new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Die laaste Item op die Agenda

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B883

Skrilesing uit 1 Kor.15:20-34

Kernvers:24-

 

Dit is die laaste item op die program – wanneer die Here Jesus alles wat verlore geraak het, volmaak sal herstel. Dit dan teruggee aan die Vader en sê: ‘Vader, die eerste Adam het dit verloor, maar Ek die tweede Adam het dit herwin – volmaak herstel en nou Vader kan U voortgaan met U plan wat U gehad het reg van die begin’.

Is dit nie wonderlik nie? Dan sal die eindelose eeue in hul ongeskonde volmaaktheid vir ewig en ewig aanrol….en wat sal daar nie alles wees nie, ons kan ons nie indink of eers droom oor hoe dit sal wees nie . 

‘Wanneer Hy alle gesag en mag vernietig het’ – so dit moet vernietig word. Want Hy moet as Koning heers totdat Hy al Sy vyande onder Sy voete gestel het. Daar is vyande wat Hy onder Sy voete moet stel. Die laaste vyand wat Hy onder Sy voete moet stel is die ‘dood’. Want dit was nooit deel van God se skepping nie en dit sou nooit daar gewees het as Adam nie geval het nie. Wat ‘n vyand het die dood net nie geword nie? 

Dit is ‘n tragedie om nie die Godsplan te ken nie, wat bestaan uit ‘n Koninkryk wat verlore geraak het en ‘n Koninkryk wat herstel moet word. Daardie herstel is egter die laaste item op die program vir hierdie bedeling.

 

Die verlore Koninkryk – God het die eerste Adam ‘n koning gemaak. ‘n Soewereine koning, oor die hele aarde. Hy was die hoof van alles en het absolute soewereiniteit gehad onder God. Hy kon feitlik doen wat hy wou en dit is ook wat hy gedoen het en dis waar die hele tragedie van die eeue begin het…

Daily Quotes

Joh 1:5 And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

MiniCalendar

July 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Vinaora Visitors Counter

142586
This_MonthThis_Month1911
All daysAll days142586