new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Ware Vrede

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B834

Skriflesing uit Jesaja 11:1-16

 

Kernvers: 6- ‘Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja’.

Wat ‘n wonderlike vooruitsig! Dan sal daar waarlik vrede wees op aarde – maar nou sien ons die teenbeeld daarvan…. Almal is vol angs: wat gaan gebeur, waar gaan alles heen, wat van ons kinders, watse toekoms is daar vir hulle?

Maar hoe dank ons God dat ons kan weet op die uiteinde gaan daar vrede wees!

Wat is vrede? Ons soek almal na vrede en tog is daar die verkeerde manier van soek – die regte manier begin by ons Here Jesus….Hy is ons vrede! Hy het gesê: ‘Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie’.

Kyk net hoe baie gelowe is daar, hoe baie godsdienste ….hoe baie is daar wat ‘god’ soek , die verkeerde ‘god’. Almal soek na vrede, maar daar is net Een wat ons vrede is en daar is net Een wat ons lewe is en dit is die Here Jesus self.

Kom ons kyk na 3 verskillende aspekte van ‘vrede’ – die uiteindelike vrede gaan wees soos in die Skrifgedeelte wat ons gelees het waar ‘die kind sal speel op die gat van ‘n adder en hulle sal geen kwaad doen of verderf saai op My hele heilige berg (Koninkryk) nie, sê die Here’. Ons kan ons nie indink hoe dit sal wees nie… 

Ons is egter nog oppad daarheen en ons moet as individu  vrede maak met God, dat ons die vrede van God in ons harte mag hê – dat ons mag weet dat ons die geregtigheid van God is deur Jesus Christus.

 

Die derde aspek van ‘vrede’ is die vrede  van God, waar ons selfs temidde van onvrede in die wêreld kan wees en sodoende ‘n lig kan wees in die donker vir ander en dat hulle deur ons ‘vrede’ te sien en te ervaar, by Jesus sal uitkom! 

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135424
This_MonthThis_Month2265
All daysAll days135424