new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Ondersoek Julself

Preek uit B477a

 

11 Korinthiërs 12:19 en 13:5 asook 11 Timotheus 1:12

Ondersoek jouself of jy in die geloof is…

Graag wil ek vir u ‘n paar standaarde noem waarby u vandag u eie lewe kan meet:

Die toekoms vorentoe lyk vir ons vandag onstuimig en daarom moet ons ‘n padkaart hê, ons moet rigting hê, anders gaan ons verdwaal.  Hoe dankbaar kan ons net nie wees vir die ou Bybelboek nie! ‘U Woord is ʼn lig op my pad en ʼn lamp vir my voet’.  Daar was die gebruik in daardie dae dat mense lampies aan hul voete gebind het as hulle op baie donker en gevaarlike paaie moes loop, sodat hulle tree vir tree kon sien waar hulle moes trap.

Netso is die Woord vir ons ʼn noodsaaklikheid. As ons so terugkyk op ons lewenspad  dan kan ons sien waar ons gestruikel het, en baie seer gekry het miskien. Dalk het ons te gerus geraak of was ons te voortvarend en nie met sekerheid gelet het of ons volgens die Woord opgetree het nie. Ek was nie versigtig om volgens die ‘lamp’, die Woord op te tree nie. Psalm 105:9 sê: ‘Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou, deur dit te hou na U Woord’. Dit is die enigste manier om die pad van die lewe te loop en dit is volgens die Woord, en in gehoorsaamheid aan die Woord. Daarom moet ons dan ook die Woord ken.

Toe Josua oorgeneem het  by Moses, het hy homself absoluut onbekwaam gevoel, maar in Josua 1:7,8 sê die Here vir hom om nougeset te doen alles wat Moses beveel het, en hy moet nie regs of links daarvan afwyk nie. Want dan sal hy met goeie gevolg handel oral waar hy heengaan.

 

So moet ons die Woord bepeins dag en nag sodat ons die versoekings en misleiding van die vyand kan vermy.  Daar is geen ander veilige pad om te loop nie behalwe in die wil van God…

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135424
This_MonthThis_Month2265
All daysAll days135424