new-top-banner-english

Week 16: Stryd in die hemelse geweste

Laai af:

Stryd in die hemelse geweste.pdf

Kernvers: 1…’Here leer ons bid’…

 

Nêrens lees ons dat Jesus vir Sy dissipels geleer het om te preek nie, maar wel dat Hy hulle geleer het om te bid.

 

Ons nader nou die Pinkstertyd waar 10duisende van Christene die wêreld oor bymekaar gaan kom om die aangesig van die Here te soek. Te soek vir ‘n nuwe aandoening van krag uit die hoogte – in verootmoediging voor die Here. Ook ‘n nuwe ondersoek van die Skrifte aangaande die belofte van die Heilige Gees sowel as die diep en wonderlike dinge wat die Here vir Sy kinders weggelê het.

Sekerlik kyk die Hemel met belangstelling, so ook die owerhede en die magte wat opgetrek is in slagorde om hierdie boodskap te weerstaan op watter manier ookal. Maar prys die Here, ons is meer as oorwinnaars deur Jesus Christus wat vir ons die krag gee.

Ons word geroep en is aangestel om ‘n geestelike stryd te stry en die sleutel van hierdie stryd is gebed. Daar is geheime in gebed wat baie van God se kinders nog nie begryp of verstaan nie, van hoé daar gestry moet word en hoe daar oorwinning behaal moet word en in die krag van Sy sterkte – dis ‘n bevel. Soos wat ‘n soldaat homself moet oefen.

Is ons as Christene sterk in die geloof? Beoefen ons onself in ons Christelike lewe? Trek die volle Wapenrusting van God aan want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

 

Wanneer ons kyk na die lewe van ons Here Jesus, die lewens van die apostels, en van al God se kinders deur die eeue heen wat besigheid gemeen het met God, dan sien ons dat hulle was mense van gebed.

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785