new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Net wat julle wil he

Skriflesing uit Joh.15

Kernvers: 7-

‘As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê en julle sal dit verkry’.

Dit klink amper te goed om waar te wees, maar Jesus het dit gesê en daarom is dit die waarheid. So daar is ‘n voorwaarde nl. As ons in Hom bly en Sy woorde in ons…daar is ‘n absolute noodsaaklike lewende verband tussen die Woord en gebed. Wanneer ek bid praat ek met God, maar as ek die Woord lees dan praat God met my. Ek kan egter nie sommer Sy genadetroon stormloop as te ware met ‘n stortvloed van woorde en begin om my gebed op te sê nie, of om al my versoeke en my hartseer en behoeftes en begeertes, sommer net voor God kom lê nie. Ek moet eers na Sy Woord toe gaan, want in Sy Woord openbaar God homself aan my. In Sy Woord gee God vir my Sy beloftes, gee Hy Sy bevele, openbaar Hy sy wil, en daarvolgens moet ek bid.

Hy openbaar homself in Sy Woord en hoe meer ek Sy Woord lees in die Gees, hoe beter sal ek Hom leer ken in al Sy volheid van Vader, Seun en Heilige Gees en kan ek Hom daarvolgens aanroep en met Hom gemeenskap hou.

Hoe meer God Sy heerlikheid en Sy liefde en Sy wil aan my openbaar, hoe meer kan ek vir Hom sê hoe ek Hom waardeer en vir Jesus en die Heilige Gees. So vloei daar ‘n liefde van my na God en Sy liefde na my toe. Dan kan ek na Hom toe kom en sê: Vader U Woord sê so en U belowe dit en U Woord is die waarheid…..

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135301
This_MonthThis_Month2142
All daysAll days135301