikaanse Vertaling" vertaal dit in:

Matthéüs10:4; - - - -

            "Simon die fanatikus, en Judas Iskáriot wat vir Jesus verraai het". 

- - - - - as "Simon die fanatikus".

 

(3)  Hiermee stem "Dictionary of the Bible" deur Dr W.M. Smith en "Zondervan Pictorial Bible Dictionary" deur Merrill C. Tenney saam. 

Hy was 'n Galileër, en dus 'n Israeliet.

 

Amen!

 

 


Simon van Ciréne

 

Dit word deur sommige beweer dat Simon van Ciréne, wat Jesus se kruis gedra het, 'n swartman was omdat hy van Noord-Afrika gekom het.

Lees: Matthéüs 27:32; Markus 15:21; Lukas 23:26. 

 

Matthéüs 27:32;

En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra. 

 

Markus 15:21;

En hulle het 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra. 

 

Lukas 23:26;

En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra. 

In sy "Dictionary of the Bible", hierbo na verwys, sê Dr. W.M. Smith die volgende:

"Simon van Ciréne was 'n Griekse Judeër wat in Jerusalem ten tye van die kruisiging van Jesus was".

"Hy was óf daar vir die Paasfees - - - - -

Handelinge 2:10;

Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,

- - - - - óf dat hy daarheen verhuis het". 

 

Handelinge 6:9;

            En daar het sommige van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis. 

Hy was gedwing om Jesus se kruis te dra, toe Hy dit nie langer kon dra nie volgens, Matthéüs 27:32. (sien teks hierbo).  Markus noem hom die vader van Alexander en Rufus, miskien omdat dit die Rufus was, wat aan die Romeine bekend was. 

 

Romeine 16:13;

            Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne. 

 

Ciréne was 'n streek in Noord-Afrika waar daar 'n groot Judese Nedersetting was.  Hierdie Judeërs het hulle verbinding met die tempel in Jerusalem behou en gereeld daarheen vir die Paasfees opgegaan.  Wat sou 'n swartman daar op só 'n belangrike fees van die Judeërs gaan soek het?

 

In die "The Lion Handbook to the Bible" op bladsy 567 is daar 'n foto van 'n klip in die muur van die tempel waarop in Grieks uitgebeitel is dat enige nie-Judeër ("non-Jews") met die dood gedreig word indien hy die ringmuur van die tempel sou binnegaan.

 

Conybeare en Howson haal die Joodse geskiedskrywer Josepfus in hulle gesaghebbende boek "The Life and Epistles of St. Paul" op bladsy 3 uit sy werk: "War of the Jews v. 5, 2" aan, dat daar pilare in die tempel was waarop dieselfde waarskuwing as hierbo in Grieks en Latyn gegraveer was. 

 

Ons kan dus die vraag vra, wat Simon van Ciréne in Jerusalem met die Paasfees gaan soek het indien hy 'n swartman was.

 

Hierdie stellings en opvattinge van Simon Kananítes en Simon van Ciréne en van die ander name wat ek nog gaan behandel, is maar net 'n bevestiging van wat ons Here Jesus gesê het in:

Matthéüs 22:29; 

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

 

Amen!


Die Kamerling van Ethiópië

 

Ons lees van hom in Handelinge 8:26-40.

Net omdat hy van Ethiópië af gekom het word aanvaar dat hy swart was.  Dit spreek nie net van 'n gebrek aan kennis nie, maar ook van growwe onverantwoordelikheid met betrekking tot Skrifuitleg. 

 

Hierdie kamerling was in Jerusalem om te aanbid.

Handelinge 8:27;

Toe het hy opgestaan en gegaan.  En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. 

 

Met hom geld dieselfde as vir Kananítes en Simon van Ciréne, naamlik dat as hy 'n nie-Israeliet was, sou hy nie in die tempel toegelaat gewees het nie.  Tweedens, hy was besig om die profeet Jesaja hardop te lees.

 

Handelinge 8:28;

En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. 

