new-top-banner-english

Week 32: Wat God wil he

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B78b Eng/Afr.

Skriflesing uit : Miga 6:1-16

 

Kernvers: 8- ‘Hy het jou bekend gemaak , o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?’

Ek wil met u praat as gelowiges vandag: Die profeet het hier aan Israel probeer oordra hoe lief God hulle het en hoe Hy hulle uit die slawehuis van Egipte verlos het met groot krag en tekens en wonders. Hy herinner hulle aan al die gevare wat hulle ervaar het en hoe God hulle daaruit verlos het. Al die jare in die woestyn en hoe God hulle gedra het en vir hulle gesorg het.

Dit is asof God met hulle pleit en vir hulle sê: wat vra die Here van julle anders as om reg te doen en ootmoedig te wandel met jul God? Hy is hartseer oor Sy volk omdat hulle steeds neig na die afgode terwyl Hy so goed vir hulle wou wees.

Maar wanneer hulle  in groot moeilikheid kom dan wil hulle vir God paai met hul offerandes en skeinheilige ‘aanbidding’.  Is dit nie met ons die geval so baiekeer nie? Die mens sal homself eerder afsloof en tot ‘n stilstand werk om net sy onafhanklikheid van God of enigiemand te bewys. Inplaas daarvan om net aan die Here gehoorsaam te wees en te eer en sy afhanklikheid van Hom te erken.

Mense kan ook soms so ‘n groot vertoon gee en hulself voordoen as wonderlik maar in hul harte so ver van God af…

Aan die anderkant weer, kan mense so begeesterd raak dat daar ‘n stroefheid oor hulle kom wat ander afsit . Hulle is so ywerig vir die Here in hul eie pogings en raak krities op ander wat nie so ‘ywerig’ skyn te wees nie.  Ons moet in die Here geborge wees en ons diepe afhanklikheid van Hom erken  - in nederigheid mekaar respekteer en liefhê.

Dit is wat God wil hê…

 

 

Daily Quotes

Joh 1:5 And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

MiniCalendar

July 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Vinaora Visitors Counter

142586
This_MonthThis_Month1911
All daysAll days142586