new-top-banner-english

Week 31: Die Geloof van God

Skriflesing uit: Markus 11:22-26

 

Kernvers: 22- ‘Jesus antwoord en sê vir hulle: julle moet geloof in God hê.’

Die korrekte vertaling hier is:  Julle moet die geloof ván God hê. Dit was Jesus se kommentaar  t.o.v. die dissipels se onvermoë om die insident met die vyeboom te begryp.

1 Kor.12:9 noem geloof dan ook as een van die gawes van die Heilige Gees. Paulus sê ook in Efesiërs 2:8 – ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.’

Dit klink byna of God kieskeurig is en dit net aan sommiges gee….nee! Maar daar is reëls, en wanneer  ons dit nakom dan gee God daardie gawe aan elkeen  wat die voorwaardes nakom.

Mag ons dit toepas in ons lewens, soos dr. Andrew Murray gesê het: ‘n Hart vol van God het krag vir die gebed van geloof. Hy het ook gesê dat, ’n mens meer na God moet kyk as na dit wat jy van Hom wil hê. Of dit die redding van ‘n geliefde is, genesing, of uitredding uit ‘n krisis.

Ons is soms  geneig om so te fokus op die probleem dat ons, ons oë wegneem  van God van wie die geloof moet kom.  God moet die belofte tot ons harte spreek en dan moet ons op Hom wag… en daardie belofte vir ons toeeïen.

Elkeen van ons het een of ander behoefte: miskien ‘n seun of dogter wat op die verkeerde pad is en jy is magteloos om hul te oorreed om terug te keer na God. Sy Woord is egter vol beloftes aangaande elke situasie hetsy dit siekte is, geliefdes, finansiële nood, een of ander groot probleem.

Jy het al gevas en gebid en kry geen antwoord nie.  Kyk dan steeds op na die Here en wag op Hom totdat Hy daardie belofte tot jou hart spreek en wanneer jy dit dan uitspreek  oor jou situasie en sê: ‘dit staan geskrywe’… Dan is dit in die krag van God want jy het die geloof ván God  ontvang.

 

Die Woord is ons swaard en ons moet dit gebruik soos ‘n geoefende soldaat en so sal ons die oorwinning kry.

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

152031
This_MonthThis_Month1648
All daysAll days152031