new-top-banner-english

Week2-Deur die Kruis na die Kroon

Ek bring vir u ‘n baie belangrike tema: “Deur die Kruis na die Kroon”.

In baie opsigte is hierdie nie ‘n baie lekker boodskap vir ‘n mens om na te luister of te lees, tensy die Here jou hart daarvoor voorberei het nie.

U weet toe die Here Jesus die brood en visse vermeerder het, toe Hy die blindes se oë oopgemaak het, die storm stil gemaak het en al die ander wonderwerke wat Hy gedoen het, toe het die skare Hom vertrap.

En so weer op een geleentheid, u kan dit maar gerus lees in die Here se Woord. Toe die Here nou weer die voorwaarde en die eise van dissipelskap vir hulle voorgehou het  ----  daar was ‘n groot skare rondom Hom, toe sê hulle nee, hierdie Woord is te hard, wie kan daarna luister?

O’ Geliefdes mag dit u siel aangryp! Toe loop hulle weg  ----  hierdie Woord is te hard, wie kan daarna luister? 

Ek stel my altyd voor die Here Jesus het altyd bietjie op ‘n hoogtetjie moes staan, want hulle het nie luidsprekers en die dinge gehad nie en ek sien hoedat die mense hieronder Hom gestaan het, massas van hulle en toe hulle sê: “Hierdie Woord is te hard wie kan daarna luister?” Toe draai hulle om. En ek sê dit met ‘n baie groot hartseer in my hart. ‘n Dienskneg van die Here kan dit miskien beter begryp, nog as andere, want elke getroue dienskneg van die Here en wat getrou is in wat hy glo, sal in sy lewe ondervind het dat daar diegene sal wees wat omdraai en van hom af wegloop. Dit is nie maklik en dit is nie lekker om na die rug te kyk van die wat eers saam met jou geloop het en toe vir jou die rug toegekeer het nie.

En weet u, daar het net ‘n ou klein klompie agtergebly ---- by die Here Jesus en ek voel die hartseer! En toe Hy so na hulle kyk en Hy kyk hulle elkeen so in die oë en Hy sê: “Wil julle nie ook maar weggaan nie?” En Petrus sê: “Here na wie toe sal ons gaan, U alleen het die woorde van die Ewige Lewe!” 

Halleluja! Halleluja!

Kom ons wees van dié wat hierdie boodskap sal lees (of na luister) wat sal sê: “Here, alhoewel die eise groot is, is hierdie Woord nie te hard vir my nie, want dit is vir my die Woord van die Ewige Lewe!” Amen.

Kom ons lees uit Markus 8 vanaf vers 27.

Markus 8:27-38

27         EN Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpie van Cesaréa – Filippi; en op pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle:

            Wie sê die mense, is Ek?

28         En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: Elia en ander: Een van die profete.

29         En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie dink julle........

             “Wie dink julle” 

            .........is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.

1 Petrus 2:21

21         Want hiervoor is julle geroep, omdat ook Christus vir julle gely het en ‘n voorbeeld vir julle nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; 

En die weg van die Kruis lei na die Kroon! Halleluja! Prys die Here!

Hierdie roepstem van die kruis om by die kroon uit te kom, is miskien die grootste roepstem wat daar ooit uitgegaan het!

 

Preek uit: deur die Kruis na die Kroon

 

00.01 tot 03.40 en 04.23 tot 05.01 en 5.49 tot 09.56 en 41.23 tot 45.48

Daily Quotes

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149677
This_MonthThis_Month1845
All daysAll days149677