new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Week8- Die Wonderlike Wereld van More

Maleagi 4:2

2          Maar vir julle wat my Naam vrees sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

 

Wanneer die dag breek en wanneer die son opkom, dan weet ons ‘n nuwe dag het begin. Ons weet die nag is verby, die skadu’s moes vlug, want die koning van die dag het op die toneel verskyn. En hy loop soos ‘n held (dit sê in die Psalms) om sy baan te voltooi.

Maar ons dank die HERE dat daar ‘n Groter Son as dit is, wat in hierdie tyd staan om te verrys. En dit is die Son van Geregtigheid met Heling in Sy vleuels! Daardie Son van Geregtigheid is niemand anders as Hy wat daardie son wat ons sien, self geskape het nie! Hy is die Almagtige, prys die wonderlike Naam van die HERE!

 

Daarom is dit vir my so wonderlik om na God se Woord te kyk, dat God se Woord vir ons niks terughou wat vir ons nuttig is nie. En dat die HERE se Woord met groot nadruk en met groot presiesheid vir ons baie duidelik wys dat daar lê tye van verskriklike oordeel vir die aarde voor. Ek weet daar is baie mense wat moeg word om dit te hoor, maar geliefdes as daar ooit ‘n tyd was waarin ons hierdie Waarskuwing moet laat uitgaandan is dit vandag! En ons sien die tekens voor ons oë met ruwe geweld verby marsjeer!

 

Dit is ‘n oordeel van verwoestingsoos die mens nog nooit in sy lewe gesien het of ooit weer sal sien nie. In 2 Petrus 3 sê hy:

“die hemele sal verbygaan met ‘n gedruis en die elemente sal brand met onuitbluslike vuur”;

hy sê: die fondamente van die aarde sal bloot gelê word”,

Maar dank God dan sê hy:

 

“maar ons verwag volgens Sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon”.

2 Petrus 3:10,13.

10        Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

13        Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

God kom om hierdie wêreld skoon te maak!God kom om hierdie ou Babiloniese stelsel wat die mens in slawerny het, om hom af te breek, om hom te verpletter om hom tot op sy fondamente skoon te vee; sodat die heerlike Koninkryk van God op hierdie aarde gevestig gaan word.

Ná die benoudheid gaan die rus en die vrede van God op hierdie aarde neerdaal! Selfs daaromtrent het die HERE nie vir ons in die duister gelaat nie, en daarom wil ek vir u ‘n paar welbekende verse lees; dat u sal hoor wat die HERE in sy Woord sê.

Geliefdes, in Openbaring 21, die opskrif van daardie eerste 8 verse, in ons Afrikaanse Bybels lui: Die Nuwe Hemel en die Nuwe aarde.

Openbaring 21:1

1          EN ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Maar God se Woord sê: “Elkeen sal sit onder sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom en niemand sal hom skrikmaak nie”. Nou moet u nie dat die duiwel in u gedagte met u rondspeel nie, dis maar een versie, daar is baie sulke Skrifte.

Diep in die binneste van jou wese dink jy aan die uitdaging van die lewe en die stryd wat daar is en die vrees en die angs wat jy het vir die toekoms. Dit benewel jou verstand, dit berowe jou van jou skeppings vermoë!

Niemand sal meer oorlog maak nie, hulle spiese sal hulle verander in snoeimesse, hulle swaarde in pikke, geen twee jaar diensplig meer nie. Niks van hierdie dinge nie. Geliefdes, ons het geen gedagte wat die mens met sy verstand sal bereik, wanneer al hierdie dinge van ons weggeneem is, en ons rustig, werklikwaar skeppend kan wees, ons verstand kan gebruik, vir dít wat goed is, soos God dit vir ons bedoel het!

Preek uit: Wonderlike Wêreld van Môre B442

 

00.01 tot 16.39

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785