new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Stig Jouself

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B605b

Skriflesing uit 1 Kor.14:1-40 

 

Kernvers 4: ‘Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente’.

 

Op die dag van Pinkster, toe die gemeente bymekaar gekom het om te bid en te wag, soos Jesus hul beveel het, om toegerus te word met krag uit die hoogte…. Toe was daardie Oppersaal geskud, en tonge van vuur het op hulle neergedaal. 

Dit was nie al nie, daardie klompie dissipels was toegerus met krag om die Evangelie uit te dra tot aan die uithoeke van die aarde. Jesus het vir hulle gesê dat Hy hul nie as wese sou agterlaat nie maar dat Hy die Trooster sou stuur om met hulle te wees en in hulle te bly. 

So is dit dan vandag nogsteeds aan ons belowe!  Hoe is dit dan dat God se kinders so maklik terugval in die alledaagse – so maklik in ongeloof en selfs wanhoop verval? Wat is dan die probleem? 

Hoe is dit moontlik dat die Ou Testamentiese profete kon sê: ‘So spreek die Here?’ en dit in ‘n tyd voor Golgotha en voor die dag van Pinkster? Terwyl ons vandag ‘n opgestane Here Jesus ken en Sy Heilige Gees deelagtig geword het. 

Die apostel Paulus sê in vers 4: ‘Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself….’ Dit is ‘n besluit wat jy neem, want dan sal jy ook instaat wees om jou medemens te stig. Ons moet daarna strewe – wat ‘n wonderlike ervaring is dit nie om deur die Here gestig en bemoedig  te word deur iemand wat vol is van die Heilige Gees. Asook in die gemeente waar ons mekaar moet stig d.m.v. die tale en uitleg, en deur die gebed en sang, sowel as die bediening van die Woord – wanneer die Teenwoordigheid van die Here op die gemeente neerdaal.

 

Maar hoe kom dit tot stand?  Dit begin in die binnekamer waar elkeen eers homself moet stig…

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785