new-top-banner-english

Bybel leer aangaande God

E-Boek: Wat Die Bybel leer aangaande God

1. God As Gees.

1.1 Die feit dat God Gees is.

Johannes 4:24;

            God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

 

Vraag:   Wat is Gees? 

Antwoord: Lukas 24:39;

39        Kyk na my hande en voete, want dit is Ek self.  Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. 

‘n Gees het nie ‘n vleeslike liggaam nie, maar is ‘n onsigbare werklikheid.

Om dus te sê God is Gees, is om te sê, dat God nie ‘n vleeslike liggaam het nie, en is onsigbaar vir die natuurlike oog.

Vergelyk: - Deuteronómium 4:15-18;

15                 Neem julle dan terdeë in ag terwille van julle siele---want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie---

16                 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ‘n gesnede beeld, ’n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie ‘n afbeelding van man of vrou,

17                 ‘n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ‘n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,

18                 ‘n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ‘n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;

 

Vraag: Wat beteken dit dan waar dit in Génesis 1:27 sê: “En God het die mens geskape na sy beeld?”.

Antwoord: Die antwoord op hierdie vraag word vir ons baie duidelik in die volgende Skrifte gegee:

Kolossense 3:10;

            en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Efésiërs 4:23-24;

23        en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

24        en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid

Vergelyk:

Kolossense 1:15;

            Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

1 Timótheüs 1:17;

            Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

Die woorde “beeld” en “gelykenis” sien: - Génesis 1:26 - - verwys klaarblyklik nie na sigbare of liggaamlike gelykenis nie, maar na intellektuele en morele gelykenis----gelykenis in “kennis”, “geregtigheid, en “ware heiligheid”.

Génesis 1:26;

            En God het gesê: Laat Ons mense  maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

 

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

133052
This_MonthThis_Month2083
All daysAll days133052