new-top-banner-english

Die wereld sonder Satan

Kernvers: Gen.3:1a-

‘Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het …’

 

Ons het hier in Genesis 3 kennis gemaak met die slang, maar dit is duidelik dat dit geen reptiel of slang was nie.  Die Hebreeuse vertaling van die woord ‘slang’ is Nakash wat bedrieër of verleier beteken. Dit sien ons dwarsdeur die Bybel en dat dit dan ook presies is wat hy is. Asook in Openbaring 20 kan ons dit duidelik sien in vers 2: … ‘die ou slang wat die duiwel en die Satan is…’ Daar in Genesis al, het die hartseer begin: die trane en hartseer en dood. 

Laat ons die Here dank vir al Sy liefde en genade wat geopenbaar is in Sy Woord. Aangesien ons sal moet erken dat hierdie ʼn gevaarlike en hartseer wêreld geword het om in te woon, kan ʼn mens jouself indink in ʼn wêreld sonder Satan. 

Ons lees in Openbaring 20 hoedat die duiwel gebind gaan word en vir ʼn duisend jaar in die afgrond gegooi gaan word en bokant dit verseël sal wees sodat hy die nasies nie meer sal kan verlei nie.

Wat ‘n wonderlike vooruitsig….vir diegene wat die Here liefhet en wat saam met Hom sal regeer oor die aarde om dit weer terug te neem na sy paradys toestand voor die sondeval!  Aan die einde van die 1000jr egter gee Jesus weer die Koninkryk terug aan die Vader (1 Kor.15:25) nadat Hy al die verwoesting wat deur die duiwel veroorsaak is, herstel het. Dan word die Satan vir ʼn kort tyd lank losgelaat om weer te kyk wie agter hom sal aangaan. Daarna kom die finale afrekening en dan word hy in die hel gewerp saam met die werkers van ongeregtigheid.

Jesaja 11:6- ‘Dan wei die wolf by die lam en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ʼn klein seuntjie sal hulle aanja.’

Die Skrif wys vir ons hoe die dorings en die distels sal verdwyn…siekte en dood en oorloë sal verdwyn. Selfs die natuur sal juig en bly wees. 1 Kor. 2:9 sê: ‘Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ʼn mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet’.

 

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132603
This_MonthThis_Month1634
All daysAll days132603