new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Lyding

Skriflesing uit Hebreërs 5

Hoofteks verse 8,9 

 

Preek van Pastoor F.W.C Neser.

B86 

  

Jesus moes gehoorsaamheid leer uit wat Hy gely het…en gehoorsaamheid is een van die mooiste dinge vir God. 

‘n Mens sal vra waarom sou Jesus gehoorsaamheid moes leer as Hy dan reeds volmaak is?

Daar is nie een van ons wat nie op een of ander manier deur lyding gaan nie, maar dat ons dit nie almal dieselfde ervaar of verwerk nie. Sommiges van ons word lelik as ons deur lyding gaan, ander word weer mooi, en kom soos goud tevoorskyn. 

Soos wat die tyd nadergekom het dat Jesus gekruisig moes word het Sy aangesig geword soos ‘n keisteen ….die wonderwerke het minder geword en Hy het vir Sy dissipels begin voorberei op Sy lyding en ook vir hulle gesê dat as hulle deel van Hom wou wees sou hulle ook moes deel in Sy lyde. Hy het vir hulle gesê toe Hy die nagmaal ingestel het dat as hulle nie Sy bloed drink en Sy vlees eet dat hul geen deel aan Hom sou hê nie. Baie het oor hierdie woorde van Hom af weggegaan en Jesus het vir Sy dissipels gevra of hulle nie ook wil weggaan nie en Petrus het gesê: ‘Here, na wie toe sou ons gaan, U alleen het die woorde van die ewige lewe!’ 

Dit was die doel van Jesus se koms, dat Hy vir ons moes sterf en as ons waarlik Sy dissipels wil wees moet ons ook ons lewens aflê. Baie maal kom dit deur lyding.

Daarom kan Jesus medelyde hê met al ons swakhede en siektes, omdat Hy gely het…

Asook die versoekings deurgemaak het waarmee ons versoek word, sodat Hy waarlik ons Hoëpriester kon word. 

As ons nie die weg van die kruis wil bewandel nie, hoe sal ons by die kroon uitkom?

In die lyding word ons gevorm na die beeld van Christus, en daarom laat God dit toe in ons lewens maar met ‘n wonderlike eindresultaat!

 

 

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132603
This_MonthThis_Month1634
All daysAll days132603