new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Week7-Versterk Mekaar in Tye soos Hierdie

1 Thessalonicense 4:18

18        Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

1 Thessalonicense 5:11

11        Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

 

Bemoedig (versterk) mekaar in ‘n tyd soos hierdie!

U sal oplet in bogenoemde twee verse het ons presies daardie woorde in sy betekenis van: - Bemoedig (“versterk”) mekaar in ‘n tyd soos hierdie!

Ons begin die gevare al nader sien kom!

As ons die sendbriewe lees, besef baie min van ons volk dat hierdie briewe geskrywe is in ‘n tyd toe die kerk deur ‘n tydperk van intense martelaarskap gegaan het. Dat dit ‘n tyd was waarin die mense gesterf het vir hulle geloof. Dat dit ‘n tyd was waarin die Christelike geloof ‘n verbode geloof was.

Dat op daardie klompie Christene jag gemaak was, dat hulle vir die wilde diere gegooi was in die arenas van daardie tyd; en om die “gru-spel” te verlig was Christene geneem, aan pale rondom daardie arenas vasgebind, bestryk met pik en aan die brand gesteek. Dit was in “so ‘n tyd” waarin daardie mense geleef het, aan wie al hierdie sendbriewe geskrywe was.

Daarom is daar vir ons in hierdie tyd nie net ‘n baie tydige les in te vinde nie, maar is daar ook ‘n waarskuwing in, om onsself gereed te maak!

Daar is dan in hierdie woorde van “versterk (bemoedig) mekaar in ‘n tyd soos hierdie” nie net mooi woordjies om in ons gehoor gestreel te word nie, maar dat ons sal “wakker” word.

Dus as ons in tye soos hierdie versterk wil word, dan moet ons gewaarsku word. Ons moet voorbereide, ingeligte mense wees, sodat die versterking in dít wat kóm, ons kan sien wat die geloof van hierdie mense was wat deur so ‘n tyd gegaan het, wat ek glo, soos ek God se woord verstaan ons ook nou tegemoet gaan en dat dit nader is as wat ons dink.

“Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie” – hierin lê woorde van voorbereiding en waarskuwings.

 

1 Thessalonicense 5:3;

3          Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

 

Ons is nou in daardie tyd!

Ons wat deel van God se volk is moet kyk na wat die profete sê van God se volk.

 

Preek uit: Versterk mekaar in ʼn tyd soos hierdie. B418a

 

00.01 tot 6.42

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135424
This_MonthThis_Month2265
All daysAll days135424