new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Die stryd met jouself

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B795a

Psalm 139:1-24

 

Kernvers 14: ‘Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is U werke! En my siel weet dit alte goed.’

 

Wat ‘n wonderlike Woord: wonderlik is U werke! Hoe wonderlik het Hy my gemaak…tog het ek soms so ‘n stryd met myself – dis die grootste stryd wat ons het en met sonde! As ons dié twee kan oorwin dan is ons voorwaar  oorwinnaars! Paulus praat van hierdie stryd in Rom.7 nl: die goeie wat ek wil doen, dit doen ek nie maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. Ek ellendige mens, wie sal my verlos…..? Aan die einde van die hfst. roep hy uit in triomf wanneer hy besef net Jesus kan! 

Ons het soms so baie moeilikheid met ander, maar dan kom dit eintlik vanuit onsself. Omdat ons so min van onsself dink of dalk te veel – ons is baiekeer te behep met onsself en raak dan liggeraak of selfs aggressief. Soos die ou gesegde wat lui: ‘The trouble with thee is probably me’. 

Die lewe is vol kontraste : daar is struikelblokke, konflik en probleme – dit is die lewe. Die mens is ‘n komplekse wese en baie van die probleme wat ons met mekaar het is dikwels die ‘eie ek’: ek is te besig om vas te klou aan my seer, die onreg aan my gedoen, my komplekse en minderwaardigheid ens…..tog is dit ‘n werklikheid! Die lewe het sy merk op ons gelaat, goed of sleg. Sommige het baie diep merke.

Daarom dat daar die neiging is na ontvlugting, op allerlei maniere – maar kom ons neem bv. Sport: kyk hoeveel toeskouers is daar en hoe min wat speel. Baie sien hulself in daardie spel as die middelpunt , die een wat uitstyg bo die ander spelers….want hierbinne is ‘n verlange na erkenning. Neem ‘n foto van ‘n groep mense waarop jy ook is en jy kyk altyd eerste na jouself ; is ek  goed of mooi genoeg? Dis menslik – dis die lewe…

Kom ons kyk nou vir ‘n slag na onsself soos God na ons kyk  - hoe Hy ons sien en lees weer Psalm 139. U is wonderlik geskape, u is ‘n wonderlike persoon – soos God u gemaak het, het Hy ‘n wonderlike doel voor oë gehad en steeds. As jy jouself waarlik in Christus gevind het, sal jy besef wie jy werklik is. Jy is gemaak met ‘n spesiale doel, God het aan elkeen van ons iets van Homself gegee om by te dra tot die geheel. Verborge in Christus kan ons Sy medewerkers wees en saambou aan Sy Koninkryk! 

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135301
This_MonthThis_Month2142
All daysAll days135301