new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Die uitwerking van Pinkster

Uittreeksel van Pastoor Neser se preek: B802

Skriflesing uit Handelinge 4:1-31

 

Kernvers 29: ‘En nou Here, let op hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om met alle vrymoedigheid u Woord te spreek’. 

Watter uitwerking het Pinkster gehad op die mense wat die ondervinding daarvan gehad het? ‘n Mens kan altyd iets toets aan die vrugte daarvan. As dit dan so ‘n uitwerking op daardie mense gehad het, dan moet dit ook ‘n soortgelyke uitwerking op ons hê…

Kom ons kyk na die belofte….’totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte’. Mag dit dan ook opnuut vir ons die aansporing wees om dieselfde uitwerking in ons lewens te wil hê. As ons dalk eens op ‘n tyd daardie krag gehad het en dit nie meer het nie, dan is daar fout en dan het ons nodig om onsself te ondersoek dat ons weer op daardie plek kan kom.

In Handelinge 1:8 word dit weer belowe dat ons krag sal ontvang om Jesus se getuies te wees. As dit nie vir ons ‘n saak van erns is nie, dan is hierdie maar net ‘n storie en dan het ons ons erns verloor. 

Dr. Andrew Murray het gesê: ’Om waarlik te glo, is om waarlik onwrikbaar te wil’. As jy werklik iets glo en dit werklik wil hê, sal jy geen steen onaangeroer laat om dit te verkry nie. 

Wanneer ons na hierdie eerste dissipels kyk, sien ons dat hulle werklik ander mense geword het nadat die Heilige Gees op hulle gekom het : hulle het durf en vrymoedigheid gehad om te getuig en wonderwerke het deur hulle plaasgevind. Hulle het nie geskroom om die waarheid te praat nie al sou hulle ook in die tronk beland of doodgemaak word. Die Here het vir hulle die krag gegee en hulle het nie geskrik vir die dreigemente van die owerstes nie. 

Hoe meer ons volraak van die Heilige Gees hoe meer sal ons lewens vol wees van die krag van God en sal mense oortuig raak van sonde en ongeregtigheid in hul lewens,en sal ons geloof ‘n kragtige uitwerking hê in die wêreld

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

152031
This_MonthThis_Month1648
All daysAll days152031