new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Week3 - Gebed die vergete geheim

Mat. 6:6

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Uittreksel uit boek: Gebed die Vergete Geheim

Mat.6:1-6

1         Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

2         Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen,dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

3         Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.

4         sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

5         En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

6         Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 

Liewe leser, die wêreld dink baie van gebed. As iemand in die moeilikheid kom sien ons hoe gou hy bid. Selfs die heiden soek iets om te aanbid of dit die son, ʼn boom of ʼn klip is. 

ʼn Groot tragedie by die kinders van God is dat ons te min bid. Ons wie die lewende God het, het in baie opsigte die geheim miskien lankal verloor of miskien nog nooit eers ontdek wat dit beteken om werklik te bid nie. 

         How many Christians have lost the secret to pray or don’t know what it really means to pray.

Ons sien in Suid-Afrika hoe die Mohammedane hulle winkels toemaak op 'n Vrydag om te bid. Hoeveel van ons Christene sal ons besighede toemaak op ʼn sekere tyd en daardie profyt verbeur as ons so ʼn soet uurtjie van gebed kan hê? Hoeveel van ons in ons alledaagse lewe kan alles opsy sit en vir ons ʼn sekere tyd afstaan en sê dit is my tyd van gebed? Dit is my tyd wanneer ek na my binnekamer gaan my deur sluit en nader tree tot my Vader wat in die verborge is. Hy het vir my daar verborge skatte weggelê. Hy het gesê as ek dit doen, sal Hy na my luister daar in die verborge en Hy sal my in die openbaar vergelde. Watter magtige belofte, maar u moet weet om ʼn deur toe te maak en om ʼn deur te sluit is ʼn besliste handeling. 

         To enter a room, to close a door and to lock that door is a definite act and we know that sometimes in moments of rage or in some occasion when you have taken a huff, how that people can rush to their room and slam the door behind them. Do we take that deliberate step or that deliberate act to say now, I am going to appear before my God; He has promised to meet me there in secret. 

 

Hy het belowe om my daar in die verborge te ontmoet. Niemand anders in die nabyheid nie. As ek nie ʼn kamer het nie moet ek ʼn plek kry waar ek my kan afsonder met my God.

Hy het met my ʼn afspraak gemaak en ʼn belofte gegee, Hy sál dit doen. Het u so ʼn tyd van afspraak met God? Hier is ʼn verlore geheim. Ons lewe in die tyd waar ons dit nodig het. Ons lewe in ʼn tyd waar ons hierdie geheim sal moet herontdek. Ons lewe in ʼn tyd waarin ons gedwing gaan word om alleen te wees met God.

Nie net vir probleme daarbuite nie maar daar is ook onrus in ons siele, daar is laste in ons lewens, dinge wat op ons senuwees werk in ons omstandighede. Hierdie dinge gaan ons verpletter as ons nie kom op ʼn plek van rus en op ʼn plek waar ons krag kan ontvang nie.

         We need that moment and that place of rest and seclusion, that place of refreshment, that moment and that time of replenishment.  Otherwise we are not going to stand the pressure of life and the dangers that are around us. We will have to confess that we have seen this verse so many times in our lives but we have either just gone over it or we are not merely taking God at His Word. 

Hierdie gebed, hierdie soet uurtjie van gebed is my tyd van my reunie met my God. Ons het ʼn God wat gebed verhoor! Halleluja! Prys Sy wonderlike Naam!

         My time of reunion with my God, is the time when I come alone with Him with all that is within my heart! I believe we are going to see the fulfilment of that prophecy in Zechariah 12:10 where it speaks of a time of anguish. 

Mag die Here ons die genade gee dat ons sal besef dat ons gaan om gemeenskap met die Here te hou. Dit is net voor onse Vader waar ons werklik ons hele hart kan blootlê.        

“He shall keep him in perfect peace whose mind is stayed upon Him.” 

            “Wees stil en weet dat Ek die HERE is” 

Psalm 46:11

11         Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. 

Psalms 46: 10-11

10                     Be still, and know that I am God: I will be exalted among the heathen, I will be exalted in the earth.

 

Preek uit: Die Vergete Geheim B118

 

3.40 tot 12.04 en 23.40 tot 24.30

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

June 2016
MTWTFSS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930

Vinaora Visitors Counter

140119
This_MonthThis_Month1837
All daysAll days140119