new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Smart

Uittreksel uit Pastoor Neser se preek: B440a

Skriflesing: Heb.12:1-26

 

Kernvers 7 en 8: ‘As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns: want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.’ 

Waar kom smart vandaan, en wat is die bedoeling daarvan? God se bedoeling is altyd goed. Daar is ‘n gesegde wat sê: ‘Elke huis het sy kruis en elke hart het sy smart’. Sulke gesegdes het hul oorsprong in die smeltkroes van die lewe…

Wanneer ons so na die lewe rondom ons kyk moet ons erken dat smart, lyding, hartseer, pyn, verlies, mislukking en teleurstelling word een of ander tyd die ondervinding van elkeen van ons. Hoe wonderlik is dit egter om te weet daar is ‘n God in die hemel, ‘n rots om in te vlug, ‘n skadu om in te skuil. Nogtans, in ons diepste smart het meeste van ons tog een of ander tyd al gesê of tenminste gedink: ‘Waarom’? Selfs Jesus het gevra: waarom het U my verlaat?

Ons as gelowiges weet waarom dit nodig was vir Jesus, sodat ons dit nooit hoef te vra nie, want die Here sê Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie. Hy het Sy eie Seun verlaat sodat die wat in Hom glo sal weet dat Hy hulle nooit sal verlaat nie. Wat ‘n wonderlike hoop!

Die Psalmis het in 42:4 gesê: ‘My trane is my spys omdat hulle die hele dag vir my sê: waar is jou God? Vers 8: al u bare en u golwe het oor my heengegaan’. Het u nie al so gevoel nie? …Maar Jesus weet van elke traan en versugting want Hy het dit beleef tot op die diepste vlak. Daarom kan Hy verstaan . Hy het al ons smarte op Hom geneem Jes.53:3-5, al ons trane en smarte het Hy vir ons gedra. 

Die groot vraag is maar waar kom smart vandaan? In ons skriflesing sien ons dat God soms smart gebruik om met Sy kinders te praat, hulle soms te tugtig, omdat Hy ‘n wonderlike einddoel met ons het . Dan is daar ook die smart wat deur die vyand veroorsaak word. Die derde bron van smart is deur ons eie toedoen….

Want ons is gebroke mense wat in ‘n gebroke wêreld leef en dit is waarom Jesus gekom het!

 

 

 

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135424
This_MonthThis_Month2265
All daysAll days135424