new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Ouderdom

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B555a

Skriflesing uit Psalm 71:1-24

 

Kernvers 20: ‘U wat my baie bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde’. 

Charles Spurgeon het  hierdie Psalm  ‘The old man’s sermon’ genoem…tog sal die Bybel nooit oud word nie. Sy boodskap bly altyd nuut en sal vir ewig staan. Hoe wonderlik om hierdie ou Bybelboek te kan hê – hierin lees ons dat daar geen vrees in die toekoms hoef te wees nie. Waar kan ‘n mens oud word met ware sekuriteit behalwe in die Here? 

In vers 9 sê die Psalmis: ‘Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie’.  Wat ‘n groot voorreg om oud te word as kind van God…soos in vers 20: ‘uit baie bange node het die Here ons gehelp….’dink daaraan – as dit nie vir Hom was nie, het u heelwaarskynlik nooit oud geword nie. 

Ons wie in hierdie kategorie val het sekerlik baie herinneringe – soete herinneringe sowel as hartseer herinneringe. Psalm 90:10 sê dat ons jare bestaan meestal uit moeite en verdriet.  Vir die kind van God is die lewe egter net ‘n voorbereiding vir die hiernamaals en daarom is dit ‘n wonderlike avontuur. Die roepstem van die Here kan enige oomblik kom – vir die kind van God is dit nie iets om te vrees nie, maar eerder ‘n blye verwagting. 

Vers 20 sê: ‘U sal my weer lewend maak….’  Psalm 17:15 sê: ‘Maar ek sal versadig word met U beeld as ek wakker word. Vir die kind van God is daar ‘n heerlike ‘wakker word’.

Nie een van ons is in die volmaakte beeld waarmee ons beklee sal word nie – ons leef nog in ‘n gebroke wêreld met ‘n gebroke beeld, maar die kind van God het ‘n verwagting! ‘n Hartseersaak egter is ‘n ou mens sonder ‘n verwagting en veral as hul kinders hul eenkant toe weggeskuif het…dit is baie hartseer. 

Die kind van God het ‘n wonderlike verwagting in die Here Jesus wat ons sal verlos van hierdie ou liggaam – hoe wonderlik om Hom te ken. Gelukkig is daardie ou mens wat kan sê soos in vers 17: ‘o God, U het my geleer  van my jeug af, en tot nou toe verkondig  ek U wonders. . . van die wonderlikste Christelike beginsels het ons geleer toe ons nog jonk was. 

Daarom liewe jongmense! Soek die Here terwyl jy nog jonk is – Hy kan jou soveel hartseer spaar en die gevolge van soveel verkeerde besluite laat vryspring. Psalm 119: 99 sê: ‘U gebooie maak my verstandiger  as al my  leermeesters….’

Moenie die jare deur u vingers laat glip nie maar  sê saam met Ps. 90:12 – ‘leer my om my dae so te tel dat ek ‘n wyse hart mag bekom’.

 

 

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147184
This_MonthThis_Month1940
All daysAll days147184