new-top-banner-english

Hoogtepunte in die Geskiedenis

Kernvers: 25

‘En Ek sal skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word….’

 

Let op hoeveel keer die woordjie ‘sal’ voorkom in hierdie Skrifgedeelte … dit bou so op na ʼn wonderlike klimaks.

 

Hoe troosteloos die huidige omstandighede ookal mag lyk, ons staan op die drumpel van die magtigste ‘Ek sal’ van alle tye. Daarvoor sal ons krag en geloof en bemoediging nodig hê. Ons moet bymekaar staan en mekaar bemoedig, sodat die vyand nie nou, net voordat ons by die klimaks kom ons van ons oorwinning beroof nie.

 

Paulus het gesê: ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die Regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning liefgehad het (11 Tim.4:7,8).’

 

Mens kan sien dat hy dit met blydskap kon sê tenspyte van al sy verdrukkinge. Ons staan nou op die punt van die grootste wonderwerk en vervulling van God se Woord. Daar is nog baie ander plekke in die Bybel waar die Here praat oor: ‘Ek sal’ ten opsigte van Sy volk.

 

In ʼn tyd soos hierdie waar ons hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet ons waak daarteen om passief te raak – omdat ons so baie daarvan hoor en geneig is om gewoond te raak daaraan om daarmee saam te leef. Eintlik word ons mak gemaak, soos met die storie van die padda wat in die louwater gegooi word, en wat geleidelik  warmer gemaak word totdat hy doodbrand daarin.

 

Ons kyk na ʼn paar hoogtepunte:

Daar was die Skepping wat uit chaos voortgekom het, toe God gesê het laat daar lig wees en daar was lig.

Nie lank daarna nie, toe kom die sondvloed – wat ʼn omwenteling was dit nie!?

Die roeping van Abraham was ʼn groot hoogtepunt, die Israeliete in Egipte en die uittog daaruit.

Die klowing van die Rooi See – wat ʼn geweldige hoogtepunt.

Tot dusver was die koms van Jesus die Messias die grootste hoogtepunt – die versoening deur Sy bloed wat vir ons gestort is aan die kruis!

 

Asook Sy opstanding uit die dood met die belofte van Sy Wederkoms wanneer Hy alles gaan herstel….

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137894
This_MonthThis_Month2079
All daysAll days137894