new-top-banner-english

Ander Evangelie

E-Boek: Ander Evangelie

Liewe Vader, ons dank U vir die voorreg om nou saam hierdie heerlike, wonderlike, lewende Woord te kan oordink.  O HERE, ons het vanmôre vroeg, toe ons vir die diens gebid het, het ons gevra dat U ons harte sal open soos U die van Lydia geopen het, om die evangelie te ontvang, en Here, soos U die verstand van u dissipels geopen het om die profete te verstaan, so bid ons dit vanmôre.

HERE, soos U ook vanmôre met ons deur die Gees gepraat het, die tyd is werklik baie kort, en; HERE, waarvoor was die profete dan geskrywe?  Waarvoor was U Woord geskrywe as daar so baie sal wees wat nooit sal verstaan teen die tyd dat U gekom het nie?  Daarom HERE, help ons dat ons sal verstáán, en dat ons gehoorsaam sal wees.   Ons vra dit in Jesus Naam.  AMEN.

 

My liewe broers en susters, ek kan één ding voor die HERE sê waarvoor ek baie, baie dankbaar is, en dit is dat ek nooit voor mense staan om vir hulle te préék nie, en dat ek ook nog nooit nodig gehad het om my voor te berei vir ‘n diens omdat daar van my, vir daardie oomblik verwag word om iets te sê nie.  God het nog altyd vir my ‘n boodskap gegee. So, ek kom nie vanmôre na u toe met ‘n preek nie, ek kom na u toe met ‘n boodskap en mag die HERE, soos ons gebid het, dit ryklik seën, want dit is ‘n baie belangrike boodskap; soos ek glo dat al my boodskappe reg deur die jare altyd belangrik was.

Ek wil eers met u uit ons Skriflesing lees, voordat ek vir u die titel sê waaroor ek gaan praat.  Ek wil hê ons moet saamlees uit:

Galásiërs 1:1-24;

(die brief van die Apostel Paulus aan die Galasiërs)

Opskrif en seëngroet.

1          PAULUS, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,

2          en al die broeders wat by my is - aan die gemeentes van Galásië:

3          Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

4          wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

5          aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen. 

6          EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,

7          terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

8          Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!

 

(Broers en susters, dis ‘n baie sterk woord daardie.

Die ou Engelse Bybel sê: “let him be a cursed”.

Die Grieks is “anatema” wat ‘n baie sterk woord is).

 

9          Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!

(Hy herhaal dit twee keer!)

10        Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

11        Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

12        Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.

13        Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermatig vervolg en dit verwoes het;

14        en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral ‘n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.

15        Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,

16        om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,

17        en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.

18        Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;

19        en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.

20        En wat ek julle skryf - voor die aangesig van God, ek lieg nie!

21        Daarna het ek gekom in die streke van Sírië en Cilícië;

22        en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Judéa;

23        hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.

24        En hulle het God verheerlik in my.

 

Ons lees net tot daar.

Mag die Here daardie gedeelte ryklik aan onse harte seën.

Ek wil vanmôre met u praat oor die baie ernstige onderwerp; ‘n baie, baie ernstige onderwerp:

“ ‘n Ander Evangelie”. 

‘n Ander Evangelie? 

Ek wil vanmôre vir u sê: Ons lewe in die tyd van ‘n “Ander Evangelie”.

Die “evangelie” en die “Woord van God” wat mense hoor (ons eie mense, ons eie volk), is nie God se Evangelie nie!  Dis ‘n verskriklike ding om te sê, en dis dan ook in die trant van hierdie teks wat ek u aandag op gevestig het, is daardie “evangelie” dan ‘n vervloeking.  Verskriklik! Maar kom ek lees vir u weer van die sesde tot die negende vers:

......Klik op hierdie skakel om verder te lees: 'n Ander Evangelie

 

 

Daily Quotes

MiniCalendar

August 2016
MTWTFSS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Vinaora Visitors Counter

144372
This_MonthThis_Month1287
All daysAll days144372