new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Kies dan die lewe

Uittreksel van Pastoor Neser se preke: B806

Skriflesing uit Deut.30:1 – 20

 

Kernvers 19, 20a : Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae…. 

Wat ‘n keuse! Jy kies ook vir jou nageslag, jou kinders. Want dit wat jy kies, kies hulle dan meestal ook…hulle volg jou na. 

Ons leef in ‘n tyd van ontvlugting asook ‘n tyd van slapheid – hoeveel mense kry jy nog wat hul woord hou? As hy ‘n belofte gemaak het: ’Ek  bel jou môre, of ek bid vir jou’ of wat ookal …. Dan bel hy nie en bid ook nie. Maar die Here is nie so nie – dit wat Hy belowe het, dit sal Hy doen, Hy sê: ‘Kies dan die lewe dat jy kan lewe, jy en jou nageslag….’

Ek moet kies. Kyk na Deut.28: 1- ‘As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde….’ En dan volg ‘n aantal verse oor die seëninge wat God vir Israel belowe het. Beleef ons hierdie seëninge vandag? Nou waar lê dan die fout – is dit nie ons verwaarlosing van God en Sy Woord nie? Lees gerus self verder in Deut.28. 

Ons kan kies tussen die seën en die vloek, die lewe en die dood , soos Josua gedoen het in Josua 24:15 waar hy sê: ‘Ek en my huis, ons sal die Here dien. Dis ‘n besluit wat jy moet neem en dan sal God Sy beloftes teenoor jou waarmaak. 

Ons is nie produkte van die noodlot nie – God het vir ons ‘n vrye wil gegee en ons is gedurig besig met keuses. Die belangrikste keuse egter is dat ons God kies en om Sy wil te ken en Sy Woord, en dit te gehoorsaam. 

Watter prys was daar nie al betaal om hierdie ou Bybelboek vir ons te kon gee. Skaars 400 jaar gelede was dit nog vasgeketting in kloosters… en in Latyns, Grieks, Hebreeus en Aramees. 

Daar was een maal twee keuses gestel aan ‘n ou godvresende vader nl : as jy kon kies of jou seun die beste universiteitsgraad maar sonder God sou bekom, of dat hy ‘n gewone ambagsman sou word maar God ken. Hy het die tweede gekies!

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149771
This_MonthThis_Month1939
All daysAll days149771