new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Die Christen in Noodtoestand

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B804

Skriflesing uit Fil.1:1-30

Asook Fil.4:4-6

 

Ons moet erken dat ons leef huidiglik in die eindtyd – daar is soveel bevestiging hiervan in die Woord. As ons kyk na die opstande, die brande, die ekonomiese insinking, die werkloosheid – ons as ‘n blanke volk is besig om arm te word.

Dit is ernstige dinge wat besig is om te gebeur… 

In die hart van hierdie sendbriewe van die apostels: Paulus, Petrus, Jakobus, Johannes, het hulle geskrywe aan daardie gemeentes wat in ‘n noodtoestand was. Die Christelike geloof was ‘n verbode geloof en die Christene was beskou as uitvaagsels. Hulle was vervolg en jag op gemaak – dit was die sport van die heidene in daardie tyd om hulle in die arenas vir wilde diere te gooi en op branstapels te verbrand.

As ons dink aan die werkloosheid dan is dit nie te vergelyk met die Christene van daardie tyd nie…Hulle kon geen werk kry nie, selfs hul goed was gekonfiskeer, hulle was gearresteer en moes gedurig vlug. Wat het hulle deurgedra?

Omdat hul geloof vir hulle ‘n werklikheid was – hulle was bereid om daarvoor te sterf! Nou moet ons waak daarteen om bedruk te word wanneer ons aan hierdie dinge dink, asook die negatiewe omstandighede waarin ons ons vandag bevind – Kyk wat sê Paulus vir hierdie mense: ‘Verbly julle altyd in die Here…’

Hy kon dit sê want hy het dit self beoefen te midde van sy gevangenskap en tenspyte van dit wat hy gely het, het hy gesê: ‘Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie…’ 

Kon Paulus dit werklik bedoel in daardie omstandighede? Laat ons ons nie te maklik onderkry in moeilike situasies nie? Hier is nou die toets van ons geloof – ons moet ‘n praktiese demonstrasie en getuienis kan gee in ‘n tyd soos hierdie nl. dat ons geloof vir ons ‘n werklikheid is….

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149771
This_MonthThis_Month1939
All daysAll days149771