new-top-banner-english

Die lewe van 'n Verloste

Kernvers: 12,13 ‘….werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.’

 

Daar is baie dinge wat heeltemal by ʼn mens sal verbygaan mits jy daarop attent gemaak sou word. Veral nadat ʼn mens tot bekering gekom het en die Here begin dien en dit naderhand ʼn beginselsaak word, kan ʼn mens maklik in ʼn groef raak omdat jy nou jouself by die saak van die Here geskaar het en daarby wil staan.

Ons kyk egter nie altyd noukeurig wat daar in God se Woord staan nie bv. waar dit sê: ‘As julle in My insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd…Lev.26:3’ ensovoorts, m.a.w die Here sal Sy seën oor ons gebied. 

Omdat Israel dit nie kon doen nie het Jesus gekom en ons kom verlos van ons sonde – Hy het Homself opgeoffer en Sy bloed uitgestort sodat ons soos die verlostes van God kon leef en al Sy beloftes vir ons kon toe-eïen.

Hierdie sendbriewe van die apostels was gerig aan Israel……hulle wat vantevore op God gehoop het en aan hulle is die goeie nuus gebring dat Jesus hulle kom versoen het met God en weer deel kom maak het van Sy volk. Hier in Filipense is Paulus besig om hulle te leer om vir God en vir mekaar te lewe 

‘Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself…’v3. Die verloste persoon sal nie maklik opgeruk raak nie, want as jy gesterf het saam met Christus, dan sal die eie ‘ek’ nie op die voorgrond tree nie. As ʼn verloste sal ek die gesindheid van Jesus hê ….

 

Om dit te wees, moet ek dit vir myself toe-eïen en dit wat Jesus vir my gedoen het toepas in my lewe. Ek moet dit bedink en bebid en dit beoefen met die hulp van die Heilige Gees. Ek moet my ‘eie heil uitwerk met vrees en bewing…’ 

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132495
This_MonthThis_Month1526
All daysAll days132495