new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Die Pad huistoe

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B840b

Skriflesing uit Lukas 15:11-32

Kernverse 18 – 20

 

‘Ek sal opstaan en na my vader gaan….’

Die pad weg van die huis af begin egter dikwels binne-in die huis. Tenspyte van al jou voorregte en gerief, omdat onvergenoegdheid en ontevredenheid ‘n vastrapplek gekry het. As ons so na die mense in die wêreld kyk en sien hoe roekeloos sommige van hulle lewe – mense wat hul  lewens verwoes en verkwis . Tog het hul liefdevolle ouers gehad en ‘n goeie opvoeding, maar dan verlaat hulle die huis omdat hulle onvergenoegd geraak het. 

So kan ‘n mens dan ook sê dat die weg van sonde dikwels begin het by die weggaan van die Here. Maar dank God, die weg van bekering begin by die teruggaan na God.

Hierdie verlore seun het weggegaan van sy vader en sy erfporsie gaan verkwis – sy vader het besef dat dit nie sou help om hom te keer nie, hy het net op God vertrou….

Dit is een van die swaarste dinge vir ‘n ouer – as hy sien dat sy kind al verder en verder wegdryf van jou en ook van God. Dit is dan wat jy net moet glo, want jy weet om te probeer vasklou aan daardie kind sal hom net verder van jou af wegdryf . 

En so het hierdie seun weggegaan om ‘n lewe van losbandigheid te leef….totdat hy by die varke beland het – wat ‘n vernedering! Dis wat die sonde met ‘n mens doen… maar God se liefde en genade is groot. In sy swaarkry het die herrinneringe van sy ouerhuis hom tot sy sinne laat kom en hy het gesê: ‘Ek sal opstaan en na my vader gaan…’

 

 

 

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

August 2016
MTWTFSS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Vinaora Visitors Counter

144430
This_MonthThis_Month1345
All daysAll days144430