new-top-banner-english

Week1- Blydskap

Uittreksel uit die boek: Die Vrug van die Heilige Gees

 

Ons inleiding was oor die liefde wat eintlik die hoofstam is, waaruit al die ander vrugte ook hulle oorsprong het, want uit dit is al die ander vrugte en uiteindelik is alles wat God met die mens wil of kan doen, is uit die liefde want God self is liefde.

Hierdie studie wat ons nou gaan behandel, is die vrug van blydskap. Ons kan die Skrif met mekaar deurgaan soos ek vir u dit gaan gee maar dit is alleen die Here self, deur sy Heilige Gees, wat vir ons die insig kan gee. Mag die Here daardie belewenis in ons harte gee dat ons werklik ook in hierdie aspek daardie ideaal van die Nuwe Testamentiese gemeente sal bereik.

Hierdie vrug van blydskap is ‘n heerlike vrug, dit is ‘n diep waarheid. Dit is ook ‘n ernstige waarheid, dit is eintlik ‘n waarheid wat min mense bekom. Dit is ook ‘n waarheid vir volwassenheid; die noodsaaklikheid vir volwassenheid in die gelowige en hoe ons in baie opsigte nog onvolwasse is. Ook hierdie saak, ’n gebrek aan blydskap, ‘n ware diepe hemelse blydskap, is ook ‘n teken van, dat ons nog nie volwasse is in die Here Jesus nie.

Mag die Here ons help, dat ons nie net ‘n goeie verstandsbegrip sal kry van wat blydskap, as die vrug van die Heilige Gees is nie, maar wat dit vir ons werklik beteken, sal verstaan en belewe in ons eie siel, en begin om te werk en te arbei aan daardie vrug en dat dit ook in ons eie lewens gestalte sal kry.

Galásiërs 5:22;

Maar die vrug van die Gees is

Liefde, blydskap, vrede,

Lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,

Getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Dit is die Vrug van die Heilige Gees, die tweede een wat daar genoem is, is die vrug van blydskap. U sal met my saamstem, ek dink u almal sal dit begeer. Blydskap is mooi, is pragtig, is wonderlik. In ‘n mens se blydskap lê jou krag, die krag van beide enkeling en gemeenskap en bo alles van ‘n gemeente.

 

Ek dink as daar een ding is wat die Duiwel haat, is dit blydskap, want in die hel is daar nie blydskap nie. In neerlaag is daar nie blydskap nie, ook in sy werke is daar nie blydskap nie want Satan se werke is net die teenoorgestelde. In waaragtige blydskap is daar krag. Ek glo nie die duiwel of enige bose gees kan lewe in ‘n gemoedstoestand of atmosfeer van blydskap nie. Blydskap, u sal met my saamstem, sal wees vir elke werk van die Satan soos die aanskakeling van ‘n lig in ‘n donker plek, hy sal daarvoor vlug.

Kom ons kyk hoe mooi dit in ons Here Jesus se lewe ook voorgekom het soos verwys in:

Hebreërs 12:1-2;

1          Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuienis rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2          die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

 

Hier het ons die Afrikaanse woord; vreugde, maar in die Engelse Bybel sê dit:

“for the joy that was set before Him”.

Dit het dieselfde betekenis dat die blydskap wat vir Hom voorgehou is, Hy die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

 

Preek uit: Die Vrug van die Heilige Gees L010a

 

01.29 tot 3.36, 4.25 tot 5.45, 7.56 tot 10.54, 11.42 tot 12.48

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785