new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Oefen jouself in die Godsaligheid

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B610b

Skriflesing uit 1 Timótheüs 4:1-16

 

Kernvers 7: ‘Maar verwerp onheilige en oudwyfsefabels, en oefen jou in die   

                      Godsaligheid’.

 

Daar word baie klem gelê op liggaamlike oefening : al die verskillende soorte sport, wedrenne bv. die Marathon, die Comrades ens.  Hoe word daar nie net geoefen vir so ‘n aardse wedren of wedstryd nie?

 So is ons ook in ‘n wedren, maar ‘n geestelike – ons is oppad na die ewigheid en daarvoor moet ons ook onsself beoefen. Ons moet oefen om te glo, om te bid, om te oorwin en om heilige lewens te lei – ons moet die sonde aflê en dit verg oefening! Dit is die wedloop van alle tye en gaan om ‘n onverderflike kroon!

Ons moet ons eie heil uitwerk met vrees en bewing. Ons is wel gered deur genade, maar nou moet ons ons beoefen in die godsaligheid. Dit is nie maklik nie want in hierdie lewe het ons ‘n stryd: Dit is die daaglikse stryd van om ‘n ‘lewe’ te maak- jou werk, skool, verdere opleiding en voorsiening te maak vir jou ‘oudag’- die normale dinge.

Baie mense sit hul alles in  om die tydelike en die verganklike dinge te bekom. Hul strewe na sukses en roem en rykdom en dit verg baie inspanning en oefening, maar hoeveel van ons sit soveel in om die ewige dinge ?

‘n Bekende klavier virtuoos het eendag gesê dat as hy nie 8 ure per dag oefen nie, dan sal sy gehoor dit baie gou agterkom. Ruimte reisigers oefen byvoorbeeld hul maneuvres honderde male oor en oor om hul reise en landings op die maan en bewegings aldaar per maankarretjie te vervolmaak sodat hulle dit met toe oë sou kon doen.

Wat van u en my lewe? Ons wat oppad is na die ewigheid – sit ons soveel inspanning in om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus? Dit verg deursettingsvermoë en doelgerigtheid. Jy moet jouself beoefen in die godsaligheid en om te volhard.

 

Hiervoor het ons ‘n doel en ‘n strewe  en ‘n visie nodig – ‘n ewigheidsvisie! 

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147184
This_MonthThis_Month1940
All daysAll days147184