new-top-banner-english

Segregasie

E-Boek: Segregasie

Die Rede Waarom Pastoor Neser Die Boekie :

“Apartheid Wat Sê Die Skrif” Geskryf Het.  (Segregasie)

 

Inligting verkry uit ‘n “Bosberaad vergadering” gehou in 1995.

 

Pastoor Neser het die boekie “Apartheid wat sê die Skrif”? geskryf in 1955.  Dit was in die tyd toe die Suid Afrikaanse predikante ‘n afranseling gekry het tydens die vergadering van die Wêreldraad van Kerke.  Hulle was verdoem en in die grond vertrap oor die wreedheid van die Apartheidsbeleid – ‘n Broederlike afranseling kon dit genoem word.

 

Pastoor Neser se woorde:

“Toe hulle op die lughawe arriveer op ‘n reënerige dag, het hulle behoorlik gelyk asof hulle die kous oor die kop getrek is.  Ek het hulle so jammer gekry en besef dat hulle niks gehad het waarmee hulle hulself kon verdedig nie – omdat hulle nie geweet het wie Israel is nie. 

 

Ek het gebid en gesê:  “HERE, is daar dan niemand om hierdie saak te verdedig wat vir die wêreld kan sê wat Apartheid werklik beteken nie? – soos wat Verwoerd dit bedoel het.  Maar ek het besef dat ek nie ‘n lang artikel kon skryf nie – dit moes iets algemeen wees en kortliks anders sou niemand dit lees nie.  Van ons teenstanders het op onetiese manier die geskrif gebruik om Ekklesia mee te ondermyn.  Dit sou goed gewees het as die knelpunte breedvoerig verduidelik kon word.  Wat is die Evangelie?  Dit is nie net ‘n kwessie van die hel te ontvlug en hemele toe te gaan nie.

 

Die ware Evangelie is die ganse Godsplan met die wêreld en om dit wat Adam verloor het te herwin, om weer mense in die gestalte van Adam (voor die sondeval) op aarde te herstel, om die beeld van God weer in die mens te herwin.

 

Daarom moes Jesus die tweede Adam kom om die volle prys vir ons skuld en straf te betaal.  Om die saad wat verlore geraak het te herwin.  Die meerderheid kon egter nie herwin word nie, dis die onkruid, wat altyd in die meerderheid is. 

 

Maar niemand moet kan sê dat hulle nie ‘n kans gegun was nie of dat hulle nooit die waarheid gehoor het nie.  Soos bv. diegene wat nie van Israel is nie maar wel van die regte saad dat hulle getrek kon word en na die lig van die Evangelie toe kon kom.

 

Ons moes die lig wees wat hulle sou trek.  As die Evangelie dus uit die staanspoor korrek verkondig was (natuurlik is die redding van siele belangrik en die verandering van ons harte), maar ook van die Gods Administrasie van die aarde.  En dat gesê moes word wat die sondeval werklik behels en wat die gevolg daarvan was.  Ook van die vreemde saad wat op aarde verskyn het en dat Satan vir homself ‘n koninkryk daardeur gestig het met mense wat daaraan behoort.

 

Ek sien dit as die volle Evangelie: as hierdie dinge van die begin af gesê was, sou ons nie vandag in hierdie situasie gesit het waarin ons nou is nie, ook nie op politieke gebied nie.  Die onkruid kan nie herwin word (gered word) nie.  Maar ons moenie diesulkes wat buite Israel is en gered kan word, verhinder nie.  Om moet sulkes die regte lering (Evangelie) kan gee.

 

Hierdie volk moes Sy naam oor die hele aarde verheerlik.  God het nie behae in die dood van ‘n sondaar nie, maar ons moet die ware Evangelie definieer.

 

F.W.C. NESER

 

Klik op hierdie skakel om verder te kan lees: Segregasie

Daily Quotes

Joh 1:5 And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

146928
This_MonthThis_Month1684
All daysAll days146928