new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Gaan Voort na Volmaaktheid

Uittreksel van preek B532a van Pastoor F.W.C. Neser  

Skriflesing: Heb. 6:1- 

Hoofteks: vers 1

 

“Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar voortgaan na die volmaaktheid…..”

Nadat ons tot bekering gekom het, moet ons nie daarby stilstaan nie- hoe nodig al hierdie dinge ookal is wat hier genoem word nl. die geloof in God, die leer van die doop en van die handoplegging, van die opstanding uit die dode en van die ewige oordeel…al hierdie dinge is nodig, ons moet dit hê, maar ons moenie daar vashaak nie.

Nou wat is dan hierdie volmaaktheid? Wat is my visie as Christen en wat is die sin van die lewe – hoe sal ek dit vir iemand kan verduidelik waarom ek ‘n Christen is? Waar gaan ek heen?

Wanneer ek die laaste hoofstuk van die Bybel lees dan sien ek dat die Here sê Hy gee nuwe hemele en ‘n nuwe aarde. Dat al die ou dinge verbygegaan het en dat alles nuut geword het. Dat Hy al die trane van ons oë sal wegvee en dat die laaste vyand wat verslaan sal word is die dood. Dis die finale vervulling!

Maar nou is ons nog oppad daarheen….Wat is dan my funksie en u funksie in hierdie patroon? Wanneer ons weer teruggaan na die begin van hierdie Boek dan sien ons dat God die mens geskape het na Sy beeld.  Skaars egter, het hierdie mens die aarde betreë of die sonde en die dood het gekom tot vandag toe.

Wat is dan my boodskap as Christen ?  Wat is my visie?  Behoort ek nie uit te staan en antwoorde te hê vir ‘n verloregaande siel nie? My roeping as Christen is om ‘n lig te wees vir die wêreld…….

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149771
This_MonthThis_Month1939
All daysAll days149771