 

In daardie tyd was Jesaja net in Hebreeus, en Grieks (die Septuaginta) geskryf.  Dit is hoogs onwaarskynlik dat 'n nie-Israeliet in Jesaja sou belang gestel het, of, as hy sou, dit sou kon lees.  Dit is meer waarskynlik dat hy 'n Israeliet was, wat in diens van Kandacé die koningin van die Ethiópiërs was, sien Handelinge 8:27, hierbo. 

Die N.A.V. noem hom 'n ontmande Ethiópiër.  Dit stem ooreen met die Engelse Vertaling.  Dit was die gebruik van daardie tye om sulke amptenare wat dikwels in sulke nou kontak met die koningin was, te ontman.  As haar minister van finansies moes hy uit die aard van sy werk dikwels lang ure alleen met haar deurbring om haar geldsake in die geheim met haar te bespreek.  As Israeliet het hy ook natuurlik die bekwaamheid gehad om die ekonomie te behartig.

 

Amen. 

 

 


Die Kaptein Cornelius

 

Ons lees in: Handelinge 10:1-2; 

1          En daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.

2          Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.

 

Volgens die gesaghebbendes was die gee van aalmoese 'n streng Israeliese gebruik.  Hy moes alreeds 'n gelowige in die sin van die Ou Verbond gewees het om "vroom en godvresend en altyddeur in die gebed tot God" te wees.  En hy het die volk van God liefgehad.

Die teoloë sê dat hy die eerste heiden (nie-Israeliet) bekeerling is wat gedoop was en die doping in die Heilige Gees ontvang het.  Dit was ook die eerste heiden wat toegelaat is tot die "Kerk" van Jesus Christus. 

 

Maar is dit so? 

Kom ons kyk na die feite. 

"Hy met sy hele huis was vroom", Handelinge 10:2, "en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God". 

Dit spreek nie van 'n heiden nie. 

Verder het ons Here Jesus self gesê:

Matthéüs 15:24;

Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.  

Matthéüs 10:5; 

            Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

Sal die Here dan vir Petrus beveel om iets te gaan doen wat Hyself hulle beveel het om nie te doen nie en wat Hy gesê het Hy nie voor gestuur was nie?

 

Conybeare en Howson sê in hulle gesaghebbende boek "The Life and Epistles of St. Paul", die volgende (my vertaling):

"Cornelius -- geen naam was meer in Rome geëerd as die van die "Huis van Corneluis".  Dit was die familienaam van die "Scipios" en van "Sullah". 

 

In die Romeinse leër was daar soldate van verskillende lande en het verskillende tale gepraat, baie kom van Sirië en van Judéa. 

 

Hulle haal dit aan uit die Joodse geskiedskrywer Josepfus se boek: "Ant. 14:15, 10".

Dit is 'n bekende feit dat baie van die tien stamme wat uit Assiriese Ballingskap ontsnap het in daardie tyd oor die hele "Romeinse Wêreld" versprei was. 

Waarom wil ons die heiden (nie-Israeliet) met geweld in die Christelike Geloof opneem, maar die ware Israeliet uitsluit?

 

Romeine 9:4-5; 

4          Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

5          aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees - Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid!

 

Amen.

 


Ragab

 

Ragab was nie 'n hoer nie!

Ragab was 'n Israeliet!

Ragab is nog één wat die teoloë, en al diegene wat nie 'n begrip het vir die rede waarom God sy uitverkore volk suiwer moes hou nie, 'n heiden ('n nie-Israeliet) en boonop ook nog 'n vrou van ontug, van wil maak. 

 

Geleerdes sê vir ons dat daar 'n baie klein verskil in die Hebreeus tussen 'n hoer en 'n herbergier, of iemand wat kos voorsien, is. 

Ferrar Fenton in sy "The Holy Bible in Modern English" vertaal dit ook as "innkeeper", dit is 'n herbergier, of iemand wat 'n losieshuis aanhou. 

Josepfus, die Joodse geskiedskrywer, wat 'n tydgenoot van ons Here Jesus was, vertaal dit ook as herbergier (innkeeper) volgens "Dictionary of the Bible" deur Dr. W.M Smith.

