new-top-banner-english

Week 30: Die stad van God

Skriflesing uit Heb.11:8-19

 

Kernvers: 10 – ‘Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God  die boumeester en oprigter is.’

Hierdie hoofstuk is die galery van die geloofshelde van God. Wat egter uitstaan in hierdie hoofstuk is dat hierdie mense ‘n visie gehad het – hulle het uitgesien na die ewige stad van God.

‘n Man of vrou met ‘n visie, staan nooit stil nie, maar is altyd aan die beweeg.

Ons lewe in ‘n wêreld vol van stede – sommige van daardie stede is vol van wonderlike geboue met tradisie en geskiedenis. Mense onderneem lang reise daarheen om die pragtige kuns en argitektuur, die kultuur en nalatenskap van vorige geslagte en beskawings te besigtig.

Maar al daardie stede is tydelik en van hulle het net ‘n hopie grond oorgebly, aan baie daarvan is die verweer van tyd ook sigbaar.

Daar is ‘n stad met fondamente deur God gebou wat egter nooit sal vergaan nie.  Hierdie manne en vroue van geloof het hul oë daarop gevestig en nie toegelaat dat hierdie wêreld met al sy prag en praal hul daarvan sou beroof nie.

Dit is nie ‘n denkbeeldige stad nie, maar iets tasbaars, en werklik – iets pragtig en ewig! Die einde van ons lewe is dus nie die einde van al ons drome nie maar die begin van die werklike lewe saam met God!

Jes 54:11 praat van hierdie stad wat voorberei is in die hemel en wat sal neerdaal op die aarde: daar sal nie meer trane of hartseer wees nie, niemand sal honger ly of bang wees nie. Dit gaan ‘n herstelde aarde wees met God se regering en werklike mense en diere daarop.

 

Jes. 65:25 praat van die wolf en die lam wat saamwei en die leeu wat strooi eet  soos die beeste. Selfs die slang sal stof eet en daar sal geen kwaad meer gedoen word nie…. 

Daily Quotes

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

138026
This_MonthThis_Month2211
All daysAll days138026