new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

God se Ompaaie

Preek no:B1086

Lees Exodus 14:29-31

Dit gaan oor die wonderwerk by die Rooi See en hoe God vir die Israeliete daar op droëgrond laat deurtrek het en die Egiptenaars vernietig het.

Exodus 15:1-21, is daardie wonderlike oorwinningslied van Israel en waar Mirjam en die vrouens vooruit gedans en gesing het: ‘ Die Here is my krag en my Psalm, Hy het my tot heil geword…..’

God het baie wonderwerke vir hulle gedoen maar ten spyte daarvan het hulle opstandig geword, gemurmereer en na die vleispotte van Egipte

terug verlang. En God het hulle langs ‘n ompad gelei, oppad na die Beloofde land. Dit was nie alleenlik om hulle te verootmoedig (Deut.8:3) nie maar ook om hulle sterk en opgewasse te maak vir die reuse wat hulle sou teëkom. So kom ons ook baiekeer by ‘n ompad in ons lewens en dis irriterend soos bv. wanneer jy op reis is en jy kom by daardie ompad (detour in Engels). Jy moet dalk ‘n baie ver end om die obstruksie in die pad ry. Dit is hoe God ook met ons werk- ons murmereer en raak soms opstandig soos die Israeliete, maar hierin is juis ‘n groot les vir ons vandag.

Die Israeliete kon daardie reis binne 11 dae voltooi het maar hulle moes met hierdie ompad reis vir verskeie redes: daar sou groot teleurstellings en toetse op hulle wag .U kan dit so op u eie lewe toepas vandag. Daar was ook wonderlike dinge wat hulle sou gemis het, as hulle nie langs hierdie ompad geneem was nie. By die waters van Mara het God dit soet gemaak…die manna uit die hemel, en baie meer. Maar hulle het steeds gemurmereer….hulle moes leer om God te prys te midde van omstandighede. God verwag dit ook van u en my- hoe dikwels raak ons opstandig en vreesagtig, inplaas daarvan dat ons die Here loof en prys soos Mirjam gedoen het in Ex.15:20,21.

As ons kan terugkyk in ons lewens sal ons besef dat die grootste wonderwerke het plaasgevind op die ompaaie van ons lewens. Kyk ook na Josef, en Daniël bv. : die einddoel wat God met hulle gehad het! Ons grootste voorbeeld was onse Here Jesus en die kruis- wat sou van ons geword het as Hy nie langs daardie ompad gegaan het nie?!

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775