 

Dit is ook 'n welbekende geskiedkundige feit dat baie Israeliete voor die uittog uit Egipte, uit Egipteland ontsnap en hulle in ander lande gaan vestig het.  Dit is dus glad nie vreemd as Ragab en haar familie hulle in Jérigo gaan vestig het nie. 

Die Israeliete is mense met ondernemingsgees.  Ragab se geskiedenis toon dat sy so 'n vrou was.  Omdat Jérigo 'n handelstad was en op een van die hoof handelsweë van daardie tyd geleë was, was herberge in groot aanvraag.  Haar huis was boonop ook nog in die stadsmuur ingebou - - - -

Josua 2:15;

15        Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak: want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het.

- - - - - en naby die poort van die stad.  Dit was dus ideaal vir reisigers geleë.

 

Sommige geleerdes reken dat sy materiaal gespin en geweef het, vandaar die vlasstoppels op haar dak - - - - -

Josua 2:6;

6          Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was. 

- - - - - waaronder sy die verspieders weggesteek het. 

 

Sy was heel moontlik ook nog 'n vervaardiger van purper materiaal, vandaar die rooi gedraaide tou - - - -

Josua 2:18,2I; 

18        kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel. 

21        Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind. 

 

- - - - - waarmee sy die manne laat afsak het.  Dit laat mens baie aan 'n ander vrou, naamlik Lídia, dink, in Handelinge 16:14 wat ook 'n purperverkoopster was. 

 

Die rooi tou het natuurlik 'n diep geestelike betekenis.  Die kleur van bloed is rooi, en dus die bloed van ons Here Jesus wat ons laat ontsnap het uit die slawehuis van sonde en uit die kloue van die ewige dood. 

Dit was nie toevallig nie dat Ragab daardie rooi tou vir die redding van die verspieders gebruik het, en dat daardie selfde tou wat sy gebruik het by haar venster uitgehang het en vir Josua die teken was om haar en haar huis met die verwoesting van Jérigo te spaar. 

Josua 6:17,25; 

17        Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het. 

25        Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken. 

Dit is so tipies van die duiwel om juis met die heilsboodskap van God te spot.  Het hy nie met die Woord van God gespot toe hy vir Eva gesê het:

Génesis 3:1; 

1          Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het.  En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

Kan u die smalende toon in hierdie woorde voel?

Netso word die rooi tou van Ragab wat redding deur die bloed van Jesus voorstel, gebruik om dit die simbool van 'n prostituut te maak, net omdat in ons Bybels "Ragab" 'n hoer genoem word.  Die duiwel lag seker baie lekker.

 

Nog 'n bewys dat Ragab 'n Israeliet was is die feit dat sy in die Lewende God geglo het. 

Josua 2:9, 11;

9          en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;

11        Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder. 

 

As sy 'n Kanaäniet van Jérigo was, soos algemeen beweer, sou sy nie die HERE erken het as "God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder", nie. 

Hierdie twee manne wat Josua as verkenners uitgestuur het om die land te verken - - - - -

Josua 2:1;

1          Daarop het Josua, die seun van Nun, uit Sittem in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bekyk die land en Jérigo.  Hulle het toe gegaan en in die huis van 'n hoer, met die naam van Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap. 

 

- - - - - was nie twee "los" manne wat wanneer hulle in 'n vreemde stad kom, reguit vir 'n bordeel sou mik nie.  Inteendeel, die eerste plek wat 'n mens na sál soek, is 'n losieshuis of 'n herberg waar jy kan tuisgaan.  Ek reken dit sal glad nie vergesog wees as ek reken dat dit glad nie onmoontlik is dat hulle selfs van Ragab geweet het, en daarom na háár herberg sou gaan.  Sy sou hulle mos nie verraai nie. 

Volgens Matthéüs 1:5, was sy een van die voorouers van Jesus.

5          en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,

Dit word vermoed dat hierdie Salmon wat vir Boas by Ragab verwek het, een van die twee verspieders was wat na die val van Jérigo met haar getrou het. 

Die hele simboliek van die paaslam wat fisies sonder gebrek moes wees, het gedui op die Lam van God wat fisies sonder gebrek moes wees.  Heidense bloed in sy voorouers sou hierdie hele simboliek weerspreek.

