new-top-banner-english

Week 29 : Vergifnis

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B76  Eng/Afr

Skriflesing uit Lukas 5:5-21

Kernvers: 21- ‘En die Skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?’

Dit is so ‘n geneigdheid by die mens om eerder te redeneer as om God net bloot op Sy woord te neem. Dis hier waar ons soveel seën misloop en baie mense die pad byster raak.

Deur al die jare wat ek met hierdie waarheid te doen gehad het: oor goddelike genesing, het daar nog baie meer lig vir my opgegaan in verband daarmee. So het ek ook van die wonderlikste genesings gesien dwarsdeur my lewe.

Ook u wat nou hier lees het sekerlik  baie wonderwerke in u lewe gesien en ervaar vandat u hierdie pad begin loop het…

Diegene egter, wat dit wou beredeneer het seker niks daarvan van God ontvang nie, net soos daardie Fariseërs.

Wanneer ‘n mens hierdie pad van geloof stap – nie net  van goddelike genesing nie, maar ook         m.b.t. u redding. U sou verseker daaroor getoets en beproef  geword  het anders sou u nooit die oorwinning in Christus ervaar het nie.

As Israel in Egipte moes vertoef  het sou hulle sekerlik nie soveel  benoudhede beleef het nie, maar ook nie die heerlike uitkomste en wonderwerke en seëninge  van God  ervaar het nie!

Daarom, op hierdie pad van genesing, moet u bereid wees om die ‘stap van geloof’ te neem en God op Sy woord te neem en Sy beloftes jou eie te maak.

 

Daar is egter  die vereiste om in vergifnis te leef. Jesus het vir ons ‘n algehele verlossing  aan die kruis bewerk nl.:om ons van al ons sondes te verlos en al ons krankhede te genees!

Daily Quotes

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

138026
This_MonthThis_Month2211
All daysAll days138026