new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Met Reikhalsende verlange

Skriflesing: Lukas 22:7-23

Preek van Pastoor F.W.C. Neser B469 

Hoofteks: vers 18- “Ek sal sekerlik nie weer van hierdie vrug van die wynstok drink voordat dit in die Koninkryk van God vervul is nie”.

Sekere dinge is vir ons so bekend dat ons dit amper nie eers meer hoor nie. Die kernwaarheid van God se Woord ken ons byna nie eers meer nie. Wat verwag ons as Christene? Is dit nie baiemaal ‘n kwessie van salig lewe- salig sterwe nie? Wat verwag ons wanneer ons sterwe, wat verwag ons vir ons kinders en vir die verre toekoms?

Het ons ‘n duidelik omlynde visie van wat nou eitlik God se doel is met die mens? Beteken dit net dat as ek sterwe sal ek hemel toe gaan?

As u ‘n studie wil maak van die Bybel sal u sien dat die sentrale boodskap van Jesus se prediking op aarde was: die Koninkryk van God. So bv. Is die gebed wat Hy ons geleer bid het: “Laat U Koninkryk kom….laat U wil geskied soos in die hemel so ook op die aarde….want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.”

 

Dieselfde met die dissipels toe hulle uitgestuur is moes hulle dit verkondig dat die Koninkryk naby is.

Wat het Jesus bedoel toe Hy gepraat het van die Koninkryk? Dat ons eers versoen moes word deur die bloed van die Lam wat sou sterf vir die sondes van die wêreld…

Dat ons versoen moes word met die Vader en dat Hy, Jesus weer gaan kom om Sy Koninkryk op hierdie aarde te vestig! Nadat Hy dit eers herstel het- daarom wag die hele skepping met reikhalsende verlange na die openbaarmaking van die kinders van God (Romeine 8:19)……

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775