new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Hoe sal ons ontvlug?

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B064

Mooi lied vooraf: “Oh what a Saviour is mine..” 

Skriflesing uit Heb. 2:1-10

Kernvers 3: Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam? 

Wat ‘n wonderlike liefde van God dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo,  nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê - en hoe kan iemand dit ooit veronagsaam?

Hoe vreeslik om te val in die hande van die lewende God! 

Is ons nie dalk besig om aan die slaap te raak nie – hoe is dit dat daar so ‘n traagheid is in ‘n mens se lewe om die Here te dien?  Dit het so vroeg al begin soos in die tuin van Eden met Adam en Eva en toe hul seun Kain  wat God veronagsaam het deur ongehoorsaam te wees  en ons ken die gevolge… 

Maar is ons vandag enigsins anders - kan ons vanaand sê: ons sal ontvlug? Die profeet Jeremia sê in hfst 17:9,10 dat die hart is bedrieglik bo alle dinge, ja verdorwe en wie kan dit ken? Die Here sê Hy deursoek ons hart en toets ons niere, om aan elkeen te gee na sy weë , volgens die vrug van ons handelinge. 

Daarom moet ons waak oor ons eie harte, meer as oor enigiets…ons moenie dink: wel, ek gaan gereeld kerk toe, ek kom uit ‘n goeie familie, dit gaan goed met ons ens.

Is u nie dalk in ‘n toestand van onverskilligheid nie? 

As ons dink aan Jesus wat op die hitte van die dag geloop het om te gaan soek na een verlore siel nl. die Samaritaanse vrou by die put – ‘n eensame vrou wat ‘n diep verlange na God gehad het tenspyte van haar sondige lewe. En Jesus het haar gaan soek! Hy het gesê dat Hy gekom het om die wil van Sy Vader te doen …en ek? wat doen ek vir God? wat is ek bereid om op te offer? 

 

Mag die Here opnuut aan ons die wonder van ons redding openbaar  dat ons sal sê: Here! herstel daardie bewondering vir U in my lewe, herstel daardie behoefte van uitreiking na U in my lewe dat ek U opnuut weer sal dien met ywer en U sal liefhê met my hele wese!

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137894
This_MonthThis_Month2079
All daysAll days137894