new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Versterk Jouself

Preek B535a

 

1 Samuel 30 vanaf vers 1

 

Dit is ‘n wonderlike hoofstuk hierdie, waaruit ‘n mens baie wonderlike boodskappe en lering kan ontvang. Dawid het homself in die Here versterk toe hy in die uiterste nood was – dit is een van die wonderlike prinsiepe van hierdie hoofstuk…

Nog ‘n prinsiep wat Dawid hier geleer het en daarna toegepas het was dat hy beveel  het dat hulle wat agtergebly het by die pakgoed, moes gelykop deel met die wat geveg het.

Juis toe die manne uitgetrek het in die geveg, en daar niemand agtergebly het om hul huis en haard op te pas nie, het die Amalekiete gekom en hul stad Siklag beroof en hul vrouens en kinders weggevoer.  Omdat daar niemand was om hulle op te pas nie en daarom het Dawid agterna daardie bevel gegee en dit ‘n instelling in Israel gemaak.

 

Netso, in die bediening vandag is daar baiekeer mense wat sê: ‘Ag, ek is nie die pastoor  nie, ek is nie ‘n diaken nie, of een wat daar in die openbaar werk vir die Here nie, so ek is seker maar niks werd.  O nee, my liewe broer en suster, ons het elkeen ons werk wat ons vir die Here doen, selfs die wat in hul binnekamer, waar niemand jou sien nie, bid vir die werk van die Here. Ons belangrikheid is nie net in dit wat gesien word nie, ons waarde lê in dit wat deur die Here gesien word.

 

Teleurstellings soos wat met Dawid gebeur het, kom ook op ons pad, baiekeer wat ons ook voel dat ons dit nie verdien nie, en soms kom dit nog vanuit eie geledere! Rampe tref ons maar hoe reageer ons? In 1 Kor. 10:13 sê Paulus dat ons nooit bokant ons kragte versoek word nie…maar God sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat ons dit kan verdra.

 

Dawid het saam met sy manskappe geween totdat daar geen krag meer in hulle was nie, maar toe wou hulle hom stenig en wat het hy gedoen? ...hy het homself in die Here gaan versterk. Dit is wat elke kind van die Here moet doen, want rampe en hartseer kom ook na ons kant toe….

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

August 2016
MTWTFSS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Vinaora Visitors Counter

144431
This_MonthThis_Month1346
All daysAll days144431