new-top-banner-english

Week 15: Kry jou siel in besit

Laai Af:

Kry jou siel in besit.pdf

Kernvers: 19 – ‘Deur jul volharding moet julle jul siele in besit kry’.

Ons leef in moeilike tye en dit gaan nog al hoe moeiliker word en daarom moet ons ons siele in besit kry. Die Here Jesus het ons gewaarsku en gesê ons sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë en van opstande – wat beteken rebellie en rewolusie in die oorspronklike Grieks. Die verbreking van bestaande orde, en  losbandigheid. 

Dit is die tyd waarin ons lewe, ‘n tyd van verbrokkeling: finansiële verbrokkeling, morele agteruitgang asook godsdientige verwarring. Dis ‘n tyd van onsekerheid en deurmekaarheid.

Geliefdes, wat gaan u gesindheid wees te midde van al hierdie dinge? Wat is die toestand van u hart? Wat gaan u maak met u eie siel, met u kalmte, u soberheid van denke? U sal met my saamstem dat in so ‘n tyd van onrus en moeilikheid en dreigende gevaar kan ‘n mens nie altyd helder dink nie, mits die Here vir ‘n mens groot genade gee om sober te bly – jou siel in besit te kry, en op Hom te vertrou.

In ‘n tyd van vrees en verwarring, wat sou dit help om vir jouself groot rykdom bymekaar te maak, maar jy het geen vrede in jou hart nie en jy word opgevreet deur maagswere van kommer?  Daarom dat Markus 8:36-38 sê: ‘Wat sal dit jou baat as jy die hele wêreld wen en skade ly aan jou siel?’ 

Jakobus 5:7,8 sê: ‘Wees dan geduldig broeders tot op die wederkoms van die Here…’

 

Dis juis so moeilik om geduldig te bly in ‘n tyd van verwarring en onrus en moeililkhede…dis een van die eerste dinge wat jy verloor en dit is geduld…maar Jakobus maan ons om geduldig te bly, ons harte te versterk want die koms van die Here is naby!

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132621
This_MonthThis_Month1652
All daysAll days132621