new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Vaar oor na die anderkant

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B407

Skriflesing uit Matthéus 14:22 

 

Kernvers 27: ‘Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie’.

Jesus het Sy dissipels vooruitgestuur met die skuit, terwyl Hy agtergebly het om te bid. Alhoewel die meer baie onstuimig was het Hy vir hulle gesê:’Vaar oor na die anderkant’. 

In die vierde nagwaak het Jesus egter na hulle gekom toe die golwe op hul ergste was en hulle gevrees het dat hulle sou sink. Jesus kom toe al wandelende op die see, maar toe hulle Hom sien het hulle baie groot geskrik en gedink dat dit ‘n spook was.

Hoe dikwels is ons in ons grootste benoudheid en dit voel asof  ons vergaan… dan kom die Here Jesus en ons dink ook soms dat dit ‘n spook is. Ons kyk na die golwe en dan skrik ons en die moment wat jy skrik, sink jy. 

Toe Petrus begin sink, toe roep hy uit: ’Here, red my!’ Jesus was dadelik byderhand en gryp hom en trek hom uit. Kan u dit in u verbeelding sien? 

En Jesus sê vir Petrus: ‘Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?’ Mag u ook na Jesus roep as dit vir u vandag voel asof u gaan sink… 

Jesus het saam met Petrus teruggegaan na die bootjie en die winde en die branders het stilgeword, want Hy is die Koning van die Storm. Is dit nie wonderlik nie? Of die winde en die branders nou letterlik of figuurlik is, hulle moet Sy stem gehoorsaam. 

Wanneer ons hierdie situasie nou toepas op die weier toneel van die wêreld daarbuite, dan sien ons ook hoe daar bedreigende winde van oorstroming deur die heidene begin waai. Die profete praat daarvan en ons sien hoedat dit begin versnel in intensiteit. 

Die Bybel is ‘n wonderlike Boek en elke toneel is altyd ‘n tipe en ‘n toepassing – dit is ‘n profesie en ‘n voorspelling van die toekoms. Die Bybel vertel ook vir ons dat die finale herstel eers sal plaasvind nadat al hierdie dinge gebeur het. 

 

Jesus het egter vir Sy dissipels gesê: ‘Vaar oor na die anderkant’, want Hy het geweet dat Hy hulle sou kom red….so kan ons ook weet dat Hy ons nie hier aan die einde in die steek sal laat en toelaat dat ons verwelg word deur die storm nie. Hy sê dan ook vir ons in hierdie tyd: ‘Moenie vrees nie’!

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

152031
This_MonthThis_Month1648
All daysAll days152031