new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

n Vaste Lewenspatroon

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B436

Skriflesing uit Daniël 6:1 – 25

 

Kernteks v 6: ….ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ‘n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens.

Hierdie verhaal is ‘n wonderlike voorbeeld van standvastigheid , waar Daniël selfs in die aangesig van die dood nie ‘n tree afgewyk het van sy lewenspatroon  en sy verering van God nie.

Sy lewenspatroon was so standvastig en vlekkeloos dat niemand enige aanklag teen hom kon inbring nie, want soos wat hy dit uitgeleef het teenoor sy God, so het hy dit uitgeleef in sy werk – in die Staatsdiens van die koning was hy in sy hele lewenswandel getrou. In die administrasie van die koning se sake en landsake kon sy heidense medewerkers geen aanklag teen hom vind nie en dit het hulle boos gemaak want hulle het sleg teen Daniël afgesteek. Soveel so dat hulle hom uit die weg wou ruim.

Hierdie verhaal van Daniël is een van die mooiste en mees aandoenlike verhale in die Bybel. Een wat ons so graag vir ons kinders vertel. Ons kan ‘n groot les leer uit hierdie verhaal, veral in ‘n tyd soos hierdie waar daar min hiervan gesien word – waar mense nie meer vaste lewenspatrone het nie, waar daar soveel immoraliteit verbloem word onder die dekmantel van christenskap, alles is ‘aanvaarbaar’….

Kom ons neem opnuut ‘n besluit om standvastig te wees sodat mense presies kan weet  wat ons glo en waar hulle met ons staan. Dit is egter alleen moontlik deur ‘n ware bekering  en waar ons die rug draai op sonde en die wêreld, en ‘n besluit neem om God te dien en Sy Woord te gehoorsaam. Dan sal Hy vir ons die krag gee om so te lewe!

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775