new-top-banner-english

Arsenale van God

E-Boek: Die Arsenale van God

Kom ons vra die seën van die HERE.

Ons sê dankie in die Naam van onse Here Jesus vir die groot voorreg om weereens hierdie ou Bybelboek te kan oopmaak. 

HERE, alhoewel dit ‘n fisiese seën is, kan ons die Boek oopmaak, ons het geleer lees.  HERE u Woord is in ons eie taal geskryf. 

Ons dank U daarvoor, maar HERE as U deur U Gees waardeur hierdie woord geskryf is, nie ook vir ons begrip en insig gee nie, dan sal die fisiese oopmaak, die oopslaan van die blaaie nie veel vir ons beteken nie. 

Daarom stel ons, ons in u hand, HERE ons God kom gee vir ons begrip, kom gee vir ons genade HERE om dan wanneer ons die begrip het, ook die moed, durf en die geloof, om te doen wat u woord aan ons openbaar. 

Kom seën spreker en toehoorder in Jesus Naam.

Amen. 

 

My liewe broer en suster en toehoorder, ons is almal terdeë bewus van die geweldige ramp wat ‘n groot deel van ons land getref het met die vloede en die oorstromings. 

Ek dink u sal met my saamstem, veral in die tye waarin ons lewe want dit is nie net vloede en oorstromings nie.  Daar is baie, baie ander dinge wat besig is om plaas te vind, sommige waarvan ons al, soos die ou gesegde gaan – begin gewoon te raak om daarmee saam te lewe en dit is juis die gevaar.  Ons Here Jesus het ons keer op keer in sy woord gewaarsku dat wanneer Hy kom, dit vir die meeste skielik en onverwags gaan wees.

 

In die jare het ek baie kere daaroor gedink want ek is baie jare hiermee besig en sê: “Maar HERE, as daar dan sulke groot dinge in die wêreld plaasvind voor U kom, en dit is ook duidelik in die Skrif, dan sal almal mos gereed wees, almal sal mos voorbereid wees”. 

Maar soos die jare aangegaan het en ek dinge bekyk het in my eie lewe, het ek gesien mense raak nie meer voorbereid nie.  Mense raak net nog meer, ek weet nie wat om dit te noem – gelate of gerus, hulle aanvaar dit nou maar as die normale loop van dinge en hulle raak net al meer onverskillig. 

Daarom is dit vir my ‘n verskriklike gevaarlike tyd want nou sien ek wanneer die Skrif sê, wanneer hulle selfs sê vrede, vrede, dan ‘n skielike verwoesting, en dis ‘n baie moeilike saak vir ‘n ernstige prediker om voor God se mense te staan want party sê ag, jy hou net aan wolf-wolf te skree.  Ander sê weer, is dit al wat jy kan oor preek, ons hoor dit al so baie.  Nou word ons ore ook al daarvóór doof en dit is juis dié probleem. 

Geeneen van God se profete was gewild of populêr in hulle tyd nie.  Johannes die Doper was selfs onthoof.  Maar dit mag ons nie afskrik om God se woord en God se waarskuwing uit te dra nie.  Maar ek dank die Here, as ons dan ook getrou God se woord ondersoek, sy waarskuwings ter harte neem, is hierdie ou Boek se einde, ’n wonderlike einde.  Is hierdie ou Boek se einde nie ‘n einde van neerlaag en vernietiging nie, maar dit is ‘n einde van triomf, oorwinning van die lewe oor die dood. 

Daarom as ek vanmôre weer; omdat ek voel dit is God wat dit op my gelê het, ook met u ernstig praat in verband met dit wat nog steeds besig is om ons land te teister.  Waarvoor ek self dankbaar voor is, dat ek net betyds daar deur gegaan het en dus miskien in ‘n besondere wyse saam met daardie mense medelyde kan hê.  Ek wil hê, dat u ook moet sien dat te midde van die waarskuwings het God altyd die laaste sê.  Dit is daardie sê – altyd ‘n sê van verlossing, ‘n sê van oorwinning, vir die wat werklik hulle vertroue op die HERE stel. 

Daarom wil ek met u ‘n gedeelte van die woord lees wat miskien in baie opsigte nie maklik lees nie maar wat ek voel wat absoluut ter sake is, ek wil met u lees naamlik: Eségiël 38. 

Ek het ‘n boekie: “Rusland in Profesie”, - in 1962 geskryf, dit is nou 26 jaar gelede en daardie boekie kan u maar lees en u sal sien hy is nog net so ter sake vandag soos hy destyds was.  Daar noem ek Eségiël 38 en 39 die “Russiese hoofstukke” van Eségiël omdat Rusland, wat ons teen hierdie tyd en in hierdie geslag so goed leer ken het, daar vir ons so raak beskrywe word. 

Die Arsenale van God

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147184
This_MonthThis_Month1940
All daysAll days147184