new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Toegerus met krag

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B609

Skriflesing uit Lukas 24:36-53 

Kernvers 44: ‘En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het terwyl ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word’.

Dit was ‘n geweldige gebeurtenis toe Jesus opgestaan het uit die dode.  Die era wat toe aangebreek het en die uitdaging daaraan verbonde en dat daardie mense dit moes deursien, het dit genoodsaak dat hulle  bonatuurlike krag moes kry.

Alles wat daartoe gelei het dat Jesus moes sterf vir ons sondes, moes reggestel word – alles wat verkeerd gegaan het vanaf die tuin van Eden moes herstel word. Net soos dit deur ongeloof en ongehoorsaamheid  gekom het, so moes dit ook weer deur die teendeel reggestel word – deur geloof en gehoorsaamheid.  Jesus moes sterf!

Na die opstanding egter, toe Jesus die twyfel in Sy dissipels se oë gesien het en hy vir hulle gesê het dat alles vervul moes word wat van Hom geskrywe staan.  So is daar nog magtige dinge  wat oor Jesus geskryf is, wat nog nie vervul is nie, maar op die punt staan om te gebeur: asemrowende, verbysterende dinge. Dit moet nog vervul word! 

Daardie dissipels moes van Jesus gaan getuig en die dinge wat nou vir ons geskiedenis is, moes hulle gaan doen: om die Evangelie te gaan verkondig aan al die nasies. Hulle moes dit doen in ‘n wrede Romeinse wêreld, te midde van vervolging en selfs die dood (op die wreedste wyse). Daarvoor het hulle  krag uit die hoogte nodig gehad. Hulle was vreesloos en onstuitbaar en het daardie hele Romeinse wêreld omgekeer.

 

Hulle moes ‘n stukrag, ‘n deursettingsvermoë hê om staande te kon bly, anders sou daardie deel van die geskiedenis nooit tot vervulling kon gekom het nie. So het ons ook weer daardie krag uit die hoogte nodig om hierdie laaste hoofstuk  van die eeue deur te sien totdat Koning Jesus kom…   

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135300
This_MonthThis_Month2141
All daysAll days135300