new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Week6- Pasop waak en Bid

Lukas 12:35, 37

35        LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.

37        Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan die tafel laat gaan en hulle kom bedien.

Geliefdes, ek wil met u ‘n paar gedagtes deel aangaande die waarskuwing van onse Here Jesus omtrent sy Wederkoms.

 

Ons het gelees in die 37ste vers – “Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die Heer wakker sal vind as hy kom, Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien”.

Dit is vir my so wonderlik, die groot en die heerlike beloftes wat die Here Jesus maak vir diegene wat gereed is wanneer Hy kom. Kom laat ons nie kyk na die vrees aspek nie, maar laat ons kyk na die heerlike aspek, daardie dag wanneer Hy kom, en ons is gereed.

Geliefdes, die HERE gee vir ons die genade, Hy het vir ons die Heilige Gees gestuur om vir ons te help, om vir ons ‘n Helper te wees, vir ons ‘n Trooster te wees om ons gereed te maak.

U weet baie keer voel ‘n mens so alleen, en baie keer as jy nie baie versigtig is nie, kan jy jouself baie maklik oorgee aan selfbejammering. Dit gebeur dikwels met my, dat ek net moet keer, dat ek net moet onthou waaraan ek glo, dat jy so dikwels so alleen voel in die waarhede waarvoor jy staan, dat jy so alleen voel my broer en suster in die Openbaring van God.

Dan sê ek ag HERE, maar dankie die profete het daardie pad geloop, die Here Jesus het self daardie pad geloop en U het gesê, en ek sê dit vir die Here, ek dank die HERE daarvoor, Hy het gesê: “Ek sal julle nie as wese agter laat nie, Ek kom weer na julle toe. Ek stuur vir julle die Trooster, die Heilige Gees, Halleluja! Om by julle te bly vir altyd!”

 

As ons waarlik die Gees van God in ons lewens het, wat hoef ons te vrees, waarvoor hoef ons bang te wees, waarvoor hoef ons hartseer te wees en dis dieselfde Heilige Gees wat ons ook gereed maak, en gereed hou om Hom te ontmoet.

 

Preek uit:Pasop, Waak en Bid B87b

00.01 tot 1.23 en 4.17 tot 18.33 

Gebed uit: Pasop, Waak en Bid B87b

 

43.20 tot 43.51

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

June 2016
MTWTFSS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930

Vinaora Visitors Counter

140089
This_MonthThis_Month1807
All daysAll days140089