 

Amen.


Rut

 

Rut was 'n Israeliet!

Dit is jammer dat baie predikers, in hulle onkunde, so baie valse leringe verkondig.  Een só 'n vals lering is dat ons Here Jesus, die Christus, nie van suiwer Israel afkoms was nie.  Hulle sê dat een van sy voorouers, Rut, 'n Moabiet was.  Hierin maak hulle 'n baie groot en skadelike fout.

 

Die gebied van die Moabiete het oorspronklik Oos en Noordoos van die Dooie See gelê.  Moab was die eerste gebied wat Israel na haar 40 jaar van omswerwing in die woestyn, verower het.  God het hulle beveel om al die inwoners van die lande wat hulle verower, uit te roei.  In Moab het hulle dit gedoen.  In daardie tyd, dit was ongeveer 1450 v.C. het Sihon, die koning van die Amoriete, die koninkryk van Moab verower en beset.  Hy was dus die heerser van daardie gebied toe Israel daarin beweeg het.

Ons lees in: Númeri 21:26,29; 

26        Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy·het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk. 

29        Wee jou, Moab! Jy is verlore, volk van Kamos! Hy, het sy seuns prysgegee as vlugtelinge, en sy dogters in gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete.

Die Israeliete het die Iand van Moab verower en almal wat hulle daarin gevind het, doodgemaak. 

Ons lees in Deuteronómium 2:32-34; 

32        Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas. 

33        En die HERE onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het. 

34        En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.

Die Israeliete het noordwaarts tot in die land van Ammon opgetrek. 

Ons lees dit in Númeri 21:33-35. 

33        Toe het hulle gedraai en in die rigting van Basan opgetrek.  En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe het hulle tegemoet getrek na Edréï om te veg. 

34        Daarop sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.

35        En hulle het hom verslaan en sy seuns en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oor was wat vry, geraak het nie; en hulle het sy land in besit geneem.

Hierdie hele gebied oos van die Jordaan was deur die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse beset nadat aI die oorspronklike bewoners, naamlik die Moabiete en die Amoriete doodgemaak, of daaruit verdryf is. 

In Deuteronómium 3:l2-16 sê Moses:

12        En hierdie land het ons in dié tyd in besit geneem: van Aroër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.

13        En die orige deel van Gílead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee -- die hele Iandstreek Argob.  Daardie hele Basan word land van die Refaïete genoem.  

14        Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrs-dorpe genoem tot vandag toe. 

15        En aan Magir het ek Gílead gegee. 

16        Maar aan die Rubeniete en die Gadiete het ek van Gílead af tot by die Arnonrivier gegee, die middel van die rivier, saam met sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon. 

 

Dit alles was teen die jaar 1450 v.C. afgehandel.  Vanaf daardie tyd was hierdie landstreek geheel Israel gebied -- nog meer as die Iandstreek wes van die Jordaan, want in die ou landstreke van Moab en Ammon het daar geen lewende oorgebly nie.  Alle blankes wat in die ou Transvaal en Vrystaat woon, was Transvalers en Vrystaters genoem: maar omdat hulle in hierdie gebied woon wat vroeër deur swart stamme bewoon was, maak dit hulle nie Tswanas of Swazies of Griekwas, of wat ookal nie.  Netso was die Israeliete wat die land van Moab oorgeneem het, dikwels Moabiete genoem omdat hulle in die land van Moab gaan woon het; maar dit het nie van hulle Moabiete gemaak nie.  Netso was die wat in Jesus se tyd in Galiléa gewoon het "Galileërs" genoem.

 

Driehonderd jaar later, teen ongeveer 1143 v.C., vind ons bewyse dat die besetting van die lande van Moab en Ammon deur Israeliete nog ononderbroke was. 

Soos ons in Rigters 11:12-26 sien; 

12        Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?

13        En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.

14        En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon

15        en vir hom gesê: So sê Jefta: Israel het die land van Moab en die Iand van die kinders van Ammon nie geneem nie.

16        Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en het by Kades gekom.

17        En Israel het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie.  Daarom het Israel in Kades gebly. 

18        Verder het hy deur die woestyn gegaan en om die land Edom en die land Moab getrek en gekom aan die oostekant van die land van Moab: en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want Arnon is die grens van Moab. 

19        Daarop het Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.

20        Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan in Jahas en teen Israel geveg.

21        Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en die het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.

22        En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem. 

23        So het die HERE, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?

24        Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en óns alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

25        En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab?  Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?

26        Terwyl Israel in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in dié tyd ontset nie?

 

Israel het dus ononderbroke besit van die land van Moab en Ammon gedurende daardie hele tyd gehad.

 

Amen.

 


Eliméleg

 

Eliméleg, Naomi en hulle twee Seuns. 

Reg in die middel van hierdie tydperk, ongeveer 1322 v.C. of 110 jaar na die Israel stamme Ruben en Gad, die land van Moab beset het, word Eliméleg, 'n man van Juda·met sy vrou Naomi en hulle twee seuns deur hongersnood uit Juda uitgedryf. 

Rut 1:1;

En in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het 'n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die·veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.

Let op die akkuraatheid van die woorde: Nie onder die MENSE van Moab nie, maar IN DIE LAND van Moab, WAT UITSLUITLIK DEUR ISRAELIETE BEWOON WAS.  (In my boek "Die Verlore Tien Stamme van Israel", toon ek aan dat Rut 'n Israeliet was. 

In 1 Kronieke 4:22; (sekere families uit Juda wat oor Moab geheers het). 

verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf - hulle wat oor Moab geheers het - en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenis is oud.

 

Ek glo dat omdat die geslagslyn van Jesus sonder vlek moes wees, dat Rut uit hierdie families was.  Die seuns van Eliméleg het vroue uit daardie Israeliete, wat in die land van Moab gewoon het, getrou.  Een van hulle was Rut, wat 'n stammoeder van Dawid geword het, en deur Dawid van Jesus, die Christus.  Sy kon nie van enige ander ras of volk as Israel gewees het nie, want geen ander volk het daar gewoon nie.  Dit kan nie anders wees nie.  God het van die begin af die Moabiete en die Ammoniete baie sterk veroordeel. 

 

Hy beveel in: Deuteronómium 23:3;

Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;

Wanneer God sê nooit, dan bedoel Hy nooit.  God is altyd konsekwent.

In Sefánja 2:9 lees ons:

Daarom, sowaar as wat Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra - 'n veld van brandnekels en soutpanne en 'n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe. 

 

Die hele Jeremia 48 is 'n verskriklike veroordeling van die Moabiete.  In  Jesaja 25 wat profeteer oor die triomfantlike wederkoms van ons Here Jesus lees ons in:

Jesaja 25:10;

Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.

 

Sekerlik sal ons Hemelse Vader nie een uit 'n volk wat Hy soos Sodom veroordeel, neem om 'n voorouer van ons Here Jesus te wees nie!  Laat niemand u dus vertel dat ons Here Jesus, die Christus, maar net 'n baster was nie, met die bloed van vreemde rasse in sy are.  God was so gesteld daarop dat selfs die geringste onder sy volk Israel hulle bloed suiwer moes hou.  Hy het gewaarsku dat die een wat hierdie wet oortree, vanuit die volk verwyder moes word. 

 

Ons Here Jesus het gesê:

Matthéüs 5:17; 

            Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te·ontbind nie.  Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 

Opsomming:

God AImagtig is streng en konsekwent getrou aan sy eie wette.  Rut was 'n suiwer Israeliet, van die land van Moab, maar nie van die RAS van Moab nie. 

 

Amen.

 

 


Die Wilde Olyfboom

 

Enkele gedagtes oor die Wilde Olyfboom. 

'n Wilde loot wat op 'n mak wortelstam ingeënt word, bly wild.  Dit kan dus nie op Israel toegepas word nie.

'n Mens se sondigheid verander nie sy genis nie.  Saggéüs, alhoewel 'n tollenaar en 'n sondaar was steeds 'n seun van Abraham.  Hy was dus nie 'n wilde loot nie.  Netso bly jou seun jou kind, al word hy ook die grootste misdadiger.  Netso ook het die Tien Stamme se "Lo-Ammi" toestand nie hulle genis verander en van hulle dus 'n wilde loot gemaak nie.  Net hulle vrug was "wild".  Die bekering van 'n mens, of sy verval in sonde, verander nie sy nasionaliteit nie.  'n Engelsman bly 'n Engelsman, 'n Duitser bly 'n Duitser, en so aan.

 

Dit is dus teen die natuur vir 'n "wilde"' loot om ooit mak te word deur om op 'n "mak" wortelstam ingeënt te word.  Dit beteken dan, as die Tien Stamme wild van natuur is, soos oor Romeine 11 beweer word, kan hulle nooit weer mak word deur inenting nie, en dit is nie wat God van Israel sê nie.

Die ingeënte takke kan ook nie die wortelstam verander nie.  Die afgekapte takke (van Israel) kan en sal weer op hulle natuurlike wortelstam ingeënt word.  

Romeine 11:22-24;

22        Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly: anders sal jy ook afgekap word. 

23        Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word: want God is magtig om hulle weer in te ent. 

24        Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

En dit is wat gaan gebeur soos verder verduidelik word in:

Romeine 11:25-29;

25        Want ek wil nie hê broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het:

26        en so sal die hele Israel gered word: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

27        en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 

28        Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders. 

29        Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. 

 

Dit sal geskied wanneer die Verlosser uit Sion sal kom en die goddelooshede van Jakob sal afwend, - vers 26.

Romeine 11:16; 

En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. 

Dan moet alle takke heilig wees, ook die Tien Stamme. 

Hulle kan dus nie die wilde olyfboom wees nie! 

Ook volgens Romeine 9:1-5; Efésiërs 2:12; Kolossense 1:21. 

Romeine 9:1-5;

1          EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie - my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees --

2          dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart.

3          Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, 'n vervloeking te wees, wég van Christus af. 

4          Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

5          aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees - Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

 

Volstrekte vrymag van die genade van God. 

Efésiërs 2:12; 

dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 

Kolossense1:21; 

Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen -

Die "heidene" van die Romeine was net so die Verlore Tien Stamme van Israel as die "heidene" van Korinthiërs, Galásiërs, Efésiërs, ensovoorts.

 

Romeine 11:24 - Die Tien Stamme was nooit van nature "wild" nie.

Romeine 11:25 - Die volheid van die nasies is die volheid van Israel. 

Génesis 35:11;

Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige.  Wees vrugbaar en vermeerder.  'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom. 

Wanneer die hele Israel vanuit haar verstrooiing as bekeerdes - - - - -

Levítikus 26:33; 

En Ek sal julle onder die volke verstrooi en 'n swaard agter julle uittrek; en julle land sal 'n wildernis en julle stede puinhope word. 

 

- - - - weer met die Wederkoms van Christus versamel sal word. - - - - -

 

Matthéüs 24:31;

En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die einde daarvan. 

- - - - Dit sal saamval met die tyd wanneer die goddeloosheid van die heiden tot volle rypheid gekom het - - - - -

Génesis 15:16; 

En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 

- - - - - en vir Israel met totale uitwissing bedreig.

Daar is drie instansies na wie in hierdie hoofstuk verwys word. 

Naamlik:

Die "mak" olyfboom,

die "wilde" olyfboom,

die "heidene".

Die Mak Olyfboom is die volle Israel.

Die Wilde Olyfboom is diegene in Rome wat nie lsrael was nie, maar wat van die regte saad in hulle het. 

Die heidene was verheidense Israel.

Let baie mooi op na 2 Petrus 3:15-18, en dink goed daaroor na!

 

Petrus

 

2 Petrus 3:15-18;

15        En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het.

16        Net soos in al die briewe.  Hy spreek daarin oor hierdie dinge waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte tot hul eie verderf. 

17        Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie standvastigheid nie.  .

18        Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.  Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die Ewigheid. 

 

Amen.

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

151953
This_MonthThis_Month1570
All daysAll days151953