new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Strome van Lewende water

Uittreksel va Pastoor Neser se preek: B868a

Skriflesing uit Joh.7:37- 53

 

Kernvers 38: ‘ Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei ‘.

 

Ons glo almal in Jesus – maar vloei daar lewende waters uit ons binneste? Dit het Jesus tog belowe vir die wat in Hom glo….

 Neem ons God werklik op Sy Woord? Bewys die Christendom nie net lippediens nie?

‘Riviere van lewende waters…’ hierdie lewende waters is niks anders as die lewe van die Here Jesus self nie, wat deur ons sal vloei. Dit behoort die grootste en duidelikste stempel te wees op die lewe van die kind van God nl. Dat daar strome van lewende waters uit ons binneste behoort te vloei. 

U sê: maar dis ‘n abnormale lewe – maar eintlik is dit net die teenoorgestelde. Kom ons toets onsself:  Het ons die krag van God in ons lewens? Volgens bg.  Skrif  is dit God se bedoeling met u en met my. 

11Kor.5:10 sê dat ons elkeen voor die regterstoel van God sal verskyn.  Ons gaan graag kerktoe en ons wil graag ‘n mooi boodskap hoor, die lieflike sang waaraan ons deelneem, maar dit is hoe ver ons bereid is om te gaan. Eintlik is dit ‘n dooie vrugtelose lewe, en ons is oppad na die Teenwoordigheid van God. 

Om geen vreugde in die diens van God te hê nie – dit is abnormal! Om nie effektief in ons getuienis te wees nie – dit is abnormal! Om soos die wêreld te lyk en op te tree en te praat – dit is abnormal! Ons moet in hierdie wêreld wees maar nie VAN hierdie wêreld nie. 

 

Die voorbeeld van ‘n normale Christelike lewe sal ons in Hand. 4:32,33 kry…. ‘van die wat gelowig geword het….’ Onthou ons teks: ‘ Jesus het gesê: vir die wat glo, sal strome van lewende waters uit hul binneste vloei, so kan ons kyk hoe was hierdie mense: hulle was een van hart en een van siel…  

Daily Quotes

Joh 1:5 And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137624
This_MonthThis_Month1809
All daysAll